Waarom Trump se grensmuur gebou moet word

vsa-mexiko-grensmuur-02

‘n Gedeelte van die grensmuur in Brownsville, Texas. Foto: Nofx221984/Commons.wikimedia.org

Die vraag oor of daar werklik ’n krisis op die grens tussen die Verenigde State van Amerika en Mexiko heers, is verlede week deeglik beantwoord toe die jongste syfers oor onwettige immigrasie bekendgemaak is.

President Donald Trump voer reeds vir meer as twee jaar aan dat ’n muur (of ander soort struktuur) wat kan verhoed dat mense vanuit Mexiko oor die grens stap en Amerika so onwettig binnekom, gebou moet word. Die afgelope paar maande woed daar ’n verbete politieke stryd hieroor tussen Trump en die Demokratiese Party met die Demokrate wat aanvoer dat daar geen krisis op Amerika se grens met Mexiko heers nie en dat die miljarde dollars wat Trump van die Amerikaanse kongres vra vir die bou van ’n grensmuur, ’n vermorsing van hulpbronne is.

Verlede week het Kirstjen Nielsen, die Amerikaanse minister van binnelandse veiligheid, bekendgemaak dat daar vanaf Januarie tot Februarie vanjaar ’n 30%-styging was in die aantal mense wat die grens onwettig oorgesteek het. Haar departement weet van minstens 75 000 mense wat in Februarie die grens onwettig oorgesteek het. Behalwe dat Februarie se syfer 30% meer was as Januarie se totaal, was dit ook 80% meer as in Februarie verlede jaar.

Wat belangrik is om te besef, is dat hierdie die aantal persone is wat deur grensbeheerpersoneel gevang is. Verskeie beramings in die verlede het al bevestig dat hoogstens een derde van mense wat die grens onwettig oorsteek, wel gevang word.

Die realiteit is dat al hoe meer mense vanuit Mexiko, Sentraal-Amerika en selfs sommige Suid-Amerikaanse lande die Verenigde State te voet onwettig binnekom deur eenvoudig oor die grens te stap. Beide Nielsen en die doeane- en grensbeheerkommissaris, Kevin McAleenan, beskou die huidige situasie as ’n krisis wat dringend hanteer moet word.

Weens die skerp toename in onwettige immigrante wat die grens oorsteek, het die Trump-administrasie reeds ʼn tyd ’n gelede die Amerikaanse kongres versoek om meer fondse vir grensbeheer beskikbaar te stel. Dit sluit in $563 miljoen om 75 ekstra immigrasieregters en ondersteuningspersoneel aan te stel. ’n Verdere $211 miljoen word vir 750 addisionele grensbeheerbeamptes benodig en die koste om 2 000 ekstra polisielede op die grens te ontplooi, sal sowat $571 miljoen kos. Dan benodig die regering ook $4,2 miljard om 52 000 ekstra mense in aanhoudingsentrums te kan huisves. Sowat $675 miljoen word vir tegnologieverbeterings en $800 miljoen vir humanitêre behoeftes van onwettige immigrante benodig.

Indien ’n mens na die koste van Amerikaanse grensbeheer kyk, begin President Trump se grensmuur van sowat $10 miljard sin te maak. Tans is daar reeds versperrings op 900 km van die 3 100 km-grens tussen die VSA en Mexiko.

Een so ’n plek waar ’n grensversperring reeds gedurende die 1990’s opgerig is, is by San Diego in die suide van Kalifornië. Voordat die grensversperring tussen San Diego en Tijuana in Mexiko opgerig is, het sowat 600 000 mense jaarliks onwettig oor die grens gestap. Nadat die Clinton-administrasie die grensversperring laat oprig het, het dit met 80% afgeneem.

Die VSA het ’n enorme probleem met onwettige immigrasie en aangesien wettige immigrasie verbeter moet word, het die VSA-regering ’n plig teenoor sy burgers om sy grense te beveilig.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

John ·

Almal weet die muur is nodig… ook CNN, Nancy en Soros en Hillary en Biden en al die anties en ooms wat volgende die VSA se president wil word, maar Trump moet teègestaan word, want die FBI, CIA en Pentagon soek chaos sodat ‘n volgende wèreldoorlog, nou weer teen Rusland kan begin, siende dat Siriè tot op die grond afgewentel is.

Pensioenaris ·

Ag groot asb. bou vir ons ook n muur. Dieselfde probleem (indien nie grooter) hier.

Tong innie kies ·

Ons grense is inderdaad baie goed. Ek het nog nie een onwettige Meksikaan hier raakgeloop nie…

Therese van Schalkwyk ·

Puik artikel.

Dit gaan regtig die verstand te bowe dat ‘n blote poging om ‘n soewereine landsgrens te beveilig soveel drama kan veroorsaak. As landsgrense deesdae oorbodig is, hoe gaan bv. bepaal word watter ‘inwoners’ belasting moet betaal en wie hoef nie?

Gerugte loop dat Demokrate dié onwettige grensbetreders met ope arms verwelkom, want verkiesingsbedrog deur hierdie einste kriminele besorg derduisende liberale stemme. Daar is heel waarskynlik waarheid in die gerug, want dis ‘n feit dat liberale Kalifornië verantwoordelik was vir die groot “popular vote” vir Hillary Clinton.
Verskeie waningeligte meningsvormers en ander kommentators probeer nog strykdeur uitpluis wat ‘fout gegaan’ het. :-)

Ronnie ·

Gerugte wat loop is net dit – gerugte. Verkiesings bedrog is in Noord Carolina gepleeg. Die verkiesing is vir alle praktiese doeleindes nietig verklaar en die GOP kandidaat het toegegee dat daar weer ‘n verkiesing gehou moet word. Verkiesings bedrog is wanneer daar aktiwiteite plaasvind wat die uitslag beïnvloed. Stem bedrog is baie raar.

Annie Webb ·

Ronnie het duidelik nie die sage van die stemming in Florida onder oë gehad nie. Nes die Republikeine voorloop, word nóg ‘n boks stembriewe vir die Demokrate “ontdek”, selfs in die besemkas (“janitor’s closet”). En die Dems veg verbete daarteen dat ID’s vereis moet word om te stem.

Ronnie ·

Annie Webb. Trump en SHS maak nou reeds voorbrand vir die moonrlikheid dat Florida blou mag stem. Hulle verklaar dit nou-al as vals uitslae as dit sou gebeur. Die inwoners aan die weskus van Florida verkwalik Rick Scott vir die rooi alge en die feit dat hy die begroting vir omgewingsbewaring besnoei het. Hulle is baie bewus van klimaatsverandering. Hulle beleef die styging van die watervlakke van die oseaan. Kanse is baie goed dat ‘n groot persentasie van hulle sal stem vir goeie omgewingsbewaring kandidate en teen ontkenners van aardverwarming.

Therese ·

Ronnie
Ons sal moet ooreenkom om te verskil.
Jy verafsku Trump en alles waarvoor hy staan met iets wat grens aan paranoïa.
Ek beskou die feit dat hy president kon word, in die tye waarin ons nou leef, as ‘n wonderwerk. Donald Trump, foute en al, is die laaste bastion vir patriotisme en ‘n westerse leefwyse.
Finish en klaar.

Ronnie ·

Therese, haat en veragting is nie emosies wat ek ervaar teenoor Trump nie . Dit bekommer my dat die leier van die vrye wéreld sy land uitverkoop vir persoonlike gewin en wêreldwyd terrorisme bevorder. Die New Zealand massa moordenaar is die derde terroris wat sê Trump is sy inspirasie.
Trump is ‘n lewenslange krimineel en ‘n leuenaar. Wat is fout met die man dat hy lieg oor beueselagtighede? Hy was eerste in sy klas volgens hom, maar rekords toon hy was nie onder die eerste 15 studente nie. Dit was duidelik hy het gesê Tim Apple. Hoekom later daaroor lieg terwyl almal met hulle eie oë en hulle eie ore kon waarneem wat regtig gebeur het?
Hy weet alles, absoluut alles. Hy verstaan alles, absoluut alles. Niemand weet meer van enige onderwerp as hy nie. Niemand het ‘n beter woordeskat as hy nie. Hy is ryk, baie ryk… Regtig? Hoekom is hy bang dat sy belasting opgawes openbaar sal word? As hy so ryk is hoekom vind hy dit nodig om geld wat vir liefdadigheid ingevorder is te gebruik vir sy eie doeleindes? Dit is nie aanvaarbaar nie.
Vyftig bitter, aanvallende tweets die afgelope naweek! Hoekom het hy nou nog ‘n obsessie met John McCain? Hy is irrasioneel en op sielkundige vlak besig om heeltemal te ontrafel . Hoe gouer hy forseer word om die WH te verlaat, hoe gouer kan sy korrupte kabinet en ander ongewenste aanstellings hom by die deur uit volg.

Annie Webb ·

Ronnie, jy volg duidelik elke enkele anti-Trump “fake news outlet” van die hoofstroommedia tot wanaangepaste linkses wat ‘n “news site” uit Mummy se garage bedryf. Ek volg uitsluitlik Fox News, wat so gematig en gebalanseerd is as wat jy gaan kry – heelwat van hulle kommentators is glad nie pro-Trump nie. En dan volg ek wel ‘n klompie pro-Trump kommentators op Fox om net te weet wat Trump alles vir sy land doen. Plus boeke deur kenners soos Newt Gingrich en Victor Hanson Davis. Ek het my nog nooit gesteur aan “Mummy’s garage” malletjies nie, nie linkses of regses nie. Die “sondes” van Trump wat jy so gereeld hier opdis, is só duidelik meestal tipiese persoonlike swartsmeerdery deur histeriese linkses met niks meer as “anonieme bronne” daaragter nie. Probeer ‘n slag ten minste één beswaar teen Trump staaf met die bron waar jy dit kry? Is jy hoegenaamd bewus van alles wat Trump al vir sy land gedoen het? Klaarblyklik nie. Jy haal altyd nét die skinderstories op. Kan jy glad nie self agterkom hoe belaglik die meeste daarvan is nie? Trump is ‘n uiters suksesvolle biljoenêr-eiendomsontwikkelaar in New York. Soos enige groot sakeman het hy mislukkings ook gehad. Maar as hy ENIGE sielkundige probleme gehad het, SOU HY NIE SUKSES BEHAAL HET NIE. Jy is 100% geregtig op jou opinie, maar oppas dat jy nie só paranoïes raak oor linkse skinderstories dat jy magteloos sit en wag vir NoKo en Trump se nukes om jou te verpletter nie.

Stephan de S ·

Een van Trump se grootste prestasies tot dusver , is dat hy “fopnuus”op die wêreldtoneel ontbloot het en n mens n maklike begrip het gegee het om ware nuus van blote persoonlike opinie te onderskei.

Arak ·

Die dubbele standaarde is verbysterend. As Israel nog mure bou om die palestyne verder in te kamp is daar nie ‘n haan wat daaroor kraai nie, maar oor die grensmuur tussen Amerika en Mexiko kan elke lid van die uitverkore volk sy/haar mond behoorlik uitspoel.

jaco ·

So dit was reg dat die liberale Demokratiese Clinton administrasie ‘n muur bou, maar dis verkeerd as die Replikeinse Trump dit doen. Dis mos dubbele standaarde.

leser ·

suid afrika se grensbeheer is van die “bestes”, meeste plekke is daar net ‘n plat getrapte draad versperring
daar is seker maklik meer onwettiges in die land as wat daar wettiges is

Engela ·

Enige mens met gesonde verstand kan sien dat die Westerse lande, Amerika en Suid-Afrika oorstroom word deur mense uit arm lande wat geen bydrae tot die lande se ekonomie bied nie, en net tot groot moelikheid veroorsaak. Pleks van die situasie in hulle eie lande probeer beredder.

Hansie ·

Die eintlike muur wat ons hier plaaslik dringend benodig is tussen die Weskaap en die res van ….Azania.

Haan ·

Julle moet nie als glo wat
Oom Donald kwytraak nie.
Dieselfde magte wat ons regeer is
Eintlik in beheer van Amerika.

Hen ·

Indien jy regtig
So glo, waarom
Regeer die sogenaamde “magte” wat
Amerika ‘regeer’ in amper
Elke opsig beter as hier.
Lande moet Trump se beleide volg

Kuiken ·

Hy is n goeie leier wat
Internasionale belange TWEEDE dien
Teenoor NASIONALE belange. wat
Landswyd kon bewys dat
ELKE Amerikaner voordeel trek uit
RASIONELE beleide.
Waarom liberales so
Aangaan sal niemand met
Sekerheid kan sê nie??
Regtigwaar.
Enige een weet elke land se
Grense moet beveilig word!

Kuiken ·

Hy is n goeie leier wat
Internasionale belange TWEEDE dien
Teenoor NASIONALE belange. wat
Landswyd kon bewys dat
ELKE Amerikaner voordeel trek uit
RASIONELE beleide.
Waarom liberales so
Aangaan sal niemand met
Sekerheid kan sê nie??
Regtigwaar.
Enige een weet elke land se
Grense moet beveilig word!

Johannes Kerkorrel ·

Muur? Die domste geld mors ooit. Laas maand toe ek in Tijuana was sien ek t-shirts: “You build walls, we dig tunnels” Die suid westelike grens van Amerika is voos van die tonnels. Dit kan glad nie beheer word nie. Daar is Amerikaanse grens polisie wat deur Meksikaanse dwelm geld afbetaal word. Onthou Amerika verbruik 75% van die wereld se cocaine. Doen so bietjie navorsing en kyk na die Rio Grande op Google Earth. Dit strek meer as die helfte van die suidelike grens. Zoom in op van die woonbuurte met huise met boot slips langs beide kant van die rivier. Dink julle regtig daai slips word gebruik om bote af te laai vir rivier visvang? Die muur is nie ‘n oplossing nie. Die man in die wit huis het die muur belowe saam met 100de leuens. Sy oneerlikheid gaan hom inhaal, 16 van sy kabinet is alreeds agter tralies.

Dries du Toit ·

Johannes Kerkorrel ?????? Het die Meksikane met hulle tonnel grou jou raak gegrou ?

Ronnie ·

Mense wat asiel probeer verkry is nie onwettige immigrante nie. Hulle moét by die grensposte aanmeld om geprosseseer te word alvorens hulle aansoeke oorweeg kan word. Die mense wat aanmeld is grotendeels vroue met kinders en minderjariges sonder begeleiding. Die wet vereis dat aan meeste van hulle asiel toegestaan moet word. Almal vlug omdat hulle lewens bedreig word. Meeste migrante wat onwettig in die land is, is die wat met geldige visums ingekom het, maar hulle het net nooit weer die VSA verlaat nie.
Dieselfde geld vir dwelms wat die land binnekom. Dit kom grotendeels vanuit China deur die posdienste en van dit kom van Suid-Amerika deur die grensposte, hawens en lughawens. Die vroue, kinders en onbegeleide tieners bring nie delms in nie. Die veelbesproke Opioid krises is tuisgemaak deur gulsige medici en farmaseutiese maatskappye.
Skool kinders, kleuters en die algemene publiek word op ontstellende reëlmaat afgemaai met semi-outomatiese wapens. Tewens daar was in 2018 meer sterftes tydens skietvoorvalle by skole as op militêre slagvelde. Sonder uitsondering word massa moorde deur VSA burgers gepleeg.
Wie in die VSA het die reg om te bepaal wie hoort daar? Almal is afstammellinge van immigrante. Vroeër was die Iere “ongewens”. Paul Ryan het sy sentimente uitgespreek hieroor. Hy is self van Ierse afkoms. Jeanine Pirrow is van Arabierse afkoms. Trump van Skotse en Duitse afkoms.
Regtens behoort die land aan die oorspronklike inwoners wat nou in reservate woon. Die Trump adminstrasie is so wreed teenoor vlugtelinge as die eerste immigrante teenoor die Indiane.

Judge Dredd ·

Het jy niks beter om te doen as fopnuus versprei ou Ronnie?

Vat nou maar jou laaste paragraaf – van die oorspronkilike inwoners wat in reservate woon.
Niemand forseer hulle om nog daar te woon. Hulle doen dit uit eie keuse. Inteendeel ek wens die ANC regering wil maar vir ons wittes ook so ‘n paar reservate gee.

Stoutemannetjie ·

@Haan jou stouter!!
Om sulke rooipille skelmpies uitdeel.

Hendrik ·

Jy kan makliker mense kanaliseer deur mure te bou. Begin net erns met ‘n muur. Elke regering moet maar verandwoordelik wees vir sy land deur goeie bestuur en elke land moe nie welkome mense buite hou ter beveiliging van sy eie mense.

Oom Jan ·

Hy is n goeie leier wat
Internasionale belange TWEEDE dien
Teenoor NASIONALE belange. wat
Landswyd kon bewys dat
ELKE Amerikaner voordeel trek uit
RASIONELE beleide.
Waarom liberales so
Aangaan sal niemand met
Sekerheid kan sê nie??
Regtigwaar.
Enige een weet elke land se
Grense moet beveilig word!

Gerhard ·

Israel het gewys hoe om dit te doen en n muur is verseker deel van die antwoord. Dit sal egter meer as net n muur vat. As n klein landjie soos Israel sy grense kan bewaak kan die VSA sy baie groter grens bewaak.

Haan ·

Geensins onmoontlik.
Amerika se probleem is net, hul
Samelewing is so gedraai
Teen die president dat hulle
Hoegenaamd glad nie kan saamstaan.
En die krake is soveel meer sigbaar in die
Jeug.
Ek hoop van harte daai muur kom betyds.
Want as hy nie doen nie gaan die
Selfde dinge daar gebeur as in SA

Jerry ·

Moenie n muur bou nie, bou n brug. Sit meer grensposte op en maak Amerika meer toeganklik vir immigrante aansoekers en dan het jy beter rekord, want meer sal eerder maklik en wettig wil inkom. Tesame met meer grensposte ontplooi jy meer observasiepunte met langafstand CCTV kameras en grond/lug reaksiespanne wat die wat wel onwettige insypel onderskep, dokumenteer en repatrieer. So skep jy meer werksgeleenthede vir Amerikaners en verdig jy die bevolking aan die Amerikaanse kant van die grens. Daar is baie meer voordele as nadele deur eerder brue te bou as mure, alhoewel ek reken dat selfs al wou Mcdonald Trump eerder brue bou as mure, sou hy ook nie toegelaat word om brue te bou nie! Dit gaan nie oor enige iets anders nie as oor Mcdonald Trump, die “con artist” besigheidsman, die verskoning vir n president wat in die eerste plek nooit aan bewind moes gewees het nie! Amerikaners het n lelike blaps begaan en pluk toenemend die wrang vrugte daarvan! Hoe gouer Amerikaners van Mcdonald Trump ontslae raak, hoe gouer kan hulle die brue herbou wat Trump in sy domastrantheid vir n muur, vernietig het!

Bepeinsing ·

1954 myl se muur is nie speletjies nie.
4 biljoen $ se staal is nie speletjies nie.
8 biljoen is die meer onlangse beraming.en
8 jaar se konstruksie (ook n skatting)
Wanneer trump eendag die ganse
Hele berekening gemaak het
Is dit duidelik dat die blote skaal
Tien teen een die lewensvatbaarheid in
Elke opsig sal befongfaai.
Politiek is in dié geval eintlik 2de. Dis
Onmoontlik om die fisiese daad te verrig.
Wanneer die somme gemaak word is dit
Eintlik baie duidelik dat die muur net Republikeinse sentiment wou misbruik

Annie Webb ·

Dankie vir ‘n puik feitelike artikel, Jaco Kleynhans.

gatiep ·

N vermorsing van geld?
Die US het onder oubama en clinton oorlog gemaak of dit weer uit mode sal gaan.Die muur gaan keer dat die demokrate se maatjies nie met drugs en kinder handel kan voortgaan nie.
Hoe kan enige mense die demokrate glo.
Alles is leuns uit hulle monde net soos die klomp by ons.

Schalla ·

Ek verstaan nie die liberale wat so kla en kerm dat daar tog nie ‘n muur moet wees nie want hulle is tog so besorg oor die humanitêre krisis wat die vlugtelinge in die gesig staar en Amerika moet tog sy arms oopgooi om hulle te ontvang… Ek wonder of al hierdie liberale hulle huise se deure sal afskroef dat elke Jan rap en sy maat sommer net kan instap?

Jy beveilig mos wat joune is. Daar is absoluut niks daarmee verkeerd nie.

Hendrik ·

Selfs die VSA se republikeinsbeheerde senaat stem nie saam hierdie ontledeing. Dertien Republikeinse senataore het verlede week saam met die Demokrate gestem dat Trump nie ‘n noodtoestand kan afkondig om die geld vir die muur te kry nie. Dis ‘n miete dat mens eenvoudig oor die grens kan loop. In areas waar daar tans nie ‘n muur is nie en mense oorsllop, doen hulle dit dikwels onder uiter gevaarlike toestande en baie van hulle sterf in hulle poging aan ontbering. Grensbeveiliging hoef nie net ‘n muur te beteken nie, maar die muur is Trump se droom waarvoor hy eendag onthou wil word.

Andreas ·

Bou daai muur,
Bou Daai Muur,
BOU DAAI MUUR!
BOU DAAI MUUR!!!!!!!!!!

Johannes Kerkorrel ·

As die suidelike muur klaar gebou is dan begin die bou van die noordelike muur waaroor niemand praat nie. Daar is geen bedreigende kriminele in Kanada nie. Of is daar? Dit gaan nie oor die veiligheid nie. Net een man se ingeduikte ego.

Baie netjiese grens draad hier. 18253 0 Ave, Surrey, BC V3S 9R9, Canada. Die Amerikaanse buurman het selfs vlagies van sy land op sy draad gesit. Ja as jy op street view gaan dan staan jy in Kanada en kyk oor die straat na jou buurman wat in VSA bly.

Gert ·

Dankie vir die goeie artikel wat die ware feite stel. Dis so frustrerend as Suid-Afrikaners net die CNN weergawe en Trevor s’n hoor, wat absoluut blatante leuens is. Mens kan net saamstem met Trump dat ‘n beskaafde land graag beheer wil uitoefen oor wie in die land toegelaat word, anders as by ons waar enige een kan inkom en kom maak wat hy wil, ongedokumenteer en daarom onnaspoorbaar. Die feit is dat verreweg die meeste “vlugtelinge” net beplan om te kom teer op die beskaafde lande se goeie dienste en welsynstoelaes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.