Waarom wit mense nie oor witheid praat nie

ernst roets

Ernst Roets. Argieffoto: Reint Dykema.

Die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, het eendag gesê dat verdraagsaamheid, interkulturele dialoog en respek vir diversiteit belangriker as ooit is in ’n wêreld waarin mense al meer onderling verbind is.

Daar is groeiende kommer oor die waarneming dat baie wit mense, die Afrikaner in besonder, verkies om nie aan openbare gesprekke oor ras deel te neem nie. Ek het ongeveer ’n maand gelede aan ’n paneelgesprek oor rassisme by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deelgeneem. Daar was ongeveer vier wit mense in die vertrek, van wie twee paneellede was. En soos ek verskeie kere vantevore waargeneem het, is die wit mense skerp gekritiseer oor hul afwesigheid by dié gesprekke.

Dit is nie te sê dat wit mense nie hul menings lug nie. Die onderwerp word gereeld om braaivleisvure en by sosiale byeenkomste bespreek, maar nie by openbare geleenthede waar die ware ideekonfrontasie plaasvind nie.

Rassisme is uiteraard ’n saak wat ons almal belangrik ag. Die waarheid is egter dat verskeie wit mense hulle daarvan weerhou om aan gesprekke oor ras deel te neem omdat dié gesprekke dikwels só eensydig is dat dit geen ruimte vir opbouende deelname laat nie. Nadat ek byvoorbeeld by die UV-bespreking gepraat het (ek was ’n uitgenooide spreker), is ek beveel om stil te bly en te luister (“Shut up and listen!”), terwyl die blote feit dat ’n wit persoon uitgenooi is om voor swart mense te praat met aggressie bevraagteken is.

Daar is ’n oorvloed navorsing om die idee te ondersteun dat rassisme nie Suid-Afrika se grootste probleem is nie, maar eerder ’n simptoom van ander, groter probleme. Dit beteken egter nie dat ons nié oor ras moet praat nie. Daar is verskeie redes waarom wit mense nie aan hierdie besprekings deelneem nie. Ek noem vyf hiervan:

  1. “Swart mense kan nie rassiste wees nie”

Swart rassismehandelaars argumenteer dat swart mense die enigste mense is wat ooit onderdruk is en dat dit weens dié rede vir enige swart mens onmoontlik is om ’n rassis te wees. Die idee dat swart mense nie in staat is om rassisties te wees nie, “net soos Jode nie in staat is om anti-Semities te wees nie”, skyn veld te wen onder die sogenaamde progressiewe kommentators. Die eis is duidelik van enige filosofiese denke gestroop en kan maklik weerlê word. My bekommernis is egter dat dieselfde mense wat dié opmerkings maak, te bang is om hul idees onder die loep te plaas en om dié rede op enige kritiek eenvoudig met verskerpte beskuldigings van rassisme reageer.

  1. Enkele narratief, dubbele standaarde

Ongeveer ’n maand gelede het ’n swart studenteraadslid van die Universiteit van Pretoria sy wens in die openbaar uitgespreek om wit mense te vermoor. Dit het egter nie veel verontwaardiging tot gevolg gehad nie, want die hoofstroommedia en sosiale kommentators het eerder daarop gefokus om Pretoria Girls High weens die skool se “rassistiese beleid” oor haarstyle aan te vat. Kyk mens na die openbare verontwaardiging is dit blykbaar eksponensieel erger om meisies te verbied om Afros te dra as om mense aan te moedig om wit mense te vermoor. Die enigste narratief wat aanvaarbaar blyk te wees wanneer ras bespreek word, is een waarin swart mense die slagoffers is en wit mense die oortreders is.

  1. Kodewoord “Geregtigheid”

“Geregtigheid” het die gonswoord van die dekade geword. Bykans elke eis wat iets met ras te doen het, word met die belangrikheid van geregtigheid ingekleur, hetsy dit die onteiening van grond is wat deur wit mense besit word, die beskadiging van standbeelde, heldeverering van Adolf Hitler, die sluit van universiteite of die aanranding van wit studente. Natuurlik glo ons in geregtigheid. Wat egter gebeur het, is dat dié edele konsep geskaak is om anti-wit-rassisme en in sommige gevalle selfs misdaad te regverdig.

  1. Swart pyn, wit skuldgevoel

Tydens ’n onlangse TV-debat oor rassisme bars ’n meisie van die #FeesMustFall-beweging amper in trane uit toe sy iemand die naam Nelson Mandela hoor noem. “Moenie daardie naam sê nie!” het sy uitgeroep. “Dit versmoor my. Ek kan nie asemhaal nie.” Sy het probeer verduidelik dat Mandela ’n uitverkoper was omdat hy te vriendelik met wit mense was. Die argument is dat geen wit mens ooit swart leed sal kan verstaan nie, en dat enige kritiek op enigiets wat deur swart rassehaters toegeëien word as ’n ontkenning van hul pyn gesien word.  Daar is natuurlik nie iets soos wit pyn nie en sou mens daaroor praat, word dit onmiddellik as rassisme afgemaak – of só gaan die argument. Dit is uiteraard afbrekend vir dialoog.

  1. Silwer koeëls

Dit is redelik maklik om Suid-Afrika se probleme te identifiseer. Dit is egter moeilik om oplossings daarvoor te vind. Neem byvoorbeeld die armoede- en werkloosheidskrisis. As ons doodeerlik moet wees, moet ons erken dat daar niks is wat ons vandag kan doen om die probleem op volhoubare wyse te laat verdwyn nie. Die enigste oplossing is onderwys en opleiding – om seker te maak dat mense toegerus is om die arbeidsmark te betree en aan die ekonomie te kan deelneem. Ondervinding het my geleer dat die diskoers tydens gesprekke weggestuur word van volhoubare oplossings na ’n gesprek oor silwer koeëls en kitsoplossings. Daar is geen silwer koeëls wat hierdie kwessies sal oplos nie, en voorgestelde silwer koeëls (soos onteiening sonder vergoeding) sal dié kwessies slegs vererger.

In die lig van die huidige studente-onluste en hernude uitroepe tot radikale verandering is opbouende dialoog nou belangriker as ooit tevore. Die enigste wyse waarop dit bereik kan word, is deur openlike en eerlike besprekings waar ons inderdaad na mekaar luister met die doel om ons eie vooropgestelde idees te toets en volhoubare oplossings te vind.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Ernst Roets

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Ernst Roets is die Adjunk-Uitvoerende hoof van Afriforum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

32 Kommentare

callie ·

Alles waar. Die van ons wat daagliks met n groot arbeidsmag worstel waar die meerderheid byna ongeskool is sien alles egter in n nog erger lig. Spreek jy iemand aan oor hy nie sy werk doen nie, laat by die werk kom of enige iets dergliks word die raskaart baie gou gespeel. Daar is soveel sogenaamde kenners wat nog nooit op grondvlak met die soort probleme te doen gehad het nie maar almal wil vertel hoe om dit op te los.
Ons is almal verskillend van kleur, ras geloof en kultuur ens. Dit is dus onmoontlik om oor alles saam te stem maar die wit mense sal baie,baie ernstig moet begin bykom en nie meer aanvaar dat hulle sleg is en moet stilbly nie. Ek hoop dit gebeur nie maar die land gaan binne 2 jaar in vlamme staan met baie bloed wat gaan vloei.

Susan ·

Uitstekende stuk en so tragies dat dit nooit die mense sal beindruk op wie dit eintlik van toepassing is nie. Ons land is regtig in ‘n groot gemors, maar ongelukkig is dit nie net in Suid Afrika nie. Die probleem word wêreldwyd ervaar en mens se hande is afgekap! Sterkte vir die harde werk wat julle doen, al word dit genegeer deur haatspraak en onverdraagsaamheid. Wonder wat sal van die land word, as hulle regtig hulle sin kry en van al die gematigde mense, wat oplossings probeer kry, ontslae raak!

Sylvia Hoffman ·

Waarvan sal ons nie nog beskuldig word nie? Dis die klomp wat buite die apartheid era gebore is wat die hardste skree. So moeg vir dit

JCS ·

Goeie artikel. Ek praat nie oor ras nie, want dis nie vir my belangrik nie. As mense nie aan ander kan doen wat hulle aan hulle self gedoen wil hê nie, ongeag ras, dan is ek jammer. Ek het aanbeweeg.

Ek fokus op opbouende dinge, praat met intelligente mense, help waar ek kan. As die raskaart gespeel word, dan loop ek weg. Hoekom almal wil wit wees, is nie my probleem nie. Ek is wit, vroulik en Afrikaans en dis die hand wat ek het en dis waarmee ek werk, Sorry vir jou as jy nie tevrede is met jou hand nie, maar raai wat? Jy kan maak wat jy wil, maar dis al hand wat jy gekry het of gaan kry.

As ons net minder aandag kan spandeer aan die goed wat ons nie kan verander nie en eerder fokus op wat ons kan verander ten goede.

Piet ·

Verstaan ek jou reg as jy dan se “if you cant beat them join them”?

Johan Nel ·

Wat is die verskill tussen rassisme , “xeophobia” en “tribalism ”
Uiteindelik tog maar net verskillende gedaantes van die selfde verskynsel

Therese van Schalkwyk ·

Interessante artikel!

Dit behoort egter geensins te verbaas dat Afrikaners nie oor witheid praat nie. Die feit dat hulle van dag een in die nuwe, demokratiese SA geïndoktrineer is deur die Afrikaanse nuusblaaie met “nie-rassigheid”(!) en boetvaardige askies-dat-ons-ook-hier-is-rubriekies, het beslis iets met die saak te doen.

Twakkie ·

Kan nie méér saamstem nie. Ek is 70 jaar oud en het die meeste goed geleef wat sedert 1994 onherkenbaar verdraai word in een lang “done me wrong song”. Tydens die apartheidsjare is Afrikaners en die NP daagliks in die Engelse liberale pers afgekraak en na 1994 het die Afrikaanse pers by hulle oorgeneem. Dit het ‘n onderlinge gestoei onder Afrikaners geword om die een meer nie-rassisties en liberaal as die ander te wees. En waar sit almal nou? Nou is hulle stom verbaas dat die oordadige liberalisme bloot sy normale loop geneem het en alles in die land tot niet is. Dit verstom my dat mense verbaas is oor die vernietiging van die universiteite. So ja, ‘n mens praat met mense wat soos jy dink, want om met swart mense en liberale te praat beteken om bloot verskree te word. Daar is nooit enige sprake van rasionele punte en redes nie. Ek glimlag deesdae eintlik breed, wat skielik het almal nou wakker geskrik en daar het die Afrikaners al klaar weer ‘n universiteit. Almal praat en die Afrikaners doen.

Hennie van Buuren ·

Puik artikel. Ek dink daar is heelwat Afrikaners wat graag aan opbouende dialoog sal wil deelneem en help oplossings vind vir Suid Afrika se probleme, maar ongelukkig, soos die skrywer self ondervind het, word jy soos ‘n derde klas burger hanteer en bloot doodgeskree.

Peet J ·

Laat ons Afrikaners ons eie grondgebied bekom , eie regering, eie skole, eie kerke en 90% van die land se probleme is opgelos.

Veritas ·

Peet jy weet mos dit sal nooit gebeur nie. Sê nou net so’n tuisland is suksesvol. Wat sou die rede daarvoor wees? Glo my daar sal een gevind word wat die witman kwansuis sou bevoordeel het.

vytjie ·

#JCS baie goeie antwoord, en glo dit is wat meeste “wittes” doen, op ‘n puik artikel. Met almal se insette stem ek saam. Een groot probleem as ek as individu sou deelneem aan die debat of enige bespreking, behalwe dat ek dalk doodgepraat ens. sou wees, sal ek by my werkplek geviktimiseer word en dalk my werk en self nog meer verloor. Om dit als op te offer en niks te bereik nie klink nie na goeie wiskunde ver my nie 1 + __ = 0 Wie gaan vir my sorg of opkom? Ja ek sal hope “likes” kry op facebook, maar geen kommentaar of hulp. Ek is oopkop genoeg om die artikel self lankal te besef en ook dieper te sien as “feesmustfall”, maar wat help al die bepeinsinge my. Stress, werkloosheid, angs, depressie, vrees vir my lewe en gesin…. Nog vrae oor hoekom ons nie toetree nie…. doen die wiskunde… ons oordonder… Net God kan ons wys en red…

Maria van Dieweeck ·

Waar en wanneer? Daar is nie n platform vir ons nie. Boonop word ons heeltyd tereggewys deur joernaliste (ook by Maroela) om liewer “weg te loop of stil te bly” ens. Ek dink soms ons ordentlikheid, is n groot deel van waar ons nou sit.

Maria van Dieweeck ·

Ons kom ook nooit byeen soos ander groepe in massas nie, daarom is daar geen gevoel samehorigheid nie.

Ouvrou ·

Sal swartmense dat eers tevrede wees as al die blankes hara-kiri pleeg? Sal dit genoeg boetedoening wees? Ek twyfel.

hans ·

Baie interessant artikel. Ek wonder al baie lank waarom die 1820 britse settelaars nie iets doen om dit hulle tot stand gebring het te beskerm en bewaar nie.

Luister ·

Jy maak seker ‘n grap. Ek dink nie een van hulle leef meer nie.
Ek weet dit seker baie naief, maar ek het gedink ons is veronderstel om nie meer ras raak te sien nie.

Johann ·

Nog ‘n rede: As ons in kommentare onderaan artikels op Mar..la so reguit soos jy hier bo praat, word ons gesensureer.

elize naude ·

die oorgrote meerheid “wit” mense het nog altyd groot praaitjies by die braaivleisvure gehad… maar het nie murg in hulle pype om aan ń objektiewe diskussie deel te neem, waar verantwoording vereis word nie…

Henry ·

Ag toggie Elize!!!
Ek weet nie waarom julle siele altoos na die sogenaamde braaivleisvure praatjies verwys nie,
Let wel dat praatjies sonder die i geskryf word.
Eerstens het ons nie meer die vrymoedigheid om by die braaivleisvure te staan nie, omdat ons ‘n maklike teiken vir die moordenaars, rowers en misdadigers is. Tweedens omdat ons nie meer die stygende koste van rooivleis kan baasraak nie. Derdens, omdat ons familie en vriende nie kan waag om saans in die donker na hul huise terug te keer nie,
Daar is nog ‘n spul ander goeie redes waarom ons nie soos die res van die beskaafde wêreld gesellig kan verkeer nie, maar tyd en ruimte laat nie verdere verduideliking toe nie.
Die afgesaagde verwysing na “praatjies om die braaivleisvure” is sooo vreeslik onvanpas en vervelig en vertel uiteindelik meer van die mense wat sulke onsin kwytraak, as wat dit van enige nut vir mens of dier is.
Ons is laaaaankal verby daardie ou algemeenhede!!!

Leendert ·

Elize, dit laat my aan die betogende studente dink. Kyk, as ek mos nou my inset gelewer het en my sê gesê het, dan is dit mos nou so. Maar nee, nou wil hulle dit eers debateer, ek het nie probeem daarmee nie, maar met die dat hulle my siening nie wil aanvaar nie, dis die probleem.

Daar sit baie meer agter die debateer, ‘n eie agenda, hulle probeer my dan oortuig, swaai hul arms voor my, spring op en af, en as hulle my nie na hul siening kan omhaal nie, brand hulle my huis af. Dus aanvaar hulle nie dat ek ‘n ander opinie as hulle kan huldig nie. Daarom raak ek en baie soos ek liewer nie betrokke nie, want dit help nie, reg of verkeerd.

En weet jy, dit gaan nie oor my nie, maar oor hulle, hulle wat nie kan insien dat ander mense ook opinies het wat van hulle verskil nie.

Leendert ·

Dus, as hulle eers iets in hul kop gekry het, en iemand anders verskil daaroor, dan raak hulle waansinnig as hulle jou nie kan omhaal nie.

Dan bly ons eerder weg.

Jean ·

Baie goeie stuk. Ek dink daar is nog witmense wat aan ‘n ‘skuldige gewete’ ly en dink wit mense kan nie pyn voel nie, maar almal vergeet geriefliksheidshalwe van die derduisende blanke afrikaanse vrouens en kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Dit mag ons nie ophaal nie, want ons mag nie die Britte ‘offend’ nie en die Britte het die houding ‘get over it’ . So het nie almal meegemaak aan apartheid nie tog word almal wat WIT is gesien as apartheidsaanhangers en diegene wat pyn in die swart gemeenskap veroorsaak het. Die moord op wit boere wat by die honderde jaarliks vermoor word, word nie eers deur die regering aangespreek nie, dit word as roof gesien, selfs WIT ondersoekgroepe kom terug na die tafel toe en beweer dit was ROOF. Soms is daar niks gesteel nie, oumense is verkrag, vermoor en met stomp voorwerpe doodgeslaan, hoe kom hulle by ROOF uit, of probeer die ondersoekers ook maar liewer polities korrek wees? Eintlik gaan dit oor die destabilisering van landbou en die oorname van die grond, dit is hoe dit in Zimbabwe begin het.

Jean ·

Ons grootste vyande is nie ander etniese groepe nie, dit is BLANKES wat nog liberaal probeer wees en die haat aanblaas deur skuldig te voel vir iets wat al lankal verby is. en ander ook wil laat skuldig voel. Waar is die liberale tannies nou wat saam met Winnie geloop het? Almal erken nou dit is nie soos hulle SA voorgestel het nie? Hoekom mag die Afrikaners nie oor die Anglo-Boereoorlog praat of enigiets daarvoor eis nie, en dit was ‘n oorlog, dit was nie apartheid waar sekere mense se regte net ingeperk is nie soos wat ANDER se regte nou ingeperk word met (BEE, Kwotas) nie. Die opstandiges nou het nie MINSTE onder apartheid gely.

Marius ·

Een van die verlammendste aspekte wat swart mense betref is die feit dat sterk introspeksie nie verdra word deur meningsvormers nie. Dit is asof die pyn van die verlede oorverdowend uitgeskree word met die doel om enige persoonlike verantwoordelikheid se stem totaal onhoorbaar te maak. Dit is uiters verlammend want dit roof ons land van sy ware potensiaal. Solank jy ander blameer word die stem van persoonlike verantwoordelikheid uitgedoof en bemagtiging by implikasie. Rassisme van blankes teenoor swart mense se oorsprong lê in die feit dat blankes hulle as eenvoudige wesens gesien het. Dit was verkeerd. Swart rassisme kan nie dieselfde oorsprong hê nie. Swart rassisme lê eerder in haat, soos dié van Nazi’s teenoor Jode. Daar was ‘n skyn van superioriteit, teenoor ‘n gesofistikeerde etniese groep. Die stem van rede deur swart mense onder eie geledere word uitgedoof, of selfs as verraaiers gesien. Ons moeilikheid is psigies van aard. Jy kry twee tipes uitgangspunte. Een man sal sê ek is ‘n mislukking want my pa was ‘n dronkaard. ‘n Ander sal sê hy het ‘n sukses van sy lewe gemaak omdat sy pa ‘n dronkaard was.

Knikkebollen ·

Mens kan nie aan ‘n forum deelneem waar die uitkoms vooraf bepaal is nie- dit maak jou net ‘n ‘prop’ in die toneelstuk wat oenskynlike legimiteit aan die hele affere verleen. Hierdie gesprekke gaan nie oor logika en goeie beredenering nie- dit gaan oor die voortdurende proses van ‘dekolonisering’…

John ·

Daar is baie arm Afrikaners in Suid-Afrika maar hulle staan agter in die laaaang tou vol anderskleuriges met ellelange ‘issues’. Ons kerke en welsynsorganisasies voel hulle moet net die anderskleuriges help want wittes het eersgenoemde se probleme veroorsaak en ons ander bly doodstil… soos dit van ons verwag word.

Rudolf ·

Goeie samevatting Ernst!

‘n Uiters relevante gegewe wat ek glo aandag moet geniet en aan die groot klok gehang moet word is bevolkingsaanwas. Ons weet dat SA se populasie onder die ANC regime tot op hede byna verdubbel het, as ons onwettige immigrante waarvan syfers onbekend is, (alhoewel na raming etlike miljoene verteenwoordig), inreken. Daarvan getuig die plakkerskampe om bykans elke stad, dorp en nedersetting alleen. Met alle wil in die wêreld, selfs al is die nodige befondsing byderhand, kan ek nie sien hoe SA die uitvoerbaarheid kan bewerkstellig om die nodige infrastruktuur te skep om almal tans lewend te akkomodeer nie. In ag genome die opwaartse kurwe in bevolkingsaanwas vir die volgende kwarteeu in pas met die vorige kwarteeu sin, gaan hierdie probleem net groter en steeds meer onoplosbaar word. Gesinsbeplanning en ongewensde/onbeplande swangerskappe, toenemend so onder tieners, wat selfs gouer druk op middele plaas as wat hanteer kan word, moet effektief aan tans se jeug uitgewys word as seker dié grootste bydraende faktor tot nou se situasie. Sou die tendens dus voortduur is die logiese ‘n totale ineenploffing van alle gemeenskappe op alle vlakke. Die staatskas is leeg getap en belastingbetalers bankrot belas. ‘n ommekeer kan slegs bewerkstellig word sou die nuwe generasie hulself belas met selfopgelegde geboortebeperking wat bevolkingsgroei sal laat stagneer en verkieslik laat krimp. Dit sal aan wie ookal regeer die geleentheid bied om op te vang met die vraag na infrastruktuur van welke aard.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.