Waarop stuur onmin tussen die VSA en Noord-Korea af?

Argieffoto

Hoe raak die woorde-oorlog tussen pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un die gewone Amerikaner, en kan dit die kanse op ’n oorlog verhoog?

Hieroor krap ontleders lekker kop, en kom tot uiteenlopende menings. Soos gebruiklik, sommiges negatief bloot omdat Trump een van die rolspelers is.

Die twyfelagtige hoogtepunt in die woordestryd was stellig toe Trump na Kim as “Rocket Man” verwys het, en Kim teruggekap het deur Trump ’n “deranged Dotard” te noem. Baie Amerikaners moes die woordeboek nadertrek vir dié ene, en dit kom daarop neer iemand is besig om sy varkies kwyt te raak.

In Mei vanjaar het ’n peiling getoon dat slegs 31 persent van die Yanks Noord-Korea op ’n kaart sal kan vind. Natuurlik is die Amerikaners berug vir hul wêreldgeografie, en in 2014 het dit geblyk net 33 persent kan Skotland op ’n kaart vind.

In ’n nuwe peiling is bevind dat altesaam 43 persent Amerikaners meen Noord-Korea wil in ’n oorlog met die VSA betrokke raak. Daar is egter ’n effense afname onder die Amerikaners wat wil oorlog maak. In Julie vanjaar was 75 persent van die Amerikaners oortuig dit is belangrik dat die VSA en sy bondgenote Noord-Korea ’n les leer, terwyl al meer Amerikaners gevoel het die VSA moet die werkie sommer self afhandel.

Politiek het ondertussen die syfers deurmekaar kom krap met ’n weerstand onder die Demokrate, van wie 70 persent gesê het Trump is ’n groter bedreiging as Noord-Korea.

Dit is baie seker dat Trump se raadgewers die president deurlopend sal adviseer oor hoe die publiek oor die saak voel. Dit klink op die oog af onlogies om ’n land by ’n oorlog te betrek waarvoor die bevolking nie lus het nie. Maar peilings is nie al wat ’n rol speel nie – ingesamelde intelligensie oor die werklike aard van die bedreiging sal ’n groter rol speel, asook faktore soos die verliese wat gely sal word.

Met die vassuig eers in die Viëtnamese oorlog, en daarna in Afganistan en Irak, is dit ook seker dat die VSA sal huiwer alvorens in nog ’n vassuig-oorlog betrokke geraak word. Noord-Korea se militêre doktrine is egter feitlik uitsluitlik op ’n soort massa-aanslag afgestem, wat sal beteken die VSA en sy bondgenote sal hul werklike swaar wapentuig moet inspan, en waar moontlik, eerste inspan om die vyand se vermoë met ’n enorme blitzkrieg pap te slaan. Noord-Korea se kernwapens sal byvoorbeeld vernietig moet word.

Dit is natuurlik ’n ope vraag of China, Noord-Korea se enigste maar teensinnige bondgenoot, ook tot die oorlog sal toetree, veral as die slag wesenlik reeds geslaan is.

By ’n woorde-oorlog tussen die twee lande kan dit ook nie bly nie. Japan is nie meer gewillig om ’n toebroodjie tussen strydende magte te wees nie, en versterk beslis sy vermoë om self doeltreffend teen Nood-Korea op te tree. Suid-Korea is ook nie bereid om ’n lammetjie ter slagting te wees nie, en beskik oor vernietigende slaankrag – waar dit in getalle agter Noord-Korea is, wen dit in moderniteit en doeltreffendheid.

’n Oorlog lyk onafwendbaar om ’n kanker uit te sny voor dit wêreldwyd vernietigend kan optree.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Veritas ·

Almal weet dat dié twee lande se leiers, soos meeste politici, albei ‘n klap van die windmeul weg het. Dit gaan hier oor wie se raadgewers oor die vermoë beskik om die situasie op so’n manier te ontlont dat geeneen van die twee lande as verloorder gesien sal word nie. Albei leiers is te hardkoppig om toe te gee en dit voorspel niks goeds vir wêreldvrede nie. ‘n Volskaalse kernoorlog sal beslis die einde van die All Blacks se dominansie in wêreldrugby, beteken.

Gerhard ·

Jy maak te veel van Noord-Korea se oorlog vermoe. Enige oorlog of geveg beten beide kante neem deel daaraan. Nord -Korea se 10 kern wapens beteken amper niks teen die VSA nie. Dit sal eerder iets wees soos ‘n skiet oefening met kernwapens vir die Amerikaanse weermag as ‘n kernoorlog.

JC ·

Trump het die Kieskollege gewen, en is die Amerikaanse President. Maak vrede daarmee.

Veritas ·

Gerhard jy neem die hele ding te ernstig op. Het jy my hele kommentaar gelees? Die woorde is ‘tong in die kies’. Siende dat ons op ernstige terme is, net die volgende. Noord Korea se ‘tien’ kernbomme het straks elk die vernietigingsvermoë van twintig of selfs meer, van die atoombomme wat op Hirosjima en Nagasaki ontplof het. Ek weet nie of jy op hoogte is met die uitwerking ( vandag nog) op die Japanese samelewing nie.

Ja hoor ·

Noord Korea is lekker grootbek, amper soos in SA wat hulle heeltyd die mense (in die geval die Amerikaners) aanval en as die Amerikaners iets terugsê dan sien hulle dit as ‘n oorlogsverklaring. Hulle moet pasop . China het hulle sankies teen Noord Korea verskerp, dalk veg hulle nog sy aan sy saam met die Amerikaners om hierdie windkoejawel se mond stil te kry.

voorlaaier ·

Amerika moet daai klein vet botterbulletjie vasvat!…..Hy het homself al so gebrain spoel hy glo werklik hy het i kans… .

John ·

Miskien moet ons spul hier maar eerder vassuig aan iets plaasliks, dalk iets soet, sout of bitter, en die slegse los vir diegene nader aan hul eie vuurherd. Gewone mense doen erge dinge anders kon howe niemand straf nie. Freud het gewaarsku dat ons almal in ons donkerste dieptes ‘n windmeul of twee wegsteek vir ‘n dag wat die wind verkeerd waai, net genade van Bo bewaar ons. Net op ‘n punt van orde, dit was nie Trump wat die atoombom ontwerp het nie of vir NK die planne verskaf het nie en het sover nog niemand laat vermoor nie, maar ons is nie so seker van party ander mense nie. Kim het geen respek vir Trump nie van te veel vassuig aan die CNN-nuuskanaal.

trump en effektief ·

Die World Economic Forum het laasweek die nuutste mededinging syfers bekend gemaak. Amerika is heel bo en die beste nog, so trump is inderdaad besig om amerika weer groot, sterk te maak en hy is baie suksesvol daarmee.

Scientia Munit ·

Ek is redelik seker dat daar niks van die woordestryd gaan kom nie. Dit is alles net n geblaffery. Twee lande met kernwapens maak nie sommer net oorlog nie. Selfs al is jou naam Rocket Man of al is jy n sg ‘dotard’ . Die prys is net te hoog, mense het n anti-oorlogsentiment ontwikkel en daar is te veel internasionale meganismes om dit te voorkom. Die twee lande het boonop koverte kommunikasiekanale om te verhoed dat n oorlog uitbreek. Intussen pas dit altwee leiers om kragdadig op hul tuisfront voor te kom.

Darius Els ·

Hierdie hele affere bewys my reg.Ek stel uitlatings en mense verguis my,hierdie is weer n bewys ,nou eers,Smut en kie (ja onse oompie Jantjie) was deel aan die magsdronkheid om die VN daar te stel.Die VN is n aborsie vanaf die eerste dag .As die “gogga” nie bstaan het nie kon Korea se probleme al in 1951 ,met Koriaanse oorlog,uitgestryk gewees.KOMMUNISME moes nooit daar toegelaat word nie..As vvuil uile VSA, BRITTANJE RUSLAND en klein patetiese SA nie soos boelies vir Duitslnd gepak het nie sou hulle ALMAL een vir een op hul moer gekry het.Daardie Hitler hetWEL 6milj Jode laat sterf,maar hoeveel mense WEET 13milj Duitsers het gesterf sodat die boellies by Hitler kon uitkom.Hoeveel het nie al ,ooral bv Vietnam,gesterf deur grote VSA nie?Hoeveel het al nie gesterf in die midde ooste agv Israel se optrede nie? Die VN was maar entlik bedoel vir clowns soos SA se eie Pik Botha en sy meelopers.WIE HET DIE BOELLIES VAN DIE VN INGESTEM? Hulle is net sulke patete soos die sogenaamde wonderllike Smutse,Churchills en AL die VSA presidente met uitsondering van van wyle Pres R Reagan

Veritas ·

Darius, jy blaas teen donderweer ou maat. Die leuen is ak só baie vertel dat selfs geskiedenisboeke dit as die heilige waarheid verkondig. Die sêding, dat die wenners van die oorlog, die geskiedenis skryf, is baie waar. Werklike feite word verswyg of verdraai om ‘n sekere groep te bevoordeel. Jy kan maar raai wie dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.