Waarskuwings uit Afrika: as jy ‘n minderheid word in jou eie land

Steve-Hofmeyr-en-AG-Visser-featured

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr was die afgelope week in Nederland om toesprake te lewer in Den Haag en Antwerpen in Nederland oor die Toekoms van Afrikaners in Suid-Afrika. Hiermee sy terugvoer.

Wat kan mens doen met net 48 uur in Europa. Met ander woorde, geen tyd vir inkopies nie – wat fataal is as jy jou onderklere vergeet het. Maar ware diplomatieke betrekkinge beteken ‘n vriendelike Vlaamse staatsman pak sy noodreistassie op die sypaadjie langs die Europese Unie uit en leen my twee splinternuwe onderbroeke. En, nee, hulle was nie oranje nie.

Ek doen vlugtig toesprake by die Vlaamse en Europese Unie se parlemente en staan verstom oor die kundige vrae waarmee ek gepeper word. My ontnugtering kon ek later verwoord as “die Meerderheid van Minderhede”. Dit het vinnig ‘n gewilde definisie geword vir oënskynlike redes. Daar bestaan nie ‘n land ter wêreld met mense wat nié soos ek en jy voel nie, staatlose volke wat regeer word deur mense wat hul eer, erfenis, taal, opinie en waardes verwerp of minag.

Tuis woed Suid Afrika se negatiewe beriggewing voort, dat die “Nederlanders” my glo boikot.

Nie ‘n woord oor die feit dat dit die Nederlanders is wat my genooi het nie. Die boikot is maar dieselfde Suid Afrikaner as laas. Hy verag dalk vryspraak, maar hierdie keer het dit gelei tot ‘n beter venue en groter belangstelling. Hierdie is Nederland, nie Suid Afrika nie. Ruimte vir vryspraak is hier sommer baie. Moslem imams se opruiery hier laat my geselsies soos kleutertelevisie lyk. Die pragtige eetplek genaamd PROEF, was net soos die teater wat Treurgrond vertoon het, stampvol en uitverkoop.

Die plek was gepak, met wittes, swartes, Grieke, Irakese en tientalle Suid Afrikaners; nugter mense wat wil hoor en saampraat. As jy, as ‘n ANC gatgabba, dink jy kan andersdenkendes daar stilmaak, sal jy harder moet werk. As jy Suid Afrikaanse vroue wat lê en bloei nog een ekstra skop in die gesig wil toedien, moet jy soos Rian van Heerden en Sloet de Villiers ander se pogings om hul pyn te belig, snoer en ondermyn. Jy kan dit doen met woorde of met wegkyk, soos die ANC doen. Ek hou hulle almal ook van vandag af aandadig vir plaasmoorde en verkragtings. Hoekom? Want hulle is agente van verlamming toe ons dit die minste benodig het.

As ek plaasmoorde noem, word die gesprek verplaas na Steve Hofmeyr. As ‘n regter kinderverkragtings noem, word die gesprek verplaas na Mabel Jansen en as iemand publieke varksug onderstreep, word die gesprek verplaas na Penny Sparrow. Raai wat word nooit opgelos nie… sterftes, verkragtings en varksug.

Ontkenning is die Suid Afrikaanse manier. Tuis berig Beeld dat ek sou sê Suid Afrika is pateties. Dit was nie in my toespraak nie. Maar, ja, Suid Afrika se leierskap en ander indeksprestasies is wel pateties en ek het dit beslis genoem. As Suid Afrika iemand soek om die ANC se beeld in die buiteland te poets, stuur gerus iemand anders. Daardie iemand is nie ek nie. My volk word uitgemoor en my nasie se vroue, kinders en oumas word verkrag. Ons het boonop ongekende armoede onder ons mense, ‘n ekstra 400 000 wit plakkers, sonder dat daar ‘n duit gemaak word aan die nasionale werkloosheidsyfer.

Ek het genoem dat daar bykans geen Afrikanergeskiedenis meer geduld word nie, maar het verwys na die Turning Points in History-skoolsillabus. Natuurlik staan monumente van Paul Kruger en Louis Botha nog, maar hulle word regop gehou deur die verf van vandaliste.

Ek het grappenderwys vertel hoe gereeld ons ons waghonde vervang oordat ons vorige waghonde vergiftig is en dat ek nie verbaas sal wees as dit nie ook ‘n Suid Afrikaanse wêreldrekord is nie! Ek het genoem dat daar ‘n plaasaanval sal wees voordat ek weer terugkeer – daar was! – en vier verkragtings voor die einde van my toespraak – daar was!

Ek het gou duidelikheid gebring oor die verwarring tussen Afrikaan, Afrikaner en Afrikaanses. Ek het ook ons unieke band met die Lae Lande benadruk, veral deur ons herkoms, taal en waardes. Ek kon noem dat hofmeiers (hofmeesters) al duisende jare bestaan en dat die Hofmeyrs in die 17de eeu uit Ibbenbüren deur Rotterdam na Kaapstad gereis het. Ek het beklemtoon dat wit Suid Afrikaners, bekend vir hul werksetiek, sukkel om buitelands te werk terwyl biljoene spandeer word op vreemdelinge en vlugtelinge wat onwettig uit bootjies deur die heinings klim.

Ek het nie geskroom om Europa aan te vat nie. My woorde was: “My mense sou nooit droom om terrorisme in Europa te finansier nie – hoekom het julle dit aan ons gedoen…” ‘n Yslike stilte het geheers. Net Martin Bosma (PVV) het sy kop geknik. In sy boek Minderheid In Eigen Land vra hy dieselfde vrae as ek.

Die plaaslike media het nie ‘n woord gerep oor hoe ek by elk van my drie toesprake en vier onderhoude volhard het dat toerisme, beleggings en ontwikkelingshulp nie sondermeer gestaak moet word nie, dat daar steeds geen ander land vir my is nie, dat ons s’n tog die beste, mooiste en goedkoopste vakansiebestemming in die wêreld is en dat ek alle Suid Afrikaners bitter lief het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is onder meer skrywer, aktivis en geselsprogramaanbieder. Hy het meer as 2 miljoen CD's op sy kerfstok en is 'n driemalige SAMA-wenner (insluitende Besverkoopte Suid-Afrikaanse Kunstenaar 2004). www.stevehofmeyr.co.za

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

rudi ·

Dankie Steve vir wat jy doen! My pa was n Hollander en het vertel hoe sy pa daar geskors was uit die kerk omdat hy teen die ANC was. Tye gaan verander want Akrika se siek kultuur gaan mense se oe oopmaak

Steve Hofmeyr ·

Sowaar. Die tyd was nog meer ryp om die skeefgetrekte propaganda net weer middelpunt toe te trek nie.

Babs Brouwer ·

Steve is soos Jan F E Cilliers van ouds gedig het: “‘n man wat sy man kan staan, van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan, van ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk”.
Hy het standpunt ingeneem en hy hou daarby. Wil meer van ons tog maar dieselfde doen.
Reg is reg, en verkeerd is verkeerd!

Steve Hofmeyr ·

Ook geslaag. Ontwikkelingskenkings sal hierna hersien word en ek onthaal dalk voor 2015 afgevaardigdes op ‘n feitesending. Meer belangrik is die uitnodigings na ander lande en die wyer bewuswording.

jennefer ·

Met die toestroming van onwettige immigrante , en moslim vlugtelinge, sal die nederlander tot die besef kom, rassisme het niks met kleur uit te waai nie. Steve is reg, ons deel byna dieselfde taal en dan, waardes, die grootste rede wat verskillende soorte nasies skei.

Ansie ·

Ek is so jammer dat ek nie by die byeenkoms in Scheveningen kon wees nie, maar is baie bly dat jy daar was Steve, ook bly oor die boek van Martin Bosma. Hier in NLand is maar min mense wat die ware geskiedenis van die oorspronklike bewoners van Suid Afrika ken, en dit grief my nog die meeste.Ek is Nederlands van geboorte maar Suid Afrikaner in my hart en in my bloed. Ek verkondig al baie jare die ware toedrag van Suid Afrika en die Afrikaner volk, maar tog weet hulle almal beter, daarom is ek bly jy was hier,, hoop die onderhoud word hier gepubliseer, ek het vir Martin Bosma ‘n e-pos gestuur met die versoek. Sterkte in jou stryd teen die onreg.

Pieter ·

Baie dankie Steve. Sou graag wil hoor wat Emma Huismans en Sloet te se gehad het

John ·

Steve, alle Afrikaners is nie van Nederlandse afkoms nie. Ons almal vra ook nie om daarheen terug te keer nie. Veral ook nie na ‘n land waarvan die koning nie ‘n Christelike lewensuitkyk handhaaf nie. Nederland het ‘n groot swart- en Moslembevolking wat die Afrikaners se aankoms sal teestaan. Inderwaarheid is daar taalkundiges wat graag Afrikaans as hul eie maaksel sal wil omhels. Ons moet nie elkeen wat ons hand wil vat as boesemvriend aanvaar nie, omdat ons so hardop is om tog ‘n ou plekkie in die son (son in Europa? ) te wil bekom nie.

Steve Hofmeyr ·

Ja. Ek is lugtig vir die slaggate. Ook vir kitskuurverwagtinge. Maar hierdie is die mees barmhartige, indien nie enigste, hand wat in dekades na my volk uitgereik is.

Emile ·

Welgedaan Steve en dankie dat jy ons help herinner daaraan dat ons net soveel reg in hierdie land het as enige kommunis, linkse liberalis, Engelsman, Swartman, Jood, Moslem of homoseksueel en nie tweedeklas burgers is nie. Ons is nie hansie-my-knegte nie.

Ons kan gerus meer hooor van rede-like stemme soos jy, Kallie Kriel, Dirk Herman, Flip Buys, Breyten Bretenbach en minder van hanskakies soos Wim de Villiers, Piet Croukamp, Max du Preez, Pierre de Vos en Adriaan Basson.

(Dit verbaas my net dat Maroelamedia nou eers dekking gee aan Steve se Laelande besoek. Dit na die wye negatiewe dekking deur die Independent groep en Media24 oor die “verregse rassis” se oenskynlike snoering deur die -SA-expat pienk linkse liberalis Johan de Villiers.)

TDW ·

Ek sou graag jou hele toespraak wou hoor. Veral ook die tipe vrae wat gevra is. Ek dink dit moes jou ‘n ruk neem om voor te berei. Ek wonder net hoekom Beeld nie die waarheid skryf nie, watter koerant kan ons dan vertrou om die waarheid deur te gee.

gatiep ·

Dankie Steve maar ek het geweet jy sou nie ver kom met hulle nie,ons is die verkriklikke mense in hulle oe.Hulle kinders gaan eendag weet wat jy bedoel het.

Rupert Ashford ·

Dit gaan vinniger vir hulle gebeur as dit. Die Belge en selfs die Nordiese lande voel dit klaar en van die ander lande begin wakker word.

Thuunda ·

Daar is hoop, daar is altyd hoop. Hoop hierdie is net die begin van ontwaking vir ons.

Emile ·

‘n Algemene vraag.

In die VSA en Engeland is daar baie blanke Engelsprekende konserwatiewe kiesers. Waar is SA se blanke konserwatiewe Engelssprekendes? Alle Engelssprekende blanke SA-kaners kan tog nie liberaal wees en net vir die DA, ANC/EFF ens stem nie. Vir wie stem hulle? ACDP?

Ja n feit bly n feit.. ·

Emile ek stem wat jy se %120, waar is hul?? Te bang groot lafhards wat sal kan en sal vlug oor hul pome afkoms die genaamde liberale lords wat hulself nog altyd hoer ag as die Afrikaner jy sien.. Hul staan nie op nie want hul weet hul plek is eintlik Engeland, hehe arme mense met n identiteits krisis…..siestog! Staan op ruggraatloses en glo my as jul dink die DA is jul party wat na jul belange as blanke in Afrika gaan omsien dan mooi man daar wag n wrede ontnugtering vir jul ook maar teminste kan jul vlug en so is jul karakter!!! Mooi Steve mooi…

Sarie ·

Steve jy is Bakgat. Ek admireer jou guts en eerlikheid. Suid Afrika kort meer mense soos jy. Ek staan bankvas agter alles wat jy sê en sal jou volg oor die Drakensberge, daar waar ons harte lê.

Schalla ·

Bruce,ja jy my bra!Los die liedjies die versies,en Tan’t Stienie se kombuis,Jy het belangriker dinge on te doen go into politics !,we the people need you,ek dink almal like you,dankie vir n valiant effort abroad!!!!!!!!

Therese van Schalkwyk ·

Steve Hofmeyr

Almal van ons wie se harte bloei vir die duisende misdaad-slagoffers salueer jou. Dit vat mannemoed om die ander kant van SA se “goeie storie” te vertel in die buiteland. Dankbaar vir jou deursettingsvermoë en empatie.

Die Dudok-restaurant, wat hulle laat beïnvloed het deur ‘n De Villiers (nóg een!) wat nie self meer in SA woon nie, sal met hul gewetens moet saamleef. Heel duidelik is hul politiek korrekte beeld vir hulle belangriker as mense se lewens. Probleme is egter ongetwyfeld op pad soontoe ook. Op ‘n onlangse besoek aan Nederland het die groot getalle werklose jong mans van Midde-Oosterse afkoms opgeval …

Ek stem saam met Emile (hierbo) dat Maroela gerus nuusdekking kon gee oor Steve se besoek aan Nederland om die gif wat Netwerk24 versprei teë te werk.

Die feit dat mense soos Steve Hofmeyr soveel teenkanting en verguising uit eie geledere ondervind, is onverklaarbaar tragies. Diesulkes is sonder twyfel “aandadig” aan elke plaasmoord en die stadig maar seker uitwissing van die blanke minderheidsgroep in SA.

Steve Hofmeyr ·

Therese, my antagoniste (lees vyand) is die liberale wêreld wie se mense-eksperiment soveel bloed begin oplewer as die ou Nasionalismes wat ons laas WW2 gebring het. Hulle is ook Afrikaners en Afrikaanses. Ek is bloot die lewende bewys dat hulle altyd dalk die minderheid was en bloot beheer van die propaganda was (dws, media). As ek hierdie getalle kan mobiliseer, is daar yslike perre. Ek dink dit kan gedoen word.

Willem Grobler ·

“Afrikaanses”??? Wees jy maar ‘n “Afrikaanse”. Ek verkies om ‘n Afrikaner te bly, dankie!

Isabel ·

Ja Steve ons het jou nodig om te help om die land uit die gemors te kry. Ons kan praat tot ons blou in die gesig is maar ons sal daadwerklik iets moet begin doen. Sterkte, en met ons Vader aan ons kant, want ons vyande is Sy vyande, sal ons oorwin.

john samuel ·

#EkOndersteunSteveHofmeyr

Dankie vir jou Daad Steve, jou Doen… Waar sal ons tog wees met net afrikaanses wat net kan kla en ander se dade kan veroordeel.. en self Niks kan vermag nie…….

Willem Koch ·

Steve , baie dankie vir alles wat jy doen vir ons Afrikanervolk !!

Ben ·

Dankie vir die blootstelling Steve. Jy probeer minstens. Jy doen die werk van die “fat cats” hier wat net weet hoe om geld in te hark!

Pieter van Niekerk ·

Ek sou ook graag die vrae wou lees wat hulle aan jou gerig het.

Eddie de Jager ·

Dit is goed om die spreker se eie woorde te lees en nie ‘n sensasionele weergawe soos soms in ander media platforms nie. Iets wat die skrywer hier beklemtoon is die feit dat Nederland en soveel ander Europese lande, of hulle kommunisties, monargieë of demokraties is, hulle ondersteuning aan organisasies gegee het wat nie noodwendig hulle beywer het vir die goeie in Suid Afrika nie. Ek erken dat terrorisme deel uitgemaak het van die “struggle” en dat Europa saam gespeel het deur dit uit ‘n menslikheids oogpunt te regverdig. Brad Pitt se karakter in die film “Fury” sê opreg “ideals are pieceful, history is violent. ”

Ek sit nie noodwendig altyd langs dieselfde vuur as die skrywer nie daarom is dit vir my verligtend om ook soos Martin Bosma my kop te knik op die stelling: “My mense sou nooit droom om terrorisme in Europa te finansier nie-hoekom het julle dit aan ons gedoen.” Toe ek dit lees besef ek dat die onreg nooit lê by die uitkoms van ‘n doelwit lê nie, maar eerder die onkunde wat gepaard gaan met die besluit om daardie doelwit te ondersteun. Ek is nie meer so seker dat Europa en die wêreld besef waarvoor hulle protesteer het tydens die struggle nie. Daardie ideaal is nou al so verdraai, en ja die “violent” aspek se kop steek orals uit in alle gemeenskappe.

Steve Hofmeyr ·

Ek reageer nie op algemene geweld, misdaad, plaasmoorde, wanbestuur of kleuter en bejaarde verkragtingings nie. Ek reageer op disproporsionele geweld, misdaad, plaasmoorde, wanbestuur en kleuter en bejaarde verkragtingings. Ek skaar my hier by die regses bloot omdat hulle nie pal verskoning uitdink om die probleem te versag nie

Frans C ·

Slinkse liberales is vinnig daar om ‘n vergelyking tussen die Apartheidsregering en die Nazi-bewind te tref en nooit besef waar die Nazi bevolkingsgroepe wat nie aan hul standaarde voldoen het uitge wis het in konsentrasiekampe, die Apartheidsregering besig was om Afrikaners uit ‘n armoedemoeras op te tel en terselfdertyd miljoene huise vir ander te bou , veral vir diegene wat deur mynmagnate, vergete agter gebly na sluiting van myne.

Statistieke vertel hul eie verhaal.

Vogens die 1911 sensus was daar 5 973 394 mense in Suid Afrika teenoor middel 2015
54 956 900 dus 9 keer meer.
Daar was in (1911) 1 276 242 Blankes in Suid Afrika.In 2015 4 534 000 dus 3,5 keer meer.
In 1911 was daar 678147 Kleurling en asiate en ander in die land.In (2015) 5 896 000
dus 8.7 keer meer. in 1911 was daar 4 019 006 swartes (tans Africans genoem) in (2015)
44 228 000, dus 11 keer meer.

Hierdie fenominale groei onder mense van ander kleur is te wyte aan die verbouing van basiese voedselsoorte soos bv mielies op groot skaal en verbeterde gesondheiddienste,deur ‘n bewind wat deur sommige gelykgestel is aan die van die Nazis.

Daarmee sê ek nie dat alles onder die ou regering goed was nie, maar dat dit wel goed was wat dikwels misgekyk word, ook vandag en onder die apartheidsvaandel swart gesmeer word.

Bevolkingsstatistieke vertel egter ‘n ander verhaal en eintlik kan ‘n mens sê dat onder blanke bewind ‘n oorname deur ander voorberei is want dit is die verhaal van die vergelykende bevolkingsstatistiek.

Steve Hofmeyr ·

Die 1939 Jode sou wat gee vir 11 tuislande in Nazi Duitsland met ekonomiese en mediese bystand, ‘n stygende lewensverwagting en ‘n enorme bevolkingsontploffing. Swart Suid Afrikaners (wat so reken) probeer slegs die Joodse pyn trivialiseer vir hul eie gewin.

christine ·

Dankie Steve en JA meer van jou soort het ons nodig. Steve ek reken weer jy moet die dinge gaan wys in Duitsland, hulle is hoeka ontevrede dat daar destyds met Suid Wes sowaar nie met hulle ook lnderhandel is nie en net so aan Sam Nujoma oorgegee is. Hulle is vies vir Angela Merkel oor die mense van anderlande hulle ook verdruk, hulle werke vat. Die Nederlanders is vrek bang vir kritiek, hulle vliegtuig word uit die lug uit geskiet en hulle is stiller daaroor as ons Nee wat jys klaar vergete by daai spul jy moet die Duitsers gaan vertel wat gaan gebeur met daai klomp lebanese want waar hulle voete val is daar moeilikheid.

Steve Hofmeyr ·

Ek oorweeg reeds ander uitnodigings. Duitsland s’n lê hier voor my.

Hannelie Swanepoel ·

My wens en gebede is dat ons Suid-Afrikaners sal saamstaan en hande vat en saam met Steve en ander soos hy sal veg vir wat vir ons kosbaar is – ons pragtige land, ons mooi taal, menselewens! Dankie Steve.

Kabous ·

Dankie Generaal Steve. Jy is dapper en ons staan agter jou. Kom lei asb die Boere…

Kabous ·

Dankie Generaal Steve. Ons staan agte agter jou. Sal jy die Boere kom lui Generaal…

Lourens ·

Ons beste kuese is arg hou op na ueropa kyk selfs in boere oorlog het hulle ons nie gehelp nie usa mense het wel en argentenie het wel maar mense hulle nuwe vader alla gaan hulle geslagte van rebelsheid rehabiliteer alla akbar

Ben Prinsloo ·

Frans C ek dink jy moet aan Steve se regterhand kom. In die dae van oorlede HF Verwoerd het die ander volke meer gegroei as die blankes maar hy is die groot “vark” in die verhaal. Die pers is ook nog net so liberaal soos altyd. Mooi Steve hou so aan, die meerderheid steun jou.

Steve Hofmeyr ·

Verwoerd was ‘n hoogs intelligente jintelman wat sy hande vol gehad het met die beste praktiese oplossing sonder om die Afrikaner se duur en hardgewonne soewereiniteit prys te gee. Alhoewel ek vandag die meeste van sy klein Apartheid as effe belaglik ervaar, dink ek sy groot Apartheid was, alleen in 20ste eeuse konteks, redelik. Daarbenewens grief enige menseregteskendings my. Ek leef tog in afwagting vir die eerste post-Apartheid Verwoerdbiografie wat hom as mense met buitengewone uitdagings sal skets.

Barry ·

Trots op jou Steve!Ons steun jou en staan saam met jou!Welgedaan!

Rupert Ashford ·

Goed gedoen Steve. En daardie stelling oor die terrorisme…ek het dit nog nooit so goed gestel gehoor nie. Bravo…

John ·

Hoera vir Steve, ons nuwe Tereblanche! Van die verhoog af op die perd. Bring my roer, Boem-boem! Ons sal sterwe, ons ( broer ry voort, ek moet nog vanaand gaan sing en dan moet ek nog my roadshow in Engeland ook doen en in ….) vir ons Mega-plase en ons Taaaaal! Boem-boem!

Therese van Schalkwyk ·

John, ontspan gerus voor jy dalk iets ernstigs oorkom.

Indien jy tevrede is met die stand van sake en dit jou nie pla dat die blanke minderheidsgroep in SA drasties verminder by die dag nie, laat ander asseblief met rus wat wel daaroor bekommerd is. Niemand vra iets van jou nie.

Vir sommige van ons is die prys wat vir die nuwe SA betaal word te hoog. Hoop jy verstaan?

Steve Hofmeyr ·

Dis goed om agterdogtig te wees, maar ook nie so dat dit ‘n onskuldige aartjie in jou kop bars nie. Nee. Ek neem nie cds saam as ek in my hoedanigheid as aktivis optree nie. Ook nie in SA nie. Ek is tog telkemaal gevra om Die Stem te sing. Uiteindelik doen my sang en CDs in SA goed genoeg dat ek my oog soms daarvan kan afvat om my mense se lot te bevraagteken.

vermeende ·

Ek gaan eers wag voor ek Steve se lof besing, sal ook graag sy hele toeapraak wou hoor om n beter prendjie te skets.
Steve was een van die JA stemmers maar ontken dit nie, daar gee ek hom die erkening en volpunte maar hoe sien hy die politiek en moontlike antwoorde of uitkoms?
Voor hy voor gehou as ons spreukbuis, ondersoek hom eers.
In n land wat nie polities aan my bestaanreg gee nie daar stem ek ook nie uit protes…..Stem Steve?
By n ronde tafel sit ek nie aan om te onderhandel nie en ek volg ook nie so n persoon nie, Steve het mos saam Zuma gebraai om n brug te bou en die enigste brug wat gebou was is die versoeningsbrug by bloedrivier.
Ek hoop hy het die Hollanders gewaarsku, dit wat hulle hier help saai het in die ANC se stryd sal hulle nou daar maai.
Ek is van Hollandse herkoms maar is vry van hulle want ek is vandag deel van die Boervolk van SA.

Henry ·

Vermeende
Jy moet miskien eers vanuit die verlede na die hede emigreer, alvorens jy vir Steve of sy ondersteuners wil be- of ver-oordeel.

Wie in watter jaar gedurende die vorige eeu Ja, Nee of Almiskie gestem het, is laaaankal nie meer van enige nut vir mens of dier nie. Hierdie is die jaar van Onze Lieven Heer 2016.

Hy is vir seker ook die laaste persoon wat hom as spreekbuis vir die Afrikaner sal aanbied. Dat hy ook dinge kwytraak wat nie altyd in ooreenstemming met alle Afrikaners se sienswyses is nie, is waar. Maar en overgezetsynde daar is hoevele punte wat hy maak, waarmee groot getalle van ons, met hom roerend eens is.

Dat hy oor die durf en deursettingsvermoë beskik om die Afrikanersaak so wyd as moontlik te verkondig, is bowendien ‘n feit soos ‘n DKW en ‘n pampoen-op-die-dak.
Daarvoor gee ek en my pelle hom volpunte en moedig ons hom aan om asseblieftog voort te gaan. Om nie te huiwer om ander welmenende mense en organisasies soos Solidariteit en Afriforum se raad, hulp en samewerking te bekom en te benut nie.

Want…Eendrag Maak Mag my tjaaina!!!

Steve Hofmeyr ·

Ek wou u antwoord, maar ek sien Henry het mooi gemaak. Onse volkie is gans te dinamies om oor alles saam te stem. Hiermee het ek vrede gemaak. Jeens hul ANC-lite manifes sal ek ook nie DA stem nie, maar ‘n wegblystem is gereeld ‘n kruisie vir die vyand. Ensovoorts kan ons redekawel oor nietighede.

John ·

Ek verstaan heeltemal. My gesondheid is ook nie onder verdenking nie. Ons het in die geskiedenis al baie sulke leiers gehad. Greyling wat die trekkerboere op hope laat sterf het tydens die sg Dorslandtrek, met sy slim leiding, is ‘n goeie voorbeeld. Lees gerus NP van Wyk Louw se ‘Die Pluimsaad Waai Ver’. Die drama is geskryf (‘n opdrag’) vir die inwyding van die stadsteater in Bloemfontein, maar die werk is summier afgekeer omdat Louw op ‘n paar tone getrap het. Ons geagte Steve misbruik die nagmerrie van ons boere-sterftes om ‘n nuwe loopbaan oop te trap. Dis skandalig! Hy is ‘n voorstaander van aborsies ook onder witmense, en dan huil hy oor boeresterftes. Hallo!

Theresa Smith ·

Nes ek my kommentaar pos en opwaarts gaan met my skerm sien ek joune raak. Gits, aborsies? Ek het nie geweet nie. Sjoe dis nogal skokkend.

Steve Hofmeyr ·

Aborsies? Nog nie hieroor (prostitusie, groot doop, gayregte ens) uitsprake gemaak nie omdat ek my veldtog bepaal by onwettighede (en nie net sondes nie). Jy moes onlangs SA toe getrek het om te dink dat ek na 3 dekades se verstommende sukses besig is om ‘n “loopbaan uit te krap”?
Maar ek is vatbaar vir innuendo en lees joune raak. Ek misbruik dalk my sukses vir politiek, maar om politiek te gebruik vir ‘n ander loopbaan, is fataal.

Theresa Smith ·

Ek is baie bly om te sien dat iemand darem iets se en doen. Knap gedaan Steve. Wil jy nie maar daaraan dink om jou eie party te begin en maar die politiek te betree nie? Ek is seker daar is hordes mense wat jou sal ondersteun. Jy raak nou ‘n leier, bly dit deurvoer hoor. Volgende praatjie moenie oorsee wees nie, sommer hier op eie bodem waar ons almal jou kan hoor. Ek kan nie wag om te sien wat volgende gaan gebeur nie. Hou so aan.

Duitswes ·

Welgedaan Steve! Jy staan trots vir Volk, Taal & Vaderland…Ons vir Jou SA.
Ek stem, kom ons vat die protes na Duitsland & Amerika. Ek doen ‘n direkte beroep op Afriforum, Solidariteit en Steve om ywer saam te snoer en ONS SAAK daadwerklik NOU na die EU & VN te neem met bogenoemde feite, plaasmoordstatistiek & fotos, regeringshaatspraak en blamering van Oom Jan, Britte, Franse Hugenote, Duitsers, ens. In konteks wat die Boerevolk vermag het bmt ontwikkeling sedert uniewording tot 1994 vs post-1994 wat infrastruktuur, sosio-ekonomie, geletterdheid, ens insluit. Voeg by die “Volksmoord” tydens die Boere-oorlog en huidige grondvergrypingswetgewing wat verykende gevolge soos die in Zim inhou vir die Britse nasate. SA is op dieselfde pad wat in die DRK en Zim gebeur het dit moet aan die GROOT wereldklok gehang word. verantwoording

vermeende ·

Henry dit is hardseer om te sien dat mense so maklik om die bos gelei word.
Sorry maak nie alles reg nie en veral nie as jy keer op keer gewaarsku word nie.
Elke persoon wat JA gestem het in 92 het ons op die pad gesit van moord van vandag en elke JA stemmer het gestem vir hoe SA vandag lyk, hoekom se ek so……want daar was n alternatief die Nee stem, en hope waarskwings.
Steve erken hy was verkeerd maar die skade is gedoen met sy invloed wat hy oor sy aanhangers wat saam ja gaan stem het.
Dit is dalk tyd dat jy tjiaana na jou geskiedenis moet kyk en leer wat uit die foute leer. Die liberale denke het in 20 niks vir ons beteken nie behalwe dat n volk weg kwyn.
Ons tyd loop uit as volk, niemand het simpatie met hierdie volk se toestand nie en niemand gaan ook he nie.

Hendrik ·

Die JA stem kwessie is verby en kan nie verander word nie. Mense is nie altyd so wys om in die toekoms in te sien nie en kan anderste dink soos die wereld verander. Vir my gaan dit wat nou gedoen kan word. Steve het iets gedoen en hoe kan ons nou iets doen. Wat doen jy op die oomblik om te help, behalwe om in sirkels te bejammer oor die JA stem?

Steve Hofmeyr ·

Jy vergeet die bewoording van die uitnodiging van die 92 referendum. Gn wonder die JA stem het gewen nie. Kyk weer.

vermeende ·

Steve is mos hoeka gekies as president van die koepelland.

Krappie ·

Ek kan net se: ‘Dankie Steve’ jy het my weer HOOP gegee en ek is ‘n trotse wit, Afrikaanssprekende ouma en het geen vrees vir die oormag swartes in ons land nie. GOD is aan ons kant. Mag die Here jou seen. Ouma B

PJ Kruger ·

Baie dankie Steve. Jy doen goed. Strekte ons staan agter jou

Theuns ·

Dankie Steve. Jy se baie keer ‘n ding so raak en ek hoop iemand teken dit op! Soos byvoorbeeld: Oor Apartheid se ontstaan se jy “Go figure”! Enige normale person kan sien wat nou gebeur en weet wat gebeur het en dat dit aanleiding gegee het tot “Afsonderlike ontwikkeling”. Nou het jy weer in Nederland vir die Holanders gevra hoekom ‘hulle ‘n Terroriste Organisasie bevonds het terwyl ons Afrikaners dit nooit sou gedoen het nie! Dit is absolute jeweeltjies wat die Liberale pers mal ge maak het!Dankie dat jy jou reg van Vryheid van spraak gebruik.

Steve Hofmeyr ·

Dankie Theuns. Ek het eintlik nog nie eers begin nie…

Steve Hofmeyr ·

Nog geen groot planne viirdat ek seker kan wes van noemenswaardige mobilisering nie. MSVS en sosiale media bewys dat dit tog gedoen kan word. Dit is belangrik, omdat kleiner partye in n eenpartydiktatuur as onbenullig bestempel word.

Marin ·

Dankie Steve!!
♡ hoe voel jy egter oor jou besoek aan Europa
• wat is jou gevoel,
het dit egter enige nuwe denke en idees daar wakker gemaak
•was daar mense wat dit nie geglo het nie en nou wel doen?
•gaan enige iemand iets daaraan doen?
•wat verwag jy gaan nou anders wees as voorheen?
•of is dit maar nog net soos voorheen ? Volstruise met hul koppe in die sand?
Blondie

Steve Hofmeyr ·

Marin. Die feit dat HULLE my genooi het, sê dat ons pleidooi dié dekade nie op dowe ore geval het nie. Dit vertel van n nuwe solidariteit tussen minderhede, kleiner groepe en partye. Ek word ook reeds genooi na ander lande. Dit vertel weer dat mens ook buiteparlementêr dinge kan verrig. My gashere is ministers en partypresidente en leiers wat ontwikkelingskenkings aan die ANC deeglik sal opvolg en reeds timber aan ‘n feitesending na SA. Goeie betrekkinge is altyd positief (ek is onderklere geleen deur n vriendelike Vlaamsbelang amptenaar). Ons werk tans aan makliker migrasie na ons stamlande, maar, vir die van ons wat bly, sal daar nooit genoeg buitelandse druk wees vir n beter SA regering nie. Met meer oë op ons sal die regering dan moet werk maak van sy voorverkiesingsbeloftes om o.a. plaasmoorde te prioritiseer.

Willie E ·

Steve
Ek wil net se, jy het GUTS!!!! Glo my, jy is waaragtig een van die min mense in Suid Afrika wat opstaan en jou mense verdedig,selfs al beteken dit dat jy nie meer konserte mag bywoon en jy beledig word deur die liberalis nie. Steve,dit word opreg waardeer, ek en duisende ander blanke Afrikaners wi net se,ons het iemand soos jy in die politiek nodig. Ek weet dit het ook sy komplikasies,maar asseblief, doen iets en stig jou eie party, betree die politiek,JY KAN EN SAL N’n VERSKIL MAAK!!!! Ek sal jou volg en ondersteun,so ook honder duisende ander blanke afrikaners. Steve,beloof my asb net dit,jy sal NOOIT OOIT ophou om te doen dit waarmee jy besig is nie,glo my, ons het dit,en vir jou,so bitter nodig. Ek wil net dit se, ek sal my kontak besonderhede vir jou gee, ek sal daar wees as jy hulp soek in jou stryd,enige dag,enige plek. Ek sal jou help Steve. Gee my ‘n plek waar ek jou kan kontak en my besonderhede vir jou gee….BAIE BAIE DANKIE STEVE HOFMEYR…Groete…Willie Els

Pieter ·

“As jy ‘n minderheid word in jou eie land” Steve jy tas in die donker rond, vanaf 1652 was ons nog nooit die meerderheid in die geografiese gebied van Suid Afrika nie,

Vanaf 1961 was ons ‘n minderheid met mag tot en met 1994 toe word ons ‘n minderheid sonder mag.

Ons was op geen punt van die land se geskiedenis ooit die meerderheid gewees nie, dit is by implikasies wat jou opskrif lees.

Steve Hofmeyr ·

Ons enigste onafhanklike soewereiniteit was na 1948 (tot 94), ‘n meerderheid van belastingbetalende stemgeregtigdes in hul alleenheerskappy. Dit is wat ons weggegee het om oornag ‘n onbenullige, magtelose minderheid te word in ons land.

Steve Hofmeyr ·

Dankie almal vir sterk en relevante vrae. Dankie Maroelamedia.

Willie E ·

Steve,baie baie dankie vir wat jy doen. Ons het jou so nodig,glo my,ons het iemand soos jy baie baie nodig. As ek jou enigsins kan help met enigiets, gee my ‘n link waar ek my kontak besonderhede vir jou kan stuur. Ek waardeer dit…groete..Willie E

John ·

Steve sal sorg dat geen boer se verslag oor wat regtig in ons land aangaan, geglo word nie. Sy onlangse lesing was deurspek van onbesonne opmerkings, wat mens skaam laat. Die Europeers in elkgeval klaar besig om uit hul eie lande te vlug weens die nuwe aankomelinge. Suid-Afrika is een van hul nuwe bestemmings. As ‘n leier sal hy net ‘n sekere klompie Afrikaners trek. Hulle sal gou ontnugter word. Grootdoenerigheid gaan nie ons volk red nie.

Pieta ·

Foeitog ou John.
Waarom so suur?
Gelukkig is die negatiwiteit wat gereëld in jou kommentare manifestreer, nie verteenwoordigend van die meerderheid Afrikaners s’n nie. Nog minder is dit tiperend van Steve Hofmeyr se bydraes om die Afrikanersaak te bevorder nie..

John ·

Pieta ek is verheug dat ek die enigste negatiewe Boer in die land is. Lyk my dit gaan uitstekend met die res van die volk. Geen probleme nie. Almal, wit, swart, bruin en al die ander wat so lief is vir Afrikaans, al singende, ‘Uit die blou van onse… ‘ Natuurlik met Steve vooraan… Dit gaan goed met ons, die uitverkore volk, ja. Ons taal.. ja ons taal, oorbrug alles, ons staan so saam, ons sterf vir Steve en ons land en … Het ek dit al genoem..Ons taal…

John ·

Maroela, waarom word my vorige nota weggelaat. Ek sal bly wees om te hoor wat Steve te se het. Hoekom beskerm julle hom. Ons kla so oor die vryheid van spraak. Steve sal nog baie meer vrae moet beantwoord, veral van die opposisie. Vir ‘n leier is daar nie soiets soos, los my uit nie. Kyk hoe maak ons met die land se president. Ons kasty hom sonder einde. My kritiek teen Oom Steve is daarop gerig om ons mooi te laat dink oor hoekom ons ‘n akteur/sanger sonder enige kennis van die ekonomie of landsake of wereldpolitiek, die regte of selfs oorlogvoering (aangesien hy skynbaar so lief is vir boem-boem) skielik tot die redder van die Boerevolk wil verhef. Daar was reeds skynbaar baie bewerings oor onaanvaarbare gedrag van hom in die pers. Gaan julle hom sonder voorbehoud as leier aanvaar, soos die ANC vir pres Zuma. Waarom praat ons dan uit 2 monde?

Willie E ·

John
As jy ‘n probleem met Steve as leier het,moet jy miskien die oorweldigende menigte daar buite (myself ingesluit) aanvat omdat hy deur hulle(ons) as leier gesien word.
Jy moet een ding onthou,…leiers word gebore,hulle besit die vermoe om as leier op te staan.
Onthou,Moses kon nie eers behoorlik praat nie(hy het ge hakkel) maar hy het God se uitverkore volk uit Egipte gelei.
EN weet jy wat? Steve is ‘n mens soos ek en jy,en as jy so oor sy “onaanvaarbare” gedrag wil “luidkeels”,onthou net,hy het foute soos ek en jy, as jy so weergalm oor hom,waarom kom jy nie vore as leier nie??? Of is jou “onaanvare gedrag” dalk die “stop blok” wat jou keer? Onthou asb net een ding,selfs nie eers JY is “Lily white” nie. Steve het ten minste die GUTS om vir sy mense op te staan,so ek stel voor jy hou op om hom aan te val en kyk eerder wat JY (John) kan doen om ons saak te help….ek se maar net
Groete
Willie

John ·

Willie, ‘n akteur wat die boef in ‘n fliek speel kry ‘n vet klap van die anties, en die oom wat die Boererol opraap word die leier van die volk weens sy oortuigende spel. Daar is min verskil tussen die rolle van president Zuma en Steve Hofmeyr. Altwee het kwaai foute gemaak en ons moet altwee vergewe? Die een is net wit en die ander swart. Is Steve se foute minder verkeerd as die ANC-leier s’n. Jy is reg leiers word gebore met sekere talente, jy kan dit nie ‘act’ en dan as leier wil opstaan wanneer jy aan ‘n grootheidswaan begin ly nie, Dit geld vir beide ons prez en vir Steve.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.