Wanneer `n debietorder swaarder as `n stem weeg

Die afgelope paar verkiesings het ons gesien dat die Demokratiese Alliansie, in die afwesigheid van die Nasionale Party, die party geword het waarvoor al meer Afrikaners hul kruisie trek.

Verkiesing1Eers was dit Tony Leon met sy bekende “Fight Back”-veldtog, daarna Helen Zille wat aanvanklik na die bruin en later die swart stem gevry het. Die Afrikaner-kiesers is intussen as vanselfsprekend gesien en daar is verwag dat hulle maar tevrede moet wees met die duidelike beleidsverandering na links.

Die DA se aanvanklike steun vir die Wet op Billike Indiensneming (dit is eintlik semantiese bedrog om die woord billik by daardie kwota-bevorderende wetgewing te voeg) en verdere steun vir die heroopstel van grondeise het sommige Afrikaners weer laat dink oor waar om hulle kruisies op 7 Mei tydens die algemene verkiesing te trek.

Die probleem lê egter nie by die keuse vir wie om te stem nie. Dit lê daarby dat Afrikaners meen dat om te gaan stem genoeg is. Dit is nie. `n Sterk burgerlike samelewing is baie meer werd as `n sterk opposisieparty.

Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, vra in die titel van sy semi-outobiografiese boek “Kan Afrikaners toyi-toyi?” Tot `n paar jaar gelede kon die gevolgtrekking gemaak word dat Afrikaners nie toyi-toyi nie.

Ek dink organisasies soos AfriForum het in die laaste agt jaar van hul bestaan daarin geslaan om die Afrikaner te kry om te toyi-toyi. Ons sien plakkaatswaaiende Afrikaners wat, op `n ordelike wyse, hul saak buite howe stel, jongmense wat straatborde plant uit verset teen onsensitiewe naamsveranderings, protesaksies teen plaasmoorde – die lys gaan aan. Om een keer elke vyf jaar `n kruisie agter `n party se naam te trek is nie aktivisties nie. Om self betrokke te raak en `n organisasie te steun wat hul daagliks vir die beskerming van jou regte beywer is wel.

Die burgerlike samelewing was die afgelope paar jaar vir die meerderheid suksesse verantwoordelik – oorwegend in die howe. Dit is egter nie goedkoop om te litigeer nie en buiteparlementêre organisasies is van debietorders afhanklik, anders as politieke partye wat `n staatsubsidie ontvang. Deur só `n organisasie met `n debietorder te ondersteun weeg dus baie swaarder as `n eenmalige kruisie wat elke vyf jaar getrek word.

In die stadium wil ek duidelik daarop wys dat dit nie `n kwessie is van `n keuse tussen die twee nie. Moet egter nie net elke vyf jaar stem en voel dat jou plig gedoen is nie. Veral nie as jy deel van `n minderheid is nie.

`n Verdere voordeel van `n debietorder is dat `n organisasie daagliks moet presteer om dit te behou en nie net elke paar maande in aanloop tot die verkiesing nie. `n Debietorder kan elke maand gekanselleer word – `n stem daarenteen is daardie party s’n vir die volgende vyf jaar.

Besluit dus mooi, in aanloop tot die verkiesing, vir wie jy gaan stem. Onthou egter dat dit belangrik is om meer te doen as bloot net daardie kruisie trek.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frik Lotz ·

Kiesers moet stem vir n party wie se waardes die naaste aan jou eie waardes is. As jy sterk voel oor Christelike waardes en minderheidsregte en jy is ook gekant teen regstellende aksie en diskriminerende arbeidswette,stem dan VF Plus.

Danie ·

Dan maak dit van die mense wat vir die DA stem prostitute. Gooi wat jy het wyd oop sodat wie ookal wat ookal met jou kan doen. En onthou om dankie vir DA misbruik te sê.

Jaco ·

Frik Lotz skryf: “As jy sterk voel oor Christelike waardes en minderheidsregte en jy is ook gekant teen regstellende aksie en diskriminerende arbeidswette.” Ek hoor gedurig dieselfde sentimente van VF-oorde, om te weet dat hy namens die meerderheid van lede praat.

Ek is vir minderheidsregte en is gekant teen regstellende aksie en diskriminerende arbeidswette. Niemand wat my ken, het ook ‘n probleem met my waardes nie. Maar die feit dat dit vereis word om voor ‘n sekere altaar te kniel, veroorsaak dat julle my stem en ondersteuning verloor. Wil julle jul eie geloof bevorder, of wil julle jul beywer vir minderheidsregte? As geloof en politiek volgens die VF+ nie geskei kan word nie, dan sal dit baat om eerder propaganda onder kerkgemeentes te versprei.

Hendrik ·

Op hierdie oomblik voel ek dat geen opposisie partye die Afrikaner se saak geensins gebaat het nie. Ons het nog steeds E-tol, nog steeds misdaad, nog steeds rasse diskriminasie ensovoorts. Die oplossing is beslis om , soos James genoem het, meer te doen as net een kruisie te trek elke vyf jaar. Dit is hoekom daar aan alternatiewe oplossings soos die Kleinfontein, Orania gewerk moet word. Industriee wat werk aan die inwoners van daardie gebied verskaf, moet ontwikkel word. DIt is klaar ‘n sukses en die volgende stap moet nou geneem word.

Ek kan nie meer saamstem met die rubriek skrywer nie.Dit is wel belangrik om n politieke stem te he,maar n minderheid moenie dink dat hulle ooit in die parlement gaan wen nie.Om te stem,en dink jy het genoeg gedoen,gaan bloot nie werk nie.Die volgende verkiesing is eers 5 jaar verder.Dan het die ANC maar weer net 5 jaar om almal kaal uit te trek,en sy diskriminasie toe te pas.Die pad onder Zuma gaan net al hoe meer afdraand raak.Dis n feit.
Die Solidariteit beweging gee darem aan hul lede en alle Afrikaners n stem,en praat namens hulle.Die Solidariteit vakbond verdedig sy lede teen diskriminasie in die werkplek,terwyl Afriforum sy bes probeer om Afrikaners se regte te beskerm,in die howe,maar ook om teen swak diens in munisipaliteite te waak.
Helpende Hand is weer daar om weerlose mense by te staan,bv mense wat hul werk verloor het.Die naam se alles,Solidariteit.Een vir almal,en almal vir een.
Die Solidariteit beweging kan regtig tot iets groots aanleiding gee.Iets baie goed kan hieruit kom.
Dit gaan oor saamstaan.Ek glo sterk as almal saamstaan en Solidariteit sterk maak,gaan ons regtig vir hierdie land,en die wereld,wys wie ons is,en hoe n volk homself help as die regering teen hulle diskrimineer.
Dis n suiwer burgerlike organisasie,maar die krag le nie in kragdadige vertoon nie.Dit gaan om vir die wereld te wys ons staan saam.En as ons saak reg is,dan gaan Solidariteit groot suksesse in die howe behaal,maar ook om vir die wereld uit te wys as daar ongeregtigheid is.
Dit hang nou van ons af,staan saam,of gaan vir altyd onder.Dis ons keuse.My keuse is om n debiet order te he vir Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand.Ek doen my deel.Ek besef Solidariteit is absoluut onmisbaar.Saam teen ongeregtigheid en saam vir n toekoms.Dis wat ons moet doen,as ons dit nie kan doen nie,dan was ons nog nooit n volk nie.

My debiet order gaan elke maand af vir Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand.Ek gee wat ek kan bekostig,en ek sal nooit ophou gee nie.Solidariteit is al organisasie wat daar is om na sy lede se regte in die werkplek te kyk.Afriforum kyk weer na ons regte oor die algemeen,en vat munisipalitete aan,wat swak presteer.Daar is in elk geval groot diskriminasie in munisipaliteite.Sekere woonbuurte moet betaal en vir sekere woonbuurte is dit mos gratis of minimale koste.
Ons moet nou begin saamstaan,of vir altyd ondergaan.As ons nie kan saamstaan agter n organisasie wat besig is om te verrys,met die enigste doel om na sy mense te kyk nie,dan was ons nog nooit n volk nie,en sal nooit een wees nie.
Dit gaan oor die saamstaan.Een vir almal,en almal vir een.Dis n suiwer burgerlike organisasie,wat werk waar dit saakmaak,in die howe,as ons nie agter hulle kan verenig nie,dan is dit verby.

Ek wil net byvoeg,bg kommentaar is myne.Nie die 2de kommentaar van bo af nie.Ek weet in elke geval nie waaroor daardie Danie aangaan nie,die artikel gaan oor Solidariteit.Ander Danie[2de kommentaar van bo] stem vir die party van jou keuse,elkeen is groot genoeg om sy eie keuse te maak.Maar stem,dis belangrik dat elke stem gehoor word.Dit is n telling van koppe,as mense nie gaan stem nie,en die opposisie is swak,dan gaan die ANC en die EFF net se,kyk hoe baie mense stem vir ons,en daar is niemand wat ongelukkig is nie.Elkeen moet stem,sodat dit duidelik kan blyk dat ons nie saamgaan met wat besig is om te gebeur nie.Die ANC en die EFF gaan hulle kiesers mobiliseer,so ons sal moet stem.Maar as die verkiesing verby is,dan gaan ons Solidariteit en Afriforum baie nodig kry.Ek moet opmerk,dit lyk of jy die DA meer vrees as die ANC en die EFF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.