Wat is die NGV?

gesondheid-bloeddruk

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

Deur Nicolien Welthagen

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal ʼn staatsgereguleerde nasionale gesondheidsfonds wees wat noodsaaklike gesondheidsorg en basiese dekking vir alle Suid-Afrikaners op gelyke vlak voorsien. Die staat sal dus ʼn mandjie van dienste saamstel en alles wat binne hierdie mandjie val, sal slegs deur die staat hanteer kan word.

Die administrasie van die fonds sal ook deur die staat behartig word. In dié stadium maak die staat geen geheim daarvan nie dat daar inderdaad rantsoenering sal plaasvind sou daar tekorte ontstaan.

Die NGV sal “alle” gesondheidsdienste namens verbruikers, of dan pasiënte, koop en voorsien. Die pakket wat aangebied gaan word, word gebaseer op die basiese voordele wat mediese fondse tans bied, maar dis nog nie duidelik wat presies aangebied gaan word nie. In die nuutste inligting wat hieroor beskikbaar is, word daar gepraat van “areas” van fokus tydens die implementeringsproses.

Dokters, toerusting, medisyne en ondersteuningsdienste gaan so versprei word dat almal gelyke toegang daartoe het. Dit beteken dus dat gesondheidspraktisyns, as deel van hul akkreditasie, ingedeel sal word in die areas of wyke waar die grootste nood bestaan, dat hulle slegs binne daardie wyk werksaam sal wees en dat al hul pasiënte vanuit daardie wyk sal kom.

Die vergoeding van gesondheidspraktisyns sal ook ooreenkomstig die nood van die betrokke wyk bepaal word. Dit is nog onseker hoe die berekeninge gaan lyk, maar daar is sprake van ʼn kapitasiestelsel waar mediese praktisyns vergoed sal word volgens die aantal mense wat in hul wyk woon.

Almal in die land sal ʼn verpligte progressiewe en proporsionele bydrae tot die NGV maak – ooreenkomstig hul vermoë om te betaal. Almal het dus dieselfde mediese dekking en voordele, ten spyte van sosio-ekonomiese status.

Die NGV sal deur middel van belasting gefinansier word. Hierdie belasting sal die plek neem van normale betalings aan mediese fondse. Dit is onduidelik in watter mate privaat mediese fondse ná die instelling van die NGV sal voortbestaan. Indien hulle steeds bestaan, sal dit wees om aanvullende dienste te dek wat buite die NGV se mandjie val.

Die NGV-fonds sal alle dokters en gesondheidsorgverskaffers in die openbare en die privaat sektor betaal. Die rol van privaat gesondheidspraktisyns en hospitale is tans nog baie onduidelik. Dit kan wees dat hulle slegs aanvullende dienste sal lewer. Die NGV sal alle medisyne en toerusting koop en uit die fonds daarvoor betaal. Hospitale, mediese praktisyns en ander instellings sal nie die vryheid geniet om self hul toerusting en medikasie aan te koop nie. Alle aankope sal slegs deur die fonds, soos geadministreer deur die staat, plaasvind. Die staat sal kan besluit watter behandeling verskaf mag word, watter diagnostiese toetse gebruik mag word en watter nuwe tegnologie toelaatbaar sal wees.

Openbare en privaat gesondheidsorgverskaffers sal by die NGV geakkrediteer moet wees en sal deur staatsinspekteurs gekontroleer word.

  • Hierdie artikel is met die vergunning van die Solidariteit Tydskrif geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Die Rus ·

Kommunisme, hier kom ons. Die res van die wereld beweeg weg van kommunisme omdat dit oor die jare bewys het dat net die regering in weelde leef ten koste van die nasie. Mense in ander lande vlug om weg te kom van kommunisme, maar ons streef daarna. Ongelooflik.

BenaYaHU ·

@Die Rus
Inderdaad.. Kommunisme & Sosialistiese bestel..
Tov. jou stelling aangaande “vlug om weg te kom van kommunisme”, net ‘n gedagte..
Sodat jy dalk dieper mag navors en jou denke strek .. die VSA is b.v. ALREEDS deur die Kommuniste oorgeneem (bestudeer gerus die geskiedenis, asook die huidige implementering van die ideologie soos tans toegepas in die VSA), en alhoewel daar ‘dieper waarneming gedoen moet word’, behoort die gevolglike rol van Globalisering (Teknokratiese Wêreldorde) nie onderskat te word nie.
Sien gerus, sou jy wil, my kommentaar/mening gerig aan Eish hier – https://bit.ly/2BVBoEU

Vaalseun ·

Dit is ‘n fout in ons Grondwet, en trouens in grondwette dwarsoor die wêreld, dat die professies se onafhanklikheid van die staat nie beskerm word nie. Die Grondwet moet die onus op die staat plaas om internasionaal erkende professionele praktisyns uit ons eie universiteite te lewer en die uitnemende professionele praktisyns in die topposisies in die staatsdiens aan te stel.
Die professies is daar om met hul besondere kundigheid en vaardighede die belange van die publiek te dien. Professionele praktisyns is nie daar om as die staat se slawe aangewend te word om reg te maak wanneer politici se gebrekkige insig en verkiesingsbeloftes tot besluite lei met katastrofiese gevolge nie. Dit is ook ‘n professionele praktisyn se rol om te waarsku wanneer ‘n werkgewer verkeerd beplan of doen. Maar politici hou nie van kritiek nie, al is die wese van die demokrasie opposisie, d.w.s. kritiek.
Die ANC-bedeling beskou privaat praktisyns, hospitale en klinieke wat uitnemende diens lewer, as ‘n bedreiging, Dit wys waar die staat tekort skiet. Die ANC wil dit oplos deur dié wat uitnemende professionele diens lewer onder die staat se lekkende dak in te dwing en volgens slaafse reëls (oortyd) diens te laat lewer. Onder dié sisteem rus die luies hulle uit en die flukses werk hulle dood, of loop. Die regte oplossing is om die staat te dwing om die professies te respekteer en bewese professionele praktisyns (ongeag kleur) aan te stel om sy staatsdepartemente te bestuur en hospitale te bedryf.

BenaYaHU ·

@Vaalseun
My mening – dit is noodsaaklik om te besef dat die Staat slegs daargestel word DEUR die burgery, en dus as sodanig slegs ‘n steunfunksie behoort te verrig. Die staat dien die burgery ten einde ‘n stabiele en ontwikkelde samelewing en omgewing daar te stel.
Die wêreldwye tendens dat die burgery (meerderheid) die Staat beskou as ‘n verpligte besluitnemer .. en Teknokrasie oorheersend toeneem .. het tot gevolg dat hul hulself afhankliklikes maak van die staatsgereguleerde instellings en prosesse.
In ‘n land soos SA met al sy ongelykhede asook sosio-ekomiese uitdagings is dit net nog makliker om die staat as ‘n “redder” te sien, met besliste negatiewe gevolge.

Kosie Kramer ·

Elke land, sover ek weet, verskaf sekere dienste wat as `n vorm van sosialisme/ kommunisme gesien kan word. (Pensioene, welsyn, ens.) Geen privaatmaatskappy besit die vermoë om volledige mediese dienste bekostigbaar te verskaf nie.

Ek is al elf (11) jaar werkloos, weens `n ernstige hartprobleem, hartversaking, en `n paar ander dinge. (Moes na 26 jaar diens my baadjie vat omdat ek nie die pas kon volhou, volgens my werkgewer nie.) Om lid van `n mediese fonds te wees is nie `n droom nie, maar `n fantasie. Indien ek vandag die Lotto van R145 miljoen wen, en wil by `n mediese fonds aansluit, sal ek 12 maande moet premies betaal, maar geen eis kan indien nie. Ek sal eers in my 13de maand kan begin eis; dis hoe korrup mediese fondse is.

Diegene wat die staat se NGV afskiet, het almal seker `n goeie inkomste, en is lid van `n mediese fonds. Dis baie lekker om vanuit daardie welvaart te kritiseer.

Anonieme gesondheidswerker ·

Wat jy nie besig nie, is dat een minister ‘n begroting groter as SAL en Eskom SAAM gaan bestuur. Ek moes al klaar ‘n jaar gemeenskapsdiens doen by ‘n staats hospitaal , al het die privaat sektor vir my studies betaal. En toe ek verder spesiiseer, moes ek vir 2 jaar weer in staats hospitale werk sonder enige vergoeding. Ek gaan nie weer verniet werk nie. Ek en meeste van my kollegas is besig om te emmigreer agv nasionale gesondheid. Vra jouself maar net af of julle gelukkig gaan wees met die “kwaliteit” van geneeshere en dienste van diegene wat kans sien vir die sirkus…..

brenda ·

Wonderlike nuus! Hoop dit sal werk en dat almal wat mediese hulp nodig het hierby sal baat. Sekere dokters en sekere (priviledged) groepe se vlerkies sal dan mooi gesny word!! beste nuus ooit!!

Vaalseun ·

Brenda, temper maar jou jaloesie teenoor “sekere dokters” en “privileged” groepe. Wat is jou professie? Watter beleggings, navorsing en opofferings het jy al gemaak om ander se lewens te red?
Ek en jy is afhanklik in ons moderne samelewing van die professies se vermoëns om ons voertuie, treine, bote, ambulanse, helikopters, vliegtuie, geboue, hospitale, paaie, drinkwater, elektrisiteit en rioolstelsels te ontwerp, te bou en in stand te hou sodat ons dokters en die mediese professie voldoende geriewe en kapasiteit het om ons lewens te kan red en te verleng.
Indien jy wil wraak neem op “sekere dokters” deur al die ander dokters ook aan die NGV uit te lewer, moet jy dalk solank ‘n goeie begrafnispolis vir jou familie uitneem. Dan kan julle darem met “waardigheid” begrawe word, want die NGV gaan julle met geen waardigheid hanteer of behandel nie. En goeie statistieke oor die werklike oorsake van hospitaalsterftes gaan beslis nie een van die NVG se sterk punte wees nie. Waarom sou dit? Die staatshospitale en gesondheidsdepartemente het reeds teveel hofsake teen hulle.

Frans C ·

Nog ‘n ‘window dressing’oefening van die ANC.As kind was ek onder die ou regering in ‘nstaatshospitaal met ‘n gebreekte arm en daarna in ‘n privaat hospitaal onder nuwe regering vir die verwydering van ‘n gewas.
Die behandeling in die privaat hospitaal was niks beter as die behandeling wat ek in die ou staatshospitaal gekry het.Jy dit was vir Blankes maar die ANC wou van beter weet
en sluit toe ‘n uiters moderne hospitaal in Kemptonpark en laat miljoene rande
se toerusting daar om te vergaan.Kwansuis nie sentraal genoeg nie.
Die probleem is dat onder die ANC alles verval het,eens goeie hospitale het so agteruitgegaan dat mense soms self moet inspring om hul mense te help.
Die agteruitgang het juis gelei toy die koms van privaathospitale,net soos die privaatsekuriteitsektor ontstaan het agv die agteruitgang van die polisie.
Nou wil die ANC mense dwing om geld in ‘n bodemlose vervalle put in te gooi.
Die ANC moet eers bewys dat hy staatshospitale behoorlik kan bestuur voordat
hy alles wil oorneem.
Doen hy dit nie is die NGV gedoem tot dieselfde mislukking as die huidige staatstelsel.
Hoeveel ministers se kinders in privaatskole en kry behandeling in privaat hospitale.

Vaalseun ·

BenaYaHU,
Jy is reg, die burgery is afhanklik van die staatsdiens vir wet en orde, onderwys en opleiding, gemeenskapsgesondheid, plaagbeheer, infrastruktuur ontwikkeling, ekonomiese behuising, grensbeheer, landsverdediging, nooddienste, navorsing, ens. sodat die private landbou, mynbou, industrieë, handel, vervoer, boubedryf, voedselbedryf, finansiële dienste, professionele dienste, ens. kan ontwikkel en floreer.
Ons probleem, soos maar by al die ander lande, kom by politieke opportunisme wat die meederheid kiesers op sleeptou wil neem om die mag te bekom om oor die aanwending/uitbuiting van belastingbetalersgeld en regeringsfondse en -middele te kan besluit. Dieselfde kieser wat in die juigkommando gemarsjeer het agter die politieke wenners by die stembus, stap later in die stoet agter die kis van sy kind wat a.g.v. bendegeweld, verkragting of swak mediese behandeling in die staatshospitaal gesterf het. Want die wenner by die stembus het waarskynlik geen begrip, opleiding of ervaring van die omvang en diepte van kundigheid, ervaring, middele, praktyke en etiese leierskap wat nodig is om ‘n span professionele medici te lei om daagliks lewens te red nie, of om ‘n gesonde infrastruktuur en omgewing te skep en te onderhou nie.

Antikommunis ·

Privaat is privaat, dit het niks met die regering tedoene nie, los dit regering of julle sal weerstand ervaar. Die regering besit ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.