Wat moet Amerika se rol in globale konfliksituasies wees?

Pres. Donald Trump, Kim Jong-oen van Noord-Korea en hul onderskeie afvaardigings tydens hul vergadering [28 Februarie 2019]. (Foto: Evan Vucci/AP)

Hoe gemaak met die Noord-Korea kernvraagstuk? En die politieke krisis in Venezuela? En Russiese aggressie in Oos-Europa? En so kan die lysie van internasionale knelpunte opgenoem word.

Met elke volgende uitdaging in die wêreld ontstaan die vraag, byna natuurlik, hoe gaan die Verenigde State van Amerika daarop reageer? Amerikaanse intervensie en die toekomstige rol van die VSA in globale veiligheids- en ander uitdagings word tans weer intensief bespreek. Ná die terreuraanval op die Wêreldhandelsentrum in New York in 2001 het George W. Bush ’n aggressiewe, maar grootliks mislukte reeks intervensies in die Midde-Ooste gelei. Dit het tot ernstige vrae oor die VSA se globale rol laat ontstaan, maar terwyl beide Obama en Trump duidelike beloftes hieroor gemaak het, is daar vandag steeds groot onsekerheid oor Amerika se toekomstige rol in die res van die wêreld.

Enkele weke nadat Donald Trump in November 2016 tot president van die Verenigde State van Amerika verkies is, het hy in ’n toespraak in Fayetteville in Noord-Carolina sy visie vir Amerika se rol in die wêreld beter probeer verduidelik deur sy verkiesingsboodskap van minder oorloë en gefokusde aanslae op terreurgroepe te herbevestig. Volgens Trump het Amerikaanse inmenging en oorloë in die Midde-Ooste die land geweldig baie geld gekos en het dit talle vyande vir Amerika geskep. Sedert Trump president geword het, het hy begin om Amerikaanse soldate aan die Midde-Ooste te onttrek en het hy volgehou met ʼn retoriek dat Amerika nie onnodig in ander lande se moeilikheid betrokke moet raak nie, maar hy het egter ook voortgegaan met lugaanvalle in Sirië en het onlangs selfs gedreig om Amerikaanse soldate na Venezuela te stuur.

Agt jaar vroeër het Barack Obama president van Amerika geword met ’n belofte om ’n einde aan die Amerikaanse oorloë in Irak en Afganistan te bring en om alle soldate uit dié lande te onttrek. Obama het uiteindelik nie sy belofte nagekom nie en het selfs met tye ’n meer aggressiewe intervensionistiese beleid in veral die Midde-Ooste en Noord-Afrika gevolg. Die Navo-aanslag in Libië in 2011, waarin die VSA ’n groot rol gespeel het, is ’n goeie voorbeeld hiervan.

Die vraag oor Amerika se rol in internasionale veiligheidsaangeleenthede en tot watter mate die land ’n internasionale polisiemanrol moet vervul, is reeds vir dekades aktueel. Terwyl daar voor die Tweede Wêreldoorlog ’n sterk gevoel in die VSA teen internasionale intervensionisme was, het Amerika se betrokkenheid in die oorlog ’n era van verskeie, meestal mislukte intervensies ingelei. Vanaf 1948 tot 1991 was Amerika in ses en veertig oorsese militêre intervensies betrokke. Vanaf 1992 tot 2017 het dit vervierdubbel tot 188 sulke intervensies. Amerika se toenemende polisiemanrol was egter nie baie suksesvol nie.

Trump het in 2016 belowe om Amerikaanse intervensionisme te beperk en dit is duidelik dat ’n meerderheid van Amerikaners presies dit verkies. Tog is daar binnelandse en buitelandse rolspelers soos Israel, Saoedi-Arabië, wapendrukgroepe en neokonserwatiewe politici wat graag sal wil sien dat die VSA met groter aggressie oorsee optree.

Amerika is tans ekonomies voorspoedig en slegs op ’n klein skaal by oorblywende konfliksituasies in die Midde-Ooste betrokke. Trump se vermoë om sy belofte aan kiesers gestand te doen, gaan ’n wesenlike impak hê op sy kanse om volgende jaar herkies te word. Intussen woed die debat oor Amerika se toekomstige rol in ’n veranderende wêreld voort.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Alter ·

Trump sal lag lag weer wen. net fake sites en media verkondig die nuus.

John ·

Verduidelik Rusland se aggressie in Oos-Europa… of glo jy werklik die slinkse leier van die Oekraìne met Joe Biden as kamermaat? Om Trump in ‘n taai spinnerak, gespan deur die Demokrate/Soros vas te hou, maar aksies van hom te verwag, is veel gevra. Die hele idee is ‘n misvormde/vals omgewing wat Trump as sleg uitbeeld en hom voor die einde van sy termyn uit te delg. Hillary wil so in die Withuis inglip… en Mueller is haar man; hy haat Rusland… twee vlieè met een klap…

Nico K ·

Nee ALter, jy weet verstaan nie die Amerikaanse politieke stelsel nie. Trump het die eerste keer nie lag lag gewen nie, maar a.g.v. ‘n onregverdige kiesstelsel. Ek voorspel hy gaan nie weer wen nie.

Therese van Schalkwyk ·

” ‘n Onregverdige kiesstelsel”?
Groot hoeveelhede inligting is beskikbaar oor die “Founding Fathers of the United States” en hoe hulle spesifiek voorsiening in die grondwet gemaak het dat groot, digbevolkte state nie die kleineres totaal oorheers nie. Blykbaar word hierdie fynere ou puntjies gerieflikheidshalwe vergeet in die histeriese aanslag teen Trump.
Amerika is ook bv. ‘n republiek en nié ‘n demokrasie nie.

Gert ·

Dankie Therese dat jy hier die leftie-misinformasie regstel. Suid-Afrika het ook in die ou dae ‘n soortgelyke stelsel gehad waar plattelandse kiesafdelings minder kiesers as stedelik gehad het, en vir my maak dit baie sin.

Therese ·

Gert, dis juis die konstante geteem van swak verloorders oor Hillary en die “popular vote” wat my oor die VSA se kieskollege-stelsel laat oplees het. Oor ander sake mag daar ‘n “gebrek aan insig en kennis ” wees soos die slim Boer (hieronder) te kenne gee, maar nie hieroor nie.
Die stelsel het nog slegs drie keer in die geskiedenis ‘ingeskop’, en selfs Donald Trump is ietwat onverhoeds betrap. :-)
Glo nie ons sal die sg. Demokrate hoor kla as hierdie einste kiesstelsel húlle die dag “onregverdig” bevoordeel nie.

Mazhiwei ·

Nico K. Ek glo jy vertsaan die Amerikaanse kiesstel nie. Om jou punt van “onregverdige kiesstelsel” uit te lig; Was Obama, Clinton, Bush ens ook nie met dieselfde kiesstelsel verkies nie?

humor ·

Trump kan maar VSA se intervensies drasties verminder, maar hy moet tog net vir oulaas in RSA betrokke raak.

Afrikaner ·

En ‘n afvaardiging van die ANC onder leiding van ACE Magashule is mos nou in Venezuela. Wat hulle daar soek weet nugter, maar aan jou vriende sal jy geken word.

Jerry ·

Amerika is n erg polities verdeelde land en gaan hulle eie huis eers in orde moet kry. Amerikaners besef baie goed dat hulle so gou moontlik eers van die oorsaak van dit wat hulle verdeel sal moet ontslae raak voordat daar enigsins verder gekyk kan word na Amerika se toekomstige rol in n veranderende wereld! Talle gelyktydige ondersoeke vanuit verskillende oorde teen die oorsaak van verdeeldheid is n aanduiding van die erns waarmee Amerikaners tans hierdie een enkele aspek bejeen.

Boer ·

@Nico K: Jy is reg oor die onregverdige kiesstelsel in die VSA.

Sou ons ‘n soortgelyke manipulering van verkiesingsdistrikte se samestelling en grense in Suid-Afrika hê sou veel meer Suid-Afrikaners begryp het hoekom manipulering van grense deur politici die demokratiese stem, ook die belange van minderhede in Suid-Afrika, ondermyn.

Mag my mense nie aan die slaap gesus word deur die bewondering van Trump nie maar eerder besef dat ons wakker moet wees vir alle politici, veral die wat magshonger is.

Opgesom, die kommentaar van sommige op MM toon ‘n kommerwekkende gebrek aan insig en kennis.

B ·

Binnelands is Amerika basies ‘n polisiestaat en buitenlands die globale terroris.

Ek bly 1000x eerder in SA as in die VSA.

Ronnie ·

Trump se rol is wat Poetin voorskryf. Hy is naïef en sy “vriendskap” met Poetin , ‘n voormalige KGB agent, werp nie vir hom die gewenste vrugte af nie. Op Russiese staatsbeheerde TV is ná die Hanoi beraad gesê: “Trump managed to worsen relations with the EU, China, Russia. Total failure in Syria, Turkey, Iran, Venezuela. Nothing but failures at every turn. Trump, who calls himself the ‘master of the deal,’ left Vietnam empty-handed. “Onthou, niks word op Russiese TV gesê wat nie Poetin en die Kremlin se goedkeuring wegdra nie.
Die jammerlike waarheid is, Rusland se waarneming tov die beraad is meer akkuraat as die WH self en as sy propaganda masjien sin by Fox News. Smith en Wallace uitgesluit. Ander bv. Banderas het Trump aangevat omdat hy joernaliste boelie en Cavuto het hom aangespreek oor sy leuens.
Trump lieg soos ‘n tandetrekker en sy ondersteuners kom dit blykbaar nie agter nie. Of dalk maak dit nie aan hulle saak nie.
Hy is histeries oor sy skandes en kriminaliteit wat aan die lig kom. Sy tweets raak by die dag meer irrelevant en onsamehangend. Feit is, as hy nie skuldig is nie, sou hy nie so knaend na die Mueller ondersoek as ‘n heksejag verwys het nie. Dit dring nie deur tot Trump ondersteuners dat dit die aksies is van iemand wat weet hy is skuldig nie.
Die VSA het geen outentieke rol te speel solank die Withuis rooi is en vanuit die Kremlin beheer word nie.

Kobus ·

Indien die VSA/Withuis deur die Kremlin beheer is sou VSA troepe lank reeds uit Sirië vertrek het. Sou Ukraine nie in ‘n staatsgreep, deur CIA beplan en ondersteun, omver gegooi gewees het nie en sou die staat nie vandag in ‘n bloedige burgeroorlog gewikkeld gewees het nie. Sou sanksies teen Rusland baie verlig word en nie gereeld vermeerder word nie.
Amerika slaan sy kloue oral in waar daar vir hom geldelike gewin (gewoonlik in die form van olie of minerale) is, waar hy swak lande se hulpbronne kan plunder en die bevolking nie in staat is om weerstand bied nie. Wag maar, ons beurt kom en meeste sal jubel en daarna lang trane stort.

Jerry ·

Sjoe! dankie Ronnie vir al die bykomende inligting. Geen wonder Danny en kie is so tjoepstil. Ek neem gewoonlik die wind uit hulle seile uit met my kommentaar, maar jy het nou daadwerklik en spreekwoordelik al die Trump meelopers se tjank behoorlik afgetrap!

Kobus ·

Indien die VSA/Withuis deur die Kremlin beheer is sou VSA troepe lank reeds uit Sirië vertrek het. Sou Ukraine nie in ‘n staatsgreep, deur CIA beplan en ondersteun, omver gegooi gewees het nie en sou die staat nie vandag in ‘n bloedige burgeroorlog gewikkeld gewees het nie. Sou sanksies teen Rusland baie verlig word en nie gereeld vermeerder word nie.
Amerika slaan sy kloue oral in waar daar vir hom geldelike gewin (gewoonlik in die form van olie of minerale) is, waar hy swak lande se hulpbronne kan plunder en die bevolking nie in staat is om weerstand bied nie. Wag maar, ons beurt kom en meeste sal jubel en daarna lang trane stort.

Marthinus Willemse ·

Amerika is lankal nie meer `n demokrasie nie, maar `n koloniale mag, ‘n imperium (empire). In `n 2014-studie is bevind dat Amerika `n oligargie is: die VSA word beheer deur `n ryk en magtige elite. [Testing Theories of American Politics deur Martin Gilens en Benjamin I. Page.] Hulle skryf “… policymaking is dominated by powerful business organizations and a small number of affluent Americans…”

In Amerika, as jy in die tronk was, verloor jy jou stemreg. In die verlede is genoem dat swart Amerikaners vir enige nietige ding gearresteer word voor `n verkiesing. Of dit so is kon ek nog nie bevestig nie.

Enige persoon wat al vir die Amerikaanse weermag gewerk het, soos menige blanke mans in SA, kan vertel van “Little Americas” op hulle basisse (meer as 800) regoor die planeet. Dan Kovalik doseer Internasionale Menseregte aan die Universiteit van Pittsburgh. Hy sê, “Why America doesn’t talk about the fact that it has colonies?” [Soos Hawaii, Puerto Rico, Guam, Guantanamo, Navo-basisse in Europa] “People know that to be an empire is to be a dominator, that is to be less than democratic, but we fancy ourselves as being the beacon of democracy in the world. There is an incredible difference between empire and democracy, so people don’t want to admit that we are an empire… And we fight evil empires…”

William Blum: “Whatever advances American global domination. Whatever suits their goals at the moment. There is no moral factor built into the DNA of US foreign policy.”

Mazhiwei ·

Indien dit nie vir Amerika was nie, sou Duitsland waarskynlik geval het teen Rusland en dus sou die hele Duitsland onder die Soviet Unie geval het. Indien Amreika nie die Japanese oorrompel het nie was Sjina en Suid Korea onder Japanese oorheersing.
Gelukkig het die VSA die Weste en die Ooste gered.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.