Werkers hul werk kwyt; hoenders na hul dood bemagtig

tokheim-meningstuk-2016-12

‘n Skermskoot uit ‘n video van die hoenderplaas wat aan dr. Dirk Hermann gestuur is. Foto: Verskaf.

“Hulle het die hoenders aan die pote vasgehou en hul koppe is met ʼn mes afgesny”

My skoonpa, Gert, is die seun van ʼn myner en skoonma Petro se pa was ʼn bouer wat maar arm grootgeword het. “Ons was dalk arm, maar ons was bitter netjies en kon baie hard werk,” het skoonma altyd vertel.

Skoonpa en -ma het linne van deur tot deur verkoop vir ʼn inkomste. Skoonma se pa het ʼn ou verwaarloosde hoewe buite Brakpan gekoop. In daardie stadium was die hoewe blykbaar niks anders nie as ʼn ashoop met ʼn vervalle huisie waarvan die dak gelek het en die wind kon deur die mure waai. Skoonma vertel dat as die wind so deur die huis waai en die dak lek tydens ʼn reënbui het haar pa vir haar ma gesê: “Vrou, kom ons ry,” met haar ma wat antwoord: “Ons ry nie nou nie, ons bid.”

Skoonpa het later die hoewe gekoop en besluit om met hoenders te boer. Hy het oral tweedehandse staal en draad gekoop om ʼn hoenderhok mee te bou. Hy het maande lank gesukkel om die staal reguit te buig en die draad met ʼn beitel te kap, want met ʼn tang sou die punte te skerp wees. Skoonma moes die pot aan die kook hou en sy het by die telefoonfabriek gaan werk.

En toe, uiteindelik, kon hulle hul eerste kuikens koop. Hulle het ʼn ou 1940-boek van die departement van landbou in die hande gekry. Dié het gehandel oor hoe om met hoenders te boer. Die begin was allesbehalwe ʼn grap. Daar was nie elektrisiteit op die hoewe nie en paraffienlampies moes in die kuikenhok gebruik word. Die lampies het in die nag doodgegaan en my skoonouers het in die kuikenhokke geslaap om te sorg dat dit nie gebeur nie. Só het hulle die eerste hoenders grootgekry. Groot was die vreugde toe hul boerdery sy eerste eier opgelewer het. Oupa Tok se Volkswagen Kewer het toe die afleweringsvoertuig, die kosaankoopvoertuig en nog wat geword.

Vyf-en-veertig jaar later en wat as ’n ashoophoewe begin het, is stuk-stuk, oftewel kuiken vir kuiken, opgebou tot ʼn spoghoenderplaas met 40 000 hoenders.

Skoonpa het sy vere vir aftrede begin regskud en het die boerdery in die mark gesit. Die regering het hom genader om ʼn bemagtigingstransaksie met hom aan te gaan.

In November 2015 is die boerdery aan die bemagtigingskandidaat oorgedra.

Toe die transaksie afgehandel is, kry skoonpa ʼn SMS waarin hy bedank word vir sy bydrae tot bemagtiging in Suid-Afrika.

Skoonpa het nog ʼn tyd lank op die plaas gehelp met die oorgang.

In November 2016, presies ʼn jaar nadat die oordrag plaasgevind het, praat ek met een van die plaas se werkers.

“Dirk, jy moet ons help, man asseblief man.” Hy klink byna histeries. “Al die hoenders is dood.”

Die DBV in Gauteng het die laaste 3 000 hoenders op die plaas van kant kom maak. Hulle was so maer hulle het soos kuikens gelyk. Vir drie weke het hulle nie kos gekry nie.

“Hulle het die hoenders aan die pote vasgehou en hul koppe is met ʼn mes afgesny. Jy moet sien hoe lyk die hokke, dis net bloed. Die hoenders is op ʼn groot hoop buite die hoenderhuis gegooi.”

Ek wou toe weet wat van die ander 37 000 hoenders geword het.

“Van die hoenders is vir kontant verkoop, maar die hoenders het al van Januarie af begin vrek. Ons het bakkievragte vol na die asgat toe aangery. Jy weet, daardie rooi bakkie met die geel ‘canopy’ was vol dooie hoenders. Hulle het tien sakke hoenderkos hier gekoop en tien sakke daar. Die krag is afgesny, so daar is nie ligte in die hokke nie. Dis ʼn nare prentjie.’’

Nou is 23 werkers en hul gesinne hul werk kwyt en duisende hoenders is na hul dood toe bemagtig. Die meeste van die werkers het nog kinders op skool.

“Hoe sê jy vir ʼn dogtertjie van ses daar is nie kos nie, ou Dirk? Naweke hou die nuwe eienaar groot partytjies. Hulle het see toe gegaan en die lewe geniet, terwyl ons krepeer. Hulle steek die kontant in hul sakke en nie in die besigheid in nie. Ons het vyf maande laas ons lone gekry. Hulle wil ons nie afdank nie, want hulle wil nie pakkette betaal nie. Hulle sê hulle gaan volgende jaar Junie weer ‘opstart’. Hier gaan egter niks aan nie. Die hokke lewer nie meer ʼn enkele eier op nie. Die voertuie se registrasiedokumente het verval. Alles is toegegroei. Dis lelik Dirk, dis lelik!”

“Kan jy nie help nie? Kan die regering nie die plaas eerder vir ons werkers gee nie? Ons ken die plaas; ons weet hoe dit werk. Kom kyk net sodat jy kan sien wat ek bedoel.”

Ek wil nie gaan kyk nie; ek wil eerder onthou. Ek wil onthou hoe ʼn hoenderplaas se sorteerkamer se vloere geblink het; hoe skoonpa self van kliënt tot kliënt gegaan het om vir hulle persentjies te gee om hul lojaliteit te behou. Ek wil die positiewe werkers onthou wat die ekstra myl gestap het. Ek wil skoonma onthou wat fanaties gewerk het om haar gesondheidsinspeksies met vlieënde vaandels te slaag. Ek wil die plek onthou waar my vrou vry was en my kinders in ʼn diepblou swembad baljaar het. Ek wil die plek onthou waar ons Kersfees gevier het en die Here se seën ervaar het.

Ek wil ʼn plek onthou wat oor ’n tydperk van 45 jaar stukkie vir stukkie opgebou is en ek sou graag die plek, wat in ʼn kwessie van een jaar afgebreek is, wou vergeet. Die prentjie van dooie hoenders wat op ’n hoop lê en die benoude stem van ʼn werker wat Kersfees honger gaan ly terwyl die bemagtigde ʼn reusepartytjie gaan hou, wil egter nie wyk nie. Ek voel of ek dit van ʼn dak af wil skreeu: Hulle het grond, Julius; hulle het niks nie!

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Dirk Hermann

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

61 Kommentare

John ·

45 jaar om ‘n boerdery op te bou, 1 jaar om dit heeltemal tot die grond in te dryf… Ja, dit klink omtrent reg.

Hartseer ·

Presies dieselfde met Denel gebeur. Dekades geneem om op te bou, 18 maande om af te breek.

Marinda ·

En dan wil hulle NOG grond hê! Om wat mee te maak? Hierdie stuk grond moet summier van hulle weggevat word. Ons staar hongersnood in die oë as dit op hierdie manier aangaan. Maar daar is egter ook mooi suksesstories van opkomende boere wat aaneenlopende mentorskap en vriendskap van wit boere ontvang.

Francie ·

Hierdie geval is nie die enigste voorbeeld van ‘n winsgewende boerdery wat tot niet gaan nadat dit deur bemagtiging van eienaar verwissel het nie. Ek kan uit die vuis talle voorbeelde noem, maar daar is wel een of twee wat suksesvol deurgevoer is. Dit is wanneer slegs een person aan die hoof van die boerdery staan. Sommige nuwe boere gehuur die grond weer terug aan die eienaar, self stel hy geensins belang in boerdery nie, net in die huurgeld wat hy ontvang. Dis ironies genoeg, vir my die beter opsie; ten minste word nie alles afgebreek en vernietig nie, en die eenheid kan voortgaan soos altyd. Dit is gewoonlik van die beste plase wat aan bemagtigers toegeken word. Met baie uiteenlopende welslae.

Ina ·

Almal wil grond he maar kan dit nie bewerk nie. Laat my dink aan my foxterrier hondjie wat al die karre jaag en wil vang. Ek wonder wat gaan hy maak as hy eendag n kar vang? Hy moet oppas dat dieselfde kar hom nie doodry nie!

Nel ·

…en dan het Suid Afrika volgens Zuma steeds “a good story to tell’.

Gert ·

Die bemagtigde het seker goeie stories om te vertel.

SEB=Om ‘n dooie perd op te saal

neelsie ·

Selfverryking word as voorbeeld van voorspoed voorgehou.
Die bestuurstyl suurdeeg deur van die palement tot op grondvlak.
Word die verantwoordelikkes aangekla vir enige oortreding?
Hang die berig aan die groot klok.

Pieter ·

Stuur hierdie berig vir JUJU hy wil mos vreeslik graag die landgrabbers help hier is vir hulle ‘n geleendheid duisend ‘n bankrot boerdery

Leon ·

My hart is stukkend as ek sulke malligheid en sinnelose dade lees!

Stephen Twycross ·

Dis wat die kenners en Landbou unies voorspel en hierdie is maar een van baie wat ek gelees het.Watter hoop is daar nog vir die jonger geslagte?Hartseer storie.

Sooo hartseer ·

Die mooiste storie verander in die hartseerste storie, ek stem saam met die werker, gee dit vir die werkers nie ‘n bemagtigde wat nog nooit gewerk het en net regte kontakte het nie!!!!!! Die werkers werk, hul het gesien wat dit verg om op te bou.

vytjie ·

BOERE ASSEBLIEF EK DOEN `N BEROEP ASSEBLIEF U – HULLE KAN DIT NOOIT DOEN OM TOE TE LAAT DAT SUID -AFRIKA `N HONGERTE BETREE NIE. EK ERKEN EK KAN NIE SONDER U – HULLE NIE.

Zimmer ·

Vytjie, hoeveel voel so? Ek wens die Afrikaner gemeenskap (bruin en wit ) wil nou vir eens en vir altyd saamstaan, en anderskleuriges wat besef sonder boere gaan almal doodgaan van die honger in SA wil saam staan TEEN GEWELD teen boere!! Maar nou word hulle die grond en allerhande lekker goed belowe as hulle help om die boere te verdryf. Gaan kyk gerus na ZIMBABWE, dis waarheen ons oppad is ..

Tragies ·

Dit lyk oral so waar dit aan ‘bemagtigingsindikate’ oorhandig is, so ook die pragtige sitrusplase op Tzaneen . hulle is besig om alles in die grond in te dryf soos in Zimbabwe. Dit is wat Malema en sy volgelinge wil he. Hulle gee nie om vir dooie hoenders of vir uitvoere of invoere nie . solank hulle ‘n plek het om te plak en aanvanklik al die kapitaal opgebruik het wat hulle nog uit die vorige boerdery kon OES< is hulle klaar geboer dan plak hulle net. Jammer maar as die werkers en hulle gesinne ook ou sonder kos sit, kan hulle die REGERING waarvoor hulle gestem het bedank, hulle almal skreeu saam "killtheboer" en "takebacktheland" maar baie min van hulle weet wat die gevolge daarvan is.

Jozua ·

Here help ons. Want sulke waarheid maak seer en die mense wat daarop moet reageer is blind omdat hulle nie in waarheid glo. Help ons om te middel van alles, slegs op U te vertrou. Want U is Verlosser en Voorsiener.
In Jesus Naam
Amen

Petra swiegers. ·

Ons ys en met hartseer verneem ins van al di hartseer stories. Stories wat ons al voorheen van n ander land of lande verneem het. Di een sommer baie naby. Di storie kon soo mooi geeindig het as dit ni was vir hebsug..verkwisting en ni n dooi duit omgee ni. Eks soooo jammer vir di werkers. Hulle sou n groot sukses daarvan gemaak het.

Christelle ·

Dit sit teen my grein, teen my mens wees dat hierdie goed gebeur. Wanneer gaan almal besef dat boere ons ‘kos’ is? Of wanneer gaan hulle besef sonder ‘n plaas het hierdie land geen toekoms. Saterdag sê my slagter vleis gaan nog duurder word. Boere gebruik nie meer plaaswerkers nie hulle voer alles in tot die derms. Boere sê plaaswerkers kos te veel geld. Wat gaan vleis binne ‘n paar maande kos?

Koos ·

En dan kla Malema en kie omdat sy “mense” nie grond het om op te boer nie. Hoeveel keer moet die regime nog hierdie eksperiment herhaal en belastingbetalersgeld verkwis voordat hulle sal leer dat dit nie werk nie?

PvZ ·

Orania begroot R180mil om ‘n dorp te bou. Die onderwysdepartement van Gauteng begroot R300mil om Afriforum en Fedsas in die hof besig te hou. (verwys na vorige artikel rakende die twee hoërskole in Gauteng). Wat sou Orania nie kon regkry met R300mil nie? My seuntjie het sy eerste tree begin gee. Ek is trots, en wens vir hom die beste toe. Hy leer Afrikaans en is ‘n Afrikaner. Hier het ‘n hoenderplaas sy gat gesien in ‘n jaar. Maar so ook ons dorp se munisipaliteit en soveel ander instansies. Is ‘n land vol dooie hoenders en werklose mense my seuntjie se voorland. Hoe lank sal ons kan bly keer sodat dit nie word nie? Bly kalm… Ek sukkel baie om kalm te bly. Probeer baie hard, maar sukkel. En ek is nie alleen nie. Ek is ‘n troste Afrikaner, en is lief vir Afrika. Maar ek is nie trost Suid-Afrikaans nie.

stephanus jesaja Heunis ·

Daar’s honderde bemagtiging( juluismalema inkluis) wat hul —!!! gesien het, maar ons soek grond!

moeks ·

Ek hoop daar word ‘n klag van dieremishandeling teen die eienaar ingebring. Hoe onmenslik is daardie diere behandel. As die hoenders al in Januarie begin doodgaan het, hoe kan hulle nou in Desember eers iets wil doen?

Janie ·

EK ook, maar wat is daar al OOIT aan ‘n dieremishandelaar in SA gedoen? Hule het nie eers boete gekry nie . soms dalk gemeenskapsdiens . .dit was die ergste. Dieremishandeling in SA is ‘n sport (vra my ek help rescuers en shelters) . en niemand kom ooit iets daarvan oor nie … Dis hoekom daar geen einde daaraan is nie. As hulle wel vervolg word word die saak of teruggetrek of hulle met ‘n waarskuwing vrygelaat . DIS “N JOKE!!

Alida ·

Dit is ‘n bitter hartseer storie maar ek is nie verbaas nie. Hulle wil die diere he maar die arme diere mag nie eet nie. Gee vir hulle grond maar NIKS anders nie. Hulle moet dan maar self sien kom klaar en die grond eet wat vir hulle gegee is.

Pellie ·

Meeste kan nie eers na ‘n enkele hond omsien nie, nou hoe nog na ‘n plaas vol diere

Nnnn ·

Publiseer die storie in die Sowetan in Engels, Zulu en Sotho.

Gideon ·

Verander u naam van Nnnnn na Zzzzz….want alleen in u drome sal daardie publikasie die waarheid oor ‘grondhervorming’ publiseer.

Alida ·

Publiseer dit oorsee dan kan die buiteland sien met watse tipe mense ons hierdie kant sit. Hulle wil mos nie glo as ons hulle vertel nie. Die menseregtekommissie luister nie na ons nie waar moet ons kla oor dieremishandeling want die DBV probeer maar kry niks reg nie. Daar behoor ‘n vak op skool te wees wat die kinders van gr 1 af leer om verantwoordelikheid vir ‘n weerlose dier te aanvaar.

Kara ·

Net ‘n boer kan weet wat dit is om jou handewerk tot op die grond te sien vernietig word, onskuldige diere die prys betaal vir gierigheid. Hartverskeurend. So sal alles moet afgebreek word voordat ons kan leer en dan sal alles weer saam opgebou moet word. Seker nie iets wat ons of ons kinders sal sien nie…

mc ·

Ek kry hierdie van my sus af dit se alles:
Hierdie wysheid van ‘n Noord-Amerikaanse Indiane-stam word van geslag tot geslag deurgegee.

“As jy ontdek dat jy op ‘n dooie perd ry, is dit die beste om af te klim en ‘n dner perd op te saal.”
In Suid-Afrika se korporatiewe-, onderwys- en regeringsinstansies word meer gevorderde strategie? gebruik, soos”
Koop ‘n sterkter sweep. Verander die ruiter. Stel ‘n komitee aan om die perd te bestudeer. Stel ‘n kommissie aan wat ander lande besoek om te kyk hoe hulle dooie perde ry. Verlaag die standaarde sodat dit ‘n dooie perd kan insluit. Herklassifiseer die dooie perd as “lewend gestremd.” Stel kontrakteurs aan om die dooie perd te ry. Span verskeie dooie perde saam in om die dooie perd se vertoning te verbeter. Verskaf bykomende fondse en/of opleiding om die dooie perd se prestasie te verbeter. Doen ‘n produktiwiteitstudie om vas te stel of ligter ruiters die dooie perd se prestasie sal verbeter. Verklaar dat aangesien die dooie perd nie gevoer hoef te word nie, dit goedkoper is, laer omsetkoste vereis en dus ‘n aansienliker bydrae lewer tot die eindresultaat van die ekonomie as wat met sommige ander perde die geval is. Hersien die prestasievereistes vir die dooie perde. Promoveer die dooie perd tot ‘n toesighoudende posisie. As jy dit alles verstaan, is jy beslis ‘n Suid-Afrikaner!!! Ek weet nie wie dit geskryf het nie maar dit is briljant en beskryf wat nou in ons land aangaan perfek.

Theresa ·

Net ingeval jy nie later se kommentare lees nie – dis nou briljant. Dis ‘n totale opsomming van die werking van departemente. Feitelik korrek en word daagliks bewys. Wil juis die piep kry as ek hoor daar is weer een of ander kommissie van ondersoek ingestel. Nou weet ek waarom – dis ‘n prosedure soos hier fyn uiteengesit.

Johann ·

Dit is baie skokkend maar eindelik nie nuus nie. ‘n Hele paar jaar gelede was daar 2 soortgelyke gevalle. Die een was van ‘n melkboer wat meer as 5,000 melkbeeste asook ‘n plaashuis en alle andere toerusting oorgegee het na ‘n bemagtiging sindikaat. Net so oor ‘n jaar het die DBV die laaste paar maer koeie gaan uit sit. Die ander het gevrek aan siektes of is verkoop. Die plaashuis met die skure asook alle ander geboue het verval. Splinternuwe Ford trekkers het daar gestaan met pap bande.
Die ander geval was van ‘n mango plaas in Tzaneen area. Presies dieselfde. Vrugte is nie gespuit vir insekte nie, nie water gegee nie en ook nie geoes op die regte tyd nie.
Ek sal NOOIT vergeet toe die ou van Carte Blanche vra: “Nou hoekom het dit misluk? Niemand het ons gewys nie, was hulle antwoorde.
Die groot probleem is dat die regering en die ander mense was so pro grond oordra is (hoop dis reg) dat die mense nie besef wat die lang termyn impak op die mense gaan he nie.
Meer en meer goedere gaan ingevoer moet word en dit gaan maak dat alles nog duurder word. Die gaping in Suid Afrika tussen ryk en arm is besig om drasties te vergroot.
‘n Probleem is ‘n honger nasie.

Lance ·

Genoeg om enige persoon die hoenders intemaak …maar nou ja dis presies a carbon copy van die res ….kyk maar na die verval in die dorpe en stede …waar daar teepad was is daar nou n grondpad ….very good story to tell ne anc !

SdP ·

Presies dieselfde het met ons familie plaas gebeur en ek kan julle verseker dat die groep mense aan wie ons plaas gegee was nie net die grond gegee was nie. Hulle het elk ‘n reuse bedrag kontant gekry saam met ‘n volledige 300 bladsy besigheidsplan oor hoe om die plaas te bestuur, wat kan waar en waneer gedoen word en my Pa moes hulle vir die eerste jaar bystaan met alles. Binne daardie jaar het hulle die meeste van die kontant misbruik, my Pa gese hulle het nie sy hulp nodig nie en hulle was nie van plan om enige iets te plant nie. Met die res van die geld het hulle beeste gekoop – heeltemal te veel vir wat die grond kon hanteer en vandag staan die plaas in algehele en absolute verval waar geen dier sal kan oorleef nie met ‘n klomp gehuggies orals opgesit. Dit is ongelooflik hartseer en ek weier om te aanvaar dat dit vir die “beste” was. Hulle het nou die grond en kla by almal dat hulle ‘n groot onreg aangedoen was, maar hulle het elke geleentheid gehad om ‘n sukses daarvan te maak, maar kyk waar staan ons nou.

George ·

Die vraag is net, wie het die plaas ontvang? Hulle wat politieke konneksies het? Behoort die werkers nie bo aan die lys gewees het om die plaas te ontvang nie? Probleem is dat die woord bemagtiging eintlik die verkeerde begrip is in hierdie hartseer verhaal. Dit moet eerder stropery wees wat die pêlle van die politieke oppergesag bevoordeel.

Helena Kruger-Roux ·

So hartseer – die besigheid wat oor 45 jaar opgebou is en tot niet is. Verskriklik hoe die hoenders gely het. Maar die ergste van alles is die werkers – Solidariteit, ek hoop julle kan hulle help. Dis mense in nood wat oor julle pad gekom het.

Shaun de Villiers ·

Is hierdie ‘n bevestigde weerspieëling van ware gebeurtenis of net opsweep fiksie? Sal graag wil hoor van die skrywer. Dit voel asof dit baie eensydig geskryf is.

Yolanda Scholtz ·

Liewe Shaun
Ek wens dit was net opsweep fiksie maar ongelukkig is dit waar. Dis my ouers se boerdery en baie hartseer …. hartseer om te sien hoe hul harde handewerk van 45 jaar binne ‘n jaar tot niet is en hartseer vir die werkers wat hul werk en heenkome kwyt is.

Gideon ·

Shaun dink jy werklik dat die honderderde soortgelyke verhale van regoor die land allses fiksie is? Kan jy waarlik die werklikheid so argeloos ignoreer? Jy glo jouself te maklik jong! Die ANC het ‘n pos vir jou.

Barrie ·

Wel ek is nou nie baie goed met Wiskunde nie maar dit is baie naby die 300 jaar wat dit gevat het om die land op te bou en die 22 jaar wat dit gevat het om die land te vernietig.

Helena Smith ·

Dis ‘n mikro-skets van wat reeds met die land gebeur het. Tragies dat soveel hoenders moes sterf ten koste van gierigheid.

Martie ·

Absoluut tragies! En hulle weier om hul onvermoë en die gevolge daarvan in te sien. Sal ook nie rus alvorens hulle alles het, en almal sien krepeer nie.

Dawid ·

Hierdie is ‘n omvattende verhaal wat die “White privilege” mite en die ANC regime se rassistiese wanbestuur blootstel.
Hierdie artike hoort in Engels beskikbaargestel te wees.
Die wereld moet weet!

Niccy ·

Miskien moet daar ‘n website gestig word waar al die boere wat hul grond op dag en datum aan swert bemagtiging verkoop het. Dan moet daar gereeld berig gegee word oor wat op die plase aangaan en dit moet ook aan die buiteland gestuur word. Ongelukkig is SAUK nie gretig om berig daaroor te lewer nie en word daar so min moontlik sulke gevalle op die Tv vertoon. Kyk weer mooi saam die kinders na LION KING.

Isabel ·

Skande! Arme diere en werkers. Ja as jy als op ‘n skinkbord kry en geen idee het hoe om te boer of ‘n besigheid te bestuur nie gebeur dit. Nog ‘n paar plase in sulke hande en ons het hongersnood!

Theresa ·

Mc, dit was skreeusnaaks : klassifiseer die dooie perd as lewendig gestremd!
Oor die berig as sulks: Hoop iemand van Afriforum of iemand wat die statistiek kan voorlê sal dit doen: Kan ons sien vanaf 20 jaar gelede (gee maar die ander 2 j grasie) hoeveel plase is van ‘n boer na nuwe boer(e) oorgegee (al was dit verkoop) en wat daarvan geword het, asb.
Ek is oortuig daarvan dat hierdie hoenderboerdery maar een van duisende boerderye is waar daar vir jare geswoeg is (eerbaar) om dit in ‘n werkende boerdery te kon omskep – dit aan ‘n andere gegee(verkoop) was a g v ‘n stupid idee wat ontspring het uit belaglike standpunte en die boerdery binne rekordtyd gestroop, verniel, afgebreek en tot niet gemaak is. Enige statistiek daarop?

Carel Breytenbach ·

Dit is die toekoms van Suid Afrika. Armmoede en honger terwyl die swart regering miljarde bestee aan karre, prtytjies ens. ‘n Super voorbeeld van oorgedraagde grond wat n klaaglike mislukking is is die Nwanedi besproeiings gebied in die noorde van die Limpopo Provinsie. Dit is hartseer om te sien wat het van ‘n eens florerende besproeiings boerderygebied geword nadat dit oorhandig is. Om van te huil.

Piet Pompies ·

Die meerderheid lesers van MM het die kennis en die verantwoordelikheid om onderskeid te tref tussen gesonde, ongesonde besigheid en lewensbestaan.
Spring in en maak die verskil, ondersteun die regte instansies met jou kennis en sit skouer aan die wiel waar dit vir jou saakmaak. Dan sal ons sien dat ‘n R5 se brood jou nie R10 kos.

J.F.Smit ·

Baie dankie vir die skrywe Dirk. Hierdie was my oom en tannie se plaas. Ek kan vele stories vertel hoeons as neefs en niggies daar gespeel het. Die smitte het maar swaar gekry ja ? . Is daar ‘n manier om hierdie oor te vertaal na engels. Vriende van my in Duitsland en Engeland kan nie verstaan wat ek vir hul probeer sê nie. Hul dink dit is regtig n eensydige eenmalige “weird” storie. They say but isn’t it suppose to be a better performing farm since the goverment is involved? ?

wilna Venter ·

Ek het nou niks daarteen as mense met grond en hoender of enge ander soort boerdery n kans gegee word.Maar sowaar om vir n klomp leke n stuk grond en n spul hoenders te gee en hulle het geen koekenklue wat gedoen moet word en hoe boerdery werk wat verwag jy.Net mooi n groot boggerob.Almal skree grond plase ons wil he. Maar geen navorsing word gedoen om te sien ofdie persoon enigsins iets weet.Gee grond aan die wat weet waaroor dit gaan om n boer te wees

Christian ·

Hoenderpolitiek daar gaan nog baie lelike eiers uitbroei

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.