Westerse politieke en ekonomiese waardes toenemend uitgedaag

Argieffoto.

Die Verenigde State van Amerika was sonder twyfel die groot politieke en ekonomiese mag van die tweede helfte van die twintigste eeu. Terwyl veral Europese lande die uitdagings van groot na-oorlogse skuld en die fisiese verwoesting van infrastruktuur moes hanteer, kon die VSA die ruimte vul as die magtigste land op aarde.

Amerika se opkoms as wêreldmag het reeds ná die burgeroorlog tussen die state van die suide en noorde begin. Tussen 1865 en 1898 het spoorlyne in die VSA in afstand met 567% toegeneem. Gedurende dieselfde periode het die hoeveelheid koring wat verbou is met 256% en mielies met 222% toegeneem, terwyl die hoeveelheid steenkool wat in state soos Kentucky en Wes-Virginië gemyn is, met 800% toegeneem.

Die opkoms van Amerika as wêreldmag is grootliks gedryf deur industrialisering, daarna die era van inligtingstegnologie en dit alles tesame met die voordele van ’n groot land, ryk aan natuurlike hulpbronne en ’n groot en groeiende bevolking.

Die balans van mag in die wêreld is egter voortdurend besig om te verskuif. Die geskiedenis is ryk aan moondhede wat gekom en weer gegaan het. So is Brittanje vandag ’n veel kleiner rolspeler op die internasionale ekonomiese en politieke verhoog as wat dié land ’n eeu gelede was.

Oor die afgelope paar jaar, en veral sedert die onlangse skuldkrisis in Westerse lande, word algemeen aanvaar dat veral die ekonomiese mag in die wêreld besig is om oos te skuif na lande soos China en Indië. Volgens die Wêreldbank se berekeninge is China se ekonomie reeds groter as dié van die VSA sou daar vir pryspariteit voorsiening gemaak word.

Vyf van die agt grootste bevolkings in die wêreld kan in Asië aangetref word. In ’n era van globalisering waar mag nie meer net deur die grootte van jou bevolking of selfs jou weermag, bepaal word nie moet die vraag egter gevra word oor watter lande en streke dan werklik gedurende die een-en-twintigste eeu as invloedryke wêreldmagte na vore gaan tree.

Terwyl Suid-Korea en Japan gedurende die tweede helfte van die twintigste eeu die Amerikaanse politieke en ekonomiese voorbeeld gevolg het, ontbreek die waardes wat Amerika graag in ander wêrelddele wil sien, vandag by die meeste opkomende magte.

In China het die regerende Kommunistiese Party onlangs aangekondig dat hulle oorweeg om die huidige tienjaarbeperking op die termyn, wat iemand as president van dié land kan dien, op te hef. Ekonomies word China gekenmerk deur wisselkoersmanipulasie, die uitbuiting van goedkoop arbeid en baie swak en soms totaal ontbrekende veiligheids- en omgewingsregulasies. In Indië, Bangladesj, Pakistan en Indonesië gaan dit nie juis beter nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adriaan ·

Daar is n Chinese woord “baizuo” wat vertaal na “white left”. “Baizuo is used generally to describe those who “only care about topics such as immigration, minorities, LGBT and the environment” and “have no sense of real problems in the real world”; they are hypocritical humanitarians who advocate for peace and equality only to “satisfy their own feeling of moral superiority”; they are “obsessed with political correctness” to the extent that they “tolerate backwards Islamic values for the sake of multiculturalism”; they believe in the welfare state that “benefits only the idle and the free riders”; they are the “ignorant and arrogant westerners” who “pity the rest of the world and think they are saviours”.”

Dit som die weste se probleem kort en bondig op.

Kosie Kramer ·

Ek persoonlik gebruik China, alhoewel die Afrikaanse Woordelys en Spelreels dit duidelik stel dat beide Sjina en/of China gebruik kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.