Wetsontwerp op landbougrondbesit jaag buitelanders harnas in

grond-deur-hanzell-vineyards-flicker

Foto: Hanzell Vineyard/Flickr.com.

Die sakeregtewaghond AfriSake het op 31 Maart ’n volledige stel kommentaar op die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit by die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming ingedien. Die publiek het net tot 17 April geleentheid om kommentaar in te dien en op dié wyse die wetsontwerp teen te staan.

Dit is ’n drakoniese wetsontwerp wat ten opsigte van verskeie grondwetlike aspekte teen Suid-Afrikaners sowel as buitelanders diskrimineer. Die wetsontwerp – wat op die verkoop of koop van landbougrond van toepassing is – bepaal dat buitelanders (dit sluit Suid-Afrikaners in wat nié gewoonlik in Suid-Afrika woonagtig is nie) wat hul landbougrond wil verkoop dit eerste aan die staat as koper beskikbaar moet stel. Indien die staat dit nie wil koop nie, moet dit aan ’n swart persoon (soos omskryf in die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998) verkoop word. Dit is eers wanneer geen swart koper gevind word nie dat dit aan ’n wit persoon verkoop mag word.

Die definisie van wat presies as landbougrond geklassifiseer word, word tans só wyd omskryf dat dit basies alle grond insluit. Geen buitelander sal grond in Suid-Afrika kan bekom sonder om ’n swart vennoot te nader om dit saam in ’n vennootskap te koop nie. Persone wie se status as buitelander en landsburger gedurig weens buitelandse betrekkinge omskakel, sal veral negatief deur hierdie toedrag van sake geraak word. Daar sal verder ook plafonne gestel word vir die hoeveelheid landbougrond wat ’n buitelander mag besit, indien enigsins.

Dit is belangrik dat Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland hul besware by die departement indien, want die negatiewe gevolge wat dit vir hul eiendomsreg kan inhou, is kommerwekkend. AfriSake nooi buitelanders om hul besonderhede op die webtuiste http://afrisake.co.za/do-white-landowners-also-have-rights/ in te vul om op dié wyse voorafopgestelde kommentaar in te dien. Ons moedig maatskappye en individue in die buiteland aan om by AfriSake aan te sluit om hul eiendomsreg verder te beskerm as dit nodig sou word om dié wetsontwerp in die konstitusionele hof te beveg.

  • Hierdie artikel is verskaf deur AfriSake ʼn niewinsgewende sakeregtewaghond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Ag tog, oor hoeveel buitelanders is AfriForum nou besorg en van waar? Van watter hoek wil hulle die sjokolade-koek benader terwyl Afrika dit verorber. Buitelanders soos wie? Uit Sjina, Indie, Nigerie of Engeland (waar ons jongmense sukkel om werk te kry)? Dis juis hulle wat ons boereplase pasella gaan kry en hul families ook sal bring om op ons boerestoepe te sit en tee drink; liewe Engeland wat boereplase afgebrand, Afrikaners uitgemoor en besteel het. Is daar nie nog Engelse sendelinge oor wat ons Afrikaners se koppe kan help draai na Engels nie… ?

david ras ·

Maroela–het julle dalk ‘n elektroniese kommunikasie problem ? Ek prober julle kontak maar kry ‘n snaakse verwysing op my skerm. sodra ek die brief pos….

susan ·

hoeveel plase gaan nog braak le nadat dit aan mense gegee is deur die staat. hier in potch omgewing is hordes plase waar geen mens of dier is nie. nuwe trekkers, sleepwaens le in wind en weer. daars hoeveel van ons wat graag groter wil gaan met ons ou klein boerderytjies maar daar is geen kans vir ons nie. wens ek kon ook n kudde bonsmaras verniet kry van die staat af

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.