Wie is Alan Winde en wat kan ons van hom verwag?

Alan Winde (Foto: ANA)

Die DA se keuse van die 53-jarige sakeman Alan Winde as premierskandidaat verplaas werkskepping na die middelpunt van die provinsiale beleidsdebat.

Winde is in 1965 in Knysna gebore en het sy naam as sakeman gemaak op sy prentjiemooi geboortedorp aan die Tuinroete, waar hy tien ondernemings bedryf het.

Gegewe die DA se sterk politieke magsposisie in die Wes-Kaap en sy persoonlike gewildheid in die provinsie is Winde, wie se van op Engels uitgespreek word (soos in windy), die gunsteling om by Helen Zille oor te neem wanneer haar uurglas as premier met volgende jaar se verkiesing uitloop.

Winde het die politiek in 1996 betree toe hy as onafhanklike kandidaat tot die destydse Suid-Kaapse distriksraad verkies is.

Drie jaar later, in 1999, is hy onder die vaandel van die destydse Demokratiese Party (DP) tot die Wes-Kaapse wetgewer verkies, waarin hy sedertdien dien. Nadat die DP met die Nasionale Party en die Federale Alliansie saam gesmelt het om die Demokratiese Alliansie (DA) te vorm, het Winde ‘n DA-lid geword, soos hy vandag steeds is.

Toe die DP en die DA nog in opposisie was in die Wes-Kaap, het Winde as hoofsweep van die opposisie en as lid van die provinsiale staande komitee oor finansies gedien.

In 2009, toe die DA die Wes-Kaapse regering oorgeneem het, is Winde aangestel as LUR vir finansies. Sedert 2014 dien hy as LUR vir ekonomiese geleenthede (wat basies werkskepping beteken), toerisme en landbou.

Onder sy leiding het die Wes-Kaap die laagste werkloosheidsyfer in die land bereik en die meeste buitelandse belegging in die land gelok. In hierdie verband is Winde een van die mees uitgesproke kritici teen knellende immigrasiemaatreëls wat die verhuising van geskoolde buitelanders na Suid-Afrika kortwiek.

Hy is bekend as een van die mees innemende en een van die gewildste mense in die Wes-Kaapse politiek en was nog nooit in ‘n sweempie van ‘n skandaal op enige persoonlike of professionele vlak betrokke nie.

Sy kantoor is waarskynlik die enigste kantoor van enige LUR of minister in die land waar die publiek sonder hindernis van die straat af kan inloop.

Suksesse in sy ampstermyn die afgelope tien jaar sluit in die dramatiese toename in internasionale vlugte na en van Kaapstad, die meer as verdubbeling van Wes-Kaapse handel met China en die vestiging van die Wes-Kaap as ‘n toonaangewende verskaffer van halaalprodukte wêreldwyd.

Met die aanwysingsproses vir die Wes-Kaapse premierskandidaat het Winde verreweg die hoogste punte by die aanwysingspaneel gekry. Hy het te kampe gehad met ‘n poging van die Wes-Kaapse DA-leier, mnr. Bonginkosi Madikizela, om hom om rasgebaseerde redes in eiebelang as kandidaat uit te knikker, en Winde se oorwinning ten spyte van Madikizela se uitgesproke pogings, word wyd as oorwinning vir nierassigheid in die Wes-Kaapse DA gesien.

Fietsry is Winde se gunstelingstokperdjie. Hy is ook bekend as ‘n gesinsman – hy is getroud met mev. Tracy Winde en hulle het twee kinders – ‘n seun en ‘n dogter.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jerry ·

Allen Winde het n radikale opponent verslaan en bring nie net hoop vir n struikelende party, maar ook vir wit kiesers. Om hierdie rede, sal hy twee keer moet dink oor waar hy gaan fietsry!

Een ·

Winde is ‘n goeie keuse deur die DA. Dit skep weer hoop dat die party meriete en vaardigheid bo politiese korrektheid en velkleur kies.

Eish ·

Uitekende rekord indien die positiewe gevolge onder sy leierskap aan hom toe te skryf is.
Neem dus Jerry se waarskuwing ter harte en ry in n groep liberale wat te vertroue is.

Pieter ·

Pragtige getuienis oor die man. Beteken vir my as Afrikaner maar min. Hoop nie Afrikaners word daardeur verlei om te dink hy sal iets doen teen grondonteiening sonder vergoeding of plaasmoorde nie. Die DA is en bly ‘n party waar die Afrikaner nie tuis is nie.

Paul ·

Wat ek graag wil weet is wat gaan van die Wes-Kaapse DA-leier, mnr. Bonginkosi Madikizela, word? Hy is baie duidelik daarop uit om nie die DA se saak te dien nie.

Gert ·

Presie! Die DA praat so graag van inklusiwiteit, maar duidelik net lippetaal. Hoekom nie Bongani vir die pos benoem nie? Winde kon nog steeds met sy goeie werk aangaan.

Lydia ·

Congratulations to a friend and a colleague Alan Winde for being selected as the DA Premier Candidate for the WC. I stood against Alan and he emerged as the best candidate, he will have my full support as the DA Leader in the Western Cape.

I don’t consider myself inferior for losing against Alan, he’s a great human being and a very good Minister with a lot of experience in Government. I know racists will try to drive a wedge and divide us, we must not fall for that. We must focus on uniting South Africans and become a government in South Africa very soon.

As copied from Bonginkosi Madikizela

Paul ·

Lydia, ongeag wat jy hier aangehaal het, lees gerus die artikel hier onder by die skakel wat op Maroela verskyn, dan sal jy sien Bonginkosi Madikizela hoort nie in die DA nie, wat nog te sê as die leier van die DA in die WES Kaap. Hy is nie ‘n produk van die Wes Kaap nie, maar is om eie persoonlike gewin daar, nie om mense te dien nie. Lees ook my kommentaar onderaan daardie berig:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wes-kaapse-da-verwerp-raskaart/

adriana ·

Maak nie saak wie die D A daar het nie – dit is ‘n gevaarlike party wat onder dieselfde sambreel as die eff is – so ek bly ver weg!
My waardes en waarin ek glo pas nie by die D A nie.

Vraagteken ·

Verduidelik gou asb vir die mense wat jy bedoel as jy sê dat die DA en die EFF onder dieselfde sambreel is?

Wat is die alternatief, die ANC? Moet asb nie vir my sê VF-plus nie want hulle gaan amper altyd in ‘n koalisie met die DA.

Jerry ·

Pieter, die persoon wat vir jou gese het dat die DA n party is waar die Afrikaner nie tuis is nie, lieg soos n tandetrekker! Verkiesingsgetallestatistieke dui juis daarop dat die meerderheid Afrikaners vir die DA stem op nasionale vlak en op plaaslike vlak, stem hulle vir die VF. Beide die DA en VF dien dus die Afrikaner se belange. Die DA dien die Afrikaner as n Suid Afrikaner en die VF dien die Afrikaner as n Afrikaner! Hoop jy kan die kluitjie by die oor bring met die een!

John ·

Nee, die VF het nou geplus en binnekort is die Kaap weer Hollands en ons weet die Hollanders is uiters liberaal. Afrikaaaaaannnnsssssjh is nou die wagwoord vir ‘n gratis rit op sekere Afrikaners se tjoekepaf-paf na die einde van hul wit spore. Koebaai!

Pieter ·

Jerry, het jy al agtergekom dat niemand jou op jou KOMMINTARE antwoord nie. Hulle stuur jou met ‘n KLUITJIE die riete in. Hoop jy kry die KLOUTJIE by die oor met dìe een.

Jerry ·

Pieter, ek kry nie jou kluitjie by die oor nie, want hier lewer jy dan nou kommentaar op my kommentaar!

Willem ·

Cyril Ramaphosa het vele talente, hy praat soos ‘n priester, hy kan paddas stadig kook en hy kan muisvalletjies stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.