Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het dié brief aan Maroela Media gestuur:
Na ʼn moeilike politieke vergadering waarin een helfte van die saal hom toegejuig het en die ander helfte hom probeer doodskreeu het, het ʼn politikus sy vergadering soos volg afgesluit: “Aan julle wat my ondersteun, ry veilig huis toe. Aan julle wat van my verskil, wie is ek om te sê hoe julle moet bestuur?”
Dawie Strydom skryf in Beeld op 27 Augustus 2014 die “oorgrote meerderheid van blanke Afrikaanssprekendes is moeg vir Steve Hofmeyr.” Laat ons almal maar versigtig wees met sulke veralgemenings sonder bewyse.
Kan Dawie aantoon hoeveel Afrikaanssprekendes is vir en hoeveel is teen Steve? Is dit ʼn partypolitieke verdeling? Nee.
As hy die verkiesingsuitslae ontleed, sal hy sien dat die meerderheid van die 40 000 wat by Nelspruit saam met Steve die Stem gesing het, het DA in die verkiesing gestem.
Dawie mag redeneer dat Beeld se redakteur Steve kritiseer en die koerant het ʼn sirkulasie van meer as 50 000. Maar, praat Beeld se redakteur namens al sy lesers of is dit maar net die mening van ʼn individu wat toevallig ʼn koerant het om sy mening uit te dra?
Steve het 110 000 volgelinge op Twitter en het reeds bykans een miljoen CD’s verkoop. Nege platinum en dubbelplatinum CD-verkope. Is dit ʼn aanduiding?
Die VF Plus het 165 000 stemme in die verkiesing gekry. Dit is drie keer Beeld se sirkulasie en vier Loftusse vol mense. Dit is beduidend en ek kan sekerlik namens hulle praat. Tog mag ook ek nie veralgemeen en my aanmatig om namens alle Afrikaansprekendes te praat nie. Net so min kan Dawie of Beeld namens alle Afrikaanssprekendes praat.
Kom ons aanvaar die Afrikaanssprekendes van 2014 is net te uiteenlopend dat enige iemand hom/haar as hulle mondstuk kan aanstel.
Geluk Steve met jou vyftigste verjaarsdag (Vrydag 29 Augustus) en soos die politikus hierbo gesê het: “Ry veilig huis toe.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
38 Kommentare
Steve, hull moet jou President maak, dan is Suid Arika gered van ‘n klomp negatiewe “jerks”. You go Steve!
Steve, hull moet jou President maak, dan is Suid Arika gered van ‘n klomp negatiewe “jerks”. You go Steve!
My persoonlike opinie is dat ek iemand met integriteit en wat geloofwaardig is namens my wil laat praat. Ek dink nie Steve het een van die twee eienskappe nie. Verwys na sy optrede in die verlede en die verwronge statistieke wat hy as feite aanhaal. Soos ek se, dit is my opinie van hom. Doen bietjie navorsing en vorm jou eie opinie gebaseer op feite, nie op sentiment nie.
My persoonlike opinie is dat ek iemand met integriteit en wat geloofwaardig is namens my wil laat praat. Ek dink nie Steve het een van die twee eienskappe nie. Verwys na sy optrede in die verlede en die verwronge statistieke wat hy as feite aanhaal. Soos ek se, dit is my opinie van hom. Doen bietjie navorsing en vorm jou eie opinie gebaseer op feite, nie op sentiment nie.
Die linkse Afrikaner is ‘n groter vyand van die Afrikaner as die liberale Engelsman. Dit is juis hulle wat ons in hierdie gemors laat beland het. Pieter, jou artikels is altyd uitstekend. Wie is hierdie Dawie Strydom inelkgeval dat hy so baie aandag kry. Sien my kommentaar hierbo. Geluk Steve. Ons het mense soos jy nodig. Mense wat nie bang is om hulle se te se nie. Veral as dit gaan oor dinge wat vir hulle kosbaar is. As jy en mense soos jy, nie se wat op hulle hart is nie, gaan ons vyande oor ons loop. Hulle reageer… Lees meer »