Wie praat namens die Afrikaanssprekendes?

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het dié brief aan Maroela Media gestuur:

steve_hofmeyr

Steve Hofmeyr

Na ʼn moeilike politieke vergadering waarin een helfte van die saal hom toegejuig het en die ander helfte hom probeer doodskreeu het, het ʼn politikus sy vergadering soos volg afgesluit: “Aan julle wat my ondersteun, ry veilig huis toe. Aan julle wat van my verskil, wie is ek om te sê hoe julle moet bestuur?”

Dawie Strydom skryf in Beeld op 27 Augustus 2014 die “oorgrote meerderheid van blanke Afrikaanssprekendes is moeg vir Steve Hofmeyr.” Laat ons almal maar versigtig wees met sulke veralgemenings sonder bewyse.

Kan Dawie aantoon hoeveel Afrikaanssprekendes is vir en hoeveel is teen Steve? Is dit ʼn partypolitieke verdeling? Nee.

As hy die verkiesingsuitslae ontleed, sal hy sien dat die meerderheid van die 40 000 wat by Nelspruit saam met Steve die Stem gesing het, het DA in die verkiesing gestem.

Dawie mag redeneer dat Beeld se redakteur Steve kritiseer en die koerant het ʼn sirkulasie van meer as 50 000. Maar, praat Beeld se redakteur namens al sy lesers of is dit maar net die mening van ʼn individu wat toevallig ʼn koerant het om sy mening uit te dra?

Steve het 110 000 volgelinge op Twitter en het reeds bykans een miljoen CD’s verkoop. Nege platinum en dubbelplatinum CD-verkope. Is dit ʼn aanduiding?

Die VF Plus het 165 000 stemme in die verkiesing gekry. Dit is drie keer Beeld se sirkulasie en vier Loftusse vol mense. Dit is beduidend en ek kan sekerlik namens hulle praat. Tog mag ook ek nie veralgemeen en my aanmatig om namens alle Afrikaansprekendes te praat nie. Net so min kan Dawie of Beeld namens alle Afrikaanssprekendes praat.

Kom ons aanvaar die Afrikaanssprekendes van 2014 is net te uiteenlopend dat enige iemand hom/haar as hulle mondstuk kan aanstel.

Geluk Steve met jou vyftigste verjaarsdag (Vrydag 29 Augustus) en soos die politikus hierbo gesê het: “Ry veilig huis toe.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Annetjie Horne ·

Steve, hull moet jou President maak, dan is Suid Arika gered van ‘n klomp negatiewe “jerks”. You go Steve!

Willie ·

My persoonlike opinie is dat ek iemand met integriteit en wat geloofwaardig is namens my wil laat praat. Ek dink nie Steve het een van die twee eienskappe nie. Verwys na sy optrede in die verlede en die verwronge statistieke wat hy as feite aanhaal. Soos ek se, dit is my opinie van hom. Doen bietjie navorsing en vorm jou eie opinie gebaseer op feite, nie op sentiment nie.

Lido Pellencin ·

Die linkse Afrikaner is ‘n groter vyand van die Afrikaner as die liberale Engelsman. Dit is juis hulle wat ons in hierdie gemors laat beland het.
Pieter, jou artikels is altyd uitstekend. Wie is hierdie Dawie Strydom inelkgeval dat hy so baie aandag kry. Sien my kommentaar hierbo.
Geluk Steve. Ons het mense soos jy nodig. Mense wat nie bang is om hulle se te se nie. Veral as dit gaan oor dinge wat vir hulle kosbaar is. As jy en mense soos jy, nie se wat op hulle hart is nie, gaan ons vyande oor ons loop. Hulle reageer heftig omdat ons op hulle eelte trap.

Danie ·

Een mens sal nooit namens Afrikaners kan praat nie.Dis ook nie wat ons nodig het nie,dat een mens namens ons praat.
Wat ons nodig het,het ons reeds.
n Ware volksbeweging wat nie daar is om een mens se sienings uit te dra nie,vry van party politieke verbintenisse.
n Beweging wat my trots maak,want dis n beweging van my eie mense,en n beweging wat my hoop gee.
Dis n beweging wat ons kan saambind,al stem ons vir verskillende partye.n Beweging wat namens ons kan praat,en ons bedingingsmag gee.In getalle le krag.
Dis ook nie net n praat beweging nie.Dis n doen beweging.Dis my mense.
Soos ek gese het,ons het reeds daardie beweging.Een vir almal,en almal vir een.
Ondersteun Solidariteit.

Irene Pool ·

Ek gee nie om wie vir wie praat nie, ek is groot en lelik genoeg om dit self te doen. Ek is mal oor Steve vir wat hy voor staan, sy liedjies en sy denke. Basta met wie ookal wat van hom se dit sal nie my denke van hom verander nie. Die wat teen hom is, het nie die “guts” om te se soos hy se, dinge doen en kan nie soos hy sing nie! So “go Steve go” Jou ondersteuners staan by jou en onderskraag jou! Kan nie wag vir jou nuwe CD om jou Die Stem te hoor sing nie!!!

Ek het my kommentaar gelewe en gevra om dit te publiseer en nou kom n boodskap van Maroela en se ” seems like you have already said that”
What is going on??? Dit is die eerste keer wat ek oor hierdie onderwerp op Maroela my mening lig!
Bewys dit aan my deur my vorige kommentaar aan my te stuur. Jul kan nkie want dit is my eerste keer.
Ek wag op n antwoord asseblief

Irene Pool

Ek moet se,ek het geen problem met Steve nie.Al wat hy doen is om op te staan vir sy eie mense.Niks verkeerd daarmee nie.En die man kan sing.
My punt is net dat Afrikaners nooit gaan oorleef met slegs een person wat namens Afrikaners praat nie.
Soos ek gese het,wat ons nodig het,het ons reeds.
n Ware volksbeweging in Solidariteit,wat nog steeds daar gaan wees as ons almal,Steve inkluis,oud en grys is.Ons kan nie net dink aan die hier en die nou.n Mens moet vooruit dink.
Ons almal weet,Afrikaners is divers.Ons gaan altyd vir verskillende parte stem.Dis waarom ons n beweging nodig het wat ons saambind,ongeag party politieke verbintenisse.
Praat gaan ons nie laat oorleef nie.Doen sal.En dis waar Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand inkom.
Maar almal wat ons saak opneem,Steve inkluis,is welkom.

Shannon ·

Geagte Doktor, eerstens wil ek net noem ek moet nou stadig oor die klippe, want ek het al agter gekom dat kritiek teen u en u party met gefronste voorkoppe begroet word. Self al het ons blykbaar `n “Groot Debat” hier op Maroela word die menings van ketters nie juis met Christelike warmte ontvang nie.

Maar ek hoop en vertrou dat die uiters uiters hoë etiek van Maroela my sal toelaat om u so een of twee vragies te vra. Seker in die vaste wete dat ander lesers my sal uitlag en hulle nie sal steur aan my geteem nie.

Doktor, glo u dat die meerderheid Afrikaners eerder vir die DA as vir die VF stem a.g.v. :
a. Vrees dat die VF vir altyd `n minderheid sal bly en ook die blankes se verteenwoordiging verdeel
b. `n wantroue in u self. U word gesien as `n loopbaan politikus soortgelyk aan M. Van Schlakwyk
c. `n Bietjie van a. en `n bietjie van b.

In die afgelope plus minus 18, 20 jaar van deelname in – en rondom die RNE, wat het u en u party bereik ? Vir wie ?

Met bg. in gedagte, wie verteenwoordig u party nou eintlik ?

Ag ek hoop maar julle laat die paar vragies deur Maroela. Niks beledigend of kontroversiëel nie.

Frik Lotz ·

n Baie goeie artikel geskryf deur dr. Pieter Mulder. Steve Hofmeyr doen puik werk vir die Afrikaner en Afrikaans. Hy is welbelese en het goeie insig in die geskiedenis van ons volk. Hy kan op politieke vlak baie werd wees vir die Afrikaner. Ons het meer mense soos hy en Pieter Mulder nodig. Dankie dr. Mulder en dankie Steve vir jul goeie werk. Doen so voort!

PK Smit ·

Ek wil ook nou ‘n veralgemening maak; Dawie is gebreinspoel net soos al die ander by Media 24. Hulle mag niks goed van enige blanke Afrikaner se nie.

GT Elkeman ·

Dis lekker om darem n ou aftree joppie te he in die Kaap , Die agter elke politician wil ek nie komplimenteer nie maar Steve was n goeie keuse ,Schuster is nou weer bruikbaar vir iets anders) Hy kan by n openbare byeenkoms n opinnie van die duisende “silent majority” verkry sonder dat hulle eers dit agterkom ,Wie wil nou deesdae sy opinnie aan n pen en knipbord een gee. Hier is ons genoeg , gevoel is reg , Wat is die patriotisme deesdae ! Gratis . n Goed en kwaad oortuiging in een aanvaar , Komaan ,die man is n akteur , Net soos ander in dieselfde bedryf kan hy met ewe die oortuiging sing van patriotisme en vaderlandsliefde dat jou hart warm in jou klop (,saam met duisende ander) En met dieselfde asem sing van n balspeletjie en hoe hulle gedrink , gepartie het en dronk was , Om verskeie gevoelens te stimmuleer , skep jy n opinnie EN volgelinge . Gelukkig het baie al deur “aartjie na vaartjie ” gesien . Die Beheer van die land is senuweeagtig as mense nie stem nie , stil is oor wat hulle doen en onttrek van tydverdrywe wat vir ons geskep word . Weet wat is die gemoedstoestand van die stilles , Neem die energie en entoesiasme gevange ,kanaliseer dit, skep n organisasie (sodat hulle nie dalk self iets doen nie)en jy kan hulle elke beweging EN gevoel monitor ,n Leier of twee en ,soja hulle is nou in jou beheer .Ons is SUCKERS en ons weet dit nie .
Hosea_4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Jeremia_51:57 En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap ‘n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.

Selfservice ·

Waar is dit wat die “Afrikaans sprekende” of” Afrikaner ” gehoor wil word ? Waarom .? Kry jou saak met jou God reg whitey , dan gaan jy ook nie meer n probleem he met goed soos asseblief meneer Dingaan ,ons sal sus en so ,meneer Dingaan. Maar natuurlik ,Whitey gaan eers elke ander alles probeer en sien dit werk nie Mat_6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde . Sefanja_3:9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien. Maar tussen nou EN dan’ is julle op hulle menu . Maak ook nie saak watter lied jy nou sing nie

Hanno Visagie ·

Jy verlekker jou. Dit is egter hierdie “Whitey’s” wat in 1992 onder leiermisleiding weer eens ter goeder trou vanuit ‘n sterk posisie aan “Meneer Dingaan” “oorgegee” het.

Jacqui ·

Los vir Steve, nie alles wat hy se is korrek nie, en hy praat wat hy in glo. Wie anders het die guts om op te staan en dit te doen?

Rina Pretorius ·

Ek dink eerlik Steve het die “guts” om sy se te se soos min ander mense, hy stuit vir niks en dis so iemand wat ons nodig het, Steve, laat ons Hemelse Vader jou lei om te doen wat reg en goed is vir ons. Moet dit nooit sonder Sy leiding doen nie, kom ons as volk bid dat die Vader ons sal help in hierdie land waar tot Godsdiens nou uit die skole verwyder wil word. Ons kan nie sonder ons Hemelse Vader hierdie land weer terugkry nie, lees kronieke 7:14 en sien vir julle self wat die Woord se. Daar is groot beloftes in die Woord van die Vader, glo en vertrou en verootmoedig ons en belei ons sondes voor Sy Aangesig. Dit is met liefde gese my mense

Ek is verbaas dat nie meer mense met my saamstem dat een mens nie die Afrikaners se redder kan wees nie.
Die redding sal kom as ons mekaar help en saamstaan in die ware volksbeweging Solidariteit.
Dit gaan oor gemeenskaplike belange ,en om dit te beskerm moet daar saamgestaan en uit een mond gepraat word.Al stem Afrikaners vir verskillende partye,is daar tog aspekte waaroor hulle saamstem.soos die voortbestaan van Afrikaans en grondonteiening,en dis hier waar saamgestaan kan word in Solidariteit om ons regte te beskerm.
Ek is n betalende lid van Solidariteit,Afriforum en Helpende Hand,maar ek stem DA.
Ek stem DA want ek glo nie Afrikaners moet hulself isoleer en afsonder in n uitsluitlike blanke party soos die VF+ nie.In die VF+ is miskien baie kundige en goeie mense,maar blanke Afrikaners se getalle is te klein,en selfs al stem alle blankes vir die VF+,wat nooit sal gebeur nie,dan is die VF+ nog steeds net n klein minderheidsparty wat maklik in die parlement gestoomroller sal word deur die ANC en die EFF, wat maar te sterk saamstem oor sekere belangrike beleidsaspekte.
Dis veel beter om saam met ander minderhede, te wete die bruin mense en die Indiers, en gematigde en welmenende,kundige swart mense in die DA saam te staam teen die ANC en die EFF.Dit maak nie van jou n mindere Afrikaner om in die DA te wees nie.Die DA is n party van beginsels,en is beslis nie teen die Afrikaner nie,dis n party vir almal.

Die VF Plus staan sterk op minderheidsregte,nie net vir die Afrikaner nie,maar alle minderhede. Die DA voel vere vir die Afrikaner en Afrikaans en nog minder vir minderheidsregte en ander minderhede. Hul ondersteun dan regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging en dis alles dinge wat diskrimineer teen minderhede. En ja,dan ondersteun hul boonop grondhervorming ook. Die storie dat die VF Plus te klein is,is net propaganda en holrug gery. Hoekom het so baie mense dan in 1999 vir n piepklein DP gestem? n Mens stem tog vir n party as dié party se waardes die naaste aan jou eie waardes is. Hoe meer mense dus vir n party stem, hoe groter word hy. So,mense wat saamstem met die VF Plus moet gaan stem vir dié party en sodoende die VF Plus groter en sterker maak. So eenvoudig soos dit!

Ek het so rukkie terug kommentaar gelewer op persoon wat DA goedgesind is en VF Plus aanvat. Wat het van my kommentaar geword?

Frik Lotz,u ignoreer my argumente.
Wat dink u is die plafon wat die VF+ ooit sal bereik?
Afrikaners is seker nie eers 5% van die land se bevolking nie,en dit word minder.Van daardie 5% steun die meeste die DA.
Die VF+ is n uitsluitlik blanke party vir Afrikaners,al sy parlementslede is blanke Afrikaner mans.
So die argument dat die VF+ n party vir alle minderhede is,maak bloot nie sin nie.Niemand gaan daardie argument glo nie.Moenie daar agter prober wegkruip nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.