Wie sal nog belê as eiendom ontneem word?

Waarheen is die ANC op pad met Suid-Afrika?

Ons land brand en die sosiaal-maatskaplike probleme word net al hoe groter. Armoede en werkloosheid is bo-aan die lys.

Hoe moeilik is dit om te verstaan dat ekonomiese groei die enigste wyse is hoe om die probleme van armoede en werkloosheid volhoubaar op te los? Dit beteken die regte ekonomiese beginsels moet op die regte maniere, plekke en tye in werking gestel word.

Die staat (regering) se twee groot take is om eerstens na die veiligheid van die inwoners van die land om te sien en tweedens om deur middel van die beleidsomgewing die regte klimaat te skep waarbinne entrepreneurs met die vertroue dat hul ‘n opbrengs op hul kapitaal sal kry, sal belê. Dit is die vertrekpunt waarsonder daar nie by groei uitgekom sal word nie. Enige rasioneel-denkende mens kan sien hulle misluk in albei hierdie verantwoordelikhede.

Indien ons die laaste tyd gadeslaan welke wetgewing beslag kry, skep dit die indruk dat daar ‘n sterk neiging is om sosialisme te vestig. Indien dit wel die geval is, sal dit die begin van die einde van beleggings wees en sal ons ekonomie die noodwendige negatiewe gevolge dra.

Eiendomsreg2Daar word in Art. 25 van die Grondwet met eiendomsreg gahandel. Let mooi op wat in Art 25(1)(2)(4) gesê word:

1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie;
(2) Eiendom mag slegs ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif onteien word:
(a) vir ʼn openbare doel of in die openbare belang;
(b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is óf deur ʼn hof bepaal of goedgekeur is;

(4) By die toepassing van hierdie artikel–
(a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en
(b) is eiendom nie tot grond beperk nie

In Art 25 (1) word geen melding word gemaak van enige vergoeding wanneer ontneming van toepassing is nie. Dit is die gaping vir die verkryging van bates sonder om daarvoor te betaal.

Die regering het reeds die regte wat grondeienaars gehad het in water sowel as mineraalregte hul “ontneem” (let wel: nie onteien nie!). Die grondwetlike hof het dan ook beslis dat aangesien die mineraalregte in die Agri SA vs Minister van Minerale en Energie-saak slegs “ontneem” is, hoef daar dus nie vergoeding daarvoor betaal te word nie.

Die regering gebruik dus reeds Art. 25 (1) om bates wat waarde gehad het en verhandelbaar was, aan homself as “voog” kosteloos toe te eien tot nadeel van die eienaar daarvan.

Die ANC-regering se argument is dat hulle nie die eienaar daarvan word nie, maar slegs as “voog namens die mense van Suid-Afrika optree”.

Enige eiendom kan onteien sowel as ontneem word. Eiendom is nie beperk tot grond nie, aldus Art. 25(4) van die Grondwet.

Tot nou toe is daar hoofsaaklik gekonsentreer op grond en grondverwante bates, soos water en minerale. Die klem is duidelik besig om nou te verskuif na ander eiendom as grond.

Die gevolge van “ontneem” en “onteien” is vir die wettige eienaar van ‘n bate een en dieselfde, naamlik die gebruik van die bate is nie meer vir die eienaar beskore nie.

Die voorgestelde Wet op Bevordering en Beskerming van Beleggings wat vir openbare kommentaar ter tafel gelê is teen die einde van 2013 skep ook die moontlikheid dat beleggings en enige ander eiendom wat onder meer roerende en vaste eiendom insluit, deur die staat “ontneem” kan word. Die beginsel van private eienaarskap, wat die grondslag van ekonomiese aktiwiteit is, word dus aangetas.

Dit is dus duidelik dat die Grondwet wat allerweë as goed beskou word, die instrument word waarmee die regering eiendomsreg aantas. Die regering is besig om homself só te posisioneer dat die besluit oor die aanwending van private eiendom al hoe meer in regeringshande gaan lê.

Dit stop egter nie daar nie. Verskeie ander wette is reeds besig om eiendomsreg op een of ander wyse aan te tas en wat die staat in ‘n posisie plaas om dit te reguleer.

Met die toepassing van die restitusie-wetgewing is daar ook groot oneerlikheid, veral teenoor restitusie-eisers. Grondeisers kry in die meeste gevalle slegs die gebruiksreg en nie die titelakte van die grond nie. Dit is dus “dooie kapitaal” waarop persone geplaas word en nie “werkskapitaal” nie en kan derhalwe nie as kollateraal gebruik word ten einde finansiering te kry nie.

Dieselfde geld ook HOP-huise. Die bewoners van hierdie huise word gevange gehou deur die staat se goedgunstigheid en kan nie hul eiendom as ‘n bate tot hul eie voordeel verbeter nie.

Sonder om in detail daarop in te gaan, sluit wette wat eiendomsreg aantas ook onder meer die volgende in: Die Verblyfsregtewet, Huurarbeiderwet, die Konsepwet oor Infrastruktuurontwikkeling, die Eiendomsewaardasiewet, die Onteieningswet, Swart Ekonomiese Bemagtigingswetgewing, ensovoorts.Eiendomsreg3

Suid-Afrika het beleggings as vertrekpunt nodig om sy probleme op te los – buitelandse sowel as binnelandse beleggings. Die vraag wat noodwendig gevra word deur enige persoon wat wil belê, is of die risiko nie nou te groot geraak het nie.

Die geleidelike proses van nasionalisering en die vestiging van sosialisme beïnvloed beleggingsoorwegings negatief. Daarsonder is ons land se ekonomie gedoem tot verskraling. Die enigste slotsom waartoe mens dan kom is die feit dat die ANC se beleidsrigtings nie verder bekostig kan word nie.

Hierdie toedrag van sake verg ‘n ander benadering. Entrepreneurs sal maksimaal hul kundigheid en vermoë moet inspan om kollektief ‘n realistiese beleidsomgewing af te dwing – daarsonder sal niemand belê en niemand verder volhoubaar bemagtig word nie.

Ook herverdeling sal uiteindelik misluk want daar gaan niks meer wees om te “herverdeel” nie. Die sosialis “verdeel” ander mense se eiendom en raak in die moeilikheid as die ander mense se eiendom opraak.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Bennie Van Zyl

Bennie van Zyl is hoofbestuurder van TLU SA.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Coenraad Meyer ·

Dit is so dat histories gesproke eiendomsreg al hoe meer afgewater word. So besit die gewone eienaar nie meer die minerale onder sy eiendom of die lugruim daarbo nie. Sonerings- en ander stadsregulasies edm maak ook inbreuk.

Eiendomsreg bestaan uit ´n horde regte en bevoegdhede. Hiervan is die reg om die eiendom te beset, te benut, te geniet en na wense te handel daarmee, maar net ´n paar.

Om egter voor te gee dat die inbreuk wat hier gemaak word nie wesenlik is nie, is absurd. Dit weerspieël ´n letterknegtigheid wat aan hallusinasie grens. Dit is totaal ondenkbaar dat die grondwetlike bepalings wat eiendomsreg beskerm hierdie vergrype magtig. Sodanige interpretasie is regsformalisme wat ons terugvoer na primtiewe regstelsels toe skrif en geykte formules magiese bekoring gehad het.

Om te dink dat die grondwetlike hof sy seël op sulke vergrype en afwykende denkrigtings kan plaas, is om van te stik.

Sover die ekonomiese geletterdheid van die regering aanbetref, moet ´n mens erken dat die 2008-wêreld ekonomiese ineenstorting die aansig van die kapitalistiese stelsel ( miskien ten onregte) skend. Indien beleggings egter gesoek word kan ek nie sien dat hierdie verbeeldingsvlugte daartoe sal bydra nie. Dit gaan ook bates se waardes in gedrang bring en op die ou end sal die banke wat die bates as sekuriteit gebruik, dalk die spit moet help afbyt. ´n Soort van 2008 senario.

Shannon ·

Coenraad, ek verstom my elke dag oor die verstardheid van die (veral) Afrikaanse bevolking in Suid Afrika teenoor die reg. As of die lands wette en regulasies werklik `n verskil maak aan wat die ANC en sy bondgenote nog wil uitvoer !?
Om die waarheid te sê ek reken die argitekte van chaos moet so dan en wan lag in hul mou as hul sien hoe behep die verskeie (veral) Afrikaner/Afrikaanse groepe is met die wet en hul hofsake.
As voorbeeld, neem die aangeleentheid rondom die naam van – en name in Pretoria.
[1] Die ANC gooi `n beriggie in die koerante oor naam verandering by monde van een of ander junior leier (deels om reaksie te getoets).
[2] Die verwagte hoë temperatuur ontploffing deur die bv. die VF+ se woordvoerder vir dit en dat, dan
[3] Die hofsaak. En dit word of beklink OF die A.N.C. ignoreer dit totaal en die saak loop vir eers dood, dan
[4] Een jaar later word die selle aankondiging weer gemaak. Maar dan het die VF reeds sy lus en plus verloor tesame met die oorspronklike begroting wat hulle gehad het vir die saak.

Die selfde gebeur met die grond sake. Die selfde m.o. En elke keer die selfde reaksie waar die verontwaardigdes hul self wend tot die howe. Die howe wat OF deur die A.N.C. beman word OF deur hulle omseil word.
As hulle die grond wil hê sal hulle dit kry. Die enigste variable van belang is eintlik maar net tyd.

Sal buitelanders belê ? Beslis ! Hulle belê strategies in die front ‘maatskappye’ d.m.v. hulle eie front maatskappye. En die vennootskappe se grootste voorwaarde is dat die vennote hul nodige pond vleis kry wanneer die vorige eienaar weg is en die karkas opgedeel word. Trouens, op daardie stadium sal dit vir alle betrokkenes ook duidelik wees dat die Afrikaan – net soos in al 101 kolonies noord van die Limpopo – nie `n benul het van enige grond verwante bestuur nie en dan stel hulle in elk geval die buitelandse kontrakteurs aan. Die blanke is weereens die baas en die local is klaas, met die een verskil dat die blanke nou in beheer `n buitelander is en die vorige eienaar is die salaris trekker voorman wie sy baas se swart arbeid moet oppas.

Dit wil voorkom of die landbou bedryf in 400 `n wilde plant in mielies kon verander maar nog steeds nie veel oor politiek geleer het nie.

francois williams ·

Ek verstaan nie mooi waaroor gaan die geweeklaag nie?
In SA bv, behoort meeste van die grond aan ‘n handjievol Blankes, maar hoe lyk dit in die EU bv?
Sover ek weet behoort meeste grond in lande soos die VK en EU aan ‘n handjievol mense ook, wie meeste koninklikes of uiters ryk landseienaars is. Hierdie handjievol leef inderdaad soos konings terwyl die res van die EU se BAIE blanke bevolking krepeer en hemelhogere rentes en huur moet betaal, sonder enige keuses…
Wat kan ons in SA van hulle leer?

@Shannon

Dat die ANC hul nie veel steur aan die reg nie, stem ek mee saam. Gevolglik my verontwaardiging oor die miskenning van regbeginsels.

Dit is ook verstommend dat buitelanders steeds hul weg oopsien om te belê. Ek kan egter nie sien dat op die langer termyn die eiendomswette gaan bydra tot welvarendheid nie. Selfs in ´n land soos Amerika het die eiedomsmark ineen gestort. Zimbawe is nog ´n voorbeeld waar die teenwoordigheid van buitelanders nie genoeg is om die ekonomie te laat floreer nie. Inderwaarheid lyk dit vir my lok so ´n stelsel al hoe meer spekulante en mense met bedenklike moraliteit – nie juis ´n suksesstorie nie.

Shannon ·

Jou laaste sin is innie kol. Dit is juis my punt. Meer nog, ek is van die opinie dat mense wie nog steeds die publiek wil oortuig dat daar blykbaar `n morele gronding is vir die motiewe van internasionale maatskappye en regerings is opsetlik misleidend.
Verder, die grootse struikel blok van die laaste 350 jaar op die Afrika kontinent is die (Afrikaner) wit mens – die een wat nou finaal oorkom is by wyse van demokrasie.
– Vanuit `n Britse perspektief kon die land nie homogeen Brits word nie en die land was dus nie beskikbaar vir plunder volgens die koloniale tradisie nie.
– Vanuit `n Amerikaanse perspektief sou die land as `n (minie) mag blok bly voort bestaan en heel waarskynlik in die pad staan van strategiese V.S.A. manipulering.

Beide bg. – en vele ander, soos bv. Sjina – kan veel meer uitrig met `n Afrikaan se hand-tot-mond lewens benadering as wat die geval sou wees met `n nasionalis in beheer – aldus die heen teenoor Rusland. ‘Belegging’ (en gevolglike skuld) is die eerste eerste stap van totale oorname.

Deon ·

Vriende, ongelukkig vir die grondwetskrywers en ondersteuners kan verklaar word alhoewel julle gehoop het die meerderheid afrikane sal op die lang termyn liberale westerse waardes aanleer en grondwetlik onderhou, realiteit is Afrika bewys die teendeel. My raad, vat jou goed en trek Ferreira na Afrikanerkonsentrasie-punte (laer) toe. Hier kom ‘n ding wat leliker gaan raak.

neymar trikot ·

Many thanks so much for this! I have not been this thrilled by a blog publish for very some time! You have got it, whatsoever that indicates in blogging. In any case, You are absolutely someone that has anything to say that men and women should listen to.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.