Wil die ANC werklike versoening hê of kan hulle dit nie bekostig nie?

Argieffoto

“Versoening”, “samewerking” en “reënboognasie” was van die gewildste begrippe in toesprake in die tydperk toe president Mandela president was.

In artikels en koerantberigte die afgelope tyd word gevra tot watter mate met hierdie begrippe gevorder is? As jy na die parlement se gevegte kyk of net die wilde uitsprake op Twitter lees, was daar geen vordering nie.

Dr. Rina Venter, voormalige minister, skryf dat ons in ’n rondomtaliedebat is as dit oor versoening gaan omdat ons voorwaardes stel.

Ek kan talle voorbeelde noem van persone wat uitgereik het na die regering en die ANC sonder om enige voorwaardes te stel. Hulle is ontnugter deurdat hul voorstelle geen reaksie of waardering van die regering gekry het nie.

Heindrich Wyngaard, politieke kommentator, verwys na die Waarheid-en-versoeningskommissie en dat versoening nie bereik word nie. Wit mense moet opstaan en sê “Ons wil bou” in plaas van die regering te kritiseer, is sy advies.

Ek kan talle voorbeelde noem van wit mense wat die laaste twintig jaar opgestaan het en gesê het “ons wil bou” en só hul kundigheid en hulp aan, byvoorbeeld, sukkelende stadsrade aangebied het. Hul aanbod is van die hand gewys.

In ruil daarvoor het ons uitsprake van pres. Thabo Mbeki gekry dat wit mense spesiale setlaars in Suid-Afrika is. Dit beteken dat ons hier verduur word, maar eintlik nie hier hoort nie.

Pres. Jacob Zuma het verder gegaan. Volgens hom was hier vrede in Suidelike Afrika totdat die wit mense gearriveer het. Daarom skryf hy alle probleme, konflik en geweld aan die wit mense toe. Hierdie standpunt skreeu teen die historiese feite van hoe swart stamme mekaar oor dekades uitgemoor het.

Shaka het die spesiale bulhoringformasie as aanvalstrategie vir sy krygers ontwikkel. Daarvolgens is die krygers soos die horings van ’n bul opgestel. Tydens ’n geveg met ander stamme het die horings dan geleidelik om die vyand beweeg totdat hulle omsingel is.

Die vraag aan Zuma is, wat het Shaka met die vyand wat so omsingel is, gemaak? Het hulle daar binne braaivleis vir die vyand gehou of aan hulle komberse vir die winter uitgedeel? Natuurlik nie!

Uit die toesprake van ANC-leiers die afgelope tien jaar en die dade van hul volgelinge blyk dit dat hulle nie in werklike versoening en die wegbeweeg van die verlede belang stel nie.

Hoekom nie?

Omdat die ANC ’n politieke party is met wyd uiteenlopende denkrigtings. Binne die ANC kry jy vryemarkdenkers, oortuigde kommuniste, vakbondsosialiste, tradisionele denkers en Biko-swart-bewussyn-Pan-Afrikaniste – almal in een party. Die enigste sement wat hulle binne die ANC bymekaar hou, is apartheid en die onregte van die verlede.

Die gevolg is dat hulle nie werklike versoening en die wegbeweeg van die verlede kan bekostig nie. Dit moet lewendig gehou word om die party bymekaar te hou.

Een voorbeeld: Suid-Afrika het mooiklinkende vakansiedae soos Vrouedag, Menseregtedag, Jeugdag, Versoeningsdag, ens.

Die ANC sorg dat by elkeen van hierdie dae slegs op die ANC se verlede gefokus word en elke moontlike onreg van die verlede opgegrawe en lewendig gehou word, of dit nou feitelik korrek is of nie.

Op Vrouedag word altyd net na die ANC se 1956 vroue-optog verwys asook die swaarkry van ANC-vroue in die verlede.

Meer as 6 000 Afrikaner-vroue het reeds in 1915 na die Uniegebou geloop en ’n petisie namens 40 000 vroue oorhandig. Die petisie het gevra vir die vrylating van, onder andere, generaal Christiaan De Wet, een van die helde van die Anglo-Boereoorlog.

In 1940, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het altesaam 9 800 vroue na die Uniegebou geloop om ‘n versoekskrif aan die eerste minister te oorhandig waarin vrede gevra is. Hierdie deel van die geskiedenis en die swaarkry van hierdie vroue bestaan nie vir die ANC-regering nie.

By Menseregtedag word net oor Sharpeville gepraat. Die Sharpeville-botsing tussen die polisie en protesgangers word elke jaar net erger in die toesprake.

By Jeugdag word niks oor die huidige jeug se probleme en die toekoms gepraat nie. Alles handel oor die 1976 Soweto-opstande teen Afrikaans in skole. Die onregte wat in 1976 teen die swart skoliere gepleeg is en die polisie-optrede, word jaarliks net al hoe wreder oorgedra. Van die feite wat verswyg word, is dat ses van die sewe skole wat aanvanklik aan die protesoptog in Soweto deelgeneem het, geen vak in Afrikaans aangebied het nie – alles slegs in Engels. In die sewende skool is Afrikaans vir net een vak gebruik.

Malema en sy geslag is op hierdie eensydige propaganda, en nie op Mandela se versoeningsboodskappe nie, grootgemaak. Die gevolg is die kru rassisme, haat en onverdraagsaamheid wat ons so pas weer in die parlement gesien het. Rassisme wat argumenteer dat wit mense nie die reg het om in die wetgewer te praat nie.

Al hierdie aksies lei noodwendig tot ’n teenreaksie, waar wit mense na binne draai, minder versoenend uitreik en hul energie gebruik om hulself en hul kinders teen hierdie rasse-aanslae te beskerm.

Onthou – daar is geen manier hoe jy samewerking en goeie verhoudinge op mense kan afdwing nie. As dit nie ’n vrywillige proses van alle deelnemers is nie, slaag dit nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

waarheid ·

Hulle het lankal gewys hulle stel nie belang in versoenning nie – dit is tog duidelik.
Ek stel ook nie mer belang nie – veral nie na die plaasaanvalle wat so gerieflik misgekyk word nie. Ander dinge word ook misgekyk.

Celtis Africana ·

Klaar gepraat. Territoriale selfbeskikking, dis al.

humor ·

Pieter PUK almamater baie dankie. Jy het dit nou in eenfoud Afrikaans gestel sodat ons dit ook weer maklik kan oordra.

Andre Stander ·

FanTastiese artikel!! Ek stoor hom op my rekenaar vir toekomstige verwysing na…

Dankie Dr. Mulder

Staak saam ·

Versoening sal in hierdie land nooit gebeur nie.
Die blankie word deur die politiek gesmee en deur hulle leiers harder en harder gelouter, al hierdie mooi getooide woorde het leeg geword vir ons, vertroue is daar ook nie meer nie en nog minder vooruitsigte van beterskap.
Ons staan nou daar waar almal wat iets wil se mos n duistere motief het of iets soek.
Al hierdie nuwe vakansie dae ken ek net so goed soos die nuwe landkaart, Bella Bella, Tlokwe, Mangaun, Ngwate?
En Nkosi sekelele Afrika.
Ons word uitgesluit en is nou vreemdelinge in n bekende plek en sing n vreemde taal.
Pieter ek dink ons kan gerus die Afrikaan se toleransie ondersoek vir die blanke uit ons geskiedenis om te bepaal waar ons sal eindig.

Stem 100% saam met wat jy bo se.

aj ·

Puik artikel DANKIE!

Moses, in die Bybel, was ‘n woestynkind wat agv daarvan die mees geskikte leier was om die Israeliete uit Egipte te lei na die beloofde land Kanaan!

Sy masgbeheptheid het egter veroorsaak dat die volk vir 40 jaar in die woestyn “gevange” gehou is … terwyl die afstand na Kanaan slegs 2 weke reistyd regverdig het.

Solank die volk in die ongenaakbare woestyn moes oorleef … was Moses (woestyn kenner) verseker van sy magsposisie as leier. Hy het geweet dat hy sy magsgreep sou verloor sodra die volk die land van melk en heuning sou binne trek omdat sy kundigheid oorbodig sou wees.

Soos Moses, besef Robert Mugabe en die sg. SA vryheidsvegters dat hulle ‘die volk’ gevange moet hou binne die ‘struggle’ … ten einde in beheer te bly.

As die ‘volk’ weier om langer gyselaar gehou te word deur magsdronk ‘struggle’ leiers, moet hulle ingelig word dat VEGTERS slegs swaarkry kan aanbied.

Nou kort die volk leiers wat kennis dra van “ploeg en plant” …. nie meer vegters nie.

Ramaphosa wéét dat die beloofde land reeds bereik is! Hy weet van “ploeg en plant”!

Judge Dredd ·

Ai tog – dit was omdat die Israelite afgode aanbid het terwyl Moses die tien gebooie gaan haal het wat hulle deur God gestraf is en 40 jaar lank in die woestyn moes rondtrek.

Waar kom jy nou by Moses se magsbeheptheid?

Dereck Le Roux ·

Ons kan nie se ons was gewaarsku hierteen nie, profete soos Mnr. Jaap Marais en Doktor Albert Hertzog het ons gewaarsku, daar was andere ook soos Eugene Terblanche maar daar was eerder verkies om die profete te beswadder, te verkleineer, te verneder en te isoleer, die geheime regering, die Broederbond en die Vrymesselaars het hul lede in die parlement, provinsiale rade en stadsrade gemonster om enige persoon wat nie by hulle geaffilieer was nie te marginaliseer en te isoleer en ten einde het hierdie kaboedel almal om die tafel gaan sit met die ANC en sy aliansie venote ten spyte van die waarskuwings wat hulle gehoor het dat ons vyande nie in goedertrou sal onderhandel nie en nie sal komprimenteer met hulle politieke sienswyse nie, die Kodessa onderhandelinge was nog nie mooi koud gewees nie toe FW de Klerk aan die vyand se eerste eise voldoen het om die Weermag te suiwer, so het die een instelling na die ander instelling geval soos ‘n domino effek en die vrede wat ons voorgehou was, die ekonomiese voorspoed en die rasse harmonie wat onder ander name soos “kohesie” en “nasiebou” het niks van gekom nie, tot vandag toe word ons gemarginaliseer, geisoleer, verwerp en gehaat en ons het die kanonvoer van hulle politieke mags veldtogte geword met die woorde van witbevoordeling en witbevoorregting gerugsteun deur 111 rasse arbeidswette wat deur die ANC regering in plek gestel is om ons, ons kinders en kleinkinders uit die arbeidsmark uit te hou.

honourable member ·

As hulle in 25 jaar nog geen versoening bewerkstellig het nie glo ek nie hulle gaan dit ooit doen nie. Hulle het ander planne.

Frik Lotz ·

Die ANC stel nie belang in versoening nie en is besig om die Afrikaner, sy taal, kultuur, geskiedenis en erfenis te vertrap. Minderheidsgroepe word verkleineer, afgekraak en die skuld vir als gegee, veral Afrikaners en ander witmense. Die tyd is verby dat ons kruip voor die ANC en om verskoning vra vir als. Ons moet opstaan en veg vir ons regte. Dis tyd om terug te slaan en die tyd is nou!

Frans C ·

Verdeelheid was nog altyd die grootste vyand van saamstaan.In my jeudige voortvarendheid word ek ‘n lid van die HNP om daelik gemarginaliseer en eenkant geskuif te word deur mense met soortgelyke gevoelens,maar wat terwille van hul eie finansiële voortbestaan tog nog hul kruisies agter die party van die dag trek.

Glo my as ek vir jou sê dat baie bekwame onderwysers nie kon vorder omdat hul aan die verkeerde kerk behoort het! Wat ons vandag sien is maar net ‘n weerspieëling wat op ‘n kleiner skaal onder die NP gebeur het.

Solank meer as 17 miljoen mense afhanklik van die staat bly,sal die ANC aanbewind bly,want mense draai nie sommer teen die hand wat hul voed nie.Ons bly as blankes
wyd verspreid oor die land en dit is te betwyfel dat enige politieke party die Blanke stem
onder dit kan vereenig.

Daar is 4,586,838 blankes of 8,9% van die totale bevolking in die land. In 1992 was daar
3,296,800 blanke stemgeregtig persone.Hiervan het 2,804,947 deelgeneem aan die refrendum.
Vandag is daar 26,087,846 geregistreerde kiesers.Op sy beste kan die blanke stem 12.6% van die totale stem vorm.Ons word eenvoudig deur die meerderheid,waarteen gewaarsku is, oordonder.

aj ·

Judge Dred

Die ‘Fake News’ van daardie tyd het jou uitgevang!

Vergelyk die TIEN GEBOOIE van die Bybelse tyd met die FREEDOM CHARTER van die STRUGGLE … dan sien jy dat dit in beide gevalle eintlik menslike natuur (magswellus!) is wat homself uitspeel in beide gevalle! … versluier met al die nodige propaganda!

… ha … ha …

Charles ·

Baie dankie Dr Mulder- ‘n puik artikel. Ek hoop die ANC ringkoppe(ja, hulle ken Afrikaans BAIE goed) lees dit!

Jerry ·

Dankie vir n uitstekende artikel. Versoenende optrede teenoor mede Suid Afrikaners wat goeie intensies openbaar moet beoefen word en versoening tussen Afrikaners moet bepleit word en bewerkstellig word vir eenheid en eendrag onder Afrikaners, al is dit die laaste ding wat ons tot op die laaste doen! Dat dit payback time is met reverse discrimination aan die orde van die dag soos vervat in ANC NDR programme, is n gegewe en niemand sal dit ontken nie. Dat ons egter slimmer te werk moet gaan en diskriminasie en uitsluiting (ANC afsonderlike ontwikkelling) teen ons beter moet benut en moet begin gebruik as regverdiging vir ons eie afsonderlike ontwikkelling inplaas daarvan om gal te braak en diskriminasie te skreeu, dit moet nog eers raak gesien word en benut word om ook as n gegewe te kan begin dien. Die ANC vind regverdiging in die uitsluiting van witmense onder die voorwendsel dat swartmense die voorheen benadeeldes is en min mense sal daarteen stry. Witmense moet nou regverdiging vind in die uitsluiting van die ANC en hulle meelopers onder die voorwendsel dat witmense die huidige benadeeldes is en min mense sal daarteen stry! In alles waarmee die ANC witmense uitsluit, moet ons dit teen hulle gebruik as regverdiging om hulle by ons uit te sluit! Moet nie nou hulle diskriminasie teen die groot klok hang nie, doen dieselfde aan hulle en wanneer hulle diskriminasie skreeu, gebruik ons hulle diskriminasie teen hulle as regverdiging vir ons diskriminasie teen hulle, want hulle vreet skille!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.