Wit mense het grond wettig bekom

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Wit mense het grond wettig bekom. Hiér is die feite:

Onteiening sonder vergoeding is niks anders as diefstal nie. Ten spyte hiervan het die regerende party, die ANC, tydens hul nasionale konferensie in Desember 2017 sonder skaamte en ten aanskoue van die buitelandse beleggersgemeenskap ’n partybeleid van onteiening sonder vergoeding aanvaar en aangedui dat die Suid-Afrikaanse Grondwet gewysig moet word om dít moontlik te maak.

Op 27 Februarie vanjaar het die ANC die beleid opgevolg deur ’n parlementêre mosie van die EFF te steun om ’n proses te begin om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dié mosie is gevolglik oorweldigend met 241 stemme teenoor 81 aanvaar.

Die EFF en ANC poog om hul planne vir onteiening sonder vergoeding te regverdig deur ’n leuen voor te hou dat wit eiendomseienaars diewe is wat hul eiendom onwettig bekom het. “Om bloot terug te vat wat van jou gesteel is, is nie diefstal nie,” lui die argument. Hierdie leuen word soveel keer herhaal dat dit deur ’n groeiende aantal mense vir die waarheid aangesien word.

Afrikaners en minderhede oor die algemeen het rede om ontsteld te wees oor hulle as “diewe” voorgehou word. Die geskiedenis in die lande waar minderhede onder die tirannie van die meerderheid deurgeloop het, wys dat alles begin het met uitsprake wat die betrokke minderhede tot sondebok verklaar en beledig het. Dit is ’n gevaarlike pad waarop die ANC en EFF hul begewe.

Verder hou die ANC en EFF se onteieningsplanne nie net vir grondeienaars ’n bedreiging in nie, maar ook vir almal wat eiendom besit. Indien die Grondwet gewysig word om die beginsel van onteiening sonder vergoeding te regverdig, is daar geen waarborg dat ander eiendom – van welke aard ook al – veilig sal wees nie. Buitelandse beleggers besef dat die minagting van eiendomsreg ook hulle beleggings sal bedreig. Die Zimbabwe-voorbeeld wys duidelik watter vernietigende uitwerking onteiening sonder vergoeding op ’n land se ekonomie en al sy inwoners het.

Om die Zimbabwe-scenario te help voorkom, is dit ’n goeie begin dat teenstanders van onteiening sonder vergoeding oor argumente beskik om die leuen – dat wit mense wat eiendom besit diewe is – met selfvertroue te kan weerlê. Hier is ses argumente wat gebruik kan word:

  1. Die Khoisan was eerste hier

 Lank voor die voorgeslagte van Julius Malema, Cyril Ramaphosa of my eie voorgeslagte hier aan die suidpunt van Afrika aangekom het, het semi-nomadiese Khoi en nomadiese San reeds die land deurkruis. My voorgeslagte het vanuit Europa in die omgewing van Kaapstad die land binnegekom, terwyl Malema en Ramaphosa se voorgeslagte vanuit sentraal-Afrika suidwaarts getrek het. Dit is dus onvanpas vir Malema of Ramaphosa om wit mense as “kolonialiste” en “diewe” te beskou, sonder om hulself in dieselfde kategorie te plaas.

  1. Slegs 30% van die grond was sonder tegnologie permanent bewoonbaar

In E.L. Pringle se navorsingsverslag getiteld An Assessment of the 1913 Native Land Act word uitgewys dat, in die afwesigheid van tegnologie om grondwater te benut, slegs 30% van Suid-Afrika se grondgebied vir permanente menslike vestiging geskik was. Voor die koms van tegnologie uit Europa om grondwater te onttrek, sou 70% van Suid-Afrika se grondgebied dus nie permanent bewoon kon word nie. Daar kan dus geen sprake wees daarvan dat die hele land bewoon was toe wit mense hier aangeland het nie.

  1. Die Mfecane het voor die koms van die Voortrekkers groot dele van die binneland onbewoon gelaat 

Gedurende die vroeë 1820’s het Mzilikazi, een van die Zoeloe-koning Shaka se generaals, weggebreek en saam met sy volgelinge ’n skrikbewind bekend as die Mfecane teen ander stamme in die binneland van Suid-Afrika gevoer. Die stamme wat die binneland bewoon het, het voor Mzilikazi se aanslag gevlug. Groot dele van hierdie gebiede is in die proses grootliks onbewoon gelaat.

Met die aankoms van die Voortrekkers in hierdie grootliks onbewoonde gebiede kon daar dus geen sprake daarvan wees dat die Voortrekkers mense op groot skaal van hul grond verdryf het nie. Die Voortrekkers het na my mening die stamme wat onder Mzilikazi deurgeloop het ’n guns bewys toe hulle, onder leiding van Andries Potgieter en Piet Uys, Mzilikazi en sy volgelinge verslaan en oor die Limpoporivier verdryf het. Die Voortrekkers het die gebied wat deur Mzilikazi beheer was in besit geneem, soos die gebruik destyds ná ’n konflik was. Eers daarna het van die vlugtende stamme na die gebied begin terugkeer en is aan hulle grond in spesifieke gebiede gegee.

  1. Die Voortrekkers het grond met wettige ooreenkomste bekom 

Een van die voorbeelde van hoe die Voortrekkers grond met wettige ooreenkomste bekom het, is die ooreenkoms wat in 1846 met die Swazi-koning aangegaan is. Die gebied tussen die Olifants- en Krokodilrivier is in ruil vir beeste aan die Trekkers gegee. In 1855 is ’n soortgelyke ooreenkoms vir die Lydenburg-distrik aangegaan. In dieselfde jaar het die Swazi-koning ook die gebied langs die Pongolarivier geskenk om by die Voortrekkers se nuwe republiek gevoeg te word. Die Swazi-koning se doel hiermee was om ’n buffersone teen aanvalle deur die Zoeloes te skep. Daar is ook ander voorbeelde van ooreenkomste, wat die mite die nek inslaan dat die Voortrekkers bloot op groot skaal grond gesteel het.

  1. Die 1913-wet op grondbesit was net op 45% van Suid-Afrika se grondgebied van toepassing 

Verwysings na die 1913-wet op grondbesit word graag deur die ANC gebruik om hul pogings om miskenning van eiendomsreg te regverdig. Die ANC meld gerieflikheidshalwe nie dat die wet slegs op 45% van Suid-Afrika se grondgebied van toepassing was nie. Die wet was nie van toepassing op die destydse Kaapprovinsie, wat 55% van die land se grondgebied beslaan het nie. Die ANC meld ook nie dat grond van Suid-Afrika en sy buurstate soos Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Botswana (wat almal destyds Britse kolonies was en waarvan groot dele deur swart mense bewoon is) ook in die oorweging van die toedeling van grond in aanmerking geneem is nie. 

  1. Huidige grondeienaars het hul grond wettig bekom 

Die huidige grondeienaars het óf self hul grond wettig aangekoop, óf regmatig geërf van hul voorgeslagte, wat die grond deur harde werk bekom het. Daar bestaan dus geen gronde vir stellings dat huidige wit grondeienaars diewe is nie.

Bogenoemde ses argumente poog geensins om te probeer voorgee dat daar nie wel gevalle was waar swart mense hul grond onregverdig verloor het nie. Waar bewyse van sulke gevalle bestaan, moet dit reggestel word. Die grondrestitusieproses maak reeds hiervoor voorsiening. Dit is egter ’n minderheid van gevalle en dit kan geensins as argument gebruik word om te probeer aanvoer dat grond op groot skaal “gesteel” is nie.

AfriForum en elkeen wat nou valslik as “diewe” voorgehou word, het gegewe die feite die volste reg om hulself teen beledigende uitsprake en valse beskuldigings van diefstal te verdedig. Dit beteken ook dat AfriForum en ander voorstaanders van die beskerming van eiendomsreg met selfvertroue plaaslik en internasionaal ’n stryd kan en moet voer teen die planne vir onteiening sonder vergoeding wat Suid-Afrika tans bedreig.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Morele Stryder Ben Burger Bosvark van Hoopland ·

Kallie, dankie vir hierdie kort en kragtige stuk. Vertaal dit in Engels, Spaans en Chinees en plaas op jul webwerf.
Ons moet almal onverwyld daarop fokus om die buiteland deeglik in te lig oor die ware historiese feite betreffende eienaarskap van Suid-Afrikaanse grond en toestande in Suid-Afrika. Ons mense het familie, vriende, kennisse en besigheidskontakte in die buiteland en toegang tot buitelandse besluitnemers. Laat die lig van waarheid, reg en geregtigheid in die buiteland skyn. Voor 1994 het die ANC hom in die buiteland voorgehou as die Suid-Afrikaanse vaendeldraer van gelykheid, vryheid, menswaardigheid en demokrasie.
Sedert 1994 het die ANC se ware kleure na vore gekom en die buiteland raak toenemend bewus van die ANC en EFF se verskuilde motiewe en oneerlikheid. Die waarheid SAL uiteindelik seëvier. Maar ons moet die morele golf van eerlikheid en wedersydse respek vir die medemens ry: Doen aan andere wat jy verlang hulle ook aan jou moet doen. Geen verskuilde motiewe nie.

Francois Retief ·

If my people, which are called by my name, shall humble themselves, and pray, and seek my face, and turn from their wicked ways; then will I hear from heaven, and will forgive their sin, and will heal their land.
2 Chronicles 7:14 KJV
https://bible.com/bible/1/2ch.7.14.KJV

Andre Vosloo ·

Le dit voor in die parlement en elke koerant,anders betekin dit niks .

Joh. 3:16 ·

Dankie Kalie. Wat jy hier poog is wat onder onderwys en opvoeding sorteer. Jy kan die waarheid ken, maar as net jy die waarheid ken, beteken dit niks. Dit is waarom ons in beheer van die onderwys en opvoeding moes kon bly. Dit beteken tog iets as die buite land hierdie waarheid weet, maar dit gaan baie meer beteken as ons eie land se mense dit weet. So jammer so min matrieks kan lees en stel belang in landsbelange. Dit is hartseer, maar kommunisme sorg juis dat onderwys en opvoeding eerste gebreek word, sodat die massas gemanipuleer kan word deur hulle eie onkunde. Ons gaan ‘n haas uit die hoed moet trek om ons eie mense se kennis weer te prikkel vir die ware geskiedenis.

Ouma Martha Maria Plaasvark ·

Beste Joh. 3:16, Wanneer is ‘n mens volwasse? Wanneer is ‘n mens beskaafd? Die liefde vir lees begin op ouma se skoot. Die liefde vir familiegeskiedenis begin op ouma se skoot. Die liefde vir die eie kultuur en volk begin op ouma se skoot. Die respek vir lewe begin op ouma se skoot.
Hoeveel jongmense vandag weet wie is hul biologiese vaders? Wat nog te praat van familiegeskiedenis? En hoeveel van die jeug is lief vir lees? Om nie eens te praat van die slaag van lees-begripstoetse nie.
So, ons nasie sal strompel van South African Animal Farm 1994 na die volgende South African Animal Farm 2017 na South African Animal Farm 2019 ensovoorts. Hoeveel jongmense weet wie is hul biologiese vaders en hul oumas?

CG ·

Waar is die gevalle waar Swartmense hulle grond onregverdig verloor het, waarna jy verwys Kallie? Gedwonge verskuiwing van beide Wit en Swart ten einde Tuislande/Vilkstate te konsolideer het met vergoeding gepaard gegaan. Mense het gelykwaardige grond elders ontvang. Niemand se grond is sonder vergoeding gevat nie!

Stanley ·

CG, daar wel sulke gevalle van gedwonge verskuiwings van ons Bruinmense soos vanuit Distrik Ses en Goodwood Akkers. Van my familie was betrokke. Gelykwaardig? Ek dink u is snoep met die waarheid. U moet dalk lees wat die Bybel sê van onregverdige skale in Spreuke 11. Lees ook wat Saggeus verklaar het nadat hy tot inkeer hekom het rondom kompensasie van “ill-gotten gains”

Ariska Roets ·

A copy of the land deal between the Trekkers under Piet Retief and the Zulus under king Dingane. Kan ons die brief en ander ook gebruik as bewyse??

Jennifer ·

Daar moes nooit apartheid gewees het, dit het die afrikane ‘n wapen teen ons gegee met die steun van die wêreld. Dit is ons voorgeslagte met hul apartheid wat ons in die gemors laat beland het. Ek haat hul net soveel soos die afrikane ons haat. Hulle het lekker voordeel uit apartheid benut en nou sit ons met die morsige nagevolge. En boonop soos lafaards gee hulle die land weg en skep vir ewig vir ons en toekomstige nageslagte ‘n toekoms van onsekerheid en verdrukking. Een drag maak mag se gat! Dis stank verdank vir almal wat in die weermag vir die land hul lewens gewaag en gegee het.

Klaas ·

Jennifer
Apartheid is deur die Britte ingevoer en in 1894 met die Glen Grey Act gewettig. So bv was gemenge huwelike voor 1874 nog gereeld in die Afrikaanse kerke voltrek. Die Boere het in relatiewe vrede, begrip en respek met die inheemse volke omgegaan. Die Britte het hul klasse-differensiasie net so oorgeplaas op die swart bevolking en daarvan ‘n rassekwessie gemaak.

Ou Geskiedenislief Vlakvark ·

Geagte Jennifer,
Ek is ‘n gebore en getoë kreool Afrikaner en trots daarop. GEEN volk of nasie is heiliger as enige ander volk of nasie.
Doen jouself ‘n guns en lees die volgende publikasies. Jy skuld dit jouself.
1) Hermann Giliomee: “Die Afrikaners – Biografie van ‘n volk”, Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 2003.
2) Marthinus van Bart: “Kaap van Slawe”, Signet Printing, Maitland, Wes-Kaap. 2012.
3) Robert Hughes: “The Fatal Shore – The Epic of Australia’s founding”, Vintage Books, New York.
Alleen daarna kan ons twee verder sinvol gedagtes wissel.

Lido Pellencin ·

Jennifer, Jy is effens deurmekaar. Dalk verstaan jy nie die Afrikaner se geskiedenis nie. Jou(?) voorouers het alles in hulle vermoeë gedoen om vir jou ‘n vaderland te skep; om hulle nou te haat help nie en hulle is nie hier om hulle saak te stel nie. Die feit dat apartheid ontstaan het, is maar net die verloop van sake. Hulle het baie goed besef dat hulle die vraagstuk moet oplos en vinnig ook; maar jy kan die nie doen met ‘n mes in jou hart nie. Daar was nie sprake van onderdrukking nie; dit was om vir almal ‘n deel van die koek te gee. Sonder dit sou daar nooit vrede wees nie. Nou kry ons die die kort stokkie; juis wat ons nie wou gehad het nie.

Pierre Annandale ·

Die ware vyand wil Niemand oor praat nie,sonder hierdie leberale pers kan ons vyande niks doen nie. Maar hierdie groep wat ongeveer 95% van ons media uitmaak is ons grootste probleem,daar moet n manier gevind word om hul oorvrdowende herhaling van van die leun teen te werk.

Scalla ·

‘n groot deel van Noord Natal in die Vryheid gebied is wettiglik deur die Zoeloe koning Dinuzulu aan genl Lucas Meyer gegee in ruil vir militêre hulp teen ‘n groep wat teen hom in opstand gekom het. So die grond is soos die grond wat Piet Retief van Dingaan gekoop het ook wettiglik bekom net soos die ander dele wat hier genoem word

Kasper ·

Dankie Kallie

Kan iemand asb al die grondruil/koop ooreenkomste wat die Boere met die swart stamme aangegaan het, volledig lys?

devtheron ·

Kallie, goeiemôre!
Ek dink alle Afrikaners moet die volgende doen.
1. Elkeen moet ‘n DNA toets laat doen en dit moet in ‘n data bank gehou word as bewys dat “ons” suiwer Afrika gene binne ons DNA het.
2. Ons moet nooit vergeet dat ons teenwoordigheid het baie regte aan Afrika vroue en kinders gegee wat tradisioneel grootliks misbruik was.
3. Ons moet ook weet dat ons teruggekeer het na the cradle of humanity. Dit is van waar die mensdom die wêreld begin invaar het. Ons is net weer terug waar ons reis begin het.
Ons DNA sal als bewys!

Ons in ons wedervaringe dna ingesamel van alle volke wat ons paaie deurkruis het. Ons het hulle kennis saam met ons gebring, sodat ons ‘n nuwe begin kon maak en deel met dit wat ons kon leer.
Ons reise het ons vel wit gekleur onwetend het ons begin uitstaan bo die wat agtergebly het.
As ons rassisties is dan is dit dalk meer ‘n geval van die xenophobia wat ons in ons broers sien.
Denke is wat mense van mekaar verskil, dit is nie xenophobia of rassisme nie. In elk geval kan mens nie weet dat jy skuldig is aan iets, sonder om jouself in iemand se weerkaatsing te sien nie.
Hoe sien ons onsself in ander?
Groete
Devtheron

Tiaan van Heerden ·

Ek stem 100% saam dat alle mense op aarde se DNA ooreenstem net die vindinge by die “cradle of humankind”. Maak nie saak van die persentasie nie. Die koi en san was glad nie “eerste nie”. Almal op aarde kan eintlik sê dat hulle voorvaders eerste in Suid Afrika was.

Willem ·

Julius is ‘n grilgryper, maar moenie worrie nie, daar is ‘n twist aan die punt van die kabel.

Amper Oupagrootjie Argeoloog Statistikus Erdvark ·

Waar is die gepubliseerde wetenskaplik gefundeerde bewyse, onderspan deur die nodige statistieke, welke tipe Homo sapiens sapiens Suid-Afrika se eerste mens bewoners was?

Na my beskeie mening kan daar nie summier aanvaar word dat die San of die Khoikhoi die eerste inwoners was nie.

rollie ·

Die Khoisan was dalk eerste hier maar sover ek weet het hulle slegs sekere areas bewoon, soos bv. ‘n gedeelte van die kusstreke en gedeeltes van die Noord-Kaap.

E.K. die eerste ·

Stem saam San was eerste bewoners en het eintlik minste seggenskap deesdae. Rollie vi rjou inligitng is daar HOPE bewyse (san tekeninge) in Vrystaat en oral in ander dele van die land. Lees bietjie wyer…

Hendrik ·

Die San mense het ook gewoon in wat vandag Swaziland is. Die rotstekeninge is moeilik om te dateer so die skatting is dat dit tussen 400 en 4000 jaar oud is. Selfs 400 jaar gelede gee ons ‘n datum van 1600 – maar dot is die ouderdom van die tekeninge en nie van bewoning nie. Die San mense het in Suid Afrika gewoon vir vele duisende jare – sommige skattings is selfs 100 000 jaar – en dit is werlik voor enige swart of wit mense hierheen gekom het. Hulle het egter nie grond besit nie aangesien hulle ‘n nomadiese volk is. So waar trek mens die lyn? Sal ons teruggaan na 500 000 jaar? Twee miljoen jaar? Moderne wette is van toepassing op moderne beskawings en dus besit mense tans grootendeels grond wettiglik in Suid Afrika. Sal die Amerikaners ooit hulle grond teruggee aan die Rooi Indiane? Die beginsel is van toepassing in meeste lande op aarde.

Casper Labuschagne ·

‘n Noodsaaklike repliek in hierdie eensydige debat oor grond, dankie hiervoor.

Tydens die Mfecane het die oorlewendes van verskeie stamme by die Voortrekkers gepleit om beskerming en het dus grond aan die Voortrekkers afgestaan juis om hul beskerming te geniet.

Dan was grond ook bekom na oorloë met naburige stamme. Nadat die boere republieke aangeval was, is teenaanvalle gedoen en grond is beset as vergoeding vir die skade wat gelei was, maar ook om verdedigbare geografiese grense te skep soos by riviere en die kruine van berge. Anneksasie van grond as vergoeding vir skade wat gelei was na aanvalle was in die daardie tydstip algemeen aanvaarde staatkundige praktyk, reg oor die wêreld. So is die gebied van die Basoeto nasie aansienlik ingeperk na ‘n reeks oorloë met beide die Boererepublieke en die Britse kolonies van Natal en die Kaap.

Sou ware geregtigheid geskied, dan moet Lesotho strek van net oos van Bloemfontein tot suid van Ladysmith en Reitz en noord van Jamestown en Maclear. Maar wat onteiening betref is geregtigheid van mindere belang as wat vergelding teen ‘n bepaalde minderheidsgroep is.

Eish ·

Die Basotho geskiedenis is uitsonderlik synde Mosheshwe geen beskerming nodig gehad het van ander bevolkingsgroepe nie. Verder was hy n briljante strateeg wat voor die groot trek reeds Franse sendelinge, Eugene Casalis asook TohomasArbousset verwelkom het en later ook die Rooms Katoliek van die Paris Evngelical Mission Society of PEMS.
Die gevolg hiervan was dat die Westerse lewenswyse stadig n ingreep gevind het deur byvoorbeeld deur die kodifisering van die Sotho taal, tegnologie soos byvoorbeeld vuurwapens.
Die geskiedenis van die Vrystaat is betreklik goed gedokumenteer. Die Basotho tradisie wat vandag steeds geld, is dat grond nooit verkoop word nie, slegs lewensreg of verblyfreg word daarop gegee.
Wat n mens bring by die vraag hoe op aarde het hul aan die grond gekom indien die tradisie geld tot vandag?
Anneksasie het plaasgevind en in toenemnde mate toe die Engelse die Vrystaat geaasvoël het.
Lesotho is onafhanklik tot vandag aangesien hul elke aanslag teen hul suksesvol kon afweer vanweë gelykmakende wapentuig. Die Vrystaat is ek bevrees, is die naaste aan grondgryp as wat jy kan kry. Die grens het Ooswaarts geloop tot teen die Vaalrivier.

Eish ·

Oeps, sinskonstruksie fout.
PEMS is Paris Evangelical Mission Society.
Rooms Katolieke het later op die toneel verskyn.

Frans C ·

Vergeet daarvan om die swart inwoners se aanspraak op grond met feite te weerlê.Dit gaan oor getalle.Getalle wen verkiesings en openbare menings.Suid Afrika is beskuldig van ‘n beleid wat ‘n ‘misdaad teen die mensdom’ genoem is.

Die rede ‘n wit minderheid regeer en onderdruk die ‘swart’ meerderheid.Niemand hou egter sogenaamde wit meerderheidsregerings verantwoordelik vir dit wat hulle aangevang het.Die Amerikaners het hul inheemse bevolking deur hul beleid feitlik op die randjie van uitwissing gebring en verban na reservate wat tans deurloop onder drankmisbruik en ander misdade.

Die NP het die witmense en veral Afrikaner se graf gegrawe toe immigrasie uit stamlande feitlik doodgeloop het as ook uit die ou Oos-bloklande.Die argument was dat so’n instroming die Afrikaner se taal en kultuur sou bedreig,asof dit nie onder ‘n swart meerderheidsregering sou gebeur nie!

Dink sou daaraan as daar 35 tot 45 miljoen Blankes hier was sou niemand dit oorweeg het om sanksies in te stel nie en van verdukking van meerderhede gepraat het nie.

Jerry ·

Jou 5 argumente is ongelooflik polities naief en aanvegbaar. Weereens dek jy net die eenkant van die muntstuk. Net nog n forum inisiatief wat gedoem is tot mislukking!

Willem ·

Heheheheh, laat ons hoor wat jou teenargumente is, natuurlik op feite gebaseer en met verwysings na jou bronne.

Stanley ·

CG, daar wel sulke gevalle van gedwonge verskuiwings van ons Bruinmense soos vanuit Distrik Ses en Goodwood Akkers. Van my familie was betrokke. Gelykwaardig? Ek dink u is snoep met die waarheid. U moet dalk lees wat die Bybel sê van onregverdige skale in Spreuke 11. Lees ook wat Saggeus verklaar het nadat hy tot inkeer gekom het rondom kompensasie van “ill-gotten gains”

CG ·

Stanley. Daar was gewonge verkuiwings van Wit en Swart. Dit vind vandag nog plaas waar bv. paaie of spoorlyne gebou moet word. Dit vind plaas MET VERGOEDING. Of die vergoeding gelykwaardig is, kan daar sekerlik meningsveskil oor wees. Die oplossing is eenvoudig. I.g.v. ‘n grondeis moet die destydse vegoeding teruggegee word. Kyk hoe vinnig droog grondeise dan op! Om dit te verhoed,word die leuen
voorgehou dat verskuiwings destyds sonder vergoeding plaasgevind het. Lyk my tot Kallie glo dit!

Pieter ·

Kan ons as grond eienaars ‘n Klas Aksie instel teen Malema en die ANC?

Erika ·

Ja danq Pieter nou gan ons vorentoe… is hie n reggeleerde wa soo ons voel?

Janine ·

‘n Mens kan nog verder teruggaan in SA se geskiedenis. Die Feniciërs was al 950 voor Christus aan die punt van die Suidland. Hul skepe lê gesink in Luderitz. Die Koningin van Skeba word deur Jesus die koningin van die SUIDE genoem. Sy het gekom van die eindes van die aarde af (Matt. 12:43); the uttermost parts of the earth (King James vertaling). Neem ‘n landkaart van die wêreld. Plaas jou vinger op Jerusalem. Watter kontinent lê ten suide van Jerusalem? En waar is die uiterste plek van daar af? Meer nog: waar sou sy al die goud gekry het? In Zimbabwe! Hier is die enigste groot eeue-oud, uitgewerkte goudmyne in Afrika! Lees slegs die navorsing van JT Bent: Ruined cities of Mashonaland (1892) of SJ du Toit se Sambesia of Salomo’s goudmijnen besocht (1895) én Die Bybel!

Reguit ·

Dankie Janine. En ek het gedink ek is die enigste een wat hierdie dinge weet. Ek hoop daar is nog ander soos jy.

Joe Hall ·

Teen die agtergrond van argeologiese bewyse dat die Khoisan laaaaank voor enige ander groep in verskeie grotte in Suider Afrika gewoon het, behoort daar geen teenspraak te wees dat die Khoisan mense ‘n onvervreembare besitreg tov plaaslike spelonke en grotte het nie.

Piet ·

Kan julle hierdie artikel in engels ook beskikbaar stel? Ons almal weet ten minste dele van die bogenoemde, dit is die buitewereld en engels sprekendes wat ons moet inlig.. Veral die internationale konservatiewe media (Fox news etc). CNN en ander liberale gaan nie help nie..

Dries ·

Uitstekend Kallie – ons moet saamstaan en ons kant van die saak stel!

Gerhard Scheepers ·

Die wen % stemme in parlement tel tot 74,8 %, net vir ‘n bietjie verligting kan aanvaar, argumentsonthalwe, dat dit, die heoveelhede, voorafbeplan was.
Ek het vrae soos volg, dit gaan oor die wettigheid al dan nie van die aantal stemme; aan enigeiemand asseblief:

Hoeveel ministers was daar in die eerste parlement van 1994, en na die laaste verkiesing, en indien nodig, tussenin maar veral die persentasies tussen partye? Wat het die huidige hoeveelheid ministers te doen met die 74,8% wen syfer. Is daar enige sprake van onwettigheid hieraan te vinde?

Jerry ·

Hehehehe Willem, ou Kallie mislei julle lekker. Vra vir hom hoekom hy Maroela gevra het om my 3 teenargumente te blok. Soos die spreekwoord se, hy wat laaste lag, lag die lekkerste, nie dat die halwe waarhede waarmee die forum besig is, enigsins n lagwekkende situasie is nie. Die gevolge gaan katastrofies raak vir die forum en die se lede!

Gerhard ·

Die probleem met die soort skrywes is nie dat daar enige fout is met die konteks nie, maar dat dit dood eenvoudig nie saak maak nie. Kyk maar na die NFD, hulle doen nie eers die moeite om belangrike organisasies wat teen grondhervorming sonder vergoeding is te nooi na die gesprek nie. Dit is die werklikheid van vandag en dit is nodig dat die organisasies dit bessef. Dinge gebeur voor hulle en hulle beter plan maak vir WAT oppad is. Selfhelp inisiatiewe is nie meer goed genoeg nie.

Lana ·

Kallie, dankie vir die regte feite. Ek het dit ook so.
Ons probleem is egter die feit dat “leiers” soos Malema en kie. doelbewus aan *dom mense foutiewe inligting gee en hulle daarmee opsweep. *(1. mense wat net eenvoudig verstandelik nie oor die vermoë beskik en/of 2. nie wil verstaan).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.