Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder

lego-skare-mense-bevolking

Foto: Pixabay.com

Deur Marianne Breytenbach

Dr. Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge is verlede jaar deur ʼn joernalis genader oor die toekoms van wit mense in Suid-Afrika. Sy antwoord was dat wit mense teen die middel van hierdie eeu bes moontlik uit die bevolking sal verdwyn het.

Cronje was jare gelede deel van ʼn span wat die toekoms van die Suid-Afrikaanse bevolking bestudeer het. Omdat daar ʼn aantal huidige en historiese vrae oor die akkuraatheid van Suid-Afrikaanse bevolkingsyfers is, het die span noukeurig na die ouderdomstruktuur van die bevolking gekyk.

Een van die bevindings was dat daar meer wit mense in die ouderdomsgroep 50 tot 59 jaar was as mense van 20 tot 29 jaar. Oor die hele ouderdomsgroep, 20 tot 40 jaar, is daar bewyse van wit mense wat die land verlaat het. Die span het dié getal op etlike honderde duisende geskat.

Daar is ook bevind dat hierdie wit mense Suid-Afrika ná 1994 verlaat het. Die span het dit geweet omdat dié jongmense se ouers nog in die data was, maar dat die kinders voor 1994 nog te jonk sou wees om sonder hul ouers te emigreer.

Die span het ook opgemerk dat daar ʼn skerp afname is in die getal wit kinders wat in Suid-Afrika gebore word. Dit is nie net die afname wat ʼn mens sou verwag van ʼn voorspoediger middelklasgroep wat minder kinders kry nie. Die getal wit kinders wat in Suid-Afrika gebore word, is ʼn weerspieëling van die afname in die getal wit mense in die ouderdomsgroep 20 tot 40 jaar.

Die feit dat baie jong wit mense buite Suid-Afrika kinders kry, suggereer dat hulle die land permanent verlaat het. Volgens Cronje is dit onwaarskynlik dat wit mense na Suid-Afrika sal terugkeer nadat hul kinders in die buiteland gebore is.

Die navorsingspan het voorspel dat Suid-Afrika se wit bevolking al ouer sal word en mettertyd tot byna niks sal verminder. Daar is beraam dat 40% van die huidige wit bevolking in die volgende drie dekades weens ouderdom of siekte kan sterf. Namate wêreldwye ekonomiese toestande verbeter, sal dit vir jong wit mense makliker word om hul lewens in die buiteland te lei – veral as die regering voortgaan met dreigemente teen eiendomsregte en die afdwinging van rassekwotas in die sakesektor en werkplek. Geboortesyfers van wit mense is te laag om te vergoed vir mense wat sterf of emigreer.

Die slotsom is dat ʼn aansienlike vermindering in die wit bevolking voorsien word.

Terwyl wit bevolkingsyfers afneem, sal die breër Suid-Afrikaanse bevolking waarskynlik toeneem. In 1994 was die beraamde bevolking in Suid-Afrika 39 miljoen mense. Die syfer het met 40% toegeneem tot 56 miljoen vandag.

Wit mense vorm tans ʼn beraamde 8% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking. Veroudering en toenemende emigrasie kan die persentasie tot tussen 1% en 3% laat daal.

Bloot wat die ekonomie betref, sal die implikasie hiervan ingrypend wees.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

waarheid ·

Hierdie mense wat die land verlaat het gaan oor ‘n paar jaar weer terugkom wanneer dit sleg gaan oorsee met die immigrante daar – en dit gaan kom. Dalk oor 10 jaar of so – maar dit gaan kom.

Beulah ·

Waarheid, wat dink jy gaan daar oor wees in SA oor 10 jaar? Die land word verwoes teen ‘n ongelooflike tempo. Ons is in die VSA. Die probleme met immigrante is in Europa en Duitsland reeds oor die liberale sienswyses. Lees wat Siener van Rensburg geskryf het oor SA.

@Waarheid ·

Ek dink jy is reg Waarheid, SA loop maar net die wereld so 40j vooruit. (Daar is baie modelle wat dit reflekteer)

Die ‘wit bevolking’ soos ons dit nou ken (wereldwyd) sal 10@1 nie meer oor 3 of 4 geslagte meer so bestaan nie,

Gerhard ·

Ek sou nie my asem ophou dat mense gaan terugkom nie. Nie Nuwe Suid-Afrika toe nie.

In jou drome ·

Nee dankie. droom maar so voort. Terug gaan sal ons nooit. ek hou van my land waar my kinders vry en veilig is en ons bekommernisse minimaal

Isdit ·

Beter om die kans te vat en na die buiteland te gaan aswat jy vermoor word in Suid Afrika

Reuben Aldum ·

Nee ou maat. Ek het reeds twee klein kinders hier. Ek ken honderde ex Suid Afrikaners in Australiee” en niemand gaan terug nie. In 25 jaar het ek net een geval teegekom van ‘n gesin wat terug gegaan het.
Sprake van eiendom sonder vergoeding verloor help ook nie. Ek het geen heining om my erf nie soos ons in in 1970 in Suid Afrika gelewe het.
Ek is jammer maar die waarheid is die waarheid.
As jy kinders of kleinkindrs het help hulle emmigreer.
My vrou het met ‘n meisie by ‘n haarkapper gepraat wat met R5000 hier aangekom het. Sy het begin huil toe my vrou haar gekomplimenteer het.
Groete

Theresa ·

Veroudering, emigrasie en moord. Dit beskryf nie vermindering meer volledig.

honourable member ·

En en teen die tempo wat wittes uitgemoor word raak ons baie vinnig minder. Ons is nog voor die middle van die eeu uitgewis.

Jerry ·

Die navorsing is in die kol, uitgesluit konflik en vervolging wat natuurlik die proses sal verhaas. Witmense, veral die jeug moet nie veel langer uitstel om hulle heil oorsee te gaan vind. Indien dit nie vir hulle moontlik is nie moet hulle hulself in die breer SA samelewing integreer, verskans en laat geld totdat dit wel moontlik raak. Ten einde jouself droefheid te spaar en moontlike toekomstige vervolging vry te spring moet geen witmens ook betrokke raak by sogenaamde verset aksies of versetbewegings nie, want net soos wat die K woord taboo is, sal verset n absolute taboo word. Die statistiek weerspieel die realiteite met die groter prentjie wat wys dat die skrif reeds aan die muur was vir witmense na 1994 en dat witmense dit nou meer begin besef as ooit tevore. Witmense is nou in SA op geleende tyd en moet dus maar eerder versoenend teenoor CR optree as skoorsoekend. Dit was lekker in SA, maar die lekker is nou verby. Daar is nou ander plekke met grond wat eweskielik lekkerder is!

Ou Ystervark ·

Beste Jerry,
GEHEIM.
Wat is jou toekomsplanne in Suid-Afrika? Ek sal niemand vertel nie.
Vra maar net.

andre ·

nou vrae ek jou hoe kan n mens wat 60jr oud is die land verlaat en in na ander land imigreer
niemand wil sulke ou mense he nie.
as ek kon was ek lankal weg en sal nooit weet terug kom nie.

Albaster ·

Die wat nie kan emmigreer nie gaan sodra malema sy dreigemente amptelik begin uitvoer begin vlug na tentkampe in buurlande, of gaan uiteindelik saamstaan en ‘n enclave of klein tuisland kry as deel van ‘n vredesooreenkoms.

Rynhardt ·

Gister op Radio Helderberg wys juis genoem dat die DA nou n beeldpoetser uit Brittanje gaan kry om sy beeld te poets(wat reeds aan skerwe le).Dit wys weereens die DA se sterk bande met Brittanje uit terwyl media tjoepstil bly!DA weier vir jare om enige kwessies aan te raak wat betrekking het op blankes en ignoreer met mening die volksmoord teen ons.SA politiek is lankal dood(al ontken baie dit), en almal kan ongelukkig nie oorsee toe gaan nie.Jy moet as blanke net na jouself omsien om te oorleef in n land wat al hoe meer onstabiel raak!

Quinton ·

Dis nou juis ons as blank en of afrikaaners se grootste probleem : ons will altyd net na ons self omsien. Ons is so min gepla oor ons buurman en dis waar ons die stryd SAL verloor!!! Ons kan eenvoudig net nie saam staan nie. Ons dink ons kan als aleen doen en tee staan die massas, ons flous net onself. Hoe gouer ons besef dat ons enigste kaans om te oorleef is om saam te staan teen ons mede “kopseer/probleem” hoe gouer sal ons erens begin kom.

jaco ·

nou wat is dan daarmee verkeerd dat die DA sulke “sterk bande” het met ‘n wit europese land waar alles werk, SONDER beurtkrag, plaasmoorde, vuil en swak staatshospitale, lae standaard onderwys ens ens. Brittanje net probleme ja, maar dis steeds 1000 beter daar as in SA.

Paul ·

Hierdie presiese selfde artikel is op 2 Mei 2017 op Maroela gepubliseer, of nie?
Jammer om goeie nuus te moet rapporteer, maar die artikel is nie korrek nie. Waar dit sê dat veroudering en emigrasie die persentasie wit mense in SA tot “tussen 1% en 3%” kan laat daal. Dit KAN tegnies korrek wees, want enigiets is moontlik, maar dis eenvoudig nie realisties nie.
Voorspellings wissel, maar die totale bevolking van Suid-Afrika sal teen 2050 iewers van 65 miljoen tot 80 miljoen wees.
Vir wit mense om 1% van 65 miljoen te wees, moet daar slegs 650 000 wit mense wees, en 1% van 80 miljoen is slegs 800 000. Dis absoluut onrealisties, selfs as daar ‘n toename in emigrasie aangeneem word.
Die 3%-scenario is nie so absoluut onrealisties nie, dit vereis ‘n wit bevolking van 1.95 miljoen tot 2.4 miljoen. Hoewel dit nie totaal onrealisties is nie, is dit steeds onwaarskynlik, aangesien dit ‘n daling van 47% tot 57% in wit bevolkingsyfers in slegs sowat 30 jaar sal vereis. Sonder een of ander massiewe styging in emigrasie, of een of ander reuse ramp, sal dit nie gebeur nie.
Jammer om die pessimiste teleur te moet stel.

Gerhard ·

Die artikel verduidelik baie mooi waarom die stelling gemaak word. Dit is heeltemal realisties dat dit so gou na so klein persentasie verminder. Dit is eerder tyd om wakker te skrik.

Dirk Breytenbach ·

Cronje het verlede jaar aan die hand van sy statistieke voorspel dat dat Mev Zuma die president sou word….

Albaster ·

@Dirk, sy het amper. Baie kundiges het gedink sy gaan insluitend baie groot beleggers en hulle raadgewers.

JoeV ·

Gemeet aan ander Afrika lande is die skatting baie hoog. Niegerië het byvoorbeeld 300 permanente blankes gehad in 2006 (was toe self getel as besoeker), wat dalk nou meer of minder kan wees, uit bevolking van 140 miljoen.
So die vooruitsig dat daar nog blankes uit vrye wil hier gaan wees oor twintig jaar is dalk oor optimisties.

waarheid ·

Beulah, Siener v Rensburg het juis geskryf dat baie Europeers na S A gaan kom want dit gaan die enigste Christen Land in die wereld wees. Islam gaan Europe oorneem – dit is klaar besig om te gebeur.
Die Duitsers is die mense wat eerste gaan kom omdat die regse party – die AFD- besig is om geweldig te groei en vir Merkel opdraend gee. Europa gaan in groot nood wees om dit sagtens te stel. Daar gaan nog ‘n Burgeroorlog uibreek en dit gaan oorspoel na die res van Europa en dit is dan juis daardie vlugtelinge wat hienatoe gaan kom.
S A gaan eers baie swaer kry – die blankes praat ek van – voordat hier ‘n geweldige verandering gaan kom.
Siener het nie verkeerd geskryf nie.

Riena ·

Kry meer kinders! Vir jouself! Omring jouself deur jou eie mense – letterlik! Dit is wyd bekend dat dit `n goeie belegging is om kinders te kry wat later selfstandig kan werk en terugploeg in die familie akker. En woon naby mekaar wat sekuriteit bied aan die ouer generasie. Dit is heerlik om `n span kleinkinders te mag sien grootword. Skep moed, daar is werk om te doen – goeie, lekker werk!

Stamvader Baie Kinders Plaasvark ·

Die beste raad sedert 1652 gehoor.

Frans C ·

Die NP regering het die Blanke se graf begin grawe,toe besluit is om immigrasie uit
stamlande drasties in te kort.Daar is vrese uitgespreek dat immigrasie tot groter werkloosheid onder veral Afrikaners sal lei as immigrasiesrbeid poste sou vul.

Ook is die vrese uitgespreek dat immigrasie uit Oos Bloklande die Afrikaner kultuur en taal sou onderegrawe.Ja-glo dit of nie daar was ‘n tyd dat die groot rocker Elvis -the pelvis,slegs halflyf op TV vertoon is, want die suggestiewe heupswaaiery was ‘n kortpad tot losbandigheid en verdoemenis.

En na dit alles moet ek nou lees dat die Blanke se lot weens ‘n gebrek aan kinders geklink is. Ja -dalk moes ons ondanks al die sedepreke meer die kat in die donker geknyp het.Kan nie glo dat ek dit nou net gesê het.

Whatever Wherever Whenever Wenvark ·

Whatever, wherever, whenever. Ontspan Frans C. Daar is baie erger en ook beter dinge in die lewe. Kyk na al die mooi bytjies en blommetjies en voëltjies om jou. En geniet die vroeë oggendlug en die pragtige sonsondergange. Kom ons kyk op en vorentoe en probeer ons gegewe talente ten beste aanwend vir ‘n beter toekoms vir ons, ons medemens en nageslagte en die natuurlewe op Moeder Aarde.
Aaaaaamen.

Reguit ·

Sekere naïewes wat nog aan hierdie infantiele “Siener” bollie-stories glo gaan bitter ontnugter word. Die sogenaamde “Siener” stories is deel van ‘n ‘n valse-vlag operasie wat deur die vorige NP Regering se intelligensiediens geformuleer is – met die spesifieke doel om die (regse) wittes van Suid-Afrika op ‘n dwaalspoor te bring, deur hulle met valse hoop gerus te stel – naamlik met die benewelde “profetiese droompies” wat ‘n ou ongeletterde bebaarde man kamstig opgedroom het, wat kwansuis sou “waar word”. Dit gaan nie. Dit is gewoonlik die agente van die huidige intelligensiedienste wat steeds hierdie “Siener” bogstories bevorder en aanblaas om mense (se emosies) op te sweep. Word wakker! Oor 10 of 20 jaar is dit oor-en-verby met die wittes van SA en is hulle op die randjie van uitgesterwe.

Anti-Siener ·

Stem saam met jou. Siener se beloftes van ‘n hemelse toekoms is pure twak. Elke keer as iets in die wêreld gebeur kom daar ‘n nuwe boek ook met twak wat Siener kamstig sou gesê het. Toe Climate Change bekend word is daar skielik gesê dat Siener beweer het dat as die ys begin smelt sal dinge begin gebeur. Toe Merkel verkies is sou hy glo voorspel het dat Duitslan d ‘n vroue leier sou kry en toe sou dinge begin gebeur. Dit is wetenskaplik onmoontlik om iets te sien wat nog nie gebeur het nie. Jy kan kyk wat nou in die wêreld aangaan en ‘n kans vat om iets te voorspel maar dis pure opportunistiese probeer en tref. Vergeet daarvan dat dinge in ZA gaan verbeter, Die manipulasie deur die vorige regering en die destydse kerkleiers het ‘n valse hoop geskep waaraan mense vaskleef. As jy iets vir jou kinders wil beteken gee pad uit Afrika of hou op om die Siener mite voor te hou.

Wie Wat Waar Wanneer Witvark van Onsekerhoop ·

En wat gaan word van die Bruinmense en die Suid-Afrikaanse Indiërs?
In die huidige hoogs vloeibare en onsekere wêreldorde kan niemand met sekerheid voorspel wat die opset in SA oor 25 jaar gaan wees nie. Dalk sal SA ‘n kolonie van Rusland of Vasteland China of Indië wees. Dalk gaan die hele bevolking oor 100 jaar koperkleurig wees. Dalk gaan daar geen politici meer wees nie. Dalk gaan daar ‘n wêreldwye Slag van Armegeddon wees en net die rotte gaan as soogdiere oorleef. Dalk gaan die ANC bestaan tot Jesus kom. Wie sal weet? So, waarvoor leef en spaar ons? Wat is regtig belangrik?

jaco ·

kolonie van rusland of china sal ‘n goeie ding wees. dis lande daardie waar wet en orde BEHOORLIK toegepas word. so dan sal ons darem van al hierdie misdaad ontslae wees. in China is stakings onwettig. dink net hoe wonderlik sal dit wees hier in SA. Sulke buitelandse oornames sal dalk klomp bedekte voordele inhou…

Niklaas ·

Dit is jammer dat Reguit nie geloof en hoop in SA het nie. Dit is ook jammer dat so min mense die boeke van Siener gelees het. Gelukkig weet ek wat gaan kom.Dankie Waarheid vir jou insig.

Bosveldknap ·

Daar was voorspel dat Afrikaans sou uitsterf dit het nie gebeur nie… Die teendeel is die waarheid, so tyd is die eenigste waarhied praater. Kom ons wag en kyk. Maar by gesê as ek kon het ek onmiddelik na better land verhuis.

Gerhard ·

Jy klink soos die ou wat laat middag aankondig, dit was voorspel dit gaan aand word en kyk dit het nie gebeur nie.

dejager ·

Die goeie nuus is dat diegene met onwrikbare geloof en mannemoed nie wandel volgens aanskoue nie.Geplant is ek hier en ek laat my nie sommer só verplant nie.God het ons met ń doel hier geplaas en ons beter aan Sy verwagting voldoen.Daar is geen probleem in RSA wat Hy nie in ń oogwink kan verwyder nie.
Rol op die moue en doen iets vir jou mense!

humor ·

Ja Riena so moet n vrou vrou praat. Die lekkerste werk op die arbeidsmark met n vaste en blywende ooreenkoms!!!!!!!!!!!!!

Tommie ·

My koppie is altyd half vol, nooit half leeg nie. Kan dit nie help nie, dis nou maar eenmaal die tipe mens wat ek is. Ek dink dit moet ‘n ontsettende straf wees om altyd die negatiewe in alles raak te sien.

rollie ·

Absoluut. En moenie dink hierdie negatiewes se uitkyk op die lewe gaan verander as hul emigreer nie.

Mrs H ·

Ek glo nie dis so seer soveel mense wat net oorsee gegaan het nie, maar ook n groooootttt getal van daardie wit mense is uitgemoor. Natuurlik sal daar dan ook minder wit geboortes reflekteer.

TDW ·

Ek moet sê, toe ek hierdie berig lees toe sak my moed in my skoene, maar nee, ek het nog veg in my, ek sal veg vir geregtigheid in die land wat my voorouers gebou het. Ek gaan nie lê nie. Ek veg nie met my vuiste nie, maar met die Waarheid aan my sy. Die waarheid sal seëvier!

Stella Barnard ·

Vergeet van saanstaan. Wittes ken ni van saanstaan ni. Dis nu elkeen vir hom of haarself…of elke gesin of familie vir hulself. Om in di land aan te bly is selfmoord. Jammer mar hier is geen tukoms vir ons wittes ni..gee pad solank ons kan.

waarheid ·

Ek sal myself nie kan vergewe indien ek net sou handoek ingooi nie – sal nie daarmee kan saamleef nie. Ek is nie ‘n hensopper nie, en wil ook nie ‘n vlugteling wees nie.

Pierry ·

Jy droom as jy dink ek en my gesin sal ooit weer voet sit in SA. Al 9 1/2 jaar weg, en mis dit glad nie.

Joe Hall ·

Mooi man!
Bly net waar jy ookal mag wees.
Indien die lus om terug te keer, jou ooit wil oorval, moet jy gewoon vir ‘n dag of twee N24 of MM se nuusberigte, artikels en gepaardgaande kommentare lees.
Waarborg jou dat die terukeerlus baie gou sal verdwyn.
:-)

Se^ maar net ·

Dit is sowaar slegte tye en ‘n mens kan nie die lig tans sien nie. Maar ons mense het al sulke tye onder ons swart en Engelse mede burgers beleef. Die begin v die vorige eeu was Engels verplig op skool terwyl die kerk ook nie wats gehelp het nie en baie het gedink Afrikaans gaan uitsterf in 2 generasies – dit het nie gebeur nie. Dis nie die eerste keer in geskiedenis dat ons medeburgers op ons neerkyk nie en ons bespot word. Dis nie die eerste keer dat ons geen politieke mag het nie, Dis nie die eerste keer dat ons swart vriende ons in die nag vermoor nie – net jammer ons kan nie daadwerklik terugveg soos in verlede. Die getalle is verseker hierdie keer teen ons – hoe hulle van <4 milj in vroee 1900's tot 45-50 milj gegroei het spreek boekdele oor hul doen en late. Daar is tog hoop van privaat skole, universiteite, Afrikaner intrepreneurs wat goed doen ens. Ek het niks teen iemand wat emigreer of oorsee 'n geleendheid kry (dis 'n globale wereld en niks snaaks – verstaan hul oorwegings en wens hul sterkte toe), maar vir die wat bly dis nou tyd om moed te hou (in slegte ekonomiese, politieke tye) en saam te staan en nie net na jouself te kyk (alle moderne westerse kulture se probleem). Kyk maar watter doring in die vlees is Afriforum vir die regering deur net biedjie saam te staan.

Heinrich ·

Ou Cyril se plan om die pot stadig maar seker warm te kry sonder dat ons paddas dit agterkom begin vrugte afwerp…

Bosvark ·

Daar is nie n manier nie, bly al 18jaar in US. En ek en my gesin is trotse Amerikaners en trots OP on president. So nee, my is heeltemal verkeerd.

Die Poolse Maatjies ·

Ons is deel van die 50-59-jarige groep, wat toe die pad gevat het. Pole laat nie die immigrantestroom toe nie – tot groot ergernis van die Europese Unie. En ons is veilig, met alles wat daarmee saamgaan – skoon omgewing, goeie gesondheidsorg en geen korrupsie nie. Maar ons harte bloei vir ons arme mense en ons land. As ons julle almal hier by ons kon hê, het ons nie ‘n oomblik gehuiwer nie!

Nikita ·

Ek lees almal se kommentare hierbo….wie weet…..ons almal is nie verkeerd nie en almal is nie reg nie….ons kan elkeen maar dink en voorspel wat ons wil en dink die toekoms inhou vir ons minderheid in SA. Ons is net doodgewone mense. Ek glo in elk geval nie in Siener nie. Deesdae in SA moet n mens maar een dag op n slag vat en elke dag ten voluit lewe. Wat die toekoms vir ons inhou sal net ons Hemelse Vader weet, want Hy alleen ken die toekoms van SA. Verder kan ons maar net die nuus dophou en ons opinies aan mekaar gee. Ek glo ons mense sal saamstaan wanneer dit regtig nodig is………al is ons die minderheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.