Wit mense in Suid-Afrika skrikwekkend minder

lego-skare-mense-bevolking

Foto: Pixabay.com

Deur Marianne Breytenbach

Frans Cronje van die SA Instituut vir Rasseverhoudings is onlangs deur ’n joernalis genader oor die toekoms van wit mense in Suid-Afrika. Sy antwoord was dat wit mense teen die middel van hierdie eeu bes moontlik uit die bevolking sal verdwyn.

Cronje was jare gelede deel van ’n span wat die toekoms van die Suid-Afrikaanse bevolking bestudeer het. Omdat daar ’n aantal huidige en historiese vrae oor die akkuraatheid van Suid-Afrikaanse bevolkingsyfers is, het die span noukeurig na die ouderdomstruktuur van die bevolking gekyk.

Een van die bevindings was dat daar meer wit mense in die ouderdomsgroep 50 tot 59 was as mense van die ouderdom 20 tot 29. Oor die hele ouderdomsgroep 20 tot 40 jaar was daar bewyse van wit mense wat die land verlaat het. Die span het dié getal op etlike honderdduisende geskat.

Daar is ook bevind dat hierdie wit mense Suid-Afrika ná 1994 verlaat het. Die span het dit geweet omdat diesulke jongmense se ouers nog in die data verskyn het, maar die kinders voor 1994 nog te jonk sou wees om sonder hulle ouers te emigreer.

Die span het ook opgemerk dat daar ’n skerp afname was in die getal wit kinders wat in Suid-Afrika gebore word. Dit was nie die afname wat ’n mens sou verwag van ’n al voorspoediger middelklas wat minder kinders kry nie. Die getal wit kinders wat in Suid-Afrika gebore word is ’n weerspieëling van die afname in die getal wit mense in die ouderdomsgroep 20 tot 40 jaar.

Die feit dat baie jong wit mense buite Suid-Afrika kinders kry, suggereer dat hulle die land permanent verlaat het. Volgens Cronje is dit onwaarskynlik dat wit mense na Suid-Afrika sal terugkeer nadat hulle kinders in die buiteland gebore is.

Die navorsingspan het voorspel dat Suid-Afrika se wit bevolking al ouer sal word en mettertyd tot byna niks nie sal verminder. Daar is beraam dat 40% van die huidige wit bevolking in die volgende drie dekades weens ouderdom of siekte kan sterf. Namate wêreldwye ekonomiese toestande verbeter, sal dit vir jong wit mense makliker word om hul lewens in die buiteland te lei – veral as die regering voortgaan met dreigemente teen eiendomsregte en die afdwinging van rassekwotas in die sakesektor en werkplek. Geboortesyfers van wit mense is te laag om te vergoed vir mense wat sterf of emigreer. Die slotsom is dat ’n aansienlike vermindering in die wit bevolking voorsien word.

Terwyl wit bevolkingsyfers afneem, sal die breër Suid-Afrikaanse bevolking waarskynlik toeneem. In 1994 was die beraamde bevolking in Suid-Afrika 39 miljoen mense. Die syfer het met 40% toegeneem tot 56 miljoen vandag. MIV-vigs vertraag wel bevolkingsgroei, maar ten spyte daarvan is die bevolking tans 10 miljoen meer mense as ’n dekade gelede.

Wit mense maak tans ’n beraamde 8% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking uit. Voortgesette veroudering en toenemende emigrasie kan die persentasie tot tussen 1 en 3% laat daal. Bloot wat die ekonomie betref, sal die implikasie hiervan ingrypend wees.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Ek wil verseker nie kinders in SA hê nie, en al my vriende wat kinders het of kinders wil hê, emmigreer.

Johann ·

Ek ondersteun en moedig elke wit persoon aan om die land te verlaat.

William ·

Ja dit is presies hoekom ons probleme het, bang, hardloop weg. Staan nie op vir ons regte nie.
Het nie kinders nie-ONS is die probleem.
Families wat oorsee gaan-hulle beywer hulself nie vir die nagelatetenes in SA nie.. Koebaai!..

Ander mense was aan selfs met R1000 per maand.
Wat is ONS verskoning?.
Maar ons betaal belasting vir ons onderdrukkers..
Geen murg in ons pype nie-ek is skaam vir my BANG Nasie.
Almal KLA-wee ons gaan uitsterf!.. Jy laat dit dan toe!..
Hou op kla en doen eits!.

Lampies ·

Ja, William, so is dit. Ons het self die probleem geskep en is nou te onbetrokke (of is dit eerder te bang?) om ons fatale foute van die verlede reg te maak. Waarom sukkel Orania en Kleinfontein om van die grond af te kom? Waarom loop ons weer dieselfde pad as die joiners van die Tweede Vryheidsoorlog?

Ben Bezuidenhout ·

Ek stem 200% saam met jou. Die wit mense het geen murg in hul pype en is net vir hulself. Sit Sondag egter voor in die kerke.

Nederlander in Den Haag ·

Wat doen Afrikaners?
– Hulle gaan kerk toe, bid, hoop op ‘n wonderwerk.
– Sit passief te kla.
– Droom oor emigrasie.

Mense wat nie kan emigreeer, moet saamwerk, aktief betrokke wordt by die stryd. Binnen die raamwerk van die grondwet. Artikel 234 is moontlik. Suid-Afrika kan veilig word, en dit kan ‘n aantreklike land word vir (blanke) emigrante.

Al het jy ‘n halve slap arm. Elke mens moet iets doen. Om God sy magic te laat doen, het hy JOU nodig.. Lees die grondwet, handves van Menseregte !!

Lampies ·

Net ‘n regstelling, Orania sukkel GLAD nie om van die grond af te kom nie. Dalk moet jy nie alles glo wat die media aan jou opdis nie en ‘n draaitjie daar gaan maak. Daar was aanvanklik ‘n probleem met behuising, daar word nou ‘n baie groot behuisingsprojek aangepak. Die kinders is gelukkig daar in die skole, hulle hou byeenkomste, mense help mekaar en leef in vrede saam met geen misdaad nie, dalk moet jy jouself vergewis van wat daar aangaan voordat jy se ORANIA kom nie van die grond af nie. Hulle het selfs hulle eie geldeenheid. Hulle vra julle niks, los hulle uit.

Verlater ·

Niemand het meer probeer as ons om land en onderwys te verander nie. Ons was vervolg, gevange gehou en met dood gedreig. Is nou in buiteland nafat ons voor moes begin op 45 jaar. Ons floreer kinders floreer en het nie hekke voir ons huise en ysters voor ons vensters nie. Sou wat wou gee om te bly in SA maar dis soos om vuurhoutjie in donker kamer te brand en dink jy gaan kamer verlig. Jammer vir die wat agterbly maar ons is nou in posisie dat ons SA familie kan help i p v ons wat sou moes gehelp word in SA. Sterkte daar maar ek wil nooit weer daar bly nie.

Bernadette ·

As ek en my gesin more die land kan verlaat sal ek dit doen sonder om terug te kyk. My kinders het nie n toekoms hier nie.

Wermer ·

Witmense is nêrens meer welkom, kyk na die geforseerde immigrasie in EU, daar word bepaal dat Brittanje teen 2050, nie meer blanke meerderheid sal hê nie, wêreldwyd besig met whitegenocide

Nico ·

Ons en ons kinders gaan nerens heen nie. Dit is ons land. Ons gaan nie handoek ingooi en hensoppers wees nie. Ook nie draadsitters nie. Ons gaan opstaan en ons Glo in ons God en in ons land. In ander lande is daar terrorisme en het hulle ander probleme. Hier gaan nog ‘n oplossing vir S A kom. Ons gaan nie weghardloop nie. Ek sal nie met myself kan saamleef as ek soos ‘n bangbroek weg moet hardloop nie. Dit is teen my grein. Kry rugraat en staan op vir S A.

Steven morrison ·

Stem saam ons moet baklei vir Suid Afrika dit is ons sin ook. Jan v Riebeek se so.

Oupa Erdvark en Oupa Bosvark ·

@ Nico:
Net die geskiedenis sal ons leer welke besluit was die regte besluit: BLY OF EMIGREER.
Raam gerus hierdie rubriek en u kommentaar daarop vir die nageslag.
Mooi week vorentoe en maak ‘n opbouende verskil in Suid-Afrika.

Louis strydom ·

Daar is n paar mense wat op die Titanic moes gewees het SA SINK OF JY DIT WIL GLO OF NIE AS DAAR N WEG UIT IS VAT DIT SA SAL N AFRIKA LAND WORD WAAR DIE WITMAN NIE WELKOM IS NIE

Gerrit ·

Dit is jammer die berig is ras-gerig, die werklikheid is dat daar baie anderkleuriges ook die land verlaat. SA verloor vaardige mense en word aangevul met ń groot gros minder vaardige oor die grenslopers van buurlande. Ons is basies ń sosiale staat in ń resessie. Daar is nie genoeg werk vir almal nie en die gras is groener vir die talentvolle vaardige persone oorsee. Good luck vir die wat suksesvol verwortel.

Rooiwillem ·

Baie goeie en volwasse antwoord Gerrit. Ek bly in Melbourne en hier is baie rasse van SA af. Die situasie is ook nie uniek aan SA nie, maar geld vir Rusland, Brasilië of Columbië, om maar ‘n paar te noem. Die wêreld is ‘n groot plek. Ons voorvaders het van êrens af gekom en ons kinders sal êrens heen gaan. Daar is nie ‘n ons-en-hulle nie. God dank ook ek is nie meer deel van ‘ons’ nie.

Mr P ·

Nico dit maak twee van ons. Ek sal hier normaal sterf dit is nie onderhandelbaar nie. Vir enige ander dood gaan ek baklei. My kinders akademies ook goed geleerd. Wees paraat, kyk na die situasie, som op, maak plan en wees voorbereid.ONS VIR JOU SUID AFRIKA. ONS HET BESLUIT ONS BLY HIER. Glad nibang ni.

Oupa Vlakvark ·

Geagte Gerrit, ek stem saam. Al my kinders het permanent geëmigreer vir hul kinders se onthalwe. Hulle is hoogs gekwalifiseerd en sal heel waarskynlik nie terugkom nie. En hulle presteer aldaar en is gelukkig. Hulle kinders se veiligheid en toekoms was die belangrikste oorweging. Maar of jy bly of emigreer, moet nie mekaar veroordeel nie. Niemand wen iets daarby nie.

MM ·

Wel ons bly hier. Ons is lief vir hierdie grond en sy mense . Ons kan in elk geval nerens heen nie – ons leef eenvoudig en ons respekteer ons mede landgenote. Ons bou op goeie verhoudinge en handhaaf ordentlike standaarde ( gedrag) . Verder besef ons dat ons self werk moet skep, en ons werk voluit daaraan . Vir ons is daar meer plusse as minusse – maar elke persoon se situasie verskil en kan dit ook vinnig baie sleg word, besef mens

Pp ·

Jip
Ons is een van die wat toe my werk opsie het om na europa te kom ek dit gevat het
Maar ek se nou
Ons is spyt
Die gras is nie groener nie
Ja bietjie meer veilig en als werk beter(at a cost)
Maar vrek duur en nie die vryheid soos daar, net omdat europa vrek duur is
Maar dinge draai en europa en australia en nz gaan net so word, da is ander goed wat gebeur wat dit gaan verander soos bv islam, dan oral maar dieselfde en dis nie meer lank nie. Nou ja
Ons het besluit as kids klaar studeer het kom ons trug
Dit bly die beste plek wat daar is
Die weer in noord europa is meer depressing as om oor veiligheid te worry
Ou besef eers later dat geluk nie net veiligheid is nie
Elke dag sien ek customers wat as hoor van waar ek kom vra: nou hoekom jul hiernatoe gekom, hul wens vir die weer en bekostigbaarheid van SA
Da is alles
Goeie weer
Landskap
Big five , wildernis kampering ens
See
Nog so 3 jaar dan ons trug

AL ·

Pp dis waar. Ek het soms ook die begeerte om te emigreer, maar as ons as Suid-Afrikaners die klein juweeltjies begin waardeer en positief voortbeur en help met daadwerklike veranderinge op voetsoolvlak wat verder uitbrei, gaan ons in die beste land ter wêreld bly. Ek verlustig my daagliks aan dit wat SA bied.

Daan ·

By die lughawens,banke,staatsinstellings en groot winkels sien jy bittermin blanke personeel,indien enige.

emiel ·

Die “Suid Afrika” waarvoor sommiges blankes hierbo wil veg is al 20 jaar terug al dood. Die nuwe Suid Afrika is ‘n swart Afrika staat met ongeveer 50 m nie-blankes wat meestal Afrika standaarde en beginsels handhaaf. Ek dink die meerderheid blankes wil nie hulle familie en kinders aan hierdie standaarde bloot stel nie. Ons het al lankal gesien hoe dinge noord van die grens eindig.

Tascha ·

Ek self kan nie land-uit nie maar my kinders is nog klein daarom beywer ek myself om al die kennis wat ek deur die jare opgebou het om daarheen te werk dat daar wel eendag vir hulle ‘n opsie sal wees. As hulle kies om te bly sal ek natuurlik dankbaar wees maar sou hulle besluit om elders te gaan woon en werk sal ek ook bly wees. Ek is realisties ons volk kwyn stadig weg en dis slegs met die Here se genade dat ons hier oorleef. Suid-Afrika is ‘n lieflike land met baie redes om te bly en elke dag nuut te probeer netso het dit ook ontaard in ‘n gemors waaruit dit nie gou sal ontsnap nie. Elke persoon maak sy eie keuses en net omdat hulle die land verlaat maak dit hulle bang broeke of minder patrioties nie. Dis bloot ‘n kwessie van selfbehoud en vir blankes is daar geen teken daarvan nie.

Waldo ·

Hierdie gesprekke, hetsy op die media of om die braaivleisvure, is vir my altyd bitter interessant. Meeste van die tyd (let wel: meeste van die tyd na my mening) is dut die ouer garde wat die jongmense uitbyt as slapgat as hulle wil emigreer, maar dit was daardie selfde generasie wat te slapgat was om te geveg het pre-’94 vir hul nageslag en dié toe gedompel het in die gemors waar die jongmense vandag staan. Jongmense is by n kruispad, hulle moet n besluit neem. Bly en hou jou nageslag weer in dié plek wat op geen toekoms dui nie, of trek, en bied hul kinders en kindskinders geleenthede om wel te kan lewe vir die 70 jaar of so wat hul op aarde gegun word.
Nee wat, vir die ouer garde (wat terloops, almal mos recces was) jyt my as jongman en volksgenoot al lankal verraai, waarom sal ek my gesin en nageslag enigsins vir jou offer om in jou swartland agter te bly.

emiel ·

Mense wat namens hulle familie ‘n nuwe lewe in die buiteland beplan doen maar dieselfde as wat ons voorouers ‘n paar eeue terug gedoen het toe hulle vervolg was agv hul geloof. Om gewillig as slaaf onder ‘n Afrika diktatuur te bly soos ons die afgelope 20 jaar al doen, wel dit is uiterse lafhartigheid.

Johan ·

Waldo,
Ek wil graag vir jou vra wat ek al vir baie mense gevra het!
Wat presies sou jy anders gedoen het?Wat bedoel jy by veg, veg soos in oorlog? Ses miljoen, nee nie eers nie want dit is met die kinders by maar kom ons hou dit maar ses miljoen! Wil jy nou vir my sê dat jy met ses miljoen mense ñ oorlog sou wou voer teen ñ oormag van veërtig miljoen? Vergeet dit, met die buiteland wat in volle mag teen ons geswaai het sou ons geen hulp van geen land gekry het nie!
ñ Eie stuk grondgebied sou ook doodgebore wees al was dit waar in die RSA! Dit sou in ñ gebied moes wees waar die blankes by verre die meerderheid moes wees net om effe lewensvatbaar te wees!
Sou ons dit reggekry het dink jy vir een oomblik die buite wêreld sou met ñ tang aan ons vat?
Mense wat hier ook beledigend raak en mense aanval of probeer verkleineer wat die land verlaat, sou verseker ook graag wil gaan maar kan net soos ek dit nie bekostig nie en is ook te oud! Dit keer my egter nie om my kinders aan te moedig om hul yassies te pak en te waai nie! Een is alreeds permanent in die buiteland en ek hoop die ander sal binne ñ paar jaar gaan!

JJ ·

Dis n tragiese sittuasie.
Dis slegs nasies wat sleg in n oorlog verloor het wat hulself vernietig het.
Mense wat spog daarmee is werklik ver af.
Daar is Europeers wat hierheen kom en dit baie geniet en noem dit breinspoeling , woede oor verraad en leierloosheid dat die wittes nou redeneer, Elkeen vir homself en die duiwel vir die res.
Die Kaapse platteland is rustig.
Weet hulle dat dit presies is wat die ANC wil hê.
In hul selfmoordpoging stem die wittes nog vir partye wat hul wil vernietig in hul beleid soos DA.
Staan eerder saam en ondersteun partye wat jul belange dien, dat jul uit een mond kan praat.

What a joke ! ·

Sommige mense wil nie verstaan nie, hul vekoop eerder hul eie mense uit vir 30 stukke silwer en se dit maak meer sin so!
Hul stem dus vir die ontneming van hul eie regte, hul eie kultuur en sal Afrikaans as taal laat ophang en uitdroog net om sy eie plekke te verseker in donker Afrika!

Met al die soort mense in jou midde, jou sogenaamde broeder met wie jy die pad moet loop vir jou eie bestaansreg hoe kan daar n toekoms wees vir die blankes se jeug in Suid Afrika?

Met kwotas, SEB, “POSTIEWE DISKRIMINASIE” is rassisties in al sy beginsels blanke mense hoe kan jul verwag dat die blankes jong mense moet bly in donker Suid Afrika met al die rassistiese onderdrukking om te probeer bou?????
Ons eie kleur mense ondersteun dan rasse diskriminasie teen hulself!?
Waar het die DA enigsins gewys of op opgestaan vir die blanke Afrikaner se regte inteendeel elke keer dan skitter die DA in sy afwesigheid as die blanke gekruisig word!
Dankie Afriforum en solidariteit met jul weet n mens waar jy staan!

Fanie Kemp ·

In die gees van Orania se “Klein Reus” sal ons wat hier wil bly ons moue oprol en vir ons en ons nageslagte hier ‘n plek oopwerk en opbou en as dit nodig is oopveg. Hier le net te veel Afrikaner bloed en sweet in hierdie aarde om sommer alles wat oor geslagte opgebou is, net so te los. In ons are vloei immers Bittereinder-bloed.
“Op U Almag vas vertrouend, het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag o Here, om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly. Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer. Met ons land en met ons nasie, sal dit wel wees: God regeer”

Magiel ·

Bybelse woorde, alhoewel mooi, gaan nie die hartseer van die gemoorde, verkragte of hulpelose slagoffer se oorblywende familie troos nie. Jy kan probeer sokker speel terwyl almal om jou rugby speel maar jy sal definitief nie verstaan hoekom jy so baie bloed verloor nie. Oom Jan kon sien dat niemand die wiel gebruik in die nuwe land wat hy voet gesit het. Maar hy was te moeg en die rys was te lank om verder te vaar, nou sit almal verras om te verstaan hoekom die locals so ver agter is. Die verskil tussen ander lande en Afrika is 5000 jaar se groei en ontdekking en dit is baie opsigbaar. Geen mooi woorde gaan daai groot gap vul nie…

Paul ·

Alarmistiese en swak ingeligte skryfstuk hierdie.

Veral die laaste paragraaf is baie swak. Daar word geskryf dat wit mense tans ongeveer 8% van die bevolking van SA uitmaak – dis korrek. Dan word daar egter geskryf dat “voortgesette veroudering en toenemende emigrasie” dit tot “tussen 1% en 3% kan laat daal”.

Sonder om te sê in watter jaar hierdie daling tot “tussen 1% en 3%” voltrek sal wees, is dit eintlik maar niksseggend.

In 2002 was sowat 10.3% van die bevolking van Suid-Afrika wit mense gewees. In 2016 was dit sowat 8.1%. ‘n Afname van 2.2 persentasiepunte oor 14 jaar.
Dis egter nie hoofsaaklik weens ‘n daling in die getal wit mense nie. Die getal wit mense in Suid-Afrika het met slegs sowat 220 000 gedaal oor hierdie tydperk, oftewel slegs sowat 4.6% van die getal wit mense wat in 2002 in Suid-Afrika was.
Die groot rede vir die afname in die persentasie wit mense in die bevolking is eenvoudig weens die toename in die getal ander mense, met sowat 10.3 miljoen, of 25%, van 2002 tot 2016. Die groeikoers van die bevolking in geheel sal na alle waarskynlikheid afneem, wat tot ‘n ander dinamika sal lei. Maar selfs al sou dit nie gebeur nie, sou dit nogtans etlike dekades neem, selfs meer as ‘n halfeeu, vir die SA bevolking om slegs 2% wit mense te hê.

Ken2 ·

Nee Paul, dit kan baie vinnig verminder wanneer alle faktore in af geneem word.

Paul ·

Watter faktore, Ken2?

Jy besef dat as jy so stelling maak sonder enige stawing daarvan, dit nie juis oortuigend is nie, of hoe?

Natuurlik stel jy dit ook op so manier dat dit tegnies waar is. Enigiets “kan” gebeur. Jy “kan” moremiddag skielik ‘n geskenk van R1 miljoen kry. Dis moontlik, as alle faktore in ag geneem word. Is dit realisties om dit te verwag? Nee.

Paul ·

Benader dit uit hierdie hoek. Frans Cronjé sê blykbaar dat in 2040, wit mense slegs 1% tot 3% van die bevolking van SA sal uitmaak.

Die groeikoers van die bevolking van SA, wit mense uitgesluit, oor die afgelope 14 jaar was 1.4% tot 1.8% per jaar, met ‘n styging van sowat 0.033 van ‘n persentasiepunt in die groeikoers elke jaar.
Kom ons neem aan dat dit tot 2040 so sal voortduur. Dit beteken dat die SA bevolking (wit mense uitgesluit) van 2017 tot 2018 met 1.88% sal groei, en van 2039 tot 2040 met 2.6%.

Met so ‘n stygende groeikoers sal die bevolking van SA, wit mense uitgesluit, gelyk wees aan 87 miljoen mense.
Vir wit mense om dan 3% van die totaal te wees, sal daar dus net 2.7 miljoen wit mense in Suid-Afrika moet wees teen 2040. Vir wit mense om slegs 1% van die totaal te wees, sal daar net 880 000 wit mense in Suid-Afrika moet wees teen 2040.

Die 2.7 miljoen wit mense is onrealisties. Die 880 000 is belaglik.
Om 2.7 miljoen wit mense in 2040 te hê, moet daar 1.8 miljoen minder wit mense van nou tot 2040 wees. Vir dit om te gebeur, sal die wit bevolking jaarliks met 2.1% moet daal. Oor die afgelope 14 jaar was die jaarlikse daling sowat 0.2% tot 0.4%, so ‘n skielike en volgehoue jaarlikse daling van 2.1% sou uiters verbasend en buitengewoon wees.

Paul ·

Benader dit uit nog ‘n ander hoek.

Die hoogste voorspelling vir die totale bevolking van Suid-Afrika naby 2040 deur ‘n instelling met geloofwaardigheid wat wat ek kan vind, is die voorspelling van 67.3 miljoen mense in 2035 deur die ISS. Die meeste voorspellings deur geloofwaardige instellings is laer as dit, en die enigste voorspellings hoër as dit, kom van instellings met geen rekord van akkurate voorspellings nie.

Maar, kom ons tel sommer ‘n lekker duimsuig 10 miljoen of wat by die ISS se voorspelling en sê die bevolking van SA sal 77 miljoen wees in 2040. As die wit bevolking slegs 1% daarvan sal wees, is dit ‘n wit bevolking van slegs 770 000. Dis ‘n daling van meer as 3.7 miljoen vanaf vandag. As die wit bevolking 3% daarvan sal wees, dan is dit ‘n wit bevolking van 2.3 miljoen. Dis ‘n daling van 2.2 miljoen.
Eersgenoemde is geheel belaglik as ‘n voorspelling – hoe Frans Cronjé daarby kan uitkom, weet nugter alleen. Laasgenoemde is steeds ook ‘n voorspelling dat die wit bevolking basies moet halfveer in 24 jaar. Hoe op aarde dit moet gebeur, weer nugter ook alleen. Selfs ‘n land soos Sirië waar ‘n verwoede, volskaalse burgeroorlog nou al jare lank woed, se bevolking het nie eers halfveer nie.

Johan. H. ·

Blankes raak te gou jammergat, Ek bly hier die is my land ek het 23 jaar weermag opleiding. Wat hulle nie se nie baie kom terug , stert tussen die bene. Jou huis is waar jou hart is as jou hart nie reg is nie sal jy nerens inpas nie allermins in n vreemde omgewing. maar as jy wil hardloop , gaan sommer nou, moennie terug kom nie.

Christiaan Jooste ·

En steeds sien mense nie die realiteit dat steeds minder kinders, die selfmoord van van ons volk is nie. Daar kan lank en baie gepraat word oor ons plek in ons land, maar as ons nie ‘n nageslag het nie is is dit maar leë woorde. Steeds word ‘n gesin van 4 of meer kinders gesien ‘n “te groot” gesin. Dis tragies.

Louis ·

My bloed lê in hierdie grond. Hier het my mense werklik ge-“struggle”. God het my mense hier geplaas. Niemand kan dit verander. Om te bly waar God ons geplaas het getuig van karakter. Vir die banges wat so maklik hensop wil ek net sê; Sies vir jou!

Chris du Plessis ·

Ons volk se groot probleem is dat ons nie weet en wil glo waar ons vandaan kom en wie ons eintlik is nie. Lees gerus Esegiēl 20 en as jy dit kan glo is jou probleem met SA opgelos.

Nederlander in Den Haag ·

Wat doen afrikaners graag?
– Bid om ‘n Wonderwerk.
– Droom oor emigrasie.
– Verlang terug na die ou dae van apartheid.

Wat mense sou kan doen;
1. Lees die grondwet van ZA spesigiek Handves van Menseregte.
2. Wordt aktief betrokke by ‘n ‘verset’ organisasie, kopieer van ANC-taktieke,,
3. Werk daaraan grondwet Artikel 234 op stadsraadvlak uitgevoerd word,
4. Ontneem die ANC-regime sy emosionele houvas…
5. Sondag gebed is onvoldoende, daar is concreet pro-aktief fysiek aksie nodig.
6. Stig vrywilligersorgansasies wat take van die ANC-regime gaan oorneem. Maw, begin selfbeskikking op klein skaal.
7. Maak Suid-Afrika, en Afrikaans aantreklik vir Nederlanders en Europeane om na ZA te emigreer en Afrikaans te leer as huistaal.
8. Werk concreet na provinsiale selfbeskikking in 2027 en nasionaal selfbeskikking 2035.

Reinhardt ·

Ek hou van hoe jy dink mnr Nederlander. Ekt pas ‘n artikel gelees oor “charter cities” soos Shenzen in China. Ek dink so iets kan werk in SA. As ons nie self-beskikking vir die hele Kaap kan kry nie, dan moet ons ten minste dorpe soos die Paarl, Stellenbosch verander in charter cities, waar ons eie mense kan regeer, waar ons Afrikaans orals kan praat. As so iets gebeur, of dit nou selfbeskikking of charter cities is, is ek vas oortuig dat menigte Afrikaanse immigrante terug sal kom na Suid-Afrika.

Almal wat ek ken wat al emmigreer het, het dit nie gedoen omdat hulle wou nie, maar omdat hulle geen toekoms sien in SA nie.

Catryn ·

Nederlander – daar is reeds sulke gebiede deur die Volkstaatraad van 1994 ondersoek, uitgewys en aanbeveel as provinsies. Ons mense is onbewus hiervan, of groot gedeeltes, omdat daar 25% verarm is weens swart bemagtiging ook.. ons werk daaraan. Dis absoluut moontlik as daar reeds honderde duisende van ons in gebiede werksaam/bly en om daardie getalle outomaties te laat groei as meeste wat in posisie is soontoe te beweeg. Aanbeveling van Volkstaatraad was dat ons provinsie oor al die 5-6 gebiede kry, met die oog op selfbeskikking en referendum sal positief wees as ons mense almal inlig voor dit plaasvind. Ons het internasionale reg tot Selfbeskikking/Self determination. Daar word nie van “selfstandige gebiede” gepraat nie, hierdie gebiede is reeds ver voor, en dit sluit munisipale gebiede in, wat dan sal wys hoe dit regtig bestuur word as ons aan stuur van sake is in die provinsie. Baie het al aangedui hulle sal terugkeer van oorsee as daar volle soewereiniteit is.

AL ·

Jy som die hedendaagse wit Afrikaner baie goed op. Ons kla onsself in ñ depressie in. Alles is vir ons vyandig en so sweep ons onsself op. Suid Afrika is ñ pragtige land en het vriendelike mense oor al die rasgrense heen. Net vandag het 2 verskillende bruin en swartman vir my getoet om my te wys hul gee my kans om oor die pad te stap toe die robot groen slaan.
Ja hier is lelike goed wat gebeur, maar oorsee is dit terroriste en ander misdade wat daardie lande mee worstel.

Bly hier ·

Ons bly ook hier. Ons werk self. Ons ontvang in dankbaarheid al die kinders wat God ons gee. – dusver is dit nege. Ons skep `n omgewing waarvan ons hou deur vriende te he met soortgelyke sienings en soortgelyke kindergetalle en tuisonderwys.
Wat `n opwindende projek! Ons hoop is op God om ons genadig te wees en te seen met groeiende getalle sodat ons miskien soos in Egipte van ouds ons buitengewoon te laat vermeerder dat ons die vyand van ons juk kan afskud. Kom mense, daar is werk om te doen. Laat staan die negatiwiteit. Bou voort – Plant voort!

Chris du Plessis ·

Hier stel Cronje dit nou mooi. Afrikaners se dae is getel.
Hoekom sal Afriforum dan voort ploeter met sy Afrikaner selfstandigheid ideologie wat seker die laagste vorm van selfbeskikking denkbaar is en wat ons net langer vasvang in hierdie bestel wat daarop ingestel is om wittes en veral Afrikaners in te doen.
Zuma praat van Radikale Ekonomiese Transformasie ….. Is dit nie tyd dat wittes of meer spesifiek Afrikaners begin praat van Radikale Oorlewings Strategie nie ?
Selfbeskikking is n reg en word toegelaat deur die RSA Grondwet. Dit bied n moontlike uitkoms vir Afrikaner om hulsef te regeer. Die eengiste manier hoe ons sal oorleef is as ons beheer het oor ons eie toekoms deur oor onself te regeer in ons eie gebied.
Dis tyd dat Afriforum en ander Afrikaner organisasies wat voorgee dat hulle hul beywer vir Afrikaners, hierdie opsie ernstig oorweeg. Dis tyd dat die leierskap van hierdie organisasie n paar Balls groei en die bul by die horings pak ipv net die hoë profiel simptome te dokter soos wat tans die geval is.

Fanie ·

Chris, dis oor sulke twakpraat oor Selfbeskikking dat daar nog niks daarvan gekom het nie. Daar’s niks fout daarmee in beginsel nie, omdat dit deel uitmaak van die Internasionale reg, moderne staatspraktyk en die SA Grondwet dit toelaat. Die probleem is die praktiese inwerkingstelling. Afrikaners het nie ‘n omlynde ‘Skotland’ wat net volle Selfbeskikking moet kry nie. Dis hoekom AfriForum homself en die idee nie verder belaglik maak nie. Daarom is hulle strategie ‘groeiende selfstandigheid’, wat beteken dit word van onder af gebou- waarná die nuwe werklikheid polities en jurudies erken kan word.

Amanda Wait ·

Wat se weghardlopery is dit nou mense? Ander lande het ook probleme. Kyk hoe gaan dit in Europa en selfs Australië met die vlugtelinge. Dit gaan erg. Ek bly net hier. Ek vrees niemand nie, net my God. God sal sorg. Hy sorg vir die mossies, Hy sal sorg vir ons. (Goeiste, vandag is dit heeltyd by my…hoe God sorg vir die mossies en Hy sal sorg vir ons) :)♥

vermeemde ·

Binne die raamwerk van die wet?????? wat n grap, daai grondwet is die soet lagie om n bitter pil.
As julle wat so skreeu om saam te staan eintlik bedoel om te gaan DA stem dan is julle gek.
Die enigste manier om die voordbestaan van die volk te verseker is om self in n gewapende stryd te gaan en tot die dood toe te baklei maar die lefties onder ons sal eerder wil gesels en vingers wys, net so lank die rassiste kan uitverkoop vir BEE punte.

Johan ·

Ek het 4 kinders waarvan die oudste 12 en berei ek hulle al van die ouderdom af voor om oorssee te gaan swat.

Soos deur die hele Africa is hier ook nie meer n toekoms vir n blanke en kom ons wees nou ma opreg eerlik…… dit sal beslis nie verander nie.

Baie baie baie hartseer?

Paul ·

Dit lyk asof hierdie skryfstuk geskoei kan wees op iets wat op 9 April in Netwerk24 gepubliseer is.
Ek het nie toegang tot daardie artikel nie. Slegs ‘n paragraaf waarin hy blykbaar sê dat die persentasie wit mense in SA teen 2040 tot tussen 1% en 3% kan daal.

Ontleed hierdie stelling.
Dit wit bevolking het in 14 jaar met sowat 220 000 afgeneem. Van 2016 tot 2040 is 24 jaar. So net as ‘n baie basiese “worst case scenario”, ekstrapoleer die 220 000 in 14 jaar tot 380 000 en vermenigvuldig dit dan sommer met vier – vier keer erger as oor die afgelope 16 jaar! Dit gee 1.5 miljoen.

Die wit bevolking is tans sowat 4.5 miljoen. Trek 1.5 miljoen daarvan af, en dit gee 3 miljoen.

Nou goed dan, vir 3 miljoen mense om “tussen 1% en 3%” van die bevolking te wees, moet die totale bevolking se grootte dus 100 miljoen tot 300 miljoen wees.

Tans is die bevolking 56 miljoen. So as dit in die volgende 24 jaar tot 100 miljoen moet groei, dan moet die totale bevolking met 2.5% per jaar groei, elke jaar, vir die volgende 24 jaar. As ‘n daling van 1.5 miljoen wit mense aangeneem word, dan moet die res van die bevolking jaarliks met 2.7% groei elke jaar vir die volgende 24 jaar vir die totale bevolking om 100 miljoen te wees teen 2040.

(Vervolg in volgende kommentaar.)

Victor Correia ·

En ‘n mens kan nog byvoeg dat die kleiner wordende gesinne ‘n die probleem vererger. Ek merk wel op dat daar ‘n aantal Afrikaners weer groter gesinne kry wat wel ‘n uitsondering is op die reël, maar ‘n baken van hoop bly. As meer van ons dalk vreugde vind in die Here en die gesin as ons besittings sal dinge dalk beter gaan.

Victor Correia ·

Alleenlik vanuit ‘n geloofsperspektief is daar ‘n toekoms vir die Afrikaner in Suid-Afrika. Menslik gesproke lyk dinge wel sleg, maar ons lees keer op keer in die Bybel van soortgelyke situasies en die Here het sy kinders uit almal gered.

Paul ·

Oor die afgelope 16 jaar het die bevolking, wit mense uitgesluit, jaarliks met 1.4% tot 1.8% gegroei. Die groeikoers het jaarliks met sowat 0.03 van ‘n persentasiepunt toegeneem.
As dit so aanhou (wat onwaarskynlik is, dit sal eerder afneem) sal die groeikoers teen 2040 gelyk aan 2.6% wees.
Maar met hierdie groeikoerse van nou tot 2040, sal die totale bevolking van SA, sonder wit mense, teen 2040 slegs 87 miljoen wees. Dit sou dus beteken dat ‘n bevolking van 3 miljoen wit mense in 2040 steeds 3.3% van die totale bevolking sal wees. Dis nie “tussen 1% en 3%” nie, maar aag wat, kom ons stel dit sommer maar gelyk aan 3%, wat is 10 miljoen mense nou tussen vriende?

En onthou, hierdie is met ‘n aanname dat daar oor 24 jaar van nou af, 1.5 miljoen minder wit mense sal wees. Dit sou ‘n vier keer groter koers van afname wees as wat oor die afgelope 14 jaar gebeur het. Waar gaan so ‘n vreeslike daling vandaan kom?

Deon ·

Ek kan nie waarborg dat ek en my vrou nie binnekort landuit gaan vlug nie – veral as ons kinders begin kry. Maar ons het beide die argument/gevoel dat, as ons nie dinge beter maak nie, wie sal? Dis ‘n pragtige land met pragtige mense. Ons moet net die regering regruk.

Deon Australie ·

Deon kom Australie toe. Ons is nou 22 jaar hier. Beide my seun en dogter het Aussie-grade behaal. Beide in senior bestuursposte. Ek self het nagraadse studies behaal, senior poste beklee, en is nou sakeman. Ons sal nie weer terug gasn nie en is baie gelukkig. Lees oor en mis die herkoms soms, maar ek het die oorgawe aan die kommuniste beveg vir 20 jaar voordat ek bes gegee het. Hoekom? Want ons Volksgenote is te weerbarstig en politiek dom. Lees net die kommentare hierbo en besef hulle het nie die vermoee om Eendragtig te wees nie. Eendrag bring Mag vir Volksbevryding.

Hennie ·

Guilty as charged: South African by birth. Texan by grace!

Catryn ·

Gaan lees die aanbevelings van die 1994 Volkstaatraad, daar is REEDS gebiede geidentifiseer en baie goeie gebiede, goeie infrastruktuur, skole , dienste, alles… Gaan vul die gebiede aan … sodoende kan ons vinniger by daardie referendum uitkom, en ook verder gaan. Hoekom het die Volkstaatraad van 1994 dan 37.5% stem gekry vir SELFBESKIKKING. DP en NP was steeds bedrywig, en daar was 37.5% daarvoor. Nou waarvoor wag ons? Daar is ‘n akkoord en ook mandaat gewees wat aanbeveel het vir ‘n provinsie (dit wil sê sluit ons eie stadsrade en dienste hierby in). Hoekom moet almal trek na gebiede waar niks is nie? Ons het hard gewerk hiervoor, ons is ook burgers. Selfbeskikking/self determination is ons enige pad van hoop … teen onteiening van alles en swart bemagtiging.

Ons moet die outjies van Soros wat so “VER-SIEN in die toekoms” in, met ‘n knippie sout vat. Hulle is kommunisties en dink net op alle maniere om ons af te breek – meeste media doen dit en gaan kyk wie is die eienaars daarvan. Niks verhoed ons oorsese mense om weer terug te keer na ‘n eie grondgebied/regering nie …

Hannah ·

HANDELINGE 17: 26 “en HY het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl HY vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, “

Ou Nie-statistikus Wondervark ·

Ek wonder welke van die rubliekatore en kommentatore is professionele statistici?

My beskeie aanbeveling aan Maroele Media en Solidariteit: Kontrakteer professionele statistici om ‘n tydregressie-studie te maak van die bevolkingsaanwas van die “witmense” in verhouding tot die ander bevolkingsgroepe. En publiseer dan die resultate in Maroela Media.

John ·

Frans se navorsing is skynbaar lank gelede gedoen. Dit wil tog voorkom of meer wit kinders gebore word as ‘n dekade gelede. Die ANC het doelbewus aanwas aangepor sedert Mandela en ons buurlande se mense vloei soos water waar hul wil. Ons regering sit nou met die lieflike gebrande pere en probeer dit op wit borde skep. Dit raak moeiliker om te emigreer, maar vir Afrika raak dit nog moeiliker en ‘n verandering kom want die buitewereld voel ook die druk vanuit Afrika en hul oe gaan oop. Lees die raad van ‘n Nederlander hierbo… dat die mense daar nou weer suid wil vlug. Aanpassing in ander lande is nie vir sussies nie. Bly vir ‘n tyd in ryk VSA of Kanada en die heimwee vreet jou op. Daar is Iemand wat ons almal buite rekening laat en dit is dat die toekoms nie in ons hande le nie. Dramatiese veranderinge kan plaasvind, soos die geskiedenis leer. Geloof in die Vader en selfwerksaamheid is beter as ‘n vervaarde rondgeskarrel… Die Nederlander praat sin. Miskien is ons vyande banger vir ons as ons vir hulle en is ons wittes nou ons eie grootste vyand.

Joe Hall ·

Mandela het nie nodig gehad om swartes aan te por om meer kinders te hê nie.
Afrika het nog nooit sulke aansporing nodig gehad nie. Dit gebeur vanself.
Nederlanders was die oorsaak dat die wittes na hierdie land gekom het. Om steeds na Nederlanders se “raad” te wil luister, is verstommende raad, om die minste te sê.

Catryn ·

Beraamde statistieke is presies wat dit is – beraam. Werk aan prioriteite waar ons reeds in die meerderheid is, sodoende het ons reeds ons provinsie asook stadsrade wat ons ons eie mense gebruik, veral diegene wat die kennis het. Dit kan ‘n model provinsie word .. Verwys na my vorige kommentaar op Volkstaatraad 1994 wat reeds aanbeveling van ‘n ekstra provinsie gedoen het met die oog op selfbeskikking. Hoekom moet die wiel elke keer herontwerp word as die Volkstaatraad heelwat inligting versamel het en ondersoeke gedoen het, hul eie opnames ook gedoen het. Daar is REEDS ‘n mandaat gegee hiervoor en die akkoord is steeds geldig. Selfbeskikking/Self determination is ons enigste pad. Trustgebiede is almal op etniese grond geskoei , dit is ook internasionale reg om dit te mag en kan doen. Dis ook REEDS in Grondwethof bekragtig met grondregters se uitsprake – vergelyk dit met artikel 235 van Grondwet.

Catryn ·

Baie van ons eie blankes weet nie dat APARTE Tuislande nog bestaan nie, net ‘n ander naam gekry, TRUSTGEBIEDE. Ingonyama Trustwet en gebied is SLEGS vir Zoeloes (wat swart is) geskep. Niemand anders kan in die gebiede uit CPA voordeel trek nie, slegs die Zoeloes. Die Khoisan, Venda, Pedi, Tswana het elkeen hul eie Trustgebiede, met eie CPA projekte wat deur regering befonds word.

Afsonderlike gebiede het in 1854 ontstaan met die Shepstone Beleid , britse Lord Shepstone en Shaka na die Mfecane se 6 oorloë, wat verwoesting gesaai het onder verskillende Khoisan en swart volke. ELKEEN het daarna in hul eie gebiede ontwikkel, daar is ook kaarte uit daardie era van afsonderlike ontwikkeling. Shepstone beleid is identies dan Trustgebiede/CPA waar niemand “titelaktes” kry nie, Tradisionele leiers is Trustee, regering besit Titelaktes, nes met meeste grondeise.

Swart/Khoisan het self hul eie keuses na 1994 uitgeoefen, nes Shaka in 1854 gedoen het. Tradisionele leiers trek groot pakkette in salarisse en byvoordele.

AFRIKA IS IN ELK GEVAL VOL TUISLANDE .. dis wat hulle dit noem HOMELANDS

HF Verwoerd het nes baie van ons geglo in GOEIE BUURMANSKAP – vir elke volk hul eie nessie – hy destyds met alle leiers beraadslaag oor hul eie onafhanklike gebiede, dus beheer hul hul eie grond, besit hul eie titelaktes, nes Botswana, Switzerland, ens.

Thomas ·

Die Afrikaner vernietig homself deur sy materialistiese uitkyk! Maar nou ja baie volke het al verdwyn, nog een sal seker nie soveel saakmaak nie…

vermeende ·

Paul daar is faktore wat n groter rol speel aswat hier gewys word soos medies en pensioene. Die gemidelde blanke bejaarde is nog bevooreg om n medies en pensioen te he en dit dra by dat die verwagte ouderdom van blankes hoer is as die van ander groepe.
Met die uitfluks van blanke emmigrante en kleiner gesine wil dit voorkom of ons nog n positiewe bevolkings groei toon maar die tyd sal kom waar medies nie genoeg sal wees om ons bejaardes se ligaam en siel aan mekaar te hou nie, dan sal ons n negatiewe groei toon.
As daar gepraat word van die blankes dan praat ons van suiwer blankes en nie gekleurdes of kleurling nie. Die persentasie wat oor die kleurgrens apring dra by tot die groei van die nasie en nie tot die groei van die blanke volk nie, dit word ook nie inag geneem nie.

Die samestelling bo is baie konsewatief en onvolledig, die prendjie egter is baie donkerder as dit.

Paul ·

Vermeende, as mens pessimisties genoeg is, KAN enigiets gebeur. Is dit egter realisties?
Laat ek maar verder uiteensit, nie om jou onthalwe nie, want ek twyfel of jy enigiets wil verstaan wat nie inpas by jou wêreldbeskouing nie, maar dalk lees iemand anders dit.

Vir die wit bevolking om teen 2040 met 1.8 miljoen te daal deur afsterwe van oumense, moet almal wat vandag 47 en ouer is, teen 2040 dood wees. Dit beteken dat daar in 2040 geen wit mense ouer as 71 sal kan wees nie. Tans is byna ‘n halfmiljoen ouer as 71. Dit is absoluut onrealisties om dit te verwag, selfs al sou mediese sorg in SA ineenstort tot ‘n vlak gelyk aan ‘n “tipiese” land in Afrika.
Maar, nou is daar steeds ‘n probleem met hierdie reeds onrealistiese som, want terwyl al hierdie mense vroeg sterf aan ouderdom (daar’s nou vir jou ‘n paradoks!) sal daar steeds kinders gebore word. Kom ons wees pessimisties en sê dat van die mense tans jonger as 47, sal een kwart emigreer na wie-weet-waar, en hul kinders is dus “verlore”. En kom ons sê die oorblywendes kry teen 2040 net twee derdes soveel kinders as wat hulle andersins sou kry. Dit laat steeds teen 2040 ‘n totaal van sowat 2.8 miljoen wit mense. Om 3% van die hele bevolking te wees, sal die hele bevolking 93.3 miljoen moet wees. Ook onrealisties.

Hoe mens dit ook al uitwerk, dit sal ‘n REUSE ramp verg om hierdie voorspellings waar te maak.

AL ·

Ek luister eerder na die Christelike raad hierbo. God het alreeds ingegryp en sal ons nie verlaat nie. Zums het die land afgebreek en verdeel en het baie mense oor rasgrense negatief gemaak.
Een ding weet ek verseker – die afgelope protesoptogte het weereens bewys ons Suid-Afrikaners kan saamstaan.
Haal die politiek uit die samelewing op grondvlak, en ons almal sal beter oor die wegkom.
Vra my ek werk vir ñ multi-rassige onderneming en ons almal kom baie goed oor die weg, ten spyte van ons menslike tekortkominge.

Johanna ·

Jongmense wat kan – gee pad – hier is nie n toekoms hier nie – dis duidelik – moet ook nie kinders he in die land nie . Bejaardes kan meestal nie die land verlaat weens allerlei reels en regulasie van die ander betrokke lande. As ek kon was ek lankal weg. Aan al die dapperes wat kies om te bly – sterkte. maar moenie die wat wil padgee veroordeel nie.

Christo Rabie ·

Statistiese projeksies wys dat bevolkingsaanwas van minder as 4.2 kinders per gesin ‘n kultuur oor 3 generasies dramaties knou agv getalleafnames. So ook moedertaalgebruik. Daarteenoor het die invloei van die Islamwêreld in Europa, Kanada en die VSA oor tyd getoon dat gesinsaanwas 8.8 per gesin is. Dit herinner aan die “breed them out” slagspreuke in SA in die vorige eeu. Die wit gesig gaan waarskynlik in die niet verdwyn op die planeet.

Paul ·

Waar kom jy aan daardie syfers, Christo?

Die hoogste gemiddelde fertiliteitskoers in enige land in die wêreld is in Niger, een van die enigste lande waar die fertiliteitskoers gestyg het sedert die 1960s. Die fertiliteitskoers in Niger is tans 7.6 kinders per vrou. Volgende op die lys is Somaliê, met 6.4 kinders per vrou. Slegs 39 lande ter wêreld het fertiliteitskoerse van 4.2 kinders per vrou of hoër.

Die lande waaruit meeste Moslem-immigrante na Europa kom, soos Sirië, Turkye, Algerië, Marokko en Tunisië, het fertiliteitskoerse van 2.9 (Sirië), 2.1 (Turkye), 2.8 (Algerië), 2.5 (Marokko) en 2.1 (Tunisië).
Maar jy wil laat glo dat die vroue wat hierdie lande verlaat, skielik in Europa gemiddeld byna 9 kinders kom kry? Twak en bog!

Moenie jou met ‘n slap riem laat vang op allerhande alarmistiese webwerwe wat nonsens-stories lekker sappig opdis nie!

A ·

Ek weet darem nie lekker nie. As ek sien hoeveel kinders die wit arm blankes kry in wit plakkerskampe dink ek ons gaan baie beslis nie uitsterf nie. Hulle het gemiddeld 4 na 5 snot neusies wat bitter swaar kry. Maar hulle is ons toekoms en werd om voor te veg.

Elke land het sy probleme (ons het dalk bietjie meer) maar mens weet glad nie wat die toekoms inhou so naby aan ISIS en die Siriese immigrante nie. Dan bly ek eerder net hier en vat dit dag vir dag in volle geloof dat God my hier geplaas het met ‘n rede.

Ons volk begin stadig maar seker wakker word. Dit vat ongelukkig tyd, maar ons sal dit maak.

vermeende ·

Paul, daar is net te veel as’e in jou som, dws dat ons kan aanvoer dat voor 94 die bevolking 5mil was en nou 3.5mil, met geboorte en afsterwe n verlies van 1,5mil, is ek reg as ek se dat ons n gesonde afleiding kan maak dat daar oor 60jaar nie meer blankescsal wees nie?
Nee Paul as jy nie meer faktore wat n rol speel inag neem nie dan sal jy nooit tot n gesond gevolgtrekking kom nie.
Jou som is kookwerk, gekook om jou liberale siening te propageer.
Gee feite nie as nie.

Paul ·

Vermeende, dalk moet jy ietwat meer samehangend skryf. Ek is jammer om vir jou goeie nuus te moet bring. Ek weet dit maak maak dit vir jou moeiliker om op die ashoop te sit met geskeurde kleure en jou sere met potskerwe te krap. Jammer!
Hoe bewys jy my som is “kookwerk”? Enige bewyse? Ek hoor kriekies. Is enigiets waarmee jy nie saamstem nie, sommer “liberaal”?

Die wit bevolking was nie van 1994 tot nou vanaf 5 miljoen tot 3.5 miljoen nie. Voor 1994 was die wit bevolking minder as 5 miljoen. Die wit bevolking het, ten spyte van emigrasie, steeds gegroei tot in die vroeë 2000s. Sedertdien het die stadig maar seker begin afneem en is tans sowat 4.5 miljoen.
En in elk geval, nee, jy is nie korrek nie, selfs met jou skielike uitskuif van die doelpale na 60. Heel ooglopend aksiomaties is die enigste manier dat daar geen wit mense meer sal wees in Suid-Afrika nie, is indien een of beide van twee dinge gebeur, almal emigreer of almal hou op kinders kry.

Watter faktore wil jy hê moet ek in ag neem? ‘n “Nag van die Lang Messe” waarin alle wit mense vermoor word? ‘n Groot leeu wat kom en mense een vir een verskeur? ‘n Middeleeuse pes wat neerdaal en mense verdelg? Swerms skerpioene? Wat? Wat? Hoe pessimisties en onrealisties wil jy dit hê?

Theresa ·

Nie nodig vir veroudering, ekonomie of land-uit om ‘n klein (maar BAIE intelligente) klompie uit te wis nie. Maar moord op ‘n klein groep wat probeer wettig leef, wel. Wakey wakey, En al die mense wat so afbrekend van hul eie volksgenote praat – dis werklik ongeskik en onverskillig.
Bloot my persoonlike mening: Indien elke een genoeg geld gehad het om uit ‘n moord en wanorde besaaide land te verkas, sou elkeen dit gedoen het. Hierdie is my en jou land ook. Maar jy en ek word dit nie meer gegun nie.

Genootskap van Regte Afrikaners Varkerasies ·

@Nederlander in Den Haag.
Broer, sluit aan by die Genootskap van Regte Afrikaner Varkerasies. Ons is in die diaspora. En ons is in ‘n proses om te leer om in ‘n toenemende multi-kulturele samelewing in vrede met ons medemens te lewe en om aan ander te doen wat ons verlang hulle ook aan ons moet doen. En ons is in die proses om ook te leer hoe om ‘n multi-kulturele samelewing te bestuur sodat reg en geregtigheid kan seëvier. Groete aan die Nederlanders in Den Haag.

Marlise ·

My kinders was 5 en 7 toe ons die land verlaat het, nou 8 jaar terug. Beide my kinders het al langer in New Zealand gewoon as in Suid Afrika.

Hulle kan nie Nkosi sing nie, maar hulle ken hulle volkslied (in beide Engels en Maori) en hulle gaan in wonderlike diverse skole skool. Nerens word daar teen enige kind gediskrimineer nie – almal word gelyk gevier en gelyk behandel. Hoe wonderlik is dit nie! Selfs kinders met intelektuele agterstande sit saam met hulle maats in die klas en word bygestaan deur onderwys-helpers.

Ons sal nooit teruggaan SA toe nie, ons is wonderlik bevoorreg om burgerskap te he in n land waar mense nie voor die voet uitgemoor word nie, en waar mense poog om na mekaar te luister. Dis waarvoor ons bitter hard gewerk het in SA, maar nooit self kon bereik nie.

Ulrich ·

Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika???? Verdeeldheid kom agv al die leuns en geen samewerking. Dis die rede vir ons huidige situasie ook. Die wat daai woorde gesing en bedoel het, hulle is eerlik en nog hier, die res hoort elkgeval nie hier nie en hoort geen kommentaar te lewer nie. Net soos God het ek n afsku vir leunaars!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.