Wit mense weer die slaansak

slaansak

Foto: Rushfitness.co.uk

Die gerespekteerde dr. Mamphela Ramphele het onlangs in ʼn radio-onderhoud gesê dat “wit mense verskoning moet vra vir die rykdom wat hulle bekom het sonder om daarvoor te werk”. Skatryk in eie reg met ʼn rykdom waarvoor die meeste wit mense ʼn paar leeftye sal moet werk is nie ter sake nie.

ʼn Rubriekskrywer op News24 skryf ʼn rubriek onder die opskrif “Moet wit mense Vryheidsdag vier?” en, argumenteer hy, wit mense moet die dag vier want hulle moet herinner word daaraan dat hulle spesiale regte en voorregte op die dag weggeneem is. In die tweede plek moet bevoorregte wit mense besef dat hulle ʼn verpligting het teenoor swart mense wie se stryd nog ʼn werklikheid is.

Christi van der Westhuizen wroeg op Vryheidsdag onder die vaandel van die Ahmed Kathrada-stigting by die Apartheidsmuseum in ʼn paneelbespreking oor “Of ʼn nie-rassistiese Suid-Afrika moontlik is?” Sy het dit oor “nie-rassisme wat nie aangespreek kan word, as wit bevoorregting nie aangespreek word nie”.

Uit dié paar voorbeelde word dit duidelik: Daar kan nie meer sinvol aan ʼn debat oor 2017 se probleme gepraat word sonder om eers wit mense by te sleep en te beskuldig nie. ʼn Kapstok (gewoonlik anti-wit, wit beskuldigend, of selfs haatspraak) kan selfregverdiging bied om vandag se swart wandade te kan kritiseer. Sonder die kapstok mag hulle dalk net gesien word as regverdigend teenoor die verlede, teenoor wit mense en, die hemele behoed ons, enigiets wat na kolonialisme ruik.

Dit is baie maklik om wit mense vandag te betrek en verder te blameer. Dr. Ramphele soek verskonings en wit mense wat erkenning moet gee aan die stryd van swart landgenote.

Daar is genoeg verskoning gevra vir apartheid. Die grootste struikelblok is nie meer die wil om verskoning te maak nie, maar die wil om vergifnis te bied. Wie moet dit vandag doen? Die groter ironie is dat wit mense nie vir 23 jaar smekend om vergifnis en verneder op hulle knieë kan bly nie. Die verskonings van mnr. FW de Klerk by die Waarheids-en-Versoeningskommissie is afgemaak en De Klerk is selfs verkleineer. Oudminister Adriaan Vlok het in ʼn besonderse simboliese gebaar dr. Frank Chikane se voete gewas, as teken van sy berou oor dít wat onder apartheid gedoen is. Hierdie verskoning is deur adv. Dumisa Ntsebeza, gewese hoof van die Waarheids-en-Versoeningskommissie se ondersoekeenheid as “te min, te laat” afgemaak.

Verskonings is al deur kerkgroepe, mediagroepe en vele meer gemaak. Wie nog?

Wit mense se bydrae in die huidige Suid-Afrika, ten spyte van vele struikelblokke, is enorm. Dit kon egter soveel meer gewees het as wit mense nie deur wetgewing en beleidsraamwerke soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie uitgesluit word van die ekonomie nie.

Nóg verskonings gaan nie die hedendaagse probleme oplos nie. Betrek eerder die welwillendheid van wit Suid-Afrikaners wat geroepe voel en vasberade is om in Suid-Afrika te bly, wat wil meewerk om die land te laat werk tot voordeel van almal.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pietman ·

Verskonings sal nooit aanvaar word nie want om die “verontregte” te wees, beteken spesiale behandeling en voordele. Wit diskrimansie sal aanhou tot in te ewigheid. solank daar wittes in Suid-Afrika bly.

Johan ·

Ek het niks om verskonning oor te vra nie. Ek het niks en probeer daagliks net n bestaan maak. Die bietjie wat ek het ,werk ek hart voor. Nie een swarte het die reg om te oordeel nie. Niemand het nie. Daar is n nuwe stryd aan die gang wat, n oorlewings stryd. En tyd woed teen die huidige regering.

John ·

Met hoeveel geld het ons uit Europa hier aangeland? Waar is die miljarde wat deur die jare deur die buiteland aan swartes in SA geskenk is, waar is die’ wat die afgelope 2 dekades verdwyn het en waar is die miljarde in die staatskoffers aangewend waaroor die spul betogers dan nou so ongelukkig voel? Waar in die Bybel staan dit dat mense nie jou talente moet gebruik nie en sleg moet voel as jy deur harde werk wins maak? En waar staan dit dat mense wat niks doen met hul talente nie, van diegene wat dit wel doen, ‘n verskoning kan eis? Wanneer het die sg apartheidsregering onbeheerste aanwas by die swart bevolking afgedwing? Hierdie glo gerespekteerde dame wil Afrika se ideologie van geestelike aftakeling gebruik om die wit mense in die land tot onderdanigheid te dwing. Probeer ‘n ander ‘trick’. Dis inderwaarheid nie eers iets om oor te vertel nie…

Reinhardt ·

In die woorde van Klopjag:
“Ek sal agter in die tou staan, ons reënboog op my mou dra,
maar ek sal nie, langer, jammer sê nie.”

Nell Weyer ·

As ek reg onthou is daar in die vorige verkiesing geopenbaar dat Ramphele reeds miljoene sterk was wat sy oënskynlik in die nuwe Suid-Afrika verdien het. Nie sleg vir ‘n agtergeblewene nie.

foxi ·

Ag asb man……..verskoning vra is om voor die duiwel te buig! Ek sien nou rooi!

Andre ·

Dit maak ‘n mens siek om altyd te moet hoor hoe jy alles gesteel het. Kyk maar net hoe welvarend is die Afrikalande wat nooit “ge-colonised” is nie. Of ‘n plek soos Haiti wat al meer as 200 jaar hulself regeer. SA kon soos Liberie en Somalie gelyk het. Dis tyd dat hulle begin dankie se vir die witman se aandeel in die ontwikkeling wat hier plaasgevind het vanaf 1652 tot 1994.

Bruno Stef ·

Jan dit is met verbasing en belangstelling dat ek n skrywe van die oorlede Broederbond soos die artikel so geniet het.Op ons dag moes ons tussen die NP/Broederbond en die SAUK vele houe geabsorbeer het so ek en vele ander is gewoond daaraan om as slaansakke gebruik te word.Onthou net plus/minus 25jaar gelede het Dr AP Treurnicht gese dat as daar onderhandelings gaan wees “Dat die selfbeskikkingsreg van die Afrikaner nie onderhandelbaar is nie” As julle organisasie op die late stadium wil help met die stryd vorentoe vir n staanplekkie in SA vir die nageslag kan ons seker net dankbaar wees.

Boerseun ·

ergste is die hele konsep van kastige wit vooregte is uit gedink deur n wit man, go figure.

Johannes van Staden ·

Ag asb van ek kan onthou het ek hierdie gesprekke gehoor in my ouerhuis en dit gaan nooit weg …geen verskoning sal genoeg wees nie …kom net by en hou op om terugtekyk in die verlede en begin lewe in n nuwe toekoms …die wat heeltyd in die motor se truspieël kyk gaan nooit vorentoe en gaan hulleself verongeluk …dalk waar SA nou is met almal wat so terugkyk en die verlede so opdiep

Adoons ·

Maar Ramphele werk dan vir die Carnegie commission wat in die eerste plek apartheid kom vestig het in Suid Afrika. Haar foto pryk op hulle website.

Pietman ·

Daai omie het waarskynlik te min voete gewas en dalk was dit afskeepwerk. Die volkie soek sy eiendom .

Gerhard Burger ·

Jan, baie dankie vir die artikel! Ek stem saam! Die voortdurende eise vir verskonings en opvolgende verskonings is onvanpas. Sllawerny het oor eeue ontstaan en was oor die aardbol toegepas. Een van die grootste slawe-eienaars in Engeland was die Aartsbiskop van Kantelberg. Ek weet nie van verskonings wat van die Anglikaanse Kerk vereis is of word vir hulle sogenaamde ‘aandeel’ in slawerny nie. Dit was deel van die tydsgewrig, Alhoewel slawerny statutêr verbied is en word, en vandag verwerplik geag word , is daar steeds voorkomste daarvan. Oor hierdie kontinent heen is ek nie bewus van voortdurende aandrang op verskonings vir slawerny nie. Slawerny was ‘n tydperk in die geskiedenis, met goeie en slegte eienaars en slawe. Steeds is slawerny vandag ondenkbaar. Daarom, agterna gesien, ‘n jammerlike tydperk. Dieselfde argumente tref apartheid. Agv taal ontwikkeling het ‘segregasie’ na ‘apartheid’ verafrikaans. Segregasie van rasse was ‘n proses wat oor honderde jare ontwikkel het en op verskillende wyses neerslag gevind het. Dit is vandag afwysend en kritseerbaar, soos die hele ontwikkeling van segregasie – OOK gedurende die tydperk van apartheid. Terugskouend kan dus gesê word dat rasseskeiding ook ‘n jammerlike tydperk was. Geen verskoning tot datum het enige verskil aan die gang van die land gemaak nie. Slegs die onbevange onderlinge samehorigheid en welwillendheid – waarvan daar hope is, sal. Maar, dan moet dit ook onbevange deur die maghebbers en meningsvormers nagejaag en ingespan word – vir Suid-Afrika! Ramphele klou steeds krampagtig aan die ideologie van Steve Biko.

Dennis ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom het die Europeers aan SA se kus geland met bote en fyn klere? Hoekom het Boorlinge van Afrika nie aan die Europese kus geland in bote met fyn klere nie. As dit nie vir daardie Europieers was nie het Mamphela nog steeds vandag stampmielies met n klip fyngestamp en enigeen wat die nie kan insien nie het n probleem.

Oom Harry ·

Word wakker mense! Het julle nog nie die tekens van die tye in die vervloekte land aan jul lywe gevoel nie? Die wit wit mense in SA het volgens berekening nog net 5 jaar oor voor algehele uitwissing. Lees Jamie White se artikel van 3 Mei 2017 op infowars.com onder die opskrif: ” Civil Defense Expert: White Genocide Imminent in South Africa”.

Boetman ·

Haat tussen wit en swart was nog nooit so hoog. Dis als zuma se skuld. Die twee hartseerste oomblikke in die land is die feit dat Madiba nie jonger was en nou nog geleef het nie en die dag toe zuma pres. geword het.

Darius Els ·

Natuurlik is AL die mense op die blad reg.MAAR, ek weier om na J vn Riebeeck, terug te gaan.DAAR IS GEEN VERSKONING NIE ! DIE TOTALE OORSAAK IS EN BLY PINK FRIKKIE DE KLERK.
Als was hunky dorie tot hulle (NP,NGK EEN AFR BROEDERS) ONS UITVERKOOP HET.PUNT

Afrikaanse Knaap ·

Dit ken nie lekker wees om met soveel haat vir ander deur die lewe te gaan nie.
Ek kan Dr Ramphele verseker dat ek baie hard vir my middel klas salaris werk.
En terwyl sy met haar blou lig brigade daagliks verby my jaag terwyl ek in die verkeer vas sit, kan sy gerus vir my om verskoning vra dat sy my tyd mors, so ongeskik is, en ongegronde uitlatings maak wat geen water dra nie.
Sy het haar R50 miljoen se bates met baie minder werk as ek bekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.