Wit studente ontwikkel ’n weersin weens dubbele standaarde

Screen Shot 2014-09-30 at 7.25.10 PMRasseverhoudings in Suid-Afrika het ʼn nuwe laagtepunt bereik na ’n reeks voorvalle by universiteite regoor die land.

Onlangs het twee damesstudente van die Universiteit van Pretoria (UP) hulself by ’n privaatpartytjie swart gesmeer. Kort nadat die foto die lig gesien het, is hulle summier uit hul koshuis geskors sonder dat ʼn ondersoek na die saak afgehandel kon word. Die DA se studente-organisasie, DASO, het klagtes teen hulle ingedien en die ANC-geaffilieerde studente-organisasie, SASCO, het alweer gedreig om universiteite regoor die land tot stilstand te bring. Die Menseregtekommissie (MRK) het ook ʼn ondersoek na die “skandaal” onderneem.

Kort daarna het nog ʼn foto op sosiale media die ronde gedoen. Hierdie keer het twee wit studente van die Universiteit Stellenbosch (US) hul gesigte by ’n vriend se verjaardagpartytjie swart gesmeer. Hulle het soos die tennissusters Venus en Serena Williams aangetrek. Ook hier het die media vinnig op die storie geklim: “Black face scandal hits Stellenbosch,” het een mediahuis berig. Soos verwag, het die universiteit ook hier in die openbaar verklaar dat ’n ondersoek gelas word en die studente was genoop om in die openbaar vir hul “wangedrag” om verskoning te vra.

Dit was nie lank nie, of die debat het op Twitter in ’n groot grap ontaard. Tientalle foto’s van swartmense wat hulself wit gesmeer het, het skielik opgeduik en die algemene vraag was waarom hierdie mense nie ook van rassisme beskuldig word nie.

Vroeër vanjaar het twee wit studente by die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n swart student raakgery. Die studente is daarvan beskuldig dat hulle dit doelbewus gedoen het en die swart student aangerand het. Dit is as ’n rassistiese daad bestempel. Die studente is sonder ’n dissiplinêre verhoor, op aandrang van die rektor, deur die universiteit geskors en selfs in die openbaar erg beledig. ’n Hof het hulle egter op alle aanklagtes onskuldig bevind en die MRK het bevind dat die voorval nie rassisties was nie. Kort na hierdie voorval het die teenoorgestelde gebeur nadat ’n wit student deur ’n swart student van sy bromponie af gestamp en aangerand is. Die swart student is ook aangekla, maar in hierdie geval het die universiteit in die openbaar geswyg en is die saak laat vaar nadat die student skuld erken het en ’n boete betaal het.

universiteiteBy die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die minister van hoër onderwys besluit om in te gryp nadat daar in die media berig is dat daar ʼn beweerde “Nazi-kultuur” op die kampus is. Die feit dat ’n onafhanklike ondersoek bevind het dat daar nie ʼn Nazi-kultuur op die kampus is nie, het egter nie die minister van stryk laat bring nie. In Rapport verklaar hy dat hy nie omgee wat enigiemand vir hom daaroor sê nie, omdat hy reeds oortuig is dat die studente hulle met Nazi-praktyke gebesig het. Valse beskuldigings van Nazisme word nou as ’n groen lig gebruik om die kampus “radikaal te transformeer”. In die proses word daar nou selfs gedreig om Afrikaans by die PUK saam met die badwater uit te gooi.

Kort daarna verskyn ’n rassistiese pamflet op die kampus met die woorde “Kill the Boer, kill the Racist, Kill Afrikaans.” Die ANC-gesinde Higher Education Transformation Network (HETN) reik ’n verklaring uit en verklaar dat daar bewerings is dat hierdie pamflet deur sogenaamde regses versprei is. Die organisasie was egter nie in staat om te antwoord wie hierdie bewerings gemaak het nie en dit blyk dat hulle die “bewerings” self uitgedink het.

Kort nadat die pamflet sy verskyning gemaak het, het die nuwe rektor van die NWU, prof. Dan Kgwadi, sy stem by hierdie sentiment gevoeg deur te verklaar dat die universiteit ’n ondersoek na die bron van hierdie pamflet gelas het, maar onmiddellik bygevoeg dat die moontlikheid dat die pamflet deur “regses” versprei is, nie uitgesluit word nie. ’n Afrikaanse dagblad wat hieroor berig het, het nie geskryf dat die moontlikheid van regse betrokkenheid “nie uitgesluit word nie”, maar sommer dat die pamflet nou “glo” deur regses opgestel is.

’n Mens kan maar net wonder waarom universiteitsbesture bereid is om in sulke gevalle so drasties op te tree, terwyl daar met handskoene opgetree word wanneer ANC-gesinde jeugleiers hulle aan wangedrag skuldig maak. Ek het self al hieroor by die UP-bestuur beswaar aangeteken. Die geval waaroor ek destyds gekla het, het ongelukkig veel meer as gesigverf behels. Dit het verband gehou met ʼn onwettige SASCO-protesoptog, waartydens klasse ontwrig is en studente met geweld gedreig is. In antwoord op my beswaar is aan my verduidelik dat ’n dissiplinêre proses ’n privaataangeleentheid is en dat die universiteit nie eers aan die klaer kan bekend maak watter stappe teen die betrokke studente geneem word nie. Die argument was dat dit die (seker maar toevallig swart) student se regte sou skend as inligting oor ’n dissiplinêre proses aan enigiemand anders as die beskuldigde gekommunikeer word. Sover my kennis strek is daar in hierdie geval nooit opgetree nie. Vreemd dat hierdie ingesteldheid klaarblyklik nie geld wanneer die gelaatskleur van die beskuldigdes anders lyk nie.

Een ding is egter seker: terwyl die rassismedebat by universiteite oor die land heen voortduur is rassespanning nie aan’t verbeter nie. Die teenoorgestelde gebeur eerder. Daar is ’n groeiende weersin onder wit jongmense aan die ontwikkel – ’n weersin wat gesetel is in die feit dat jong wit Suid-Afrikaners bloot op grond van die kleur van hul vel tot tweedeklasburgers gedegradeer word en deurlopend onder growwe vorme van dubbele standaarde gebuk moet gaan.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Ernst Roets

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Ernst Roets is die Adjunk-Uitvoerende hoof van Afriforum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

46 Kommentare

Trots ·

‘n Kort en kragtig samevatting van nie net gemoedstemming op kampusse nie, maar oor die res van SA. In die lig van die gebeure wat die bogenoemde artikel uitwis, is die verskil tussen blankes en die “verontregte” nie-blankes dat die meerderheid van eers genoemde nie skaam oor hul vel kleur is nie. Ons kripeer nie elke keer sodra ons skeef aan gekyk of ons “boere” of whites of mlungu’s genoem word nie. Ons is gemaklik in ons velle en voel nie die wereld skuld ons iets nie. Ons weet wie ons is en waar ons vandaan kom, en al weet ons nie wat die toekoms in hou nie, sal ons bly veg wat geregtigheid. ‘n Boer maak altyd ‘n plan.

Chris ·

Die rasstellende-aksie ANC-kaders wat in beheer van ons universiteite is, tesame met die Nasperskoerante wat by die regime gatkruip, doen alles met ‘n doel. Die hoofdoel is maar om van Afrikaans ontslae te raak en universiteite te transformeer sodat Engels en swart oorheersend is.

a theron ·

En dit alles, terwyl die blanke belastngbetalers n reuse aandeel daaraan het dat die swart studente enigsins op kampus swot, word wit studente die scapegoat vir elke rassistiese en nie-rassistiese gebeure op kampus gemaak, om nie te praat van die radikaal vernederende transformasie toespraak van die minister van HOER ONDERWYS, nogal, wat net om politieke verhewendheid op almal af te druk, gelewr is.

Rudi Jansen ·

‘n Swart politikus het eenmaal vir my gese dat hul ons toilet papier noem. Goed genoeg om belasting te betaal maar word vertrap.

Paul Gerber ·

En toe word ons dors,braai saam en is gemaklik met ons vel kleur. Dis nie ons skuld dat almal nie wit gebore is nie. En statistieke wit mense op n hoeer akademiese vlak stel nie. Dis net hoe dit is. Nou hou op verskonings soek vir jul onder prestasie en begin werk sodat jul op akademiese prestasies aangestel kan word vir werke wat almal verdien om gelyke geleenthede te he

charmaine ·

Baie goeie berig. Ons is goed genoeg wanneer dit kom by Mandela dag of om vir hulle werk te gee of om hulle weggooi kinders aan te neem. As ons al hierdie dinge stop en ophou om hulle “te bederf” sal hulle ‘n ander deuntjie sing.

HJ de Bruyn ·

Dit is baie belangrik dat die Afrikaner sy eie beperkinge ook verstaan. Ek neem altyd die voorbeeld van die Engelse wat daarin kon slaag om met `n klein nasie die hele wereld te oorheers. Die verskille is debatteerbaar ,maar ek het dit vir myself so opgesom: Inklusiewe Uitnemendheid het tot gevolg gehad dat hulle die voortou geneem het in die Industriele revolusie en vandaar het hulle Taal die voertaal geword regoor die wereld. Soveel te meer na die tegnologiese revolusie.

Afrikaners kan myns insiens die stryd wen deur hoflik altyd die ander nasie in sy eie taal te groet,miskien oorslaan na Engels en die ander ou mag dalk net in Afrikaans terug antwoord. Hoflikheid en respek sal vir ons ons voortbestaan verseker.Verder moet ons deur Innovasie en Uitnemendheid eenvoudig die voortou neem en die ander sal volg.

Deur ons Taal en gewoontes op ander af te dwing sal geensins die gewensde uitwerking he nie.
Hoe gouer ons die ander volke deel maak van ons passies, hoe gouer sal dit vir ons beter word.

Abri ·

Nog net 4 jaar – dan is elke student wat aansoek doen om Universiteit toelating ‘n “free born” kind wat beteken hulle is gebore in die tyd na apartheid en hulle en het ook hulle skool loopbaan 6 jaar na apartheid begin en hulle het dus in elke opsig presies dieselfde geleenthede gehad – inderwaarheid het die nie-blanke kind besekermde groot geword en is hy in elke opsig in sy skool loopbaan bevoordeel en kan daar dan geen ras klasifikasie meer gebruik word nie, maar suiwe meriete en meriete moet ons dan voor baklei, die vermoee moet wees om op Universiteit te presteer en ‘n sekere prestasie op skool behaal het.
Dit is nou as ons teen dan nog nie daarin kon slag om ‘n eie afrkaans sprekende universiteit op die been te bring nie.

Malman ·

So tan en sonbed is nog sosiaal aanvaarbaar hier by ons ne? Ek wil nou nie Desember die voorblad van die Son haal nie…

Englene ·

Kan studente by die geteikende universiteite nie miskien meer weldeurdag optree nie. Hulle en ons is almal deeglike bewus daarvan dat die kleinste (onskuldige) optrede onder ‘n vergrootglas geplaas word. Onskuldige studentepret is ongelukkig iets van die verlede. Voor enige optrede kan daar miskien heel eerste aan die welstand van ‘n universiteit gedink word.

Johan Wiggill ·

Goeie artikel Ernst. Die rassespanning is die direkte gevolg van flagrante arrogansie van Kgwadi en Jansen. Daarby kan mens die arrogante optrede van Nzimande en Afrikaner verraaiers ook byvoeg. Die transformasie agenda is uit en uit politiek geinspireer en die teiken is Afrikaner. Ons sal elke moontlike wetgewing en die Grondwet moet gebruik om ons regte op te eis. Buiten die rassespanning wat die reaksie op die insidente veroorsaak, is daar ook ‘n woede aan die opbou. Jansen, Kgwadi en die regering in die breë beter besin oor hul arrogansie.

Stom ·

Dit slaan my stom dat enige iemand dink dat daar iets aan die goed gedoen kan word. Almal staan altyd gereed met konstitusie die en konstitusie daai.

Net ‘n klein bietjie insig. ‘n Konstitusie is net so sterk soos die polisie en weermag wat hom verdedig. Sonder dit is dit net ‘n konsep. Nou vra vir julle self in wie se hande le die weermag en polisie. Met al die regsaksies en hofsake koop julle maar net tyd. Die skrif is aan die muur mense. Beweeg verby en aanvaar dit en maak ander planne vir die toekoms. HIER, is nie meer plek vir ons nie.

Morné ·

Die vraag is hoe baklei ons teen hierdie diskriminasie? Of sit en net slap gat en kyk hoe ons kinders vertrap word?

Trots ·

Deur massa aksie en die vergrypinge wat hier aan die gebeur is tot die aandag van die internasionale gemeenskap te bring. Afriforum is reeds in die proses om die skrikwekkende plaas moord probleem en die belaglike rugby kwotas tot onderskeidelik die VN en die IRR se aandag te bring. Maar as elke Afrikaner net in hul hoekkie sit en kerm sonder om deel van ‘n eenheid te word, kan ons net ons self blameer vir ons ondergang. Eendrag maak mag

soon ·

gaan ons die swart dames wat blonde pruike dra aankla van rassisme? ek vra maar net.
Groot bohaai oor steve uit die blou sing, nou net op enca news sing die anc net nkosi gedeeltev by opening van congres, nog dubbele standaarde?

Che27 ·

Ek is moeg!! tot hier toe moeg. In Suid-Afrika is dit rasisties om wit te wees, en rasisties om afrikaans te wees. En durf jy wit en afrikaans, skool – leer – werk dan is die gord gaar.

Shannon ·

Als sal beter word. Onthou net die slagspreak “EGBOK” tydens die referendum.
‘Everything is going to be OK’.
Hoe salig.

E Jordaan ·

As jy onbeholpe is, dan gebruik jy sulke taktiek wat die anc gebruik. Hulle probeer die Afrikaner verkleineer en teen mekaar opsweep. Wees trots jy is n Afrikaner in SA en leer, werk net harder. Ons kan en doen dit al dekades lank. Afrikaans is n mooi en wetenskaplike taal waarop ons moet voortbou, dit is ons plig.

Realis ·

Solank as wat die blanke Afrikaners elkeen net na homself omsien en ons die verraaiers onder ons het, is daar vir ons en ons nageslag geen toekoms in hierdie wonderlike land nie. Die dag wat ons leer om onvoorwaardelik saam te staan teen die gemeenskaplike vyand, in die geval die anc, sal die dag wees wat ons ons toekoms terugneem. Ons het ‘n leier nodig wat na ons belange omsien, en waar dit nie gaan oor hom en sy binnekring se welvaart soos wat tans besig is om die land te sink nie. Uiters belangrik is dat ons weer die morele waardes van ons voorvaders herstel en daarvolgens leef.

Erna van Dyk ·

Dit is van uiterste belang, dat ons kinders juis NOU, seker maak dat hulle n goeie matriek sertifikaat kan toon. n Naskoolse kwalifikasie bekom en binne die verwysingsraamwerk en waardes wat ons as ouers by hulle ingeskerp het en n voorbeeld van was, die lewe daar buite sal aanpak.
Ons kinders kry dalk nie die poste nie, maar hulle het die kwalifikasie en die wil. Die tyd gaan aanbreek, dat ons hierdie jong mens moet begin kans gee om te leer van ons huidige kenners en voort te gaan.
Handdoek ingooi en terugsit het nog nooit in ons woordeskat enige gewig gedra nie.

Gevare van Liberalisme ·

Dr H F Verwoerd het die gevare van liberalisme in die wêreld reeds in sy tyd raakgesien toe hy in ‘n Geloftefeesrede by Bloedrivier op 16 Desember ’58 die volgende daaroor gesê het:

“……Is dit nie so dat ‘n liberalistiese stroom weer vandag besig is om oor die wêreld te beweeg, baie soortgelyk aan 120 jaar gelede nie? ‘n Gees wat in die Tweede Wêreldoorlog, miskien alreeds die Eerste Wêreldoorlog sy oorsprong het; ……..” “……..Dit is eienaardig dat die wêreldgees, net soos destyds, nie gerig is teen die Afrikaner nie, maar teen alle blankes. Daardie gees is deurdring van verheerliking vir die edele barbaar. Alles wat die nie-blanke sê of doen, is goed en word goedgepraat. As hy ru of dwaas optree, word dit beskryf as maar net kenmerkend van die oorgangsperiode. Maar as die blanke deur vas te staan, moet sorg dat die beskawing behoue bly, dan is dit verdrukking en word hy gesmaad……”

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.