WO II: Die oorlog wat Hitler nie kon wen nie

WWII-geskiedenis-collage

Foto: Commons.wikimedia.org

Die wêreld herdenk op 3 September die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog 78 jaar gelede. Dit was die grootste en bloedigste konflik in die wêreldgeskiedenis, waarin meer as 70 miljoen mense dood is. Die belangrikste lande in die twee magsblokke was Duitsland en Japan aan die een kant, teen die VSA, Brittanje, Rusland, Frankryk en talle ander lande aan die ander kant. Dit was ʼn oorlog wat Hitler begin het, maar wat hy nooit kon wen nie. Een kyk na ʼn wêreldkaart van die twee vegtende kampe, wys duidelik dat die globale magsewewig heeltemal teen die Duitsers en Japanners gedraai was. Dié bloedige “telkaart” van dooies wys duidelik die voorspelbare uitkoms van hierdie oorlog.

Ek het diep onder die indruk van die verskrikking van hierdie historiese tragedie gekom, toe ek ʼn ou afgeleë katedraal op die Duitse platteland besoek het. Ons toergroep wou na ʼn besondere kunswerk gaan kyk, maar het te lank na my sin gedraai. Ek het tot diep in die katedraal se agterkamertjies gestap, tot ek heel agter by ʼn toe deur kom wat duidelik jare laas oopgemaak was. Daar sien ek toe iets wat ek nooit sal vergeet nie: hope stowwerige kindertekeninge van swart bomwerpers wat oor bloedrooi brandende stukkende stede met sterwende mense vlieg. Ek het lank geskok gestaan en deur die prente gekyk tot die gids my kom haal het. Hy het met saamgeperste lippe vir my gesis dat daardie kamers nie oop vir die publiek is nie. Tydens die oorlog is kinders na die platteland gestuur om die verwoestende bombardering van die stede te ontkom, waar baie van hulle in die kerke geslaap en skoolgegaan het.

Generaals

Die Duitsers het aanvanklik baie lande met hulle verwoestende Blitzkrieg-taktiek oorrompel, maar die magsbalans het uiteindelik die deurslag gegee en Duitsland en Japan is verpletter. Hitler het natuurlik nie gedink dat die magsbalans so sterk teen hom sou draai nie, maar hy moet die verantwoordelikheid daarvoor dra. Hy het die ketttingreaksie aan die gang gesit wat tot die grootste tragedie in die geskiedenis van die mensdom aanleiding gegee het. Die Duitsers het die beste generaals en soldate gehad. Dit kan mens daaraan sien dat hulle vir meer as twee jaar aan die wenkant was, en dat dit die res van die wêreld nog vier bloedige jare en miljoene dooies gekos het om die Duitsers te verslaan.

Die militêre geskiedenis bewys dat generaals vir die uitslag van veldslae verantwoordelik is, maar dat staatsmanne oorloë wen of verloor. Die rede is dat die staatshoof die nasionale strategie van die land bepaal, terwyl weermagleiers verantwoordelik is vir die militêre strategie wat daaruit voortspruit. Daarom kan selfs die beste generaals nie regmaak wat hulle staatshoof verbrou nie. Geen leër kan teen die gesamentlike magte van feitlik die hele wêreld wen nie. Adolf Hitler was dus nie net verantwoordelik vir die dood van miljoene vyandige soldate en burgerlikes en die verwoesting van talle lande nie, maar ook vir die dood van miljoende Duitsers en die verplettering van sy land.

Magsbalans

Die skeefgetrekte magsbalans blyk selfs uit ʼn oppervlakkige ontleding van die twee magsblokke se mannekrag, militêre produksie en die oorlogspotensiaal van die vegtendes.

In die eerste jaar van die oorlog kon die Spilmoondhede – die Duitsers, Japanners en Italianers – gesamentlik net 11 000 vliegtuie bou, teenoor die 23 000 van die Geallieerdes. Daarbenewens was die Spilmoondhede se aandeel van globale vervaardiging daardie jaar net 20% teenoor die Geallieerdes se 60% van die wêreldproduksie. ʼn Kykie na die vergelykende inkomste van die twee partye voorspel ook duidelik die uitkoms. Die Spilmoondhede se totale inkomste was sowat 25 miljard dollar, teenoor die Geallieerdes se totaal van 120 miljard dollar.

Die belangrikste aanwyser van die uitkoms van die oorlog was egter die benaderde “oorlogspotensiaal” van die strydende groepe. Dit word bereken deur ʼn afweging van die betrokke lande se weermagte, ekonomie, produksievermoë en ander tersaaklike faktore. Daarvolgens het die Geallieerde magte ʼn oorweldigende oorlogspotensiaal van 70% teenoor die Spilmoondhede se skrale 20% gehad. Drie laaste statistieke wys hoe hierdie potensiaal in harde militêre mag omskep is. Die Geallieerdes kon ʼn totaal van sowat 45 miljoen man mobiliseer, teenoor die Spilmoondhede se 22 miljoen soldate. Teen die laaste jaar van die oorlog kon die Duitsers net 18 000 tenks bou, teenoor die Geallieerdes se oorweldigende 65 000. Daarmee saam was die Duitse en Japanse vliegtuigproduksie in 1945 ʼn skrale18 000 teenoor die Geallieerdes se verbysterende 85 000.

Magsoorwig

Daar is ʼn wye ooreenstemming onder militêre kenners dat die Duitsers se aanvanklike sukses te danke was aan hulle beter opgeleide en gemotiveerde soldate, die besondere gehalte van hulle bevelvoerders, en hulle gevorderde gevegsdoktrines. Maar hoe langer die oorlog aangehou het, hoe kleiner het hulle kanse geword om te wen. Ná Hitler se oorlogsverklaring teen die Amerikaners ná die Japanse aanval op Pearl Harbor, was dit net ʼn kwessie van tyd, bloed en staal voordat die geweldige Geallieerde oormag die Duitsers en Japanners sou oorweldig.

Massaproduksie

Dit is wel so dat van die Duitsers se wapens hul tyd ver vooruit was, soos die Messersmitt 262-straalvegter, die Tiger 2-tenk, die V2-vuurpyl en ander “wonderwapens”. Die Duitsers kon egter nooit genoeg van hierdie wapens produseer om die uitslag van die oorlog te verander nie. Daarteenoor het die Amerikaanse massaproduksie en die Russiese massa-mannekrag die Duitsers met vuurkrag en getalle oorweldig. Henry Ford het massaproduksie al in 1913 uitgevind, waarna hierdie tegnieke verder verbeter en vinnig oor Amerika versprei het. In sekere sin het die Amerikaners die oorlog reeds in 1913, meer as twee dekades voor dit begin het, gewen, hoewel die Duitsers die oorlog eers in 1945 verloor het.

Militêre foute

Dit word soms gesê dat ʼn oorlog gewen word deur die kant wat die minste foute gemaak het. Die Geallieerdes het wel reusefoute gemaak. Die Britse generaal Montgomery het sy leiers se aandrang op onvoorwaardelike Duitse oorgawe beskryf as ʼn bloedige fout wat Europa help vernietig het, omdat dit die Duitsers gedwing het om enduit te veg. Churchill se weersin in Stalin en die Kommunisme het net ná die oorlog so oorgekook dat hy gemompel het “I’m afraid we’ve slaughtered the wrong pig first”. Stalin het onder die geregverdigde voorwendsel van die verdrywing van die Duitsers uit Rusland, die hele Oos-Europa vir dekades beset. Churchill moes ook magteloos toekyk hoe die oorlog die Britse ryk se rol as oorheersende wêreldmag beëindig, en hoe die VSA en die Sowjetunie die magsvakuum vul.

Maar Hitler het groter foute gemaak. Hy het al die reëls van nasionale strategie van die Duitse ysterkanselier Otto von Bismarck verbreek, deur teen feitlik die hele wêreld te veg. Bismarck het altyd gesorg vir ʼn fyn globale magsbalans, en het eers die magsewewig stewig in sy kant geswaai voordat hy ʼn duidelik beperkte doelwit aangepak het. Daarbenewens het Hitler die VSA en Rusland heeltemal onderskat, en het hy nie die deurslaggewende belangrikheid van lugoorlog verstaan nie.

Korporaal Hitler

Die finale militêre oordeel oor Adolf Hitler kom van Duitsland se veldmaarskalk Erich von Manstein. Hy is deur sy mede-offisiere en selfs sy vyande as die beste generaal van die oorlog beskryf. Sy outobiografie met die betekenisvolle naam “Verlore oorwinnings” drup van sy weersin in Hitler. Von Manstein het Hitler as ʼn gek uitgekryt en ʼn “onkundige korporaal van die vorige wêreldoorlog wat gedink het hy weet alles”. Maar uiteindelik word die Tweede Wêreldoorlog gemeet aan die ideologie wat die Nazi’s nagestreef het. Die beroemde Christenfilosoof van Potchefstroom, prof. HG Stoker, het die Nazisme reeds in 1940 in sy boek, Die Stryd om die Ordes, as heidens beskryf: “Die Kerk word verlaag tot handlanger van die Nasionaal-Sosialistiese staat, en die Christelike waarheid vereng tot en onderwerp aan ʼn anti-Christelike, heidense lewens-en-wêreldbeskouing. Nasionaal-Sosialisme is heidens.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Wessel ·

‘n Baie insiggewnde beskrywing. Wat vir my baie interressant is, is dat die duitsers wel vêr voor was met hulle tednologie en dat baie van hierdie duitse inginieurs na die oorlog deur Ameika opgeraap is om hulle kennis en tegnologie verder in Amerika te gebruik. Amerika se sukses na WWO2 met vuurpyle is alles te danke aan hierdie duitse tegnologie.

Andrè ·

Baie interressant. Mens vergeet soms hoe groot dié oorlog was. Moet nooit vergeet wat mense aan mekaar kan doen in die naam van ‘n mal korporaal nie.

danie ·

Die rede hoekom die Duitsers in die begin so goed gevaar het, is natuurlik omdat hulle voor die tyd voorberei het vir oorlog en toe van die lande wat hulle geokkupeer het onverhoeds betrap het. Nadat die geallieerdes behoorlik gemobiliseer het, het die oormag net te groot geraak.

Karma ·

@danie, baie waar. Ek reken ook Japan het te hard aan die leeu se kwas getrek toe hulle Pearl Harbor aangeval het. As Amerika nie tóé tot WWII toegetree het nie, het die prentjie dalk heel anders gelyk! Soos ek SA en die Afrika kontinent nou beskou, kan ons dalk doen met ‘n Hitler ….

Eish ·

Dit is goed om die werklike omvang van menslike boosheid weer te betrag. Ek dink dit is Einstein wat gesê het dat die vierde wêreldoorlog met klippe en stokke geveg sal word. Met narre soos die Noord Koreaanse leier, word die wêreld weer op sleeptou geneem deur ‘n diktator wat oor kernvermoë beskik. Mag ons die slagting gespaar word. Ons eie grensoorlog is nog redelik vars in die geheue en die lae intensiteit oorlog teen alles wat lelie lank is, woed onverpoosd.

Kobus ·

Ter aanvulling van die laaste paragraaf:
In Hitler se boek Mein Kampf is dit opvallend om te sien hoe hy vasbeslote was dat hy God se werk gedoen het.
Op die belt buckle van elke Natzi soldaat was gegrafeer: “God met ons”.
Waneer die Natzi soldate ingelyf was en hul eed afgelê het was dit met die woorde: “I swear by almighty God “.
Hitler se verjaarsdag was elke jaar terwyl hy geleef het vanaf die Rooms Katolieke kerk se kansel gevier.
Dit laat mens wonder oor die ” ideologie wat die Natzi’s nagestreef het”.

John ·

Ongelukkig baie eensydig. Geen woord word gerep oor die glo bedreiging wat die Jode dan sou inhou nie en hoe Europese lande maar te lekker saamgespeel het met Hitler nie of oor Rusland wat meer as 20 miljoen mense verloor het nie en uiteindelik die enigste met moed was om Hitler in sy skuilplek vas te keer en die Nazi’s se val te bewerkstellig. Amerika het tuis gesit en atoombomme bou en die oorlog laat aandraal sodat dit op Japan getoets kon word terwyl Engeland aanhoudend hoogdrawend boodskappe oor die eter gebulder het. Dit was die mees skandalige en papbroekige spulletjie ooit… en baie Joodse skatte is vandag steeds soek; weggesteek in vrome koninklike kluise en banke. En nou moet Rusland die hond in die storie speel terwyl Duitsland die hele Europa tog, sonder een skoot te skiet, oorgeneem het in die sg EU, met antie Hitler op die troon.

Gerhard ·

Die kommuniste is altyd die hond in die storie. Churchill was, hulle het die verkeerde vark eerste doodgemaak.

CG ·

John. Dit is die eerste keer wat ek hierdie weergawe van die geskiedenis hoor!

Director Krennic ·

Die laaste paragraaf in die bostaande teks is totale twak en baie gevaarlik omdat dit ‘n klein poging is om die geskiedenis te wysig. Dit poog om die christendom te distansieer van Nazi ideologie, ‘n ideologie wat sy oorsprong het in christen leer. Nazi Duitsland was ‘n produk van Christen Europa waar dit ook toegelaat is om wortel te skiet. Hitler self het sy vroeë skoolopleiding in een van die strengste Katolieke instellings ontvang: ‘n Benedictus klooster in Bavaria. Hy was ook ‘n koorlid. Daar is sekerlik geen twyfel dat ervarings in jou kinderjare ‘n groot impak het op jou wêreldbeskouing as volwassene. Christelike invloed was sterk teenwoordig in Hitler se lewe (sy gunsteling bed literatuur was Martin Luther). Luther self het “goeie” advies gegee aangaande hoe om die te “hanteer” wat nie Chistus volg nie en het onder meer “aksie” teen sulke groepe bepleit. Soortgelyk aan die Christendom het Nazisme ook ‘n “verlossing” aangebied: ‘n “perfekte” Nuwe Orde wat die oue vervang. Die Nazi “godsdiens” was geskoei op “nasieskap” en die oorvleueling van godsdienstige praktyk. Ons sien dit steeds in Shintoisme in Japan, of Judaisme of self die Kerk van Engeland. Indoktrinasie, prediking, massa byeenkomste, rituele en ‘heiligdomme’ is maar slegs sommige van die metodes wat énige godsdiens vandag nog beoefen om hul ledetalle te onderhou en uit te bou.

Die veronderstelling dat Nazisme en die Christendom geen kulturele verbintenisse met mekaar het nie, is bog en uiters gevaarlik. Die ware student van Geskiedenis weet dit ook.

Kom Ons Boks ·

Jammer Broer Jan, maar dit verander ongelukkig nie die feit dat die Katolieke verantwoordelik is vir die Christendom soos wat ons dit vandag ken nie. Meeste Christelike kerke vandag se doktrines spruit uit die her-interpretasie van doktrines van die Katolieke Kerk. Sonder die Katolieke (hoe donker hul geskiedenis ookal mag wees) sou daar heel waarskynlik geen Christene vandag gewees het nie.

Director Krennic ·

Dit is jou opinie gebaseer op onkunde en dit is al wat dit is (diegene wat buite godsdiens staan maak geen onderskeid tussen die verskillende groepies nie). In die onlangse Charlottesville “betogings” het hordes “goed opgevoede” jong christen mans (en moontlik dames) die Nazi saluut gegooi terwyl menigte hul swastika vlae rondgeswaai het met slagspreuke van “ons veg vir vir wit christenwaardes”. Dit is nou natuurlik voor een van die etjiebreine met sy hotrod tussen ‘n opponerende skare ingejaag het met tragiese gevolge…Om terug te keer na Hitler – toe Stalin die oorlog begin draai het in sy guns (na Stalingrad) het Adolf op ‘n keer die opmerking gemaak dat “Duitsland nou veg om die christelike waardes en etos in Europa te verdedig teen Joodse Bolsjewisme.”

Maroela Media moet versigtig wees om “hersiende” geskiedenis op hul webtuiste toe te laat…veral in hierdie tye waarin ons leef.

Ai tog ·

Asseblief Director, kry net eers jou feite reg oor wat presies die katolieke is. Hulle is so ver weg van Christen af, dis net nie eers snaaks nie… Daar is meer as genoeg inligting daaroor, gaan lees gerus op.

Koos ·

Jy klink baie geleerd broer maar jou aannames is op totale waninterpretasie gedoen. Daar was ten tye reuse verskille in die Christendom. Die sg ‘kerkstryd’ was in volle swang en andersdenkende predikante soos Barth en Bonnhoefer moes landuit of het gesterf. Prof Stoker se bevinding is presies in die kol. Naziisme het gepoog en grootliks daarin geslaag om die kerk te kaap.

Kom Ons Boks ·

Met alle respek aan die kommentators hier maar die eerste sinnetjie in die volgende artikel bevestig my stukkie algemene kennis: https://en.wikipedia.org/wiki/Catholic_Church
Nie net is hulle ‘n Christelike kerk nie maar daarby is hul vir geruime tyd die grootste een. Dit pas mooi in by die artikel want soos dit my kennis strek was die Roemeine die eerste staat wat die Christelike geloof gekaap het – wat gelei het tot die ontstaan van die Katolieke. Hulle het selfs hulle eie landjie in Europa wat, as jy daaraan dink, moontlik die laaste land op aarde is wat nog ‘n volwaardige Christen staat is.

Director Krennic ·

Katolieke is nie Christene nie? Nou wat is hulle dan? Hindus? Moslems? Budhhiste? Sufis? Filosowe (nee, vergeet hierdie een)?

Alles wat die moderne kerke belei in terme van hul sogenaamde geloof kom van die Eerste Raad van Nicaea in 325. Die “aard” van Christus se goddelikheid is ook daar geformuleer as “kerkleer”. Meeste Christene (of hul nou Katoliekis of nie) belei dit vandag en niemand durf waag dit bevraagteken nie. Nee wat, die 1.2 biljoen wat hulself Katoliek noem (pedofiel priesters ingesluit) is so christen soos die ouens in die Bybel Gordel in die Amerikaanse Diep Suide. Dit wil my voorkom of die meeste plasings hier poog om ‘n redelike afstand te plaas tussen die ‘moderne’ christendom en die Katolieke maar dit werk nie – jul is aan die heup vasbebind. Skandes en al.

Ons is egter besig om van die punt af te dwaal. My vroeë paragrawe het die bewerings in die teks se slot paragraaf aangespreek. Hitler en sy makkers was so christelik soos die meeste op hierdie forum seker. Om hul as “heidens” uit te maak, verdraai die geskiedenis. Nasionaal Sosialisme was ‘n Beweging met ‘n sterk Christelike aanhef.

Mark ·

Jou artikel is effe uit n valse kant, hersien geskiedenis op website “christogenia.com” waar egte manuskripte beeld materiaal sowel as “speeches” is. Glo jy sal besef dat die wat Hitler haat ook Christus. Wees paraat in n wereld van valse leuns! Asseblief besoek en bestudeer die materiaal vir jouself dis GRATIS tot die website nog op en toeganklik is!

rassie ·

Alle vorme van hiper-nasionalisme neig daartoe om godsdiensinhoud te kaap en dit vanuit ‘n eie nasionalistiese oogpunt te interpreter as motivering en regverdiging vir beide ideologie en optrede. Nasionaal-sosialisme en apartheid was voorbeelde.

Die ou Afrikaner nasionalisme het byvoorbeeld ‘n spesifieke teologiese onderbou gehad gebasseer op ‘n eie nasionalistiese vertolking van die Skrif. Byvoorbeeld dat God die Afrikaner as ewigdurende Verbondsvolk met ‘n doel in Afrika gevestig het en vir altyd as sodanig in stand sal hou.

Daarbenewens is ‘n Bybelse regverdiging vir apartheid daargestel. Dit was gebasseer op die aanname dat rasseskeiding en rassesuiwerheid deur God gebied was en dat oortreding van die gebod as sonde beskou is. In die praktyk het dit tot uiting gekom in wetgewing in die vorm van die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike, in artikel 16 van die Ontugwet en in verskeie ander apartheidswette en -praktyke.

Hiper-nasionalistiese vertolkings van geloofsinhoud val gewoontlik uitmekaar wanneer die mag en gesag wat dit kan afdwing tot niet gaan en die aannames met nuwe omstandighede gekonfronteer word. Soos na die einde van die Nazi bewind en na die val van apartheid.

So byvoorbeeld het die NG Kerk, wat aanvanklik die teologiese onderbou van apartheid voorsien het, apartheid later as sonde verklaar, of dan te wel, as heidens.

Fanie ·

Rassie, stem op baie punte saam, maar verskil sterk dat Afrikaners hulself as God se ‘Verbondsvolk’ gesien het. Wel as geroepe in Afrika ja, maar nooit as etniese ‘Godsvolk’ soos Israel nie. Lees maar Prof C Coetzee se D-‘God en Godsvolk’, wat op die hoogtepunt van Apartheid geskryf is. Ons moet versigtig om nie die anti-Afrikaner mites en propaganda te glo nie. Lees die destydse bronne.

Eish ·

Hierdie is nou n uitstekende stukkie kommentaar. Altyd gedink ek is bietjie agter as die NG dominee goed kwytraak en ek vertolk die Skrif totaal anders.
Ek is sommer van voor af omgesukkel omdat ek ook pens en pootjies in die sisteem vasgedraai was. Wys jou net, moenie op prize, pastor, dominees, profete, biskop en whatever vertrou nie.

Kom Ons Boks ·

En die ANC gaan regeer totdat Jesus Christus terugkom…
Hoe meer dingetjies verander hoe meer bly hul dieselfde Rassie.
En terloops, die NG Kerk preek mos lankal nie meer uit die boek Deuteronomium uit nie. Huwelike oor die kleurgrens, tussen mans, tussen vrouens, geslags-neutrales, meer as twee persone in een huwelik is mos nou reg. Gee dan net asseblief die Mens wat hy wil he…

Kom Ons Boks ·

Ander ding wat ek wil noem is dat apartheid vandag aansienlik meer oppervlakte beslaan en meer aggressief toegepas word as voor 94. Dit is vandag ook wettig om te diskrimineer gebaseer op ras, rassisme en die vingerwyserige-uitbuiting daarvan is slegs van toepassing op een etniese groep, onlangs is ras-gedrewe plaasmoorde/aanvalle as prioriteits-misdaad verklaar maar in werklikheid sit die regering (asook PK-media) agteroor terwyl menige dit op sosiale media aktief toejuig (met geen vervolging deur MRK), ek wil die rekord misdaadsyfers, verkragtingsyfers, asook die kostes betrokke om veilig agter jou “tronk-sekuriteit” veilig te verkeer nie eers opnoem nie. Die President vandag kan ‘n etniese groepering en al hul nasate reguit slange noem op nasionale TV – omgekeerd sou President PW Botha destyds so iets nie durf se nie (en sover ek weet het Pres. Botha na sy bedanking nog steeds sy huis-verband self aanhou afbetaal). Ons geskiedenis is herskryf en Afrikaanse/Britse standbeelde word summier van ontslae geraak. Ek hardloop nou vinnig uit spasie uit maar wil bylas dat as jong Saffer kan ek partykeer nie help om te dink dat, in volksgeledere spesifiek, die manne van ouds wel ietwat wyser was as die wyse manne van vandag nie… en ek is nie die enigste een van my generasie wat dit so insien nie.

Maarten ·

Soos John tereg sê, het Rusland ‘n reuse aandeel in die oorwinning, en was dit Sowjettroepe wat aan Hitler se bunkerdeur geklop het. Vandag egter, loop die Amerikaners en spog, en Rusland se opoffering geignoreer. Hitler het meer as 60% van sy Wehrmacht aan die Oosfront (Russiese front) gemonster. Konserwatiewe beramings dui op ongeveer 26 miljoen Russe wat gesterf het. Die kamer met die skokkende kinderkuns waarna Flip verwys, is dus Geallieerde vliegtuie, wat stede soos Dresden platgevee het – waarvoor Churchill en Roosevelt aangekla behoort te word van oorlogsmisdade. Hulle moes ook by die Nuremberg-verhore klug gehang word.
Daar moet onthou word dat die hele Duitsland nie in die oorlog betrokke was nie. Britse historikus Ian Kershaw (Last Days of the Third Reich), skryf dat bouplanne nog ‘n paar maande voor die einde van die oorlog ingedien en goedgekeur is, salarisse is betaal, en op 12 April 1945 het die Berlynse Filharmoniese orkes hul laaste uitvoering gehou. Op 23 April 1945 het die sokkerspan Bayern München die sokkerderby gewen deur TSV 1860 München met drie doele teen twee te klop.
Stalin was natuurlik nie ‘n engeltjie nie. My swaer, Helmut Klaiber, se oupa het by Stalingrad geveg, en is deur die Russe gevange geneem. Hy is eers in 1955, met bemiddeling van Konrad Adenauer, vrygelaat. (Sy oorlog het dus eers 10 jaar ná 1945 geëindig.) Olivier Hirschbiegel se 2004 fliek, Downfall, is `n meer realistiese prentjie van Hitler as wat sekere geskiedenisboeke voorgee.

Gerhard ·

Die rede waarom die Russe so groot aandeel aan die oorwinning het is omdat die Kommuniste nie omgegee het hoeveel van hulle eie jong mans hulle stuur om dood geskiet te word nie. Dit is ook die rede waarom so baie Russe dood is. Sonder die Amerikaners en Britte wat Duitsland se fabrieke plat geskied het sou veel meer Russe gesterf het.

Waghond ·

Die grootste enkele flater wat Hitler gemaak het, was om Rusland aan te val, nes Napoleon destyds. Dit het daartoe gely dat die Duitsers later op twee fronte moes weg – teen Rusland (in die ooste) en die Geallieerde Magte.

Rassie ·

Fanie,
Tydens my jongmensjare in die 60’s en 70’ het ek geen Geloftedagviering gemis nie. Die
Gelofte en die verbondsvolk gedagte was gou tydens skriflesing, gebed en toesprake bymekaar uitgebring.

Jy kan die volgende op die internet lees:

1. Die Groot Trek en die Kerk AD Pont Universiteit Pretoria
“Juis om dat hulle hulleself so as verbondsvolk waardeer het, het hulle ’n ooreenkoms tussen hulleself en die ou verbondsvolk, Israel, gesien”

2. ‘N KRITIESE EVALUERING VAN DR. WILLIE MARAIS SE PREDIKING Pretoria: Oktober 2006
“Die Afrikaner het net soos in die geval van Israel ‘n verbondsvolk geword”

3. Boekvorm – FA Van Jaarsveld – GESKIEDENIS AS SKOOLVAK, p.121
“Paul Kruger het hierdie gedagte sterk beklemtoon in sy Paardekraaltoesprake. Vir hom was die Afrikaanse volk ‘n verbondsvolk”

So onlangs as 07 November 2009 skryf Dr JP Botha die volgende “Daar bestaan so ‘n treffende ooreenkoms in Israel se geskiedenis en in dié van ons eie Afrikanervolk. Ons is ook sy verbondsvolk…”

Uit kommentare

“Ek ken geen Boer wat twis oor die Gelofte of die Verbondsvolk nie”

Baie insiggewende hofsaak waarin dit voorkom op internet beskikbaar:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) Saak No 625/1991 1. VERHOORDATUM: 12 NOVEMBER 1992

Stem saam, mens moet maar wyd lees.

Hoeveel mites, pro- en anti-Afrikaners, daar in en oor die Afrikaner se geskiedenis is, is ‘n ander gesprek. Voldoende om nou te bemerk dat ons vir onsself ook maar ‘n klomp pro-Afrikaner mites uitgedink het. Soos byvoorbeeld rondom die viering van Geloftedag.
Hoop dit help.

CG ·

Rassie. As jy n appeltjie te skil het, sal jy redes kan uitdink, al moet jy selektief wees. Hoekom sonder jy ultra nasionaliame uit? Zuma misbruik godsdiens! Die Britte sing”God save the Queen”. God en godsdiens kan en word deur baie verskillenfe mense en instansies vir eie gewin misbruik (insluitende party skatryk predikers). Ek dink n baie groter probleem as ultra nasionaliste, is kerke wat hulle seile na die wind span. Jou voorbeeld van kerke wat apartheid teologies verdedig het, maar nou dieselfde kerke wat apartheid tot sonde verketter – telkens in die naam van die Heilige Gees! Soos met alles is “te” n slegte ding. Met nasionalisme en volkstrots is daar niks verkeerd nie., solank dit nie “te” is nie. Dieselfde met kritiese denke…

Kom Ons Boks ·

Soos’n stukkie protoplasma wat biljoene jare terug op ‘n strand erens uitgespoel het en wonderbaarlik begin kruip het, eventueel self begin dink het, en met al sy wysheid vandag nog nie weet waar kom hy vandaan nie…
Die Afrikaner oftewel ons voorsate, die Boere, het dmv stoerre Kalvinimsme ongelooflike struikelblokke oorkom. Dit was Churchill wat destyds in SA, as jong offisier van die Britse leer, opgeskryf het van hierdie Boere wat as krygsgevangenes hul godsliedere met soveel emosie saamsing dat hy as godvresende self hoendervleis gekry het. Tot vandag, struikelblokke nog steeds met ons, is ons die mees suksesvolste minderheid op aarde. Een persoon se mite is ‘n ander se oorlewing en te danke aan hierdie manne en hul geloof kan ek vandag hierdie onwelkome kommentaar as irritasie aan U rig. Mites wat soveel kan vermag vir ‘n etniese groepering wat volgens menige nie ‘n kat se kans gehad het nie, is seker maar net ‘n lang string gelukkies wat langs die pad wonderbaarlik op die ossewa self gespring het…

Kobus ·

Die argitekte van die Franse Revolusie was die Jakobyne (Jakobyne was Franse jode), die argitekte van die Russiese Revolusie was die Bolsjeviste (Russiese jode), die inisieerders van WWI en WWII was die Rothschild’s (zionisties joodse bankiers). Die vaders van kommunisme in Rusland (Lenin, Marx, et al was jode). Al die Russiese leiers na die Tsaar (Christen) was jode buiten Stalin en nou Putin (Christen). Vir hoeveel miljoene mense se dood was hierdie groep oor dekades verantwoordelik? Jy wou wat sê oor Hitler, Flip?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.