Wycliff en Hus – Vroeëre helde van die hervorming

John Wycliff en Johannes Hus

John Wycliff en Johannes Hus

Terwyl ons vandag Hervormingsondag vier, is dit ook belangrik om te weet dat die spore van die hervorming al meer as ’n eeu tevore reeds gevind is.

Die Engelsman, John Wycliff (ongeveer 1328 – 1384) het reeds meer as ’n eeu tevore die belangrikste grondslae gelê. Hierna het Johannes Hus (1369 – 1415) van die hedendaagse Tsjeggië Wycliff se gedagtes voortgesit en hoewel ook sy kerkhervorming formeel doodgeloop het, beweer sommige bronne dat sowat 90% van die Tsjeggiese bevolking reeds nie meer Rooms-Katoliek was toe Luther sy stellings gaan vasspyker het nie.

Meer as 600 jaar gelede, in 1410, vind iets plaas wat die opkoms van Protestantisme met ongeveer ’n eeu vertraag. Daardie jaar misluk die appèl van die Boheemse kerkleier, Hus, teen ’n pouslike bul dat alle werke van die Engelsman, John Wycliff, verbied en verbrand moes word.

Hierdeur is kerklike hervorming binne die kerk in effek volgens die algemene opvatting die nek omgedraai.

Maar presies hoe dit gekom het dat Wycliff in Boheme aanhang sou vind, is ’n interessante staaltjie op sy eie.

In 1382 het Anne, die suster van die Boheemse koning, met Richard II van Engeland in die huwelik getree. Anne het gou onder die invloed van Wycliff gestaan, en so die weg gebaan dat dié idees in Boheme neerslag vind. Spoedig was twee van Wycliff se ondersteuners in Boheme, en het hulle aktief die hervormingsaak gedien.

Hulle is mettertyd die swye opgelê, maar het subtiel voortgegaan. ’n Uitbeelding van Jesus op ‘n donkie, teenoor die pous is swier, het veral hard gespreek oor hoe die kerk ontaard het.

Pous Johannes XXIII het ’n “kruistog” teen die koning van Napels uitgevaardig, en aflaatbriewe verkoop om die veldtog te finansier. Dit, en opvattings soos dat Jesus en nie die pous nie, aan die hoof van die kerk staan, het Wycliff en Hus, wat intussen Wycliff se werke in Tsjeggies vertaal het, teen die bors gestuit.

Pous Johannes, op sy beurt, was ’n omstrede en gure karakter, en baie glo dat hy voorheen ’n seerower was.

Hierdie beroeringe het gevolg op ‘n eeu van ’n deurmekaarspul in die Roomse kerk. Met Johannes se ampsaanvaarding as pous, was hy byvoorbeeld een van drie pouse wat niks met mekaar te make wou hê nie.

Hierdie verwarring het gevolg na die Duitse keiser finaal sy mag verloor het, en die Franse koning die sterkste Europese leier geword het. In 1302 het Filips IV (die skone) pous Bonifacius VIII gevange laat neem. Fransgesinde pouse het gevolg en hul setel van Rome na Avignon in Frankryk verskuif. In 1377 het pous Gregorius XI na Rome teruggekeer. ’n Jaar later sterf hy, en die Franse kardinale weier om sy opvolger, Urbanus VI te erken. Die kardinale wys toe hul eie pous, Clemens VII aan en hy neem weer sy intrek in Avignon. Hierna sou twee pouse die septer swaai, elk met ’n aantal lande wat hulle volg.

In 1409 word ‘n konsilie te Pisa gehou om die toedrag van sake op te ruim, maar beide dienende pouse weier om die konsilie te erken, en word afgedank. Hulle wys toe ‘n nuwe pous aan, die eerbiedwaardige Alexander V. Omdat die afgedankte pouse weier om van hul ampte af te sien, neem Alexander sy intrek in Bologna.

Drie pouse is toe in die stoel.

Alexander sterf egter gou, en word deur die woeste Johannes opgevolg.

In 1414 word ’n nuwe konsilie by Konstanz byeengeroep. Johannes was egter die enigste van die drie pouse wat die uitnodiging aanvaar het om die konsilie by te woon.

Hus, wat deur die pous onder die banvloek geplaas is, het ’n uitnodiging gekry om by dié konsilie appèl aan te teken, en is selfs vrygeleide uit Boheme, waar hy weens sy gewildheid buite die bereik van sy vyande was, gekry.

By Konstanz is hy egter nie die geleentheid vir sy appèl gebied nie, en as ketter verhoor. Hy is ‘n maand lank wreed gefolter, maar toe hy steeds weier om van sy standpunte af te sien, sterf hy op die brandstapel. Die as van sy liggaam asook die grond waarop dit geval het, is in die Ryn gegooi.

Wycliff self, wat die hervormingspoging gelei het, het aan natuurlike oorsake gesterf. Hy het aanvanklik selfs die steun van die Engelse regering gehad toe Urbanus skatpligtigheid van die Engelse koning geëis het, en Urbanus moes die aftog teen dié rugstyfmakery dra.

Pous Johannes XXIII, die gewese vermeende seerower, was egter hardvogtiger.

Tydens die konsiliasie Konstanz was Wycliff, wat in 1384 gesterf het, drie dekades lank reeds begrawe. Nogtans is die banvloek oor hom uitgespreek en gelas dat sy lyk opgegrawe en verbrand moes word. Dit is in 1428 gedoen, en sy as is in die Swiftrivier gegooi.

As gekyk word na die standpunte van Wycliff (wat ook terloops aan die spits gestaan het om die Bybel in Engels te vertaal, die sg Wycliff-Bybel), en Hus soos opgesom deur Deon Snyman, kan die spore van Luther se latere standpunte duidelik gesien word.

  • Die kerk bestaan uit die gemeenskap van alle gelowiges (en nie net die pous en die biskoppe nie).
  • Christus (en nie die pous nie) is die hoof van die kerk.
  • Die skrif is gesaghebbend vir die kerk en die preek vorm die belangrikste element van die erediens.
  • Gehoorsaamheid aan Christus (en nie die pous nie) lei tot redding.
  • Slegs God kan sondes vergewe (nie geld of aflaatbriewe kan vergiffenis bewerkstellig nie).
  • Geen pous of biskop het die reg om in die naam van die kerk die swaard op te neem nie (die Bybel leer dat Christene vir hulle vyande moet bid en dat hulle hul vyande moet seën).
  • Christene moet hulle daarvan weerhou om beelde te aanbid, in vals wonderwerke te glo of om bygelowige pelgrimstogte te onderneem.
  • Die kerk moet beide tekens van die sakrament van die nagmaal aan gelowiges bedien (nie net die brood nie).
  • Kerklui beskik slegs oor geestelike gesag.
  • Alle mense moet toegelaat word om die Bybel in hulle eie moedertaal te lees.

Terwyl ons vandag die hervorming vier, is dit egter ook net gepas dat ons ook dink aan hulle wat Luther voorafgegaan het, en soos Hus, gefolter is en op die brandstapel gesterf het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henkst ·

Martin Luther (1483-1546) het geglo dat mans slimmer is as vroue en dat vroue hulle slegs moes besig hou met huishoudelike take. Johannes Calvyn (1509-1564) het die vroue beskou as diensmaagd van die man. Calvyn was verder van mening dat vroue nie onderwys moes ontvang nie. In Christelik protestante kerke moet vroue vandag steeds tydens die huweliksbevestiging plegtig beloof om aan haar man onderdanig te wees.

MM Wiese ·

Net jammer hervorming het net tot daar hervorm , daar’ is kamp opgeslaan en daar is dt dood . Huss wat op die brandstapel gesterf het , sou nie baie trots wees om te sien die hervorming het terug hervorm na cultolisisme met n geur van die okkulte , verre en midde ooste daarin nie . Dis tyd vir n volgende hervorming ,

Dr Pieter van der Dussen ·

Graag wys ek op die volgende uitsprake van die Heilige Gees in die Woord van God:
Genesis 2:18 vóór die sondeval: Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘N HULP maak wat by hom pas. In Spreuke 31 besing Salomo, gedryf deur die Heilige Gees, hierdie hulprol deur te wys hoedat sy haar man help om sy regeertaak in die gemeenskap te vervul wat in Genesis 1:28 saamgevat word, naamlik om toe te sien dat daar orde op die aarde en in die wêreld geskied. Nêrens in die Woord van God vind ons so ‘n lofrede oor die man nie……
Genesis 3:16 ná die sondeval: En aan die vrou het HY gese: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; EN NA JOU MAN SAL JOU BEGEERTE WEES, EN HY SAL OOR JOU HEERS. In Efesiërs 6 bevestig die Heilige Gees déúr Paulus hierdie opdrag aan die man én die vrou. En in 1 Timoteus 2:15 leer die Heilige Gees dat die vrou gered sal word deur kinders te baar, dus aan haar roeping, haar Godsopdrag in Genesis 3:16, getrou te wees. Want sonder herhaaldelike nuwe geslagte kan die getal van die uitverkorenes nie vol word en kan die Here Jesus Christus nie weer kom om die Koningskap in die nuwe hemel en die nuwe aarde te ontvang nie.
In I Korintiërs 11:2-10 sit die Heilige Gees deur Paulus die regte verhouding tussen man en vrou uiteen. Dit raak die gewoonte dat die man onder gebed opstaan terwyl die vrou bly sit, waardeur die man sy verantwoordelikheid teenoor die vrou openlik erken. En in I Korintiërs 14:26-40 brei die heilige Gees hierop uit, met uitdruklike verwysing na vers 34-36, as die ordelike gedrag in die gemeente, ooreenkomstig Genesis 2:18 en 3:16.
Wat hierbo gesê word is voldoende om aan te toon dat die kerkhervormers of reformatore nie die gedagtes self uitgedink het wat hierbo genoem word nie. Al wat hulle gedoen het was om die Woord van God te lees, hulle daaraan te bind, en die gelowige kinders van God na die ware weg van saligheid te lei. Re- in reformasie beteken weer- of her- in hervorm (soos in re-do), maar dit beteken ook terug soos in re-toer. Deur die twee betekenisse van die Latynse voorvoegsel re- saam te voeg, beteken re-formasie in sy volle betekenis weer vorm terug na wat dit moet wees. Ten opsigte van die Kerk van Christus beteken dit terug na die vorm wat die Woord van die Drieënige God daarvoor voorskryf en eis. Daarvan getuig die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Westminster Confession en talle ander belydenisse onder baie volke en in baie tale en lande na deeglike bestudering van die Woord van God.
Dit behoort duidelik te wees dat, wanneer die Bybel onvoorwaardelik as die Woord van God as begin en einde van ons geloof aanvaar word, hervorming of reformasie nie verder kan gaan as wat die Woord van God bepaal nie. Die Heilige Gees se dit duidelik in Spreuke 1.
Opmerking: My herhaaldelike verwysing na die Heilige Gees spruit daaruit voort dat, waar voorheen aanvaar is dat die skrywers van die Bybelboeke dit geskrywe het deur die Heilge Gees gedrywe (II Petrus 2:21 en voorgaande), die gearriveerde(!) nie-gelowige mensdom vandag beweer dat die skrywer self die gedagtes uitgedink en geboekstaaf het. Daarom het dit nodig geword dat die Outeurskap van die Heilige Gees, dus van God Drieenig Self, vandag deurlopend beklemtoon moet word, ook van die preekstoel af.

Johan ·

Dankie Dr Pieter. ‘n Ware maar baie onpopulere woord in die wereld van vandag. Sola scriptura.

MM Wiese ·

Ja Johan As jy uitkom met die waarheid word jy gehaat, werklik n Propheta Conducticius stuk

Dr Pieter van der Dussen ·

Met verwysing na die opmerkings van Henkst en MM Wiese as eerste kommentare op Herman se artikel: Dr Peter Hammond van Africa Christian Action ([email protected]; http://www.christianaction.org.za) het die volgende inleiding tot ‘n artikel oor Luther geskryf:

HOW LUTHER REFORMED MARRIAGE AND THE FAMILY

Martin Luther, the German Reformer, is generally remembered as the Theological professor, the Bible translator, the writer, even as the composer of hymns. However, Martin Luther was also a husband and a father of six children. He provided the Church its first and most prominent example of a pastoral family.

Reforming Marriage
While still a celibate priest, Luther wrote extensively on marriage. He saw marriage as an institution in as much crisis as the church – and no less in need of reform.

Martin Luther was a leading defender of the dignity of women and the foundational importance of marriage. Luther placed the home “at the centre of the universe.” His teaching on marriage and the family (and his personal example) were so radical and so long-lasting that it profoundly and permanently altered the home. If his innovations don’t seem so radical to us, it is because of his success in establishing these principles as Christian ideals.

Die volledige artikel kan gratis per e-pos aangevra word. Calvyn se Skrifverklaring sluit regtreeks by die van luther aan.

My vorige kommentaar wys uit dat die vrou ‘n hoogs eerbare plek in die eskatologiese verloop van skepping tot wederkoms beklee. Geskape as hulp vir die man en geroepe tot die baar van kinders staan sy onder die heer-skappy van die man wat haar moet beskerm met sy liefde sodat sy haar roeping kan nakom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.