Zimbabwiërs verdien beter

ʼn Familielid van Kelvin Tinashe Choto in trane by sy begrafnis in Chitungwiza, ongeveer 30km suid-oos van Harare in Zimbabwe. Voordat Choto se familie nog geweet het hy is dood, is ʼn foto van sy verminkte liggaam in ʼn polisiestasie op sosiale media versprei. Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/AP

Eendag, in 1980, het ek in die berge naby die destydse Umtali in die ooste van Rhodesië, ’n briefie opgetel wat aan een van die Britse sendelinge daar gerig was. Die skrywer in Engeland het die sendeling ’n lang en vrugbare verblyf in die land toegewens.

Die briefie is gekry in die puin van ’n verwoeste sendingstasie. Die sendelinge is vermoor deur “vryheidsvegters” van die toe verbode ZANU-PF-party van Robert Mugabe en sy adjudant Emmerson Mnangagwa, vandag president van Zimbabwe. En vandat die Britse regering die land aan sy eie oorgelaat het en sy hande in Londen gaan was het, was Zimbabwe al ’n paar keer op sy sterfbed aan die hande van dié wat hom “gered” het.

Die jongste is nou besig om af te speel in die strate van Harare en Bulawayo waar woedende betogers doen wat Suid-Afrikaners ook al hoe meer besig is om te doen: plunder en brand: winkels, voertuie en buitebande. Hul grief is dat die petrolprys verlede week met meer as 130% verhoog is. President Mnangagwa moes inderhaas van ’n besoek aan Rusland en sentraal-Asië terugkeer om vure dood te slaan. Letterlik en figuurlik gesproke. Hy het gewaarsku dat die onluste aangevuur word deur “’n buitelandse mag”, iets wat dalk waar kan wees. Die amptelike opposisie, die Movement for Democratic Change (MDC) word deur Brittanje en Amerika gesteun; ZANU PF tradisioneel deur China – wat terloops nou nêrens te sien is nie.

Suid-Afrika is ook by die saak betrek. Zimbabwe wil miljarde van Suid-Afrika leen, wat klaar gesê het hy het dit nie. President Cyril Ramaphosa het egter reeds gesê Suid-Afrika sal doen wat hy kan en ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef en weer in die land te belê. Die kanse is egter skraal dat dit sal gebeur, want wat die Weste soek, is sogenaamde “regime change”, oftewel ’n nuwe regering (lees MDC) in Zimbabwe.

Wat sake nóg verder vertroebel, is dat die Zimbabwiese weermag weer begin het om skerp ammunisie teen betogers te gebruik. Mnangagwa het ook aangedui dat dit is hoe die geweld in Zimbabwe stopgesit gaan word. Alles dui dus daarop dat die vlamme in Zimbabwe al hoe hoër gaan brand.

Dis juis waar die gevaar vir Suid-Afrika inkom. Reeds in 1980 was daar planne om ’n verwagte toeloop van vlugtelinge te keer, en met die grens tussen die twee lande wat soos ’n sif lek, is dit nie vergesog om te vrees dat miljoene Zimbabwiërs op Suid- Afrika gaan toesak wanneer hul land verder in chaos gaan verval nie. Daar is reeds ’n paar miljoen Zimbabwiërs in Suid-Afrika en hulle is uitstekende werkers, hoofsaaklik omdat hul land steeds ’n beter onderwysstelsel as Suid-Afrika het. Hulle is egter hoofsaaklik ekonomiese vlugtelinge en Suid-Afrika kan nouliks soos Donald Trump ’n muur probeer bou om politieke vlugtelinge uit te hou. Dink net: miljoene vlugtelinge wat nie werk het nie. Hulle sal gevoed moet word, misdaad kan toeneem, ensovoorts.

Maar wat nou gedoen? Die Suid-Afrikaanse ekonomie dans ook rond soos ’n kat op ’n warm sinkplaat; daar is nouliks geld om sy eie skuld te betaal, wat nog van Zimbabwe s’n. Dit sal egter myns insiens nie baat om te sê die Zimbabwiërs moet hul eie probleem oplos nie. Op die ou end gaan Suid-Afrika met die gebakte pere sit.

Miskien is die laaste woord wat aan Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies behoort, die beste. Sy land, het hy gesê, is die beste winskoop in Afrika. Min lande en mense wil egter byt aan die nuwe wortel van privatisering wat die afgelope tyd as lokaas gebruik word. Maar ek glo aan die land se toekoms. Wie onthou nog die dae toe Zimbabwe as die broodmandjie van Afrika bestempel is, toe sy tabak die beste pryse op internasionale markte behaal het, toe sy mielies nie net sy eie mense nie, maar ook sy buurlande help voed het.

Kom ons hoop dat die msasabome in Harare se strate weer, soos in die ou dae, ál sal wees wat rooi blom, en die bloed van onskuldige mense, anders as in die stryd teen kolonialisme, nie verspil sal word nie.

Zimbabwiërs verdien dit.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Tienie Fourie

Tienie Fourie is ʼn oud-joernalis wat Suid-Afrika ook as diplomaat in Londen, New York en Wene verteenwoordig het. Hy het ook in Zimbabwe en China gewerk.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Al wat die “mense” in Zimbabwe verdien, is om baie swaar te kry en baie te ly, want dit is waarvoor hul gestem het. Dit is hul verdiende loon – wat jy saai sal jy maai!
En SA bevolking verdien om deur vlugtelinge vertrap en geplunder te word want hulle help nie, keer nie en en vestaan nie die situasie nie: Jy kan nie orde en welvaart bewerkstellig met wanorde en wetteloosheid nie.
So vasbyt ZIM, SA is kort op jul hakke.
Demokrasie beteken absoluut niks as jy nie verstaan wat om daarmee te maak nie.
Diktatorskap is net goed vir niemand behalwe die heerser, en as jy nie wil leer uit jou eie of ander se foute nie, wil jy nie sukses behaal nie.

dejager ·

Zimbabwiers het ń fout gemaak toe hulle die wit kolonialiste weggejaag het.Daardie engelse boere was al die tyd hul grootste bate.Hulle het hul geblameer vir als wat sleg was in Zim in plaas daarvan om hul te prys vir als wat goed was.

John ·

Die probleem wat Afrika knou, lè in eie geledere en voor dit nie opgelos word nie, sal dinge aanploeter. Afrokane gooi hul gewig in die buiteland rond want hul menseregte word glo nie gerespekteer nie… en hul hoop om daar skatryk te word, maar in die tuisland kan dit maar gaan soos dit wil. Indien CR dink hy gaan van Zim en Lesotho en andere, provinsies van sy glo magtige ryk maak, kan hy maar vergeet, of hy ken nie sy bloedbroers nie. Ons sal saam in die ellende afgetrek word en Sjina, Indiè en die Arabiese lande stel net in selfverryking belang… soos die Westerse helpers in die verlede.

Dries du Toit ·

Dit is waar Thinus. ‘N nasie verdien die regering wat hy instem

T ·

En?, wie het dit veroorsaak? Ek stem elke mens verdien beter maar hulle maak die mense dood en verdryf die mense wat kan help dinge beter maak? Hulle plunder en brand en gaan mal … ? Hoekom gaan hulle oe nie oop nie?

Thinus Erasmus ·

T ek sal jou se hoekom gaan hul oe nie oop: want hul ore bly oop vir leuens en hul harte loop oor van haat. En dit is nie uniek, kyk byvoorbeeld na die Jode en Palesteine, die Noorde- en Ierland, en nog baie ander nasies wat teen mekaar en selfs in hulself verdeelt is.

Rasper ·

Heeltemal reg. Hulle verdien beter. So ook die kinders van Soweto. So ook my Afrikaner kinders, gebore aan die suid-punt van Afrika. Die probleem is maklik sigbaar en identifiseerbaar. Dink net aan al die geld wat by BOSASSA “verdwyn” het. Dit is belastinggeld. Nou sê Helen Zille, dat indien daardie belastinggeld nie reg aangewend word nie, moet ons dit nie oorbetaal nie. Want ons verdien beter. Nou word sy weer voor die bus gegooi, ook deur die DA. Want so iets is polities inkorrek. Daarom, solank as wat politiese korrekte wette, koerante, diplomate, ens. ens. ens. septer swaai, gaan ons van almal sê: “hulle verdien beter.” Ons het van die grondwet ‘n god gemaak, en Mandela sy profeet. Nou bly ons vra hoekom niks werk nie.

Jerry ·

Zimbabwiers het onder ZANU PF hulself bevry van kolonialisme. Zimbabwiers verdien dus presies wat hulle gekry het. In SA is Suid Afrikaners onder die ANC en EFF ook hard besig om Suid Afrikaners van kolonialisme te bevry en gaan dus ook verdien wat hulle gaan kry! Die doemprofete was reg oor Zimbabwe. Diegene wat se die doemprofete is verkeerd oor SA het of n sakeryk en baie om te verloor of een of ander politieke agenda.

Sê ook ·

Ek voel ook ons belastinggeld word vermors – ek wil ook nie meer belasting betaal nie !

Veritas ·

Die hele Zim petalje is welverdiend. Oral word vertel van hul goeie onderwysstelsel, hardwerkendheid en eerlikheid maar wanneer mens kyk hoe dit tans daar gaan en die groot persentasie Zim kriminele in SA, is ek oortuig daarvan dat dit net ‘n mite is.
Laat die spul noord van die Limpopo bly en hul lewens geniet sonder die kolonialistiese heersers wat hulle kwansuis so onderdruk het. Jammer dat hulle nie die positiewe invloed van die Blankes erken en hulle gebruik om die land weer op te bou nie.
Is seker maar ‘n bitter pil om te sluk.

Spike ·

Geen simpatie. So lyk ñ land wat deur mense gekies en beheer word met premitiewe denke. SA se voorland met die comrades en kaders.

ES ·

Hoe kan hulle beter verdien as hulle tot nou die dag nog vir Mugabe gestem het? Ja dasr was verkiesingsbedrog, maar miljoene het steeds vir sy party gestem. Ek kan dalk nog verstaan dat sy familie vir hom gestem het… Afrika, net soos hier by ons, verstaan nie demokrasie nie. Mens bly lojaal teenoor jou sokkerspan, al maak hulle droog, maar as jou regering droogmaak stem jy vir n ander ene ipv om te vernietig, plunder en te moor.

Anoniem ·

Afrika ken niks anders as anargie nie, dis oor en oor bewys en diegene wat reken dit gaan nie in SA ook gebeur nie, ken nie Afrika se geskiedenis nie.

Ronnie ·

Individue kan betreklik maklik nuwe insigte kry en aanpassings maak. Dit neem nasies baie langer om tot ander insigte te kom en om daarby aan te pas.
Afrika lande het boonop talle stamme en die dominante stam/me is dikwels onverdraagsaam teenoor die minderheid en in baie gevalle word lg uitgeroei.
In Suid Afrika is daar stamme wat konings het bv die Zoeloes, Xhosas, Vendas. Die koning word deur baie beskou as die oppergesag met onbeperkte magte. Zuma het op ‘n stadium sy spandabelrigheid mbt Nkandla verdedig deur te sê hy wat Zuma is, is ‘n “groot” man. Die “groot” manne leef in weelde, die res is tevrede om in hutte naby hom te bly. Die Afrika kollektiewe psige is nie gereed vir demokrasie nie.
Na bewering het Putin gesê: “wanneer ‘n Afrikaan ryk word, is sy bankrekening in Switzerland . Hy reis na Frankryk vir mediese behandeling. Hy investeer in Duitsland. Hy doen aankope in Dubai. Hy is ‘n verbruiker van Chinese goedere. Hy aanbid in Rome of Mecca. Sy kinders studeer in Europa. Hy reis na Kanada, die VSA en Europa as toeris. Wanneer hy te sterwe kom sal hy in Afrika in sy land van herkoms begrawe word. Afrika is net ‘n begrafplaas vir hulle. Hoe kan jy ‘n begrafplaas ontwikkel”.
Of dit hy is wat dit gesê het weet ek nie, maar daar is oorgenoeg bewys dat dit dikwels waar is en die bevolking laat dit toe. Onderdrukking en ongeleerdheid is ook ‘n groot faktor.

Peter Holmes ·

Ek sien vanoggend in Beeld die geagte ?Mnr. Mmusi Maimane, leier van die DA gaan nou die Internasionale Strafhof en die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie nader om die burgers van Zimbabwe te beskerm. Wat gaan aan in die man se kop. Sy eie land Suid Afrika brand en hier is anargie. Hier word 20000 mense per jaar vermoor. Hy kla nou oor 12 wat doodgeskiet is in Zimbabwe. Hy moet ook liewer sy aandag gee aan sy eie party wat teen n skrikwekkende pas lede verloor !!!

lewies ·

‘n Volhoubare oplossing vir Suid-Afrika is om die witman in te sluit in hulle planne. Kortstondige voorspoed en rykdom was nog altyd die mentaliteit wat lande in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.