Afrikaanse akteur ná Orlando-skietery: waag dit om minder te haat

Beer Adriaanse (Foto: Naomi Bruwer, litnet.co.za)

Beer Adriaanse (Foto: Naomi Bruwer, litnet.co.za)

Die filmmaker Beer Adriaanse, wat onder meer naam gemaak het met 2014 se Boer soek ʼn ou-komediereeks, skryf oor die onlangse massaskietery in Orlando, Florida, dat mense uitgedaag moet word om ʼn kultuur van aanvaarding en liefde vir mekaar te kweek en minder te haat.

Hierdie plasing was oorspronklik ʼn inskrywing op Facebook.

Ek het so ʼn paar jaar gelede ʼn gay boer in ʼn kort parodiereeks gespeel. Soos dit maar met komedie gaan, is dit altyd gesond om ook slegte terugvoer te kry. Baie mense reken jy pleeg nie regtig komedie as jy nie ten minste ʼn doodsdreigement kry nie. Mens sê dit spottenderwys, tot iets soos Orlando gebeur en jy besef hoe dit eintlik gladnie ʼn grap is nie.

Vir my, as ʼn wit heteroseksuele cis-man (wat met sy gat in die botter gebore is), het twee dinge gedurende my kort tydjie as ʼn gay boer veral uitgestaan. Die eerste was die geweldige ondersteuning wat my karakter uit alle oorde op die seksuele spektrum ontvang het. Dit sluit selfs dié in wat nie besef het dis ʼn parodie nie. Dit het my soveel hoop gegee om ou en jong mense se oopkop-houdings jeens ʼn lawwe gay boerseun te sien. Veral omdat dit meestal Afrikaanse mense was en ons nie alombekend staan as die oopkopste volk nie.

Die tweede ding was die haatspuwende en wraaksugtige oordeel wat skaamteloos oor openbare forums gesmeer is. Dit was ongelukkig ook meestal in Afrikaans.

Aangesien ek nie gay is nie en nooit in two-tone khaki’s rondloop nie, het ek aanvanklik lekker gelag oor die swakgespelde doodsdreigemente en waarskuwings van fisiese aanvalle op my en/of die karakter. Mettertyd het ek egter besef ek het eintlik ʼn vreesaanjaende blik in die lewe van die LGBT-gemeenskap gekry. Dis angswekkend om te besef wie jy is en hoe jy kies om te lewe mense, wat jy nie eens ken nie, so ver kan dryf dat hulle jou sal doodmaak.

Sover ek dit verstaan, lê die meeste dinge in hierdie lewe iewers op ʼn spektrum. Seksuele oriëntasie, geloof, kleur, klank, jou kanse om botulisme by die Teazers-buffet te kry, intelligensie en medemenslikheid bestaan in skakerings. As jy op enige manier haat koester teen mense wat anders as jy is, val jy ongelukkig aan hierdie Orlando-aanvaller se kant van die medemenslikheid-spektrum. Jy’s dalk nie so erg soos hy nie, maar jy’s aan sy kant. Nes daai Stanford-verkragter homself nou aan die verkeerde kant van die vroueregte-spektrum bevind. Die kant waar 80-jarige mans met 8-jarige bruide trou, of hul eggenote vermink omdat hulle vir ʼn egskeiding vra.

Indien jy jouself aan daai kant van die spektrum bevind, wil ek jou graag uitnooi om te kom kyk hoe lyk dinge aan die ander kant. Jy hoef nie ʼn volle 180° te maak nie. Ek’s nie eens seker waar presies ek op die meeste spektrums lê nie, maar ek weet die oorgang is baie minder traumaties as wat dit klink en al is dit nie vir jou nie, kan ek jou waarborg jy gaan ʼn baie kleurvoller ervaring hier op aarde hê. Ons kan, nes daai erg oorstelpte kêrel in die Yosemite-berge* destyds, onsself geheel en al verloor in die aanskyn van die Full On Double Rainbow.

*Die kêrel in die Yosemite-berge verwys na ʼn video  wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Kyk dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pete Hendriksson ·

As ‘n klein seuntjie effe sensitief is, word hy as “moffie” hanteer, al is hy nie “skeef” nie. Geen mens word gay gebore nie maar word so omdat hy grootword in ‘n omgewing waar mense hom hanteer asof hy so is. Dus is dit normaalweg nie willekeurige besluit nie, alhoewel ek dit oor die laaste dertig jaar wel teegekom het. Word die outjie nog gemolesteer ook, wat maklik kan gebeur, word hy gelaat met herinneringe wat hom nog meer kan laat glo dat hy gay is. Die bombardement vanaf die kant van die media, mediese professies, ens., duld geen ander sieninge nie. Die waarheid is egter dat mense gekondisioneer word om gay te wees en dan gehaat te word deur dieselfde mense wat dit oor ‘n leeftyd, gewoonlik van vroeë kinderjare af, by die persoon vasgelê het. Ons moet dalk besin oor hoe ons ons kinders asook ander s’n hanteer. “Cowboys don’t cry” oftewel “seuntjies hul mos nie” and “as jy huil is jy darem ‘n sissie” of “kyk hoe huil hy; hy is darem moffierig.” G’n wonder as hy dan een word nie. Net soo wanneer ek ‘n ongereddene soos ‘n wedergebore Christen hanteer; dis ‘n kwessie van tyd voordat hy tot bekering kom!

Victor ·

Jy praat nonsens. Hoe verduidelik jy dat twee seuns in dieselfde huis grootgemaak word, maar een is gay en die ander nie?

marianne ·

Help my asseblief!!!!!!! Wat is Verkeerd daarmee om gay of lesbies te wees??? Daar is geen lelikheid daarvan nie!!!!
Mense word gewalg as hulle gay wat ook happy in Engels between mense sien.
Hulle is tog happy saam – maar die wereld gril en skree daar teen!
………………. tog is gemengde gekleurde verhoudings – man en vrou – aanvaarbaar.
IS DAAR ‘n VERSKIL??? – Nee dis ‘n keuse!
Los die mense uit!

Victor ·

Daar is niks verkeerd daarmee nie. Mens sien dit in die diereryk ook.

KarooKlong ·

Nee Victor,

Die diere meng nie. Slegs onder dwang of met manupilasie.

neelsie ·

Mariaan,
Jy het ernstig hulp nodig, klink of jy histeries raak !

Tim ·

Mens moet besef dat gay mense so is omdat hulle so is, niemand hoef hul seksuele voorkeure te regverdig nie. Wens mense wil dieper dink en vra hoekom ‘n spesifieke scenario ‘n sekere reaksie by hul opwek. Mens sien ‘n gay paartjie en jou eerste reaksie is haat/minag/neusoptrek maar is dit werklik omdat jy dink dit is ‘n sonde of is dit omdat dit jou ongemaklik maak om te sien en dan vir gerieflikhied agter godsdiens kan skuil? Gun aan elkeen hul stukkie geluk. Wat is nou regtig die probleem? Ek glo dis als net in die kop. Daar is veel erger dinge in die wêreld aan die gang as selfde geslag verhoudings!

Gemsbok ·

Beer Arendse preek ongelukkig vir die bekeerdes. Dalk moet hy sy brief vertaal in die tale van mense wat daagliks sonder ontsag vir lewe of medemenslikheid, mense moor, skiet, opblaas en verkrag. As hy genoeg liefde vir hulle het, sal hy persoonlik sy boodskap tussen hulle indra.

Thys Muller ·

Die ydele herhaling in die video Yosemitebear Mountain Double Rainbow van die Here God se Naam gee aanstoot. Hiermee versoek ons u om dit summier te verwyder!!!

Thys Muller ·

Die ydele gebruik van die Here God se Naam in die video Yosemitebear Mountain Double Rainbow gee aanstoot. Ons vra vir die summiere verwydering daarvan!!!

Mariette Hammann ·

Hou op om te maak of die Oralando moordenaar ‘n heteroseksuele persoon was wat gays gehaat het. Nou word gemaak of daar fout is met alle heteroseksuele mense wat volgens hulle geloof leef. DIE MOORDENAAR WAS OOK GAY!!

Magriet ·

Ek het vier wonderlike gay vriende wat die wêreld vir my beteken! Die Bybel spreek hom net so luid teen haatspraak, afguns en leed wat jy jou naaste aandoen uit! Is een sonde dan groter as die ander en hoe durf ek enige iemand veroordeel terwyl die balk in my eie oog is? God se boodskap is een van liefde en Jesus s’n een van verlossing. Mense het Christenskap ‘n ekstreme geloof gemaak i.p.v. een van: ” Ons is almal mense, maar as ons God as ons Saligmaker aanvaar het en berou het, is ons Koningskinders!”

cm ·

Ek haat nie gay mense nie, maar hulle probeer hulle sondige dade regverdig en dit word behoorlik in mens se keel afgedruk hoe sleg hul altyd behandel word. Mense kyk hulle snaaks aan? Mense kyk Down Sindroom kinders en mense met gebrek en mense wat jy armoede kan sien in stukkende klere ook snaaks aan. Jy het gekies, hulle nie.

Merkur ·

@ Doortjie

Vergeef die mense met hulle swaaiende wysfingers want hulle weet nie waarvan hulle praat nie.

Piet Pompies ·

Nie vir een oomblik is wat die Orlando-skieter gedoen het, goed te praat nie. Dit was ‘n totaal onverdedigbare daad. Wat egter vir my baie opvallend is uit heelwat kommentare hierbo, is dat homoseksuele regte voorrang bo God se Woord geniet. Mense raak buite hulself as daar gewys word op die sonde van onnatuurlike verhoudings. In hierdie sogenaamde “Christen” Suid-Afrika is dit aanvaarbaar dat die lewende, heilige God van die Bybel daagliks belaster word maar teenkanting van homoseksuele verhoudings ontlok massahisterie. Waarheen, Suid-Afrika? Maak God se Woord eenvoudig nie meer saak vir die oorgrote meerderheid mense van ons land nie?

Denise ·

Ek gan dit se of julle almal dit wil hoor of nie! GOD maak nie foute nie HY sal nie in n manlike liggaam n vroulike asem inblaas nie en dieselfde met n vrou en nee jy word nie so gebore nie .
Blameer dan liefs iets anders maar moet nie GOD so beledig nie!!! Without prejudice !!!!!
Ek kritiseer niemand nie ons elkeen weet wat is reg en verkeerd!!!

God is Good ·

Ek stem. God maak geen fout. Man is man en vrou n vrou. Jesus het gekom om ons te verlos en bevry deur sy Gees maar ons moet eers herken ons is in fout. Daar is verlossing vir Gays maar alleenlik deur Jesus. Jesus is liefde dus waarom hy ons wil genees, verlos en bevry.

m ·

Niemand se lewens is so perfek dat hulle ander mense kan veroordeel nie. Ek praat nie gays en lesbene goed nie maar los die mense om te leef soos hulle verkies. Gun elke mens sy plekkie in die son. Dis hulle keuse, kry eerder jou eie lewe reg. Elkeen sal sy beurt kry om aan God te verduidelik eendag waarom jy geleef het soos jy het en gedoen het wat jy het…………… Leef en laat leef….

Isabel ·

Ons Sal die gays en lesbieers uitlos as hulle ophou om hul leefwyse in Ons kele af te druk. Dit is onnatuurlik. As jy hardeware winkels toe Gaan Sal jy vind ‘male and female’ skroewe en konneksies. Maggies as dit daar nie werk nie hoe de joos kan dit werk as Ons Skepper ons spesifiek gemaak het man en vrou dat Ons parte pas.

Merkur ·

@ Isabel
Ek vra omverskoning vir my beledigende kommentaar. Ek is bly dit is verwyder.

Cobus ·

Alles hang af van wat ‘n persoon se basis is, is dit die Wêreld of die Woord? Nie een van ons gaan verantwoording doen vir ander se verkeerde dade nie. Ons sal ook nie kan sê, ek het nie geweet nie. Laat die wat die Lewende God wil tart voortgaan en die wat die Here wil aanroep dit doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.