Ilse Salzwedel se ope brief aan pres. Zuma

Ilse Salzwedel rig dié ope brief aan pres. Jacob Zuma nadat ‘n skooldogter reeds drie keer verkrag is. Klik hier om die nuusberig te lees.

Beste President Zuma

Ek het nog nooit vir jou geskryf nie, maar ek is vandag SO kwaad. Onthou jy vir Jane*? Onthou jy Jane se kind Sarah*? Sarah, wat twee jaar gelede by haar huis ontvoer is en twee of drie weke later vir dood opgetel is in Witbank, vermink na ʼn groepsverkragting. Wat weke in die hospitaal was met stukke glas binne in haar omdat die f***ers ook gebreekte bottels in haar opgedruk het? En haar borste vermink het?

Of nee, jy sal nie weet van haar nie. Want jy hou jou mos besig met hogere landsake. Soos uitsprake dat “ons nie (kan) ophou om die mense wat vir apartheid verantwoordelik was, te blameer nie.” Of om troepe te stuur na ʼn land waar ons NIKS te doen het nie, en dan vir hulle familie lyke terug te stuur.

Maar ek wil net vertel dat Sarah gister WEER verkrag is. Hierdie keer by haar skool. Waar sy mos veronderstel is om veilig te wees. Want is veiligheid en onderwys nie twee van die regte wat in ons grondwet verskans is nie? O wag, die grondwet. Die een wat veronderstel is om waterdig en van die beste ter wêreld te wees, maar wat meer doen om misdadigers te beveilig as ons gewone mense, die fools wat jou en jou impi se salarisse betaal terwyl ons daagliks oor ons skouers kyk. En prez, as ek sê ons, bedoel ek nie die “apartheidsmense” nie. Ek bedoel Suid-Afrikaners. Ook, en veral, hulle in townships. Hulle wat nie alarms en palisades kan bekostig nie. Die mense wat jy en die ANC elke keer by die stembusse vang met NOG leë beloftes. Die mense wat krepeer onder werkloosheid en stelsels soos onderwys en gesondheid wat uitmekaar val.

Wat sê ek vanoggend vir Jane, meneer die president? Hoe troos jy ʼn ma wat vertel dat die ding wat haar kind verkrag het – ek reserveer die titel “man” vir iemand wat hom nie seksueel op ʼn ander mens afdwing nie – al volgens die gemeenskap minstens vier ander mense verkrag het, maar nog nooit daarvoor geboet het nie? Hoe verduidelik jy vir haar dat ons polisie veronderstel is om ons, die wetsgehoorsames, te beskerm, en dat ons regstelsel veronderstel is om slagoffers se regte te beskerm? Want ek verstáán as sy sê dat sy gister daardie ding sou skiet as sy net ʼn wapen gehad het.

Hierdie was die derde keer wat Sarah ʼn verkragtingslagoffer was – daar was ook ʼn landlord wat haar verkrag het toe sy as 13-jarige noodgedwonge na skool alleen by die huis was omdat haar ma by die werk was. Hoe verduidelik jy hierdie siek stelsel wat die gesin reeds hulle pa gekos het – hy het erge breinskade nadat hy tydens ʼn rooftog by sy werk geskiet is en word in ʼn inrigting versorg? Hoe troos jy iemand wat weet dat misdaad, werkloosheid en ellende dag vir dag toeneem terwyl sommige leiers net al hoe minder omgee vir wat in die land aangaan?

Rome brand terwyl jy op dieselfde snaar van jou viool tokkel, Jacob. Ja, apartheid was verkeerd, en ja, daar was groot onreg. Maar jou era gaan vir ewe groot onreg en erger korrupsie onthou word. Ek sê maar net.

PS: Terloops, dit was “apartheidsmense” wat Jane in staat gestel het om die taxigeld Witbank toe te kon betaal om haar dogter te gaan sien. Dit was ek en my vriende wat geld gegee het dat Jane vir Sarah troosgoed en noodsaaklikhede soos winterspajamas kon koop terwyl sy ver van haar huis in Johannesburg in ʼn vreemde hospitaal moes lê en veg vir haar lewe. Dit was ons wat gehelp het toe Jane by ʼn OTM beroof is van al haar geld. Maar laat ons die wrokke warm hou teen almal wat wit is, en dan sien ons waarheen gaan hierdie land.

Minagtend die uwe.

*Skuilname

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel is bekroonde joernalis en skrywer van Johannesburg. Daar het al vyf boeke uit haar pen verskyn. Sy is al met verskeie joernalistieke pryse bekroon, Ilse is ‘n gerespekteerde vryskutjoernalis wie se werk al in feitlik al die groot Afrikaanse tydskrifte en koerante verskyn het, en sy bied sedert Junie 2013 ook die program Skrywers en Boeke op RSG aan.

Deel van: Meningsvormers, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Leslie ·

Uitstekend gese…. Net jammer hy gaan dit nie lees nie en as hy miskien doen, gaan dit file 13 toe. Ek jammer, maar jacob is die neerval van die land en sy mense. Hy voel vere, solank hy ‘n luukse lodge het as ‘n huis en ons geld kan steel. Mag hy van die troon afval, met ware eerlikheid gese. Mag hy hard val! Dankie

HELENA SEABORNE ·

vrou ek hoop van harte die trol en sy mede trolle lees hierdie brief. ni dat ek dink dat dit een v hulle sal slapelose nagte gee ni. maar as dit met een v hulle se familie mut gebeur sal hulle die wereld omkeer om die skuldige vas te trek. o ja en apartheid en die wittes sal die skuld kry daarvoor.
dankie dat jy die guts het om ten minste te probeer om sense en bietjie gevoel by die trol te probeer wek. ons salute jo.

Eduan ·

Kan ons as SA Burgers, nie die heidige regering by die werld hof in Den Haag aankla van mense reg skending nie.

Niel Snyman ·

Bravo….sal graag sien of daar enige antwoorde op die brief kom vanaf mnr die president of enige van sy gepeupel?

M ·

Goed gesê, maar ek sou verkies het dat Jane self die brief geskryf het – of dat sy dan ten minste iemand gestuur het om dit vir haar koning te gaan sê. Want ‘n mens kan min of meer aanneem dat Jane ANC gestem het? En probably weer ANC gaan stem volgende jaar?

Alle blankes van alle ouderdomme word geblameer vir Apartheid. My vraag is dus: Hoe lank moet ek jammer wees vir mense wat ANC gestem het? Hulle leiers staan en drink vonkelwyn terwyl hul uitgehongerde onderdane skree ‘Cheers’? En al wat die onderdane uit die hele deal kry is die pis wat op hulle koppe val..

Mckayline ·

Ilse, dankie dat jy en jou vriende soveel doen en gedoen het vir Jane. Jou brief aan Zuma, wel ek glo nie vir een oomblik hy gaan dit ter harte neem nie, onthou hy was self aangekla van verkragting en het skotvry gekom!! Ek dink hy is een van daardie mans wat glo dis ‘n man se reg om te vat wat hy wil he, ongeag van watter ouderdom die meisie/vrou is en dan terug te staan en sy skouers op te trek en se, wat is verkeerd daarmee.

Christo ·

Uitstekend! Nou moet ‘n mens net hoop dat ons ongeagte president van so iets sal kennis neem (miskien)!

Callie Cal;itz ·

Jy het dit goed gestel, Ilse, maar ek twyfel of hy hierdie brief te lese sal kry, want ek glo nie sy spreekbuis kan of wil Afrikaans verstaan nie… As mens al die gruwelikdade wat deesdae gepleeg wordmoet opnoem, sal dit boekdele verg. Alles wat onheilig is kan voor die regerende gespuis se deur gelê word.

Vind 'n ongewone manier om hierdie betekenisvolle brief onder Zuma en sy kaders se aandag te bring. Onthou, hy lees bitter moeilik, dalk dan ook bitter min, en gladnie Afrikaans nie. Hy neem wel van skilderstukke kennis - prentjies lees! Dit is sy mental ·

Vind ‘n ongewone manier om hierdie betekenisvolle brief onder Zuma en sy kaders se aandag te bring. Onthou, hy lees bitter moeilik, dalk dan ook bitter min, en gladnie Afrikaans nie. Hy neem wel van skilderstukke kennis – prentjies lees! Dit is sy mental vlak. Daarom, (en ook om sy hebsug, ideologieë en bestuurstyl) is Suid Afrika die afgrond in. Baie goed gedoen, Ilse, as ons genoeg skryf, sing. teken, of wat ookal, moet dit later soos suurdeeg deurwerk na waar ons pogings ‘n veskil kan maak. Mooi Maroelamedia.

Marlene45 ·

Dalk sal dit help as die brief in Engels vertaal word en aan hom voorgelees word terwyl iemand aan hom verduidelik wat daarin staan en wat die draad van die brief is.

jacques ·

Het die brief gelees alles waar wat jy se les die bybel mooi en jy sal sien wat god se oor sulke dinge. Habakkuk hoofstuk 1 vers 1 tot die laaste vers. It an eyeopener
Jacques.

Johann Dieter ·

Ek het n knop in my keel gekry toe ek die brief gelees het
Bravo Maar gaan die DOOS ooit die brief lees???
Mag God ons en ons land help

Debbie Biermann ·

Die arme arme kind!!!! Zuma voel vere kan ek vir julle se.Ek kry skaam wanneer oorsese mense vir my porbeer skets wat hulle van hom dink!! Hy is veragtelik,skelm,gemeen,dief ens ens ens.

Daan Smit ·

Goed geskryf en nodig. Baie van ons voel so en wil selfs dinge in eie hande neem en geweldadig raak, wat natuurlik nie reg is nie. of is dit?

Maar kan die geadresseerde in jou brief lees?

Daan Smit ·

Goed geskryf en nodig. Baie van ons voel so en wil selfs dinge in eie hande neem en geweldadig raak, wat natuurlik nie reg is nie. of is dit?

Maar kan die geadresseerde in jou brief lees?

boertjie ·

Gedink daaraan dat hy hom gaan steur aan daardie brief, hy lag daaroor soos enigiets wat blankes raak goed geskryf baie dankie daaarvoor, hy is ‘n verleentheid vir die land dis die norm, volgens hulle moet dit so wees.

boertjie ·

Gedink daaraan dat hy hom gaan steur aan daardie brief, hy lag daaroor soos enigiets wat blankes raak goed geskryf baie dankie daaarvoor, hy is ‘n verleentheid vir die land dis die norm, volgens hulle moet dit so wees.

Precilla Strydom ·

Ai as ons maar nou net kan vergeet van die onregte en die regte en alles wat gebeur het in die “apartheidsjare”
Die probleem is dat verkragters en pedofiele nie na behore gestraf word nie. ‘n Verkragter gaan tronk toe vir ‘n paar jaar en dan is hy skotvry om sy verwoestende dade voort te sit.
Verkragting vernietig ‘n mens se lewe! Verkragting is die einde van ‘n lewe. ‘n lewe vernietig en al wat die oortreder kry is tronkstraf! Meer kan nie aan hom gedoen word nie want sy flippen “Mensereg”…..
Maar wat het geword van die “mensereg” van die persoon wat verkrag is????
Ek weet van ‘n 10jarige dogter wat verkrag word op ‘n sondagoggend toe sy huis toe stap na sondagskool. Sy wys die verkragter uit en hy word toegesluit. Twee weke later loop hy op straat rond – by daai dogter se huis verby en haar pa sê vir hom: “As ek jou weer naby ons huis sien verby loop, as ek jou weer soveel as sien kyk na my dogter, *!/*@%&*!! jou” En hy (die verkragter) gaan lê ‘n klag teen die pa omdat hy hom gedreig het.
Ons land het siek geword…
Dis tyd dat ons van die verlede vergeet en begin bou aan ‘n beter toekoms – begin werk aan ‘n gesonde land. Ons moet ontslae raak van die siek mense in ons samelewing en ophou om die arme siele se menseregte te beskerm…
Ek sê ook maar net….

Precilla Strydom ·

Ai as ons maar nou net kan vergeet van die onregte en die regte en alles wat gebeur het in die “apartheidsjare”
Die probleem is dat verkragters en pedofiele nie na behore gestraf word nie. ‘n Verkragter gaan tronk toe vir ‘n paar jaar en dan is hy skotvry om sy verwoestende dade voort te sit.
Verkragting vernietig ‘n mens se lewe! Verkragting is die einde van ‘n lewe. ‘n lewe vernietig en al wat die oortreder kry is tronkstraf! Meer kan nie aan hom gedoen word nie want sy flippen “Mensereg”…..
Maar wat het geword van die “mensereg” van die persoon wat verkrag is????
Ek weet van ‘n 10jarige dogter wat verkrag word op ‘n sondagoggend toe sy huis toe stap na sondagskool. Sy wys die verkragter uit en hy word toegesluit. Twee weke later loop hy op straat rond – by daai dogter se huis verby en haar pa sê vir hom: “As ek jou weer naby ons huis sien verby loop, as ek jou weer soveel as sien kyk na my dogter, *!/*@%&*!! jou” En hy (die verkragter) gaan lê ‘n klag teen die pa omdat hy hom gedreig het.
Ons land het siek geword…
Dis tyd dat ons van die verlede vergeet en begin bou aan ‘n beter toekoms – begin werk aan ‘n gesonde land. Ons moet ontslae raak van die siek mense in ons samelewing en ophou om die arme siele se menseregte te beskerm…
Ek sê ook maar net….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.