Nuwe sigaretwet sal rokers nie noodwendig afskrik nie

Rook

Foto: Pixabay.com

deur Linda Christensen

In ’n nuwe studie oor die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde instelling van geen sigbare handelsmerke op tabakverpakking, het Helvin Manuel, MBA-gegradueerde aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB), bevind dat nét dit nie genoeg is om die verbruik van tabakprodukte te verminder nie, en dat dit ’n beduidende invloed op wetstoepassing en belasting kan hê.

Manuel het die moontlike invloed van verpakking sonder handelsmerkidentiteit op die koopgedrag en produkbelewenis van sigaretverbruikers bestudeer. Hy het uit bykomende ervaring in Australië geput, waar só ’n strategie die eerste keer ter wêreld in 2011 ingestel is.

Die wettige markomvang van die Suid-Afrikaanse tabakbedryf word op meer as 20 miljard individuele sigarette beraam, en die waarde daarvan oorskry R30 miljard. Die moontlike instelling van sulke wetgewing kwel die plaaslike tabakbedryf omdat dit dalk ’n regstreekse invloed op die winsmarge kan hê.

“Verpakking het ’n belangrike deel van bemarking geword, en daar word aansienlik belê om ’n verskil tussen verskillende handelsmerke in verskillende segmente te vestig, om handelsmerkbillikheid (onpartydigheid) en waargenome waarde te verhoog. Dit dien veral as ‘n reklamewerktuig nadat die wysiging van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte wat in 1999 in werking getree het, alle reklame verbied het.”

Manuel se simulasiestudie van 22 Suid-Afrikaanse rokers wat elk sigarette van hul voorkeurhandelsmerk, in handelsmerklose verpakkings, vyf dae lank moes rook, het bevind hoe langer verbruikers met dié gebruik te doen kry, hoe meer raak hulle met die verpakking vertroud en hoe swakker word hul aanvanklike negatiewe persepsies. Sommige het selfs aangedui dat hulle sigarethouers in plaas van die verpakkings sou oorweeg, wat tabakvervaardigers moontlik ’n nuwe geleentheid vir handelsmerkidentiteit bied.

“Aangesien alle handelsmerkbillikheid van die sigaretverpakking verwyder is, en sonder produkverskille, kan tabakvervaardigers nie meer ’n premie vir hul verskeie produkte hef nie. Sommige verbruikers het aangedui dat hulle nie dieselfde waarde uit hul handelsmerk haal nie, en voel dat die prys van alle sigarette dieselfde moet wees. Dit kan die vraag na en gebruik van sigarette verhoog, soos wat in die Australiese mark gebeur het, waar ’n daling in prys in groter verbruik uitgeloop het.”

Manuel het egter gevind dat die verbruiker wat waarde vir geld soek wel die handelsmerklose verpakking goedkeur. “Die smaak van die sigarette en die prys van die pak is belangriker as die beeld van die handelsmerk.”

Manuel sê hoewel regerings goeie bedoelings met die instelling van handelsmerklose tabakverpakkings het, is daar bepaalde onbeplande gevolge wat met die indiening van sulke wetgewing in ag geneem moet word.

“Handelsmerklose tabakverpakking sal dit makliker maak om oorspronklike produkte te vervals, en dit skep ’n uitdaging vir wetstoepassers. Dié onwettige handel kan ook meebring dat die regering geld inboet ten opsigte van belasting wat moontlik van die wettige tabakbedryf ingevorder kon word. ’n Studie wat KPMG in 2013 in Australië gedoen het, het bevind dat die toename in onwettige produkte ná die instelling van handelsmerklose tabakverpakking ’n verlies van £560 miljoen (huidge randwaarde sowat R12 miljard)  belasting meegebring het.”

Manuel wys wel daarop dat verpakkings sonder handelsmerkidentiteit as minder aantreklik en allermins “cool” beskou word, wat jonger mense moontlik kan ontmoedig om in die eerste plek te begin rook.

“Rokers is emosioneel wat hul gedrag en handelsmerkkeuses betref. Talle het as gevolg van portuurdruk, die waargenome sosiale aanvaarding en die status wat die handelsmerkbillikheid van premiesigarette uitstraal, begin rook. My studie het bevind dat die sielkundige uitwerking van die verpakkings sonder handelsmerkidentiteit daarop uitgeloop het dat sommige verbruikers ervaar het dat die smaak en prestasie van die sigarette verander, al het die produk self nie verander nie. Dit kan selfs ’n regstreekse invloed hê op nuwe verbruikers wat dit oorweeg om te begin rook.”

Die deelnemers aan die navorsingstudie het almal tussen 12 en 21 jaar oud begin rook, en aansienlik meer as 80 persent het op skool begin rook. Hulle moes ’n daaglikse aanlyn joernaal byhou en hul ervaring met die handelsmerklose verpakkings oor vyf dae heen uitdruk deur middel van vraelyste wat Manuel vooraf opgestel het, asook ’n regstreekse aanlyn forum nadat dié ingevul is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

57 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Die wette is belaglik. Dis ‘n inbreuk op ‘n basiese vryheid van mense. Daars baie dinge wat mense doen wat sleg is vir hulle, maar dis mense se keuse om sulke dinge te doen. Ek rook nie en ek dink om te rook is dom en simpel en dit ruik sleg, maar ek verkies rokers se geselskap bokant diegene wat hul “gesondheidsbewustheid” op ander mense wil afdwing. CS Lewis het geskryf: “Of all tyrannies a tyranny sincerely exercised for the good of its victims may be the most oppressive. It may be better to live under robber barons than under… Lees meer »

Daan Erasmus

My mening is dat enige roker NIE in n staats hospitaal of deur mediese fonds in privaat hospitaal behandel moet word nie. Hoekom moet ander betaal vir jou dom keuse?

Paul

Dis sekerlik nie die ” prestasie” van die sigarette wat verander het nie, maar eerder die “prestige”, oftewel die “aansien”?

Bloues

Daan Erasmus, jy dink nie mooi nie. Sal dieselfde dan moet geld vir drinkers? Wat van vroue wat parfuum gebruik en die osoonlaag beskadig, of jou onder arm spuitbotteltjie wat n effek het op die intensiteit van die son op jou vel. So van vel gepraat, die mense wat met vakansie gaan en sonder hemde op die strand loop is dan ook dom want hulle kanse is groter om velkanker te kry so hoekom moet ander mense betaal vir sy medies. Wat dan van die Springbok rugbyspeler wat weet dat hy een of ander tyd in die Hospitaal gaan beland… Lees meer »

charlene

Daan Erasmus. ek kan jou belowe 99% van rokers vra jou nie vir geld nie, as hulle vir medies betaal verdien hulle mediese sord. Ek voel weer as jy jou neus indruk waar dit nie hoort en en iemand breek hom, moet jy ook nie in enige hospitaal / dr spreek kamer behandel word nie want hoekom moet ek betaal vir jou dom keuse???? SA is seker die enigeste land waar moord/steel/verkrag/dronk bestuur ens goed is maar rook is sleg. If you dont like them smoking dont breath NS: Ek is `n nie roker! Sal nooit rook nie maar voel… Lees meer »