Nuwe sigaretwet sal rokers nie noodwendig afskrik nie

Rook

Foto: Pixabay.com

deur Linda Christensen

In ’n nuwe studie oor die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde instelling van geen sigbare handelsmerke op tabakverpakking, het Helvin Manuel, MBA-gegradueerde aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB), bevind dat nét dit nie genoeg is om die verbruik van tabakprodukte te verminder nie, en dat dit ’n beduidende invloed op wetstoepassing en belasting kan hê.

Manuel het die moontlike invloed van verpakking sonder handelsmerkidentiteit op die koopgedrag en produkbelewenis van sigaretverbruikers bestudeer. Hy het uit bykomende ervaring in Australië geput, waar só ’n strategie die eerste keer ter wêreld in 2011 ingestel is.

Die wettige markomvang van die Suid-Afrikaanse tabakbedryf word op meer as 20 miljard individuele sigarette beraam, en die waarde daarvan oorskry R30 miljard. Die moontlike instelling van sulke wetgewing kwel die plaaslike tabakbedryf omdat dit dalk ’n regstreekse invloed op die winsmarge kan hê.

“Verpakking het ’n belangrike deel van bemarking geword, en daar word aansienlik belê om ’n verskil tussen verskillende handelsmerke in verskillende segmente te vestig, om handelsmerkbillikheid (onpartydigheid) en waargenome waarde te verhoog. Dit dien veral as ‘n reklamewerktuig nadat die wysiging van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte wat in 1999 in werking getree het, alle reklame verbied het.”

Manuel se simulasiestudie van 22 Suid-Afrikaanse rokers wat elk sigarette van hul voorkeurhandelsmerk, in handelsmerklose verpakkings, vyf dae lank moes rook, het bevind hoe langer verbruikers met dié gebruik te doen kry, hoe meer raak hulle met die verpakking vertroud en hoe swakker word hul aanvanklike negatiewe persepsies. Sommige het selfs aangedui dat hulle sigarethouers in plaas van die verpakkings sou oorweeg, wat tabakvervaardigers moontlik ’n nuwe geleentheid vir handelsmerkidentiteit bied.

“Aangesien alle handelsmerkbillikheid van die sigaretverpakking verwyder is, en sonder produkverskille, kan tabakvervaardigers nie meer ’n premie vir hul verskeie produkte hef nie. Sommige verbruikers het aangedui dat hulle nie dieselfde waarde uit hul handelsmerk haal nie, en voel dat die prys van alle sigarette dieselfde moet wees. Dit kan die vraag na en gebruik van sigarette verhoog, soos wat in die Australiese mark gebeur het, waar ’n daling in prys in groter verbruik uitgeloop het.”

Manuel het egter gevind dat die verbruiker wat waarde vir geld soek wel die handelsmerklose verpakking goedkeur. “Die smaak van die sigarette en die prys van die pak is belangriker as die beeld van die handelsmerk.”

Manuel sê hoewel regerings goeie bedoelings met die instelling van handelsmerklose tabakverpakkings het, is daar bepaalde onbeplande gevolge wat met die indiening van sulke wetgewing in ag geneem moet word.

“Handelsmerklose tabakverpakking sal dit makliker maak om oorspronklike produkte te vervals, en dit skep ’n uitdaging vir wetstoepassers. Dié onwettige handel kan ook meebring dat die regering geld inboet ten opsigte van belasting wat moontlik van die wettige tabakbedryf ingevorder kon word. ’n Studie wat KPMG in 2013 in Australië gedoen het, het bevind dat die toename in onwettige produkte ná die instelling van handelsmerklose tabakverpakking ’n verlies van £560 miljoen (huidge randwaarde sowat R12 miljard)  belasting meegebring het.”

Manuel wys wel daarop dat verpakkings sonder handelsmerkidentiteit as minder aantreklik en allermins “cool” beskou word, wat jonger mense moontlik kan ontmoedig om in die eerste plek te begin rook.

“Rokers is emosioneel wat hul gedrag en handelsmerkkeuses betref. Talle het as gevolg van portuurdruk, die waargenome sosiale aanvaarding en die status wat die handelsmerkbillikheid van premiesigarette uitstraal, begin rook. My studie het bevind dat die sielkundige uitwerking van die verpakkings sonder handelsmerkidentiteit daarop uitgeloop het dat sommige verbruikers ervaar het dat die smaak en prestasie van die sigarette verander, al het die produk self nie verander nie. Dit kan selfs ’n regstreekse invloed hê op nuwe verbruikers wat dit oorweeg om te begin rook.”

Die deelnemers aan die navorsingstudie het almal tussen 12 en 21 jaar oud begin rook, en aansienlik meer as 80 persent het op skool begin rook. Hulle moes ’n daaglikse aanlyn joernaal byhou en hul ervaring met die handelsmerklose verpakkings oor vyf dae heen uitdruk deur middel van vraelyste wat Manuel vooraf opgestel het, asook ’n regstreekse aanlyn forum nadat dié ingevul is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Paul ·

Die wette is belaglik. Dis ‘n inbreuk op ‘n basiese vryheid van mense. Daars baie dinge wat mense doen wat sleg is vir hulle, maar dis mense se keuse om sulke dinge te doen.
Ek rook nie en ek dink om te rook is dom en simpel en dit ruik sleg, maar ek verkies rokers se geselskap bokant diegene wat hul “gesondheidsbewustheid” op ander mense wil afdwing.

CS Lewis het geskryf:

“Of all tyrannies a tyranny sincerely exercised for the good of its victims may be the most oppressive. It may be better to live under robber barons than under omnipotent moral busybodies. The robber baron’s cruelty may sometimes sleep, his cupidity may at some point be satiated; but those who torment us for our own good will torment us without end for they do so with the approval of their own conscience. They may be more likely to go to Heaven yet at the same time likelier to make a Hell of earth. Their very kindness stings with intolerable insult.”

Daan Erasmus ·

My mening is dat enige roker NIE in n staats hospitaal of deur mediese fonds in privaat hospitaal behandel moet word nie. Hoekom moet ander betaal vir jou dom keuse?

Ghia ·

Mnr Erasmus
Jou tipe kommentaar is die oorsaak dat vryheid van keuse is waar dit is- totaal self reverdigend en lees sommer CS Lewis skriffie van ‘torment for our own good”. Nee, ek rook nie en ja, ek betaal tax en ja ek het ‘n medies fonds, maar ek stel voor ons laat mense toe om vir hulle self te besluit en die verantwoordelikheid van hul keuse, goed of sleg, te dra

Paul ·

Daar’s ‘n eenvoudiger antwoord, Daan.

Punt een: Die staat moenie mediese sorg (buiten moontlik noodgevalbehandeling) bied nie.

Punt twee: Mediese fondse moet kan diskrimineer op grond van ongesonde gewoontes/lewensstyl. As jy ‘n aktiewe, nie-rokende, gesond-etende mens is, kan jy dan R1000 per maand betaal vir mediese fonds, terwyl iemand wat rook, nie oefen nie en ongesond eet, R3000 per maand moet betaal vir dieselfde mediese fonds.

So is die probleem mos opgelos. Jy kan kies om te rook en ongesond te leef, maar as jy mediese sorg wil hê, moet jy meer daarvoor betaal. Dan weet jy mos wat is die koste van jou keuses en jy kan daarvolgens kies.

Uitgesorteer.

alida ·

Daan kom nou man. Wat as die persoon VIGS optel of ‘n lewer aandoening het agv alkohol?
Moenie belaglik wees nie.

Paul ·

Hoekom is dit belaglik om te sê dat mense self moet betaal vir die gevolge van hul eie keuses, Alida?

Paul ·

Dis sekerlik nie die ” prestasie” van die sigarette wat verander het nie, maar eerder die “prestige”, oftewel die “aansien”?

AP van Schalkwyk ·

My liewe Paul. Ek wil net graag n paar feite onder jou aandag bring
British American Tobacco , die maatskappy wat die meeste sigarette in RSA vervaardig se jaarlikse belasting aan die regering betaal ongeveer die helfte van Dept Gesondheid se jaarlikse begroting. Ek betaal meer as 50% aan belasting vir elke pakkie sigarette wat ek koop en nou wil jy he ek moet meer betaal vir mediese fonds? Ek het alreeds my bydrae gemaak!!!!! As die regering regtig eerlik wou wees sou rook verban moet word, MAAR wie wil nou die gans met die goue eiers se kop afkap

Paul ·

Hallo AP. British American Tobacco self sê dat hulle belastingbydrae in Suid-Afrika in 2013 gelyk aan R13,25 miljard was. In dieselfde jaar het die regering R133,6 miljard aan gesondheidsorg spandeer (inligting direk vanaf die Tesourie). Dit is dus vêr van “ongeveer die helfte” af.

Ek wil nie hê jy moet enige belasting op ‘n pakkie sigarette betaal nie. Die verband tussen belasting op sigarette en moontlike toekomstige behandeling in ‘n staatshospitaal is bitter klein en vêraf. Hoe weet ons die bedrag belasting is “reg”? Dis mos sommer die staat (en ons weet hoe bekwaam die staat is…) wat arbitrêr besluit.
Wat ek voorstel is ‘n baie meer direkte verband. Geen belasting op sigarette. Maar ook geen staatsbeperking op mediese fondse wat sê hulle mag nie hoër pryse vra vir mense met gewoontes wat hul gesondheid benadeel nie. Dan kan die mededinging in die mark vir mediese fondse mos vryelik plaasvind om organies te vind wat die “regte” addisionele premie vir rook is.
Dieselfde ding gebeur wanneer dit by lewensversekering kom. Jy betaal meer vir lewensversekering as jy ‘n roker is. Waarom nie vir mediese fonds ook nie?

Daan vd Heever ·

Daan, ken jy die sprekwoord wat sê, “om te dink is harde werk, daarom doen so min mense dit”

Gaan doen bietjie navorsing en sien hoeveel word gepandeer aan rook verwante siektes teen oor mediese behandeling wat a.g.v drank is. Hoekom word drank advertensies nie beperk nie as dit meer mense skade doen as wat rokers veroorsaak? Het jy al gesien dat moord, aanranding, verkragting, kinder molisteering, motor ongelukke, opbreek van huisgesinne ens as gevolg van rook gebeur, maar alees kan meestel van drankgebruikers verbind word.

Paul ·

Daan vd Heever, die antwoord op iets wat verkeerd is (beperkinge op rook en sigarette) is nie om iets anders te doen wat net so verkeerd is nie.

Let daarop dat Daan nie sê mense moet beperk word om te rook nie, maar slegs wil hê dat rokers vir die gesondheidsgevolge van hul eie keuses moet betaal. Wat’s nou fout daarmee?

Nes ek nie van enigiemand anders verwag om vir mediese behandeling te betaal as ek besluit om elke dag ‘n vyfliter roomys te eet nie, is dit mos nie reg as ander mense vir ‘n roker se gesondheidsprobleme moet betaal nie, of hoe?

Nics ·

Met die prys van alles vandag weet ek sowaar nie hoe enigeen geld kan mors op rookgoed nie. Og en het die pro-rokers/pro-sigarette nie altyd een of ou ander aanhalinkie (wat beslis nie vir rokers gesê/skryf is nie!) om hulself en hul ongesonde gewoontes te kwalifiseer nie! Tsk tsk

Bloues ·

Daan Erasmus, jy dink nie mooi nie. Sal dieselfde dan moet geld vir drinkers? Wat van vroue wat parfuum gebruik en die osoonlaag beskadig, of jou onder arm spuitbotteltjie wat n effek het op die intensiteit van die son op jou vel. So van vel gepraat, die mense wat met vakansie gaan en sonder hemde op die strand loop is dan ook dom want hulle kanse is groter om velkanker te kry so hoekom moet ander mense betaal vir sy medies.

Wat dan van die Springbok rugbyspeler wat weet dat hy een of ander tyd in die Hospitaal gaan beland met n besering. Is hy dom omdat hy nog steeds rugby speel,

Wat van die vettie wat te veel rooivleis eet en die moontlikheid van hartaanval verhoog, moet die se medies ook nie gedek word nie?

Dink mooi weer hieroor

Paul ·

Bloues, jy leef bietjie in die verlede as jy dink spuitbotteltjies het ‘n effek op die osoonlaag. Daardie gasse is dekades lank reeds uitgefaseer en word nie meer in spuitkannetjies of yskaste gebruik nie.

Daan Erasmus se basiese punt dat mense nie geforseer moet word om te betaal vir ander mense se keuses nie, is korrek. Ek sal jou nie forseer om vir my hospitaalkoste te betaal as ek ‘n hartaanval kry omdat ek gekies het om klomp rooivleis te eet nie – nie deur ‘n staatshospitaal nie en ook nie deur ‘n mediese fonds nie. Net so moet ek nie geforseer word om vir ‘n roker se mediese sorg te betaal as hy dalk longkanker kry van die rook nie. Ek kan dalk uit my eie besluit dat ek wel wil betaal, maar dis dan eenvoudig vrywillige liefdadigheid, nie iets wat op my afgedwing word nie.
Mediese fondse behoort toegelaat te word om te diskrimineer op grond van ongesonde lewensstyl. As rokers eenvoudig weens markbeginsels meer vir hul mediese fonds moet betaal as wat ek betaal, sal hulle twee keer dink voor hulle die volgende sigaret aansteek. Selfde geld vir ander ongesonde gewoontes. Dis dan op vryheid gebaseer, nie dwang nie.

Paul ·

Charlene, lyk my jy verstaan weer nie die verskil tussen die “gat in die osoonlaag” en “aardverwarming” nie. Gaan lees bietjie op daaroor en probeer weer.

Dit lyk ook nie asof jy my kommentaar met aandag gelees het nie. Ek kla nie oor rook nie. Inteendeel. Rokers kan gerus kies om te rook. Daar’s talle voordele verbonde aan rook – dit maak mens kalmer, dis genotvol, vir sommige mense is dit stylvol en vergemaklik dit sosialisering. Mense mag DEFINITEF kies om rook. Nes mense mag kies om elke dag roomys te eet, of om elke dag rond te jaag op ‘n motorfiets. Daarteen het ek niks nie. Doen dit gerus en geniet dit.

Ek is JUIS teen voorskrifte deur moraliserende ministers en mense wat wil voorskryf wat ek en jy mag en nie mag doen nie.
Ek is dus ook teen mense wat vir my voorskryf dat my belastinggeld of my mediesefondsgeld vir rokers se mediese behandeling gebruik moet word.
Dis presies dieselfde beginsel wat toegepas word. Ek los jou reg om te rook uit, en jy los my reg om my geld te gebruik waarvoor ek wil uit. Is mos reg so?

charlene ·

Daan Erasmus. ek kan jou belowe 99% van rokers vra jou nie vir geld nie, as hulle vir medies betaal verdien hulle mediese sord. Ek voel weer as jy jou neus indruk waar dit nie hoort en en iemand breek hom, moet jy ook nie in enige hospitaal / dr spreek kamer behandel word nie want hoekom moet ek betaal vir jou dom keuse????
SA is seker die enigeste land waar moord/steel/verkrag/dronk bestuur ens goed is maar rook is sleg. If you dont like them smoking dont breath
NS: Ek is `n nie roker! Sal nooit rook nie maar voel as jy wil rook is dit jou keuse. Dis mense soos Daan wat my sal dryf om sigaret aan te steek en die rook in sy gesig te blaas, net omdat ek kan. Wens die land wil ophou moun en kroun en kinder kaas en iets aan die dinge doen wat werklik `n probleem is. Steel maar, moor maar, verkrag maar dis reg MAAR genade weet moet asb net nie rook nie!!

Paul ·

Mediese fondse word deur die staat verplig om dieselfde premies te hef op rokers en nie-rokers. Hulle word deur die staat verbied om mense se premies aan te pas na gelang van hul lewensstylkeuses.
As die staat nie daarin ingemeng het nie, sou rokers ongetwyfeld meer moes betaal vir mediese fondse as nie-rokers.

En weereens – nes ek dink dis verkeerd om so in te meng in mediese fondse se vryheid, is dit ook verkeerd om in te meng met jou reg om te rook. Jy mag rook. As jy daarvan hou om dit te doen, is dit mos jou keuse as ‘n grootmens. Maar net so behoort dit my keuse as ‘n grootmens te wees om NIE ander mense se swak gesondheidskeuses te subsidieer nie (dit geld vir dinge soos fisiese onaktiwiteit, ongesond eet en te veel drink netsoveel as vir rook).

Daan Erasmus ·

Charlene. Jy het sowaar vandag met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. Dink mooi wat jy sê. Jy is anoniem. Erken maar dat jy rook. En rokers moet erken dat hulle skade aan hulself doen. En dat 95% van alle rokers ongemanierd is. Gee nie om wie hul irriteer of benadeel nie.

Paul ·

Ek stem nie saam dat 95% van alle rokers ongemanierd is nie. Ek ken ‘n hele klomp mense wat rook en hulle is feitlik almal gawe mense wat uit hul pad gaan om nie ander mense te verontrief met tweedehandse rookwalms nie.
Wat charlene betref, ja, haar kommentaar is erg venynig en getuig daarvan dat sy nie werklik met aandag lees waarop sy reageer nie (sy val my aan dat ek rokers wil beperk, terwyl ek juis daarteen is). Maar ek kan dit op ‘n manier verstaan dat sy so reageer. Rokers word so vreeslik aangeval deur die minister van gesondheid en ander “goeddoeners” dat ‘n outomatiese, venynige reaksie op enige kommentaar begryplik is.

anton ·

Charlene, daai rook wat jy so graag in Daan se gesig wil blaas of in enige nie roker sin, kan dalk tot gevolg hê dat jy daarna mediese aandag mag benodig.

SkarrelKind ·

Charlene – YSTER kommentaar! Wel gedaan. Selektiewe ou klomp moan gatte …..

Ben ·

Daan, doen ons dan ook so aan alle dwelm en drankverslaafdes, en sommer ook aan die wat hulle ooreet en die wat onfiks is en TV verslaaf is. Hulle almal is besig met die een of ander vorm van selfdood. Daan, is jy ook verslaaf aan iets ? Dalk ‘n braai tjoppie vir daardie lekker Cholesterol.Mooi loop.

Paul ·

Dit sou presies die regte ding wees om te doen, ja, Ben.
As ek kies om nooit oefening te doen nie, heeldag net vir die TV te staar en tjops te verorber, hoekom moet iemand anders dan betaal as ek siek word as gevolg daarvan?

martin ·

Beste Daan Erasmus ek het impatie met nie rokers om verskeie redes my probleem is egter ons is gou om te kla oor die of dat maar ons het nog nie ñ poging aangewend om eenmaal as ñ Suid Afrikaner saam te staan om die regte probleem waarmee elke blanke mee worstel te probeer hok slaan nie, ” elkeen vir homself”

Paul ·

Jy is vry om te kies om ander mense van jou keuse met jou geld of tyd by te staan, Martin. Ongelukkig net nie met die geld wat by jou gevat word onder dwang nie.

Net ek ·

Na die begenoemde komentaar is ek sommer lus om ʼn sigaret aan te steek…

SkarrelKind ·

Net Ek – Whahahaaaaa! Ek het 3 weke gelde opgehou en ek mis dit vreeslik. Ek sal altyd vir rokers opkom. Hulle is baie meer sosiaal en kerm en kla nie oor elke klein dingetjie nie.

Gesiggie ·

Haai ooh “””Blommie ek wil nou nie snaaks wees nie..(^_^) maar Daan jy ruk nou letterlik die hoender onder sy vere uit”’ Ek rook ook, maar glo my, jy sal nie verantwoordelik vir my onkostes by die hospitaal wees… en weet jy wat”’ Duisende Rande se geld word gemors… vra eerder… waar gaan al daai geld heen??vir advertensies?… plaas dat hul eerder n plan beraam om eerder dan meer geld aan al die plaas moorde te spandeer.. dat lewens gespaar kan word… dat ou mense wat aangeval of uitgemoor word… meer veilig kan wees”rig waarskuwing borde op”’ met iets soos…. As jy Moor… sal jy nie gevonnis word? maar die doodstraf kry?? Doen net iets omtrent dit? moet jy jou nie bekommerd oor wat Rook kan veroorsaak, maar eerder wat kan jy doen om n verskil in die Land te maak… Dis altyd… Rook.. dit en dat… Ek Rook en pla niemand, en vra ook niemand geld vir dit”’ Have a Life.. well Done aan al die Comments… SPOT ON…( ^__^)

Paul ·

Gesiggie, as jy by ‘n staatshospitaal behandel word, dan betaal ander mense vir jou behandeling. Mens noem dit belasting.
As jy ongesond leef en as gevolg daarvan meer dikwels as mense met gesonde lewensstyle by jou mediese fonds eis, dan subsidieer die gesonder mense jou mediese behandeling ook.
Dit maak nie saak of jy daarvoor vra of nie – dis wat gebeur. Dis nie spekulasie nie, dis feite. As jy saamstem dat dit verkeerd is dat ander mense vir jou ongesonde (maar lekker!) gewoonte se gevolge moet betaal, dan behoort jy aktief daarteen te wees.

Mediese fondse word deur die staat verhoed om te diskrimineer op grond van lewensstylkeuses. Discovery Health kom wel tot ‘n mate hierby verby deur mense deur middel van Vitality te beloon vir gesonde lewensstylkeuses.

Ek sê weer: Dis jou vrye reg om te kies om te rook (of te drink, of heeldag roomys te eet) en so is dit my vrye reg om nie vir die gevolge daarvan te moet betaal nie. Ek wil nie hê die staat moet jou reg om te rook beperk nie. Net so moet my reg tot my eie geld nie beperk word nie.

Marc ·

Vitality kos geld, meer geld as wat ek sou spaar deur daaraan te behoort. So nee, dis maar net ‘n foefie wat baie mense met ‘n slap riem vang.

Paul ·

Ja nee – ‘n baie beter opsie sou eenvoudig wees om te kan diskrimineer op grond van mense se leefstylkeuses. Dan kan mense wat kies om nie te rook nie, eenvoudig direk minder betaal.

ig ·

Sjoe maar die rokers is nou wild op gestart. Ek wonder net hoekom die meeste rokers se karre nie asbakkies het nie?Dit is hulle stompies wat jaarliks vir Miljarde rande se skade verantwoordelik is deur veldbrande te veroorsaak.O ja en dan ook die walglikke smaak en reuk as jy n roker soen.Net vir die rekord,ek is n eks-roker wat gelukkig die lig gesien het.

MADSIE ·

Dalk moet jul klae kouse ook begin rook dan deel jul in dieselfde voordele as ons rokers!!! Dis baie kalmerend en sou nie vandag so baie tyd uit jul werkplek geneem het om kommentaar te lewer nie. Dit vat nie naastenby solank om ‘n smoke break te vat soos wat jul vat om kommentaar te lewer nie. Gun ons rokers maar ons voordele dis nie ons skuld as jul nie wil deel in die lekker van ‘n sigaretjie nie

Paul ·

Jy is heeltemal reg, Madsie. Rook het BAIE voordele wat meestal verswyg word. Dis kalmerend, dit demp eetlus, dit help met sosialisering, sommige mense vind dit stylvol, en dit is eenvoudig “lekker” om te rook vir baie mense.
Jy is ‘n grootmens en jy kan mos kies dat al hierdie voordele vir jou swaarder weeg as die nadele (wat hoër risiko van gesondheidsprobleme insluit). Natuurlik het jy die reg om te rook. Dis verkeerd as iemand jou forseer om nie te rook nie.

En nes jy daardie reg het, het ander mense ook ‘n reg om nie geforseer te word om te betaal vir rokers se gesondheidsprobleme nie, hetsy deur staatsgesondheidsorg of deur mediese fondse.

Dis mos eenvoudig.

Verstom ·

Genade tog! Julle kan mekaar so opwerk en in die gesig vat. Ek kom lees elke middag die komentaar van die artikels, dit maak my dag. Julle is so vermaakerig! Ontspan en laat elkeen sy eie ding doen :-)

LH ·

Eintlik is almal reg. Punt 1 rook is ongesond, feit, maar alkohol en ander verslawings ook. Punt 2 rook raak hoofsaaklik die hoofgebruiker terwyl alkohol baie, baie meer mense raak as net die gebruiker, een dronk persoon in n ongeluk raak die lewens van oneindig baie mense met gepaardgaande mediese en ander kostes, hoekom kla niemand dat baie meer belastinggeld hiervoor aangewend word nie.

Pappa Beer ·

Ek kan myself nie keer nie….. JULLE IS BESIG OM OOR N KLOMP TWAK TE STRY!!! Hahahaha!

Adoons ·

‘n Goeie verskansing as mens anti-rook gevoelens koester, het ek tot my vreugde agtergekom, is om ‘n paar rand in British American Tobacco te belê. Elke keer as iemand ‘n sigaret aansteek, dan sê ek dankie, daar styg die aandeelprys weer!

Oom Kalahari ·

@Charlene, dankie aan jou en van die andere hier. Ek verstaan die gevoelens van Daan en Paul, maar respekteer elke nie roker. Ongelukkig is ek nou maar een van die rokende statistieke en die dag wat drank ten volle verban word, daardie dag sal ek ophou rook. Ek hou glad nie van drank, dronk mense se optredes, aggressie, doen en late, stink drank asems ens nie. My rook asem beheer ek darem op gerespekteerde wyses.

Rooksiek ·

Kan daar meer aandag gegee word aan lugbesoedeling as gevolg van skoorstene in woongebiede. Ons is besig om ons eie bure en mekaar uit te rook mense. Kom by!!! Rook jou sigaret en kry ‘n gas verwarmer. Magties man dis hoekom almal so siek word!!!!!

Gesiggie ·

Sjoe… ons Rokers moet goed voel, oor al die Comments…en Maybe moet hul vir Paul of Daan aanstel in Maneul se plek”’ hul weet baie”’en kan dalk n verskil maak”’

Paul ·

Manuel se plek? Trevor Manuel is nie meer ‘n minister nie, Gesiggie. As jy dit nie eers weet nie, dan moet jy dalk nie sarkasties probeer wees nie.
As jy oplet, sal jy sien dat ek 100% saamstem met jou reg om te rook. Ek wil nie hê enigiemand moet jou verbied om te rook nie, of belasting op jou sigarette sit nie, of sigarette se verpakking lelik maak nie. Al daai dinge is verkeerd. Rook gerus en geniet dit.

Henkb ·

Ek het nog nooit vir iemand gevra om my mediese vonds te help betaal nie. Ek teer ook nie op die regering om na ‘n provinsiale hospitaal te gaan nie. Ek rook omdat ek wil en kan. Julle arme kleingeestiges wat so teen alles is, kyk liewer na al die vraatsugtige vet mense en laat hulle dan onder dieselfde kam geskeer word as ons rokers. Wat hulle met die tande doen is baie erger as my rook. Kry al julle anti rokers asseblief ‘n lewe en kyk na julle eie patetiese bestaan en los ander mense uit.

Paul ·

Henkb, verstaan jy die basiese beginsel van risikodeling wat toegepas word in ‘n mediese fonds?
Gestel daar is 1000 lede en elkeen betaal R10 000 per jaar. Dis ‘n inkomste van R10 miljoen per jaar. Die beginsel waarop die premies vasgestel word, is dat daar geskat word dat nie al die R10 miljoen opgebruik sal word nie, want slegs sommige van die 1000 lede sal ‘n eis sal insit.
Maar daar’s ‘n verskil tussen die risiko ten opsigte van ‘n roker en ‘n nie-roker. Die roker is ‘n groter risiko vir die fonds. As die wet dit toegelaat het, sou die roker meer as R10 000 per jaar moes betaal aan die fonds, weens hierdie groter risiko, en die nie-roker sou minder betaal.
Die wet verbied dit egter.
Dit word wel toegelaat by lewensversekering.

Hoewel ek glo dat jy “nog nooit vir iemand gevra het” om jou medies vir jou te betaal nie, gebeur dit wel, omdat die wet dit verplig. As jy saamstem dat dit verkeerd is dat ander mense verplig word om vir jou verhoogde gesondheidsrisiko te betaal, behoort jy hierdie mediesefondswet teen te staan, of hoe?

Ek is dit 100% eens met jou dat mense “uitgelos” moet word. Dit geld vir rokers ook. Rook gerus net soveel as wat jy wil. Jy is ‘n grootmens en is vry om jou eie keuses te maak t.o.v. jou gesondheid. Maar dan moet ander mense ook mos uitgelos word wanneer dit by subsidiëring van rokers se mediese fondse kom, of hoe?

Annelize ·

Wat my die hel in maak is dat daar wette is wat rokers “verbied”om te rook het rook al mense dood gemaak en huwelike ongelukkig maak daar moet eerder ‘n verbod geplaas word op DRANK dit is ‘n euwel drank borg alles sport ens. hoeveel mense is nie al dood of vermink deur spoed en daai petrol ek vra maar net

Danie ·

Paul, jy en jou maatjies betaal dan vir die arme goed wat in die tronke sit,jy betaal hulle water,hulle elektrisiteit en hoekom kla jy nie daaroor nie

Dog ek vra maar net!!!

Paul ·

Ek kla nie hier daaroor nie, aangesien dit nie iets met rook te doen het nie. Is dit dan moeilik om te begryp?
Ek kla ook nie hier oor hoe ek forseer word om vir die nie-betalers van elektrisiteit in ander dele van die dorp te betaal nie. Hoekom nie? Want dis ‘n ander onderwerp.

Verduidelik gerus vir my waarom jy sou sê my argument is verkeerd, maar hierdie “whataboutery” van jou is nie ‘n argument nie.

Lynni ·

Jislaaik, nou is party van julle so lief vir die regering. Môre skinder jul weer van hulle. lol…………

Lynni ·

Paul het glad nou raad vir die regering. Onthou Paul, dis die ANC regering. Jy is nou so opgewerk. Ek lag heerlik……….jy maak my dag.

Paul ·

Opgewerk? Meer teleurgesteld dat mense blykbaar nie kan/wil lees nie…

Nics ·

Ai ja tog dat die spul rokers hulself so opwerk en verdedig – eintlik lagwekkend. Dan raak hul altyd persoonlik ook, snaaks dat Maroela sovele van die kommentare hier wel toelaat, st seker ook maar en lag oor die belaglikheid van dit. Rokers weet hulle stink en dis ongesond, maar sigarette is hul baas en hul wil dit nie erken nie, Meeste gevalle het hul net nie die utihouvermoë om ditte los nie en sal dit ook nie erkern. Hul sal aanhou al is hul kinders ook gedurig siek – hul kan nie die kloutjie by die oor bring dat hul ongesonde gewoonte hul kinders ook affekteer nie. En dan is hulle aggressief hier hoor – lyk my daar moet ondersoek ingestel word/navorsing gedoen word oor aggressiewiteit en die invloed van sigaretrook daarop! Ek sal tog my geld so staan en verbrand! Oee en nou wag ek vir die ou klompie om my aan te val, dis so voorspelbaar!

Bloues ·

Paul.
Ek het jou gelees en verstaan jou. Jy is egter verkeerd, jy het ‘n keuse. Bedank jou mediese fonds en bele jou maandelikse premie elders. Jou keuse, gebruik dit

Paul ·

Bloues, die probleem met jou oplossing (en jy het nie aangetoon hoekom ek dan konsuis verkeerd is nie) is dat die wet in Suid-Afrika my verbied om saam met ander mense met gesonde leefstylgewoontes ‘n risikodelingskema vir mediese uitgawes (dis wat ‘n mediese fonds is) te begin. Die wet verbied my om byvoorbeeld rokers of swaar drinkers or oumense of mense wat te veel eet, uit te sluit.

Ja, ek kan my geld vat en dit self, net vir my eie moontlike mediese uitgawes, belê. Maar ek mag nie die risiko slegs met ander mense wat ook gesonde gewoontes het, deel nie. Die wet verbied dit. Daardie wet is verkeerd en is waar die probleem lê.

Edward ·

Snaaks hoeveel “nie rokers” skielik rook verdedig. Wêreldwyd is die gewoonte aan die afneem omrede dit FEITE is dat dit sleg en verslawend is. Geen ander SLEGTE GEWOONTE word heeltyd in mense se gesigte geblaas wat hulle moet inasem en deel in nie.

Hierdie is soos die hele Amerikaanse “gender bathroom use” issue. Die 99% mense moet nou hulle veiligheid en privaatheid opgee sodat die 1% kan geakkommodeer word. Watter bog!!

Net soos die “think bike” stickers agter op motorfiets ryers se karre. Dan charge hulle in die oggende op hulle ysterperde teen 5x die ander karre se spoed tussen hulle deur. Dit is soos om vir die olifant te sê “dink miere”.

Wakker word!

Bloues ·

Nics, jy gaan lank wag want ek dink nie iemand gaan op jou siening reageer nie. Dis absurd om te veralgemeen

anton. ·

Paul ek kan sien dat jy n nie roker is want jy weet waarvan jy praat terwyl die klomp rokers wat jou so wild aanval, eintelik geen argument het nie maar heng hulle probeer hul bes, dis eintelik lagwekkend verby.!!!
Al wat mense eintelik kan probeer doen is om lief te wees vir hulle, want hulle tyd is min.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.