Verbruikers: Hou dié pryse van noodsaaklike produkte dop

(Foto: M. B. M./Unsplash)

Nadat paneellede by ʼn webinaar oor prysregulering verbruikers onlangs aangemoedig het om steeds op die uitkyk te wees vir pryse wat onmededingend, onbillik en onredelik is en dit by die owerhede aan te meld sodat daar opgetree kan word teen maatskappye wat verbruikers tydens die pandemie uitbuit, het Ina Opperman gaan kyk na goedere en dienste wat as noodsaaklik beskou word sodat verbruikers weet watter pryse om dop te hou en oor te kla.

Die regulasies en aanwysings vir verbruikers- en klantebeskerming is ingevolge die Wet op Nasionale Rampbestuur deur die minister van handel, nywerheid en mededinging uitgevaardig om verbruikers te beskerm teen gewetenlose, onbillike, onregverdige, onredelike of onbehoorlike handelspraktyke gedurende die nasionale ramp, die Covid-19-pandemie.

Definisie

Volgens die regulasies beteken “prysverhoging” ʼn direkte verhoging of ʼn verhoging weens onbillike optrede, soos valse of misleidende pryspraktyke of manipulasie deur die graadvlakke van goedere en dienste te verhoog of te verlaag.

Lys van noodsaaklike goedere

  • Kookolie
  • Koekmeel
  • Rys
  • Mieliemeel
  • Pasta
  • Suiker
  • Langlewemelk
  • Ingemaakte en bevrore groente
  • Ingemaakte, bevrore en vars vleis, hoender en vis
  • Gebottelde water
  • Kos vir diere
  • Chemikalieë, verpakking en ander produkte wat gebruik word om voedsel voor te berei
  • Skoonmaakprodukte, soos toiletpapier, sanitêre doekies, tampons, kondome, seep, babasorgprodukte en persoonlike toiletware
  • Mediese en hospitaalvoorraad en toerusting
  • Brandstof, wat insluit steenkool, hout en gas
  • Basiese goedere soos lugtyd (vir selfone), elektrisiteit en die onttrekking van kontant
  • Hardeware, onderdele en voorraad vir noodsaaklike herstelwerk by woonhuise, of ten opsigte van elektrisiteit, water en ander noodsaaklike dienste
  • Onderdele vir noodsaaklike herstelwerk aan voertuie

Lys van noodsaaklike dienste

  • Mediese en gesondheidsdienste
  • Rampbestuur, brandvoorkoming, brandweer en nooddienste
  • Bankdienste
  • Betalings
  • Finansiële markte
  • Versekering
  • Spaarfondse en beleggings
  • Pensioenfondsadministrateurs
  • Uitgekontrakteerde administrasie
  • Administrasie van mediese skemas
  • Bykomende dienste
  • Elektrisiteitsverskaffing en -onderhoud
  • Noodsaaklike regeringsdienste soos geboortesertifikate
  • Sorgsentrums vir bejaardes, mense met gestremdhede, siek mense en kinders
  • Begrafnisdienste
  • Wildbewaring
  • Mediadienste
  • Vervaardiging van chemikalieë en farmaseutiese produkte
  • Sanitasiedienste en afvalverwydering
  • Howe
  • Belastinginvordering
  • Polisie, verkeerspolisie, bewaarders en mediese personeel
  • Posdienste
  • Private veiligheidsdienste
  • Lugverkeernavigasie, burgerlugvaartowerheid, vrag- en hawedienste
  • Myne
  • Verblyf vir mense wat noodsaaklike dienste lewer, of wat onder kwarantyn of in isolasie is
  • Vervaardiging, verskaffing, logistiek, aflewering, kritieke onderhoud en herstelwerk vir noodsaaklike dienste
  • Vervoer
  • Dienste van die parlement, wetgewers, munisipaliteite, hofpersoneel en tradisionele leiers
  • Kommissarisse vir die Menseregtekommissie en ander kommissies
  • Insleepdienste
  • Oproepsentrums
  • Boerdery
  • Betalingstelsels
  • Kritieke onderhoudsdienste
  • Handelaars wat dienste lewer vir noodsaaklike werkers
  • Inligtings- en kommunikasietegnologiedienste

Kla hier oor pryse wat styg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

Ek hoop daar is al ondersoek ingestel na die erge verhoging van die prys van kookolie.

VaalDonkie ·

By wie kla ons oor die brandstofprys?
En discovery wat premies wil verhoog as jy nie die COVID inspuiting vat nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.