Verbruikersake: Tariewe wat dokters mag hef

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Verbruikers doen gewoonlik net by die dokter aan as hulle siek voel en is dan nie nog lus om te kibbel oor hoeveel hulle moet betaal nie. Dokters kan egter net tariewe hef vir dienste wat gelewer is en verbruikers hoef nie allerhande bedrae te betaal vir administratiewe koste nie. Ina Opperman verduidelik waarvoor jy jou dokter moet betaal.

’n Verbruiker het geskryf om te vra of dokters geregtig is daarop om administrasiekoste te hef wanneer jy nie vooraf ’n afspraak gemaak het nie. Die tarief word gehef vir die ontvangsdame om jou lêer te trek.

Hy skryf dat hy al byna 19 jaar na dieselfde dokter toe gaan en deesdae administrasiekoste moet betaal. Hy reken die ontvangsdame kry mos ‘n salaris vir haar werk en buitendien het geen van sy besonderhede oor die afgelope twaalf jaar verander sodat sy iets op sy lêer moet aanteken nie.

Dokters mag egter net ’n tarief hef vir dienste wat gelewer is, volgens die webwerf van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika, in antwoord op ’n navraag van ’n dokter wat wou weet of hy ’n tarief kan hef om ’n eis by ’n mediese fonds in te dien. Die administrasie van ’n praktyk word nie beskou as ’n diens nie en is deel van die oorhoofse koste van die praktyk.

Die dokter mag sy tarief egter verander vir verskillende pasiënte, soos om minder te vra vir diegene wat kontant betaal, maar net indien die pasiënt vooraf ingelig is wat die kontanttarief is en wat die mediesefondstarief is. Artikel 6 van die Wet op Nasionale Gesondheid bepaal dat dokters gebruikers van hul dienste moet inlig oor die voordele, risiko’s, kostes en gevolge van elke opsie.

Die Mediese Vereniging se gedragskode vir dokters

Wanneer dokters professionele tariewe bepaal, moet hulle hul pasiënte se finansiële posisie in ag neem en die finansiële implikasies van behandelingskeuses met die pasiënt bespreek. Hulle moet die regte van pasiënte respekteer, wat die reg tot ingeligte instemming insluit. Ingeligte instemming sluit in bespreking van en inligting oor die pasiënt se toestand, sodat die pasiënt ’n ingeligte besluit kan neem. Die dokter moet ook seker maak dat die pasiënt se behandeling nie onbehoorlik beïnvloed word deur ’n derde party nie.

Agterstallige rekeninge

As jy nie betyds jou rekening betaal nie, kan die dokter rente hef op die agterstallige bedrag en jy moet dit self betaal en mag dit nie van jou mediese fonds eis nie. Dokters kan ook die kredietburo’s inlig as jy nie betyds betaal nie.

Afslag

Jy kan met jou dokter onderhandel oor afslag, maar die dokter is nie verplig om die tarief vir jou te verlaag nie.

Volgens die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika skryf die raad nie ’n tarief voor wat dokters moet vra nie, maar dokters behoort nie ’n administratiewe tarief te hef nie, het ’n woordvoerder by navraag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Genieve ·

Jy betaal klaar R480,00 by die dokters en dan nog vir die afhaal van jou medisyne whoo dis baie geld en nou wonder ek hoeveel sal die vehoogde tarief nou wees, naweke is dit nog duurder veral na ure..EISH

Lorinda Gerber ·

Dokterstarriewe is buitensporig duur. Van hulle vra tot 200% bo mediese tarief. Dis verregaande. Ek het `n nood-operasie ondergaan. Ek was in uiterste pyn. Ek het nie die narkotiseur gesien voor die tyd nie en kon dus nie met haar kibbel oor haar prys nie. Die bedrag was astronomies en dit vir `n uur in teater. `n Paar maande later moes ek weer teater toe. Ek was byna 3 ure onder en die narkotiseur se koste was nie eens `n derde van die eerste narkotiseur nie. Dit laat `n bitter smaak in die mond! Dis sulke nonsens wat my sal laat stem vir die ‘NHI’!

Anoniem ·

Liewe Lorinda, ek is nuuskierig om te weet: Was beide operasies gedurende “normale” ure, of was die eerste operasie dalk na-ure of oor die naweek?

Piet ·

Die dr vra nie 200% nie. Sy diens en kundigheid is meer werd nie waar nie? Dis die skatryk m fondse wat net 50% betaal !!!!

SjN ·

Om deesdae dokter toe te gaan is n saketransaksie, nog voordat die reelings bespreek word, word eers die finansiele sy van die saak geopper, indien tot vergelyk kom volg die prosedure en proses.

Vra maar net ·

Kan ons ñ soortgelyke artikel kry oor prokereurs en regs Kostes se admin koste ?
Ek het onlangs gesien ñ prokereur vra R200 vir ñ foon oproep, selfs al is dit net om met die kliente ñ afspraak te reël, of R200 O ñ epos te stuur, of te Lees……
As iemand in ñ gesondheids beroep spandeer Ek ure op die telefoon met mediese fondse, maar vra Niks ekstra daarvoor nie, waar kom prokereurs se R200 dan vandaan vir ñ telefoon oproep van minder as ñ minuut lank?

Gemaskerde Sopbeen ·

Mevrou.

Ons Prokureurs bedryf ook maar n besigheid, en ja ek staan n aardige hoeveelheid van my tyd af aan mense wat my nie kan betaal nie.

Net omdat ek bereid is om dit te doen.

Die liewe Vader het egter net soveel ure in n dag geskep en dit is al wat ons het om mee te werk. Daardie oproep was dalk nie n geselsie oor die weer nie maar n toepas van spesialis kennis.

So ook die epos.

Onthou, ons beoeffen n ontdankbare beroep….. niemand het gevra om n regsprobleem te ontwikkel en n prokureur nodig te hê nie.

Dan kry jy nog mense wat erns die frase “dagvaar hom met koste” gehoor het. Met hulle kan mens nie eers oor die absurditeit van hul stelling redeneer nie.

Maar tog glo ek dat die meeste Prokureurs terugploeg in die gemeenskap, as jy nie een kan bekostig nie gaan na n regshulpkleniek.

Elaine Kriel ·

I would be interested to know if I should be paying my doctor (R150) for a repeat prescription. No consultation,just a signature on a form that is computer generated by the receptionist.

Kerneels ·

Wil ek ook graag weet…?
As jou mediese spaarrekening uitgeput is, betaal jy R150.00 vir ñ herhaal voorskrif sonder om die dokter te sien!!
Maar boeta, op ñ manier weet hulle wat in jou medies aangaan!!! Toe ek my herhaal voorskrif gaan haal en die sodanige R150.00 wou betaal, sê die dame ewe: Nee, nie nodig om te betaal nie…JA SURE, toe ek weer sien word ñ volle konsultasie fooi (+- R400.00) uit my mediese spaarrekening gevat…
Die ergste was to my medies ñ epos stuur wat sê “hulle sien ek het die dokter besoek en wil net paar vrae vra oor my besoek”……ek het eeder nie geantwoord nie.
Kan elke dokter in sy praktyk maak soos hy wil veral as jy NIE ñ SIEK PERSOON is nie en net jou herhaal voorskrif soek…?????????

Liza ·

Dit is belaglik wat dokters hef. Een spesialis vereis vooraf betaling van R1200 voordat hy jou sien, en dan eis hy R800 van medies! Totale koste om te hoor jy is nog ok, tot volgende jaar se check is R2000! ‘n Ander spesialis in dieselfde veld vra R50 en eis R650 van medies…. Hoe bepaal hulle dit? Die een spesialis ry ‘n Posche en die ander ‘n Toyota! Ondersteun die Toyota bestuurder!!

Boet Vermeulen ·

My vrou het n knievervanging gehad, en n uur of wat voor sy moes teater toe gaan, kom die narkotiseur besoek aflê om ons te verwittig sy fooi is bietjie meer as wat medies betaal. Wat staan jou nou te doen? Sê jy nee, ek soek n ander narkotiseur, of watter ander opsie is daar? Toe die rekening kom, was dit 140% meer as wat medies betaal.
Waarom word daar nie n tarief vasgemaak vir narkose en basta daarmee? Ek voel ook in so n geval, moet daar vroegtydig vir jou gesê word van sulke slenters.

Regtig? ·

Ek is jammer dat ek julle moet ontnugter maar ‘n dokter kan wel ‘n tarief hef vir ‘n pasient wat sonder afspraak instap. Kode 0146 “For an emergency OR an unscheduled consultation at the doctor’s home or rooms”, aangehaal uit SAMA se Medical Doctor’s coding manual. Ander professionele mense sien niemand sonder afspraak maar ons verwag die dokter moet dit doen. Sê my tog, wie moet die dokter nou laat wag sodat hy jou kan inpas? Hy kan jou ook laat betaal vir telefoniese konsultasies, voorskrifte en motiverings want hy/sy is nie net ‘n dokter nie maar ook ‘n besigheidsmens met personeel en oorhoofse koste. Dink tog ‘n slag asb.

Therese ·

Baie dankie vir die meerderwaardige lessie, mevrou dokter.

Lou ·

Mediese spesialiste en Dr’s is professionele mense wat lank studeer het en geregtig is om goed vergoed te word vir hulle dienste. Maar soos in enige veld is daar ook maar die wat die stelsel uitbuit en kyk waar hulle ‘n ekstra paar rand kan maak deur ‘n vol konsultasie tarief te eis as hy/sy eintlik net die herhaal voorskrif geteken het.
Wat my meer ontstel is dat Dr’s oor die algemeen nie hulle pasiente se tyd respekteer nie. Jy maak ‘n afspraak vir ‘n spesifieke tyd en moet dan tot ‘n uur na jou afspaak tyd sit en wag voordat jy gehelp word. Noodgevalle gebeur en ‘n mens verstaan dit maar in meeste gevalle is dit swak tydsbestuur en/of beplande oorbespreking om seker te maak daar is genoeg pasiente vir die dag as ‘n paar nie opdaag nie. My tyd is vir my net so belangrik soos die Dr s’n. As ek moeite doen om betyds te wees vir my afspraak by die spesialis in die stad waarna toe ek 3 ure lank gery het dan verwag ek hy/sy moet moeite doen om my betyds te sien op die ooreengekome tyd. Wedersydse respek is seker nie te veel gevra nie.

minx ·

Ek hoor wat jy sê…maar besef jy dat Dr’s (veral op klein dorpies) ALTYD aan diens is.Staat werk skofte,die Dr gaan 6H huistoe na sy gesin en daar is ‘n ander dokter aan diens.
Op ons dorp is een Dr,maandae oggende voor sy spreekkamer oopmaak staan daar mense in ‘n tou en wag hom in.dan moet hy daardie noodgevalle hanteer tussenin afsprake wat reeds gemaak is. -dan praat ons ook nie van Saterdae aande 10H wat hy wakker geklop word oor n kind wat koors het,of sondae uit kerk geroep word oor n oom wat by ouetehuis geval het nie.Persoonlik gee ek nie om vir wag nie,wat as die persoon wat die dokter voor jou behandel nog net 5min sou hê om te lewe indien hy nie onmiddelik gehelp is nie.wat as daar ‘n kind verstik het en nie asem kry nie?gaan jy werklik aandring om voor hul gehelp te word omdat dit nou jou afspaak se tyd is?Ek was ook al ongeduldig by n Gyni…ongelooflik ontsteld omdat hy nie bedyds eers by sy spreekkamer was nie…net om later uit te vind hy moes hospitaal toe hardloop(ja,met sy voete) om betyds te wees vir n nood keiser vir n 3ling…
As ons almal n bietjie meer voel vir mense om ons en besef dat 5min van jou tyd nie oor 10 jaar ‘n verskil gaan maak in jou lewe nie,sal daar dalk baie meer blomme groei.
net my 10 sent.

Bessie ·

Hoe sou jy dit doen Lou?
Hulle werk op gemiddeldes. Twintig minute per gewone pasient. Dan kom daar een tannie wat 40 minute vat om haar sin klaar te maak? Hoe nou? Dis nie altyd hulle skuld nie. Mens kan mos nie vooraf bepaal hoe lank ‘n probleem gaan vat om op te los voor jy nie wat die probleem is nie.

Expat ·

Toemaar, binnekort gaan julle NHI kry. Dan gaan julle ons privaat dokters darem maar mis!

SoosDitIs ·

Mmmm, wel my dokter is nou al R 485.00 net om n te bevestig ek het verkoue sodat my werk my kan betaal vir die dag. Begin wonder of dit makliker gaan wees om eerder net onbetaalde verlof te vat, want wie kan n dokter betaal EN dan nog n helse bedrag uit haal vir medikasie?

Ek het nie medies nie, want ek kan dit ongelukkig nie bekostig nie, so ek, my man en my kind moet letterlik by die dood omdraai voor ons dokter toe sal gaan.

Terwyl ek nou hier tik, is daar enige iemand wat n dokter kan aanbeveel wat goedkoper is as my huidige een, in Benoni se omgewing?

Skrywer ·

Die persoon wat die artikel/ondersoek aangevra het is verkeerd aangehaal en die admin koste is nie gevra omdat sy sonder n afspraak ingestap het nie – die admin koste word gevra selfs as sy wél n afspraak gemaak het! Dit moet jy self betaal en dan eis die dr die konsultasie van jou fonds.

Adrian ·

My dr vra R450 vir herhalende voorskrif sonder om my te sien nou kom ek by die nagmerrie::: ek moet gaan vir n liesbreuk operasie maar moet die eerste R6500 ,,upfront” by die hospitaal betaal voordat enige prosedures plaasvind . Dit is afpersing .. waar gaan daai geld heen ek het dit nie so hoewel ek n mediese fonds het beteken dit bogerall demmit het dit nie nou tyd geword dat ons almal ook begin protesteer nie ek is bitter oor die toedrag van sake

Geen medies . ·

Ek het geen medies nie en glo my dit is beter so . In die dorp waar ek bly is ons staadshospitaal sekerlik die beste een in die land , beter as ons privaat hospitaal . Die dokters daar is beter as by die privaat hospitaal en baie hulpvaardig en altyd beryd om daai ekstra myl te stap . Sterkte aan die privaat fonds mense , julle sal dit seker nodig kry .

wonder maar net ·

Mediese fondse: onthou asseblief dat jy jou eie fonds en plan kies en betaal.
Wat wag aan betref stem ek saam dat dit onaanvaarbaar is dat pasiente so moet sit en wag en dat pasiente se tyd nie deur dokters gerespekteer word nie. Sommige van hulle sit en kuier vir ure met van hulle pasiente en die wat wag haal dit uit op die personeel wat in die betrokke spreekkamer werk uit. As jy ‘n pasient met guts kry om die dokter aan te spreek is die hel eers los !!!!
En ja daar is ongelukkig ook enkeles wat die sisteem uitbuit na alle kante toe.

Lord Oom Piet ·

Ek steek my hand hier op ter ondersteuning van mediese drs en spesialiste.

Dis nie hulle wat baie vir dienste vra nie, die mediese fondse onderbetaal hulle.

Veral die groot mediese fondse opereer soos rampokkers:

Dwing drs om aan hulle “netwerk” te behoort vir die “voorreg” dat fondslede die dr MAG besoek;
Sonder hierdie lidmaatskap mag drs nie fondslede van daardie Fonds ondersoek nie- n vorm van afpersing en wegneem van n lid se keuse van praktisyn;

Drs betaal lidmaatskapgeld aan die Fonds vir die “voorreg” om in die netwerk ingeboelie te word;

Drs gee enorme afslae aan lede – neem die dr se wins weg;
Drs betaal hoë administratiewe fooie aan die Fonds vir prosessering van eise;
Drs het baie min vryheid in keuse van medikasie om aan n pasiënt voor te skryf want Fondse skryf hul eie goedkoopste generies voor, ongeag of dit vir werk of nie.

Intussen moet n dr, en veral spesialiste, enorme studieskuld delg, professionele versekering betaal (bykans R1m/jaar vir genikoloë); oorhoofse kostes dek; kinders gekleë hou; dak oor die kop en kos op die tafel plaas.

Dus, in plaas daarvan dat jou mediese onkostes uit jou lidmaatskap betaal word, word dit uit die dr se sak betaal en die kos word uit sy/haar kinders se monde gehaal en dan begin die Fonds n Bank, verskaf kredietkaarte, lenings, verkoop korttermynversekering ens ens ens.

Alles op die rug v drs wat toenemend hierdeur gedwing word om hul rug op SA te keer.

Bets ·

Al raak wat ek het vir julle is gaan op die too olan vir jou Mediese vonds. Daar is dokters wat 300% mediese tarief vra maar dit is jou spesialiste. Hulle is geregtig daarop want die be soek skylit nie net in die 15 min wat jy in sy kantoor sit en ondersoek word Nie. Daar is baie goed wat daarmee gepaardgaan. Vra vrae. en hy bestudeer die meeste van die tyd jou uitslae in die aande wat hulle saam Met hulle families kon deurbring. Naweek as almal hulle self geniet staan hy dalk Langs die operasie tafel om jou of een van jou geliefdes se lewe te red.

Too Olan ·

Hi Bets

Na watter plan verwys jy? Ek het Too Olan en Top Plan gegoogle maar kan nie iets kry nie

Pieterd ·

Kan ook maar net wonder wat beteken “too olan” en “skylit”?

Johan Maritz ·

Ek dink nie daar is n doter wat n middelklas lewe het nie. Ek moet se maroela media word deur baie dokters gelees as jy na die kommentare kyk. Die dokters word ook mildelik vergoed omdat hulle die beroep wat hulle wou doen kan beoefen, wat van onderwysers, van hulle briljant maar verdien peanuts die liefde vir skoolhou maak hulle middelklas inwoners. Die meeste dorpe se eiendoms eienaars is meetal dokters of prokureurs. Minx as n dorp n ouetehuis het kan ek nie sien dat daar net een dokter is nie. Hulle kan net se wat hulle wil dokters doen die werk net vir die geld maak n plafon bedrag en kyk hoeveel wil dan n dokter wees. Julle kla altyd oor die studies onthou net wisk , wet en rek en nog vele ander vakke het ook n stywe kursus voordat jy n onderwyser byvoorbeeld kan wees. Julle kan maar se wat julle wil van julle byt pasiente uit om julle te verryk. Dokters het ook van die hoogste “kom maar weer” kliente van enige beroep, as n motorwerktuigkundige dit so moet doen sal hy/sy uit besigheid wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.