Wie laaste lag oor klimaatsverandering

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Verskeie insiggewende dokumente en artikels het die jongste tyd die lig gesien waarin die kwessie van klimaatsverandering, en die mens se rol daarin, met erns gestel word.

’n Verkorte weergawe van Louis Meintjies, algemene bestuurder van TLU SA se artikel in Harvest, het pas in dié organisasie se internasionale bulletin verskyn. Hy verskaf belangrike data oor hoe klimaatsverandering wêreldwyd reeds ’n impak het, en stel dit dat geen boer, sakeman of eiendomsontwikkelaar onaangeraak bly nie.

Die Belgiese koerant, De Standaard, gaan verder en publiseer ’n artikel onder die opskrif, Dat 2016 die warmste jaar ooit was, is ons eie skuld. Daarin word na ’n wetenskaplike verslag verwys wat tot die gevolgtrekking kom dat die huidige siklus nie maar deel van ’n natuurlike siklus is wat die aarde periodiek tref nie. Die mens dra skuld, en volgens die navorsers, alleen skuld vir die huidige krisis. Die stygende seevlak en rekordtemperature van die see op sommige plekke soos by Alaska en Australië, word bespreek. In Indië is 580 mense in drie maande in hittegolwe dood.

Seker die onthullendste artikel oor die stygende seevlak het in die tydskrif Live Science verskyn. Hiervolgens kan die stygende seevlak dié eeu reeds die Kennedy Ruimtesentrum in Florida bedreig, asook die oudste Engelse nedersetting in Noord-Amerika, Jamestown.

Verder kan tot 13 000 argeologiese terreine onder die see verdwyn. Volgens die navorsers kan die styging in seevlak dié eeu een meter wees, en tot 5 meter of meer in daaropvolgende eeue. Sowat 40 persent van die wêreldbevolking woon in areas wat kwesbaar is vir die stygende seevlak.

Terwyl twyfel oor of klimaatsverandering hoegenaamd plaasvind al minder word, is diegene wat nie die mens se hand daarin wil sien nie, nie so haastig om van siening te verander nie. Ander erken die klimaatsverandering, en dat die mens ’n rol speel, maar dat die hoofoorsake elders te vinde is.

Bekende kosmoklimatoloë staan byvoorbeeld vas daarby dat die huidige klimaatsverandering presies inpas met ’n sonsiklus wat tevore ook klimaatsverandering tot gevolg gehad het.

Wat belangrik is, is dat voorbereidings lank vooraf gedoen moet word. Dit is immers doodgewoon dom om ’n nuwe stad te bou in ’n gebied wat eersdaags onder water, of in ’n woestyn gaan staan. Vir die Wes-Kaap is behoorlike beplanning gedoen, maar ’n onderskatting oor hoe gou dit gaan toeslaan het die owerhede met die broek afgevang.

En soos Meintjies dit stel – min mense gaan nie geraak word nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard ·

Sien Nobel prys wenner in fisika “Ivar Giaever –
Global Warming Revisited op YouTube:
https://youtu.be/Dk60CUkf3Kw
Soveel mens soveel sieninge. Is dit nie net ‘n verskoning vir klimaat manipulering nie.

Pous ·

Daar is welgestelde groepe wat die wereld graag wil sien ondergaan. Een voorbeeld is om kriminele toe te rus met die wereld se menseregte en vryheid, ander voorbeeld is vernietiging van kultuuridentiteit, en dan is daar doelbewuste klimaatsverandering.

kardinaal ·

Ek neem aan jy volg ook Walter Veith se lesings ? Dit was vir my n openbaring , ek wonder waar die pous nog nie sy invloed misbruik het nie

Willie ·

Hierdie storie van klimaatsverandering of verwarming of verkoeling word nou al vervelig. Daar is soveel manipulasie van “feite” dat alles afhang wie die artikels skryf. Dit gaan maar weer alles oor beheer van lande en natuurlik geld maak vir die rykes.

Pieter ·

Dankie Herman. Baie mooi gestel. Die kern van die saak bly nogsteeds dat die aarde in elk geval verwarm vanwee verskeie faktore al die afgelope +/-15 000 jaar. Elke mense/dier wat asemhaal en hitte uitstraal is dus besoedelaars. Die ordegrootte van die mens en sy masjiene se bydrae tot aardverwarming bly steeds onbekend bloot omdat meeste van die eskterne faktore (niks met die mens te make nie) nie gekwantifiseer (kan) word nie. Dit klink amper soos die bees en hoederpastei – een bees en een hoender?

Stefan ·

Jy is heeltemal reg Pieter. Die aarde beweeg van nature en vir baie eeue reeds, in ‘n warmer siklus in. Dit is in opvolging van ‘n vorige ystydperk wat ongeveer 20 – 15 000 jaar gelede geeïndig het. Die opvolging van ys- met hittetydperke is deel van die natuurlike siklusse van ons kosmos. Die huidige natuurlike aardverwarming gebeur ten spyte van die mens se toenemende bydrae tot lug- en aardbesoedeling wat grootliks met die industriële revolusie in die 18de eeu in Engeland begin het.

Na wetenskaplike raming is die aarde ± 4.5 biljoen jaar oud. Dit het na raming tot sowat 200 miljoen jaar geneem vir die buitenste laag van die aarde om genoeg af te koel sodat vorme van lewe miljoene jare later kon begin ontstaan. Die aarde het egter nog steeds nie volledig afgekoel nie. Die magma in die kern van die aarde, wat gesien kan word deur vuurspuwende berge (en die ongelooflike lugbesoedeling wat dit veroorsaak), is ‘n bewys daarvan.

Dit is die mens se etiese verantwoordelikheid om aard- en lugbesoedeling op elke moontlike manier te beveg. Op die biljoene en miljoene jare tydskaal van die heelal gaan alle pogings om besoedeling te keer, op die langer termyn egter geen verskil maak aan die onvermydelike vernietiging van lewe op ons aarde deur die proses van natuurlike aardverwarming. Hierop sal weer ‘n proses begin wat die volgende ystydperk sal inlui, en so gaan die siklusse voort.

Hannah ·

2 PETRUS 3:7
Maar die hemel en die aarde van vandag is bestem en word bewaar vir die vuur, ook deur die woord van GOD, en word in stand gehou tot op die dag waarop die goddelose mense veroordeel en verdelg sal word.

Moenie dat ENIGIEMAND jou vertel daar is iets soos “global warming” klitmaatsverandering…noem dit wat jy wil!

Juan ·

Die klimaatsverandering evangaliste word aangedryf deur regering befondsing – selfs die lug wat ons inasem word nou belas!

John ·

… niemand sal laaste lag nie… Google Earth is ‘n nuutjie en nou toor almal wat leef en beef met prentjies. Boeke het ‘n manier om toe te bly en net oop te val waar ‘n menslike hand dit wil, gevolglik is feite geneig om subjektief te raak. Geld help nogal. Daar was al koue en warm tye op aarde, droogtes en erge reen, pes en welstand, oorlog en vrede, dwase en goeie mense, leuens en waarhede… Maar wat onbetwisbaar is, is dat tyd nie deur ‘n mensehand gebuig kan word nie en bowenal dat die Skepper natuur, tyd, gebeure en ons lewenslot bepaal… ‘n feit soos ‘n koei… maar dan is daar ook Sy teendeel; diegene wat sy almag minag en probeer troef…

Nope ·

Nope, ons moet nie net die bal in die Skepper se hande gooi en verwag hy moet als oplos nie. Hy het vir ons eie hande en brein gegee, ons het baie groot mate van beheer oor ons eie lot.

jcwf ·

Dankie Nope!

Moenie die Here vir ons sonde probeer verantwoordelik te maak nie. En ja daar is baie mense wat dit doen. Sommige uit hebsug. Ander mense uit dommigheid.

Of hulle kry 30 stukkies silwer vir hulle gepraat.

Maar die son is reeds die goedkoopste bron van elektrisiteit en die olie hulle verspil hulle geld aan daai stukkies silwer. Hulle gaan hul mag verloor.

johnny_walker ·

@nope , so jy se dat God is dom ? hy het n inherente fout in sy skepping gemaak ? jy se God is nie alwetend nie ? Hy het nie besef dat ons soveel sou word nie ? presies wat se jy nou eintlik ?
want wat jy eintlik se volgens wat ek verstaan is dat jy glo nie God is of was in staat om Sy skepping van so aard te maak dat ons nie nodig het om onself te bekommer oor die manier waarop dit werk nie , so eintlik wat jy se is dat God is soos Jacob Zuma , totaal en al onbevoeg ? Dit is nogals n groot belediging ? is jy n gelowige ?

LR ·

Ons enigste bron van energie is die son. Hierdie energie word opgevang deur plantmateriaal onder andere. Die olie, steenkool en aardgas onder andere is sonenergie wat deur prosesse wat miljoene jare geneem geprosesseer en vasgevang in die aardkors. Ons as die moderne mens gedryf deur kapitalisme stel nou hierdie energie weer vry in n relatiewe kort tydperk deur ons kragstasies, motors, vliegtuie, fabrieke ens. Trouens ons gebruik nie net die aarde se hulpbronne ons verbruik dit , ons leen nou hulpbronne van ons toekomstige geslagte om ons onversadigde drang na geld en goed te bevredig. Die rede hoekom ons dit nie verstaan nie is omdat ons dit nie wil verstaan nie want dan sal ons, ons selfsug moet opoffer. Ek sê maar net.

T. van Schalkwyk ·

Stem saam met die meeste kommentare dat aardverwarming én -verkoeling ‘n natuurlike proses is. Dis bloot nóg ‘n voorbeeld van die mensdom se ongelooflike arrogansie dat hulle hul verbeel hul kan hoegenaamd die gang daarvan beïnvloed.

Dat alle vorme van besoedeling dringender getakel moet word, bly egter ‘n feit.
Plastiekbesoedeling alleen het sulke erge afmetings aangeneem dat dit ‘n mens sprakeloos van skok laat! Die menslike spesie is soos ‘n swerm sprinkane in ‘n mielieland.

Vermeende ·

Alle energiebronne behalwe kern is karbon, die aarde het n verval datum waneer die lewens onsersteunende skaa gaan omhel, die rede is as volg.
Die aarde word daagliks met elektro magnetiese golwe gebombardeur (lig) al hierdie energie moet iewers heengaan, die aarde skakel dit om in lewe en waneer die plante en alles wat beweeg tot sterwe kom dan word daai energie in die aarde gestoor as karbon in olie of steenkool.
Die wereld bevolking het die draaipunt beryk met die enorme hoeveelheid karbon gasse wat ons in die atmosfeer in stuur, die skaal gaan tip en ons gaan aan die kortste ent trek.
Mense besef nie, daar bestaan net soveel energie, ons kan nie daarvan weg vat of byvoeg nie, ons kan een soort energie net omskakel na n ander.
Al wat die wereld kort is net een mega vulkaan om tot uitbarsting te kom en ons is terug in die ystydperk sonder kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.