Administratiewe kostes gaan verbruikers hard slaan

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Administratiewe kostes wat grootliks deur die regering bepaal word, gaan verbruikers hard slaan. Dié waarskuwing kom van die hoofekonoom by die Efficient Groep, Dawie Roodt.

Roodt wys daarop dat veral vervoerkostes opgejaag word, wat noodsaaklike produkte se pryse gaan laat styg.

Volgens Roodt gaan al die administratiewe kostes, wat grootliks belastings insluit en deur die regering ingestel word, die ekonomie onder druk plaas. Roodt is veral omgekrap oor die suikerbelasting omdat dit tot administratiewe poste in die regering sal lei.

Roodt sê egter dat administratiewe kostes gewoonlik in April se inflasie-gegewens bereken word en dat dit nie ʼn mooi prentjie gaan skilder nie.

“Dit lyk donker vir Jan Publiek. Belasting op toegevoegde waarde styg met 1%, die brandstofprys gaan skerp die hoogte inskiet en tolgelde het ook opgegaan. Hoe moet die verbruiker uithou,” het hy gesê.

Roodt wys daarop dat verlede maand se rentekoersverlaging nie juis uitkoms vir verbruikers gaan bied nie. Hy meen die verhogings wat hierdie maand begin het, is net een te veel vir vuisvoos verbruikers.

Intussen sê hy dat vulstasies vanmiddag volgepak sal wees weens motoriste se laaste poging om die brandstofstyging vry te spring. Die brandstofpryse word aangeblaas deur die brandstof en Padongelukkefonds-heffings.

Die departement van energie het aangekondig dat petrol met 72 sent tot R14,48 styg. Diesel sal met 65 sent tot R12,74 klim. Die paraffienprys daal met twee sent. Die swakker Rand/Amerikaanse dollar-wisselkoers het ook die pryse nadelig beïnvloed.

Intussen het die minister van vervoer, Blade Nzimande, aangekondig dat tolgelde op nasionale roetes van gister af gestyg het. Die styging is vir die 2018/19 finansiële jaar.

Nzimande sê die  tariewe is aangepas om met inflasie en die verhoging in BTW tred te hou. Dit sluit e-tolfooie ook in.

Die tolfooie word verhoog op die volgende roetes: die N3-tolpad tussen Gauteng en Durban, die N4-roete vanaf die Mosambiekse grens tot die Botswana-grens, sowel as dele van die N1, N2, N17 en die R30.

Volgens Roodt gaan die tolgeld-stygings saam met die brandstofverhogings tot duurder pryse op die winkelrak lei.

“Die uiteinde is dat die verbruiker weer alles gaan moet opdok,” sê hy.

Met navrae by verskeie kleinhandelaars oor die verhoging in BTW was daar ʼn tikkie goeie nuus. Die Shoprite-kleinhandelgroep het aangekondig dat hy vir eers die BTW-verhoging self gaan absorbeer. Die winkelgroep sê dit is veral by produkte wat deur die armes aangekoop word waar daar min verskil in pryse sal wees.

Volgens Shoprite sal hy die verhoging in BTW op 24 000 produkte absorbeer.

Intussen het Makro, wat aan Massmart behoort, aangekondig dat die oorgang in die BTW-koers sonder voorval verloop het.

Die groep se woordvoerder, Annaleigh Vallie, het gesê dat dit ʼn bedryfsoperasie was en geen probleme ingehou het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Ag, en ons is almal soooo positief na Zuma se vertrek ~ Het hy vertrek? ~ en met die padda-kok se aanstelling. Zuma se gratis… gratis… is ons voorland. Die bankkrot- staatsinstellings eet en drink ook ons nuwe btw-bloedgeld en met die petrolprys wat saam styg kan die winkelbase lekker speel met produkpryse. Kyk net hoe gaan die bedrae opskiet. Maar ons is so positief… ja, en die plase is steeds ons s’n. En die boere oefen hart aan mooi sinne om die opstandiges by die plaashek mooi terug te antwoord anders sit hulle in die tronk met mamma & kie agter op die trok na die plan-B-reddingsboei. So optimisties, ja, alles gaan voor die wind. Volstruise se moses met ons koppe in gate… ook nie ons s’n nie.

jaNE ·

Jip hulle gaan die verbruiker tap en tap tot alles leeg is. Die middelklas gaan die armklas word, want dit is hulle wat dit die hardste aan hulle sakke gaan voel . Die arm klas gaan maar net heeltemal onder gaan en in plakkerkampe gaan bly as hulle nie reeds daar is nie. Waar die middelklas darem die plakkerkampe kon help, gaan hulle dit ook nie nou meer kan doen nie (en ek praat van wit en swart plakkerkampe). Die middelklas gaan net net oorleef en hulle salarisse gaan net die elektrisiteitsrekeninge (wat weer met 30% gaan styg) kan betaal sowel as die verhoogde tol en brandstofgelde en verhoogde kospryse. Die REGERING se manne en vroue sit dik van die geld, asook die parastatals en hoofde van staatsdepartemente. Hulle hou parties van R20 miljoen op ‘n slag en wonder hoekom daar nie meer geld in die cookie jar oor is nie . dan kry hulle NOG by die vuisvoos verbruiker. HULLE MOET EEN DING VERSTAAN .. die mense wat hulle kan TAKS raak al hoe minder . mense emigreer, mense met wie dit goedgegaan het gee hulle besighede op .. mense gee hulle plase op . dan nog ‘n klomp wat hulle plase en eiendom en besighede gaan verloor ook WIE GAAN DIE TAKS DAAROP BETAAL?? DROEWIGE TOEKOMS IN SA …

Sê net ·

Hierdie scenario waarin ons tans verkeer, herinner my meer en meer aan die storie van “Robin Hood and the Sheriff of Nottingham”.

Sterkte aan almal wat deur die verhogings geraak word.

Only the strong will survive.

Penellope Jones ·

Wat is daar wat nie hard slaan nie . . . . . .
Dis ‘n bose, bose, bose kringloop.
Soos wat brandstof duurder word, so word voedsel duurder, vervoerkoste, alles.

Wanda ·

Laat hulle dan ook sommer alle voedsel wat op die winkelrakke pruik met die Halaal teken vir ons wat Christene is verpakkings maak sonder die Halaal merk. Ek glo nog steeds van daai geld gaan na die moslems om ander instansies te onderhou. Terwyl ons nou moet hoes kan ek asseblief produkte koop wat nie halaal gemerk is nie. Ek aanbid nie hulle geloof nie so ek sien nie hoekom kan ek nie koop wat ek wil sonder n vergrootglas nie. En glo my als is omtrent Halaal gemerk dis om van naar te word!!!!

Piet Pompies ·

Dit is baie jammer dat negatiewe publisiteit deesdae meer aandag geniet as die goeie nuus. Ek verwys na ons besoek aan Port Elisabeth Sept 2017 en huidige ekonomiese stand van ons werkgewer. Om kompeterend te wees moet jy kreatief werk en volhoudbare marke skep wat jou produk koop. Moet nie sit en wag dat iemand eers iets doen en dan verdedigend optree, wees eerste en moet jou nie vergelyk met ander. Afgesien van die negatiewe goed wat in SA gebeur het ons ekonomie van November 2017 positief gedraai met opwaardse groei. Dit is wat belangrik is vir my en jou, as verbruikers vertroue toeneem agv inkomste uit die vervaardiging sektor gaan dit goed en beter met ons.

Selfbeskikking ·

Hierdie land sink en dit sink vinnig, ons moet dadelik met harde onderhandelinge begin om onsself te red deur ons eie wonderlike land soos Israel te skep. Hoef nie groot te wees nie, hoef nie ryk aan minerale te wees nie. Met tegnologie sal ons baie vinnig weer in n eerstewereldland metn blink toekoms leef. Laat die ANC hulself sink maar ons moet nou uit.

Mielie ·

Hulle behoort meer belasting op KFC te hef nie net suiker wat vet maak en ongesond is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.