Doen jy vryskutwerk? Wen groot pryse!

(Foto: Pixabay)

Besit jy ʼn vryskutbedryf? Wil jy jou onderneming bemark en ʼn goeie inkomste daaruit verdien?

Talentwerf het die “Bemark jouself!”-kompetisie van stapel gestuur waarin jy ʼn bemarkingsplan ter waarde van R30 000 kan wen om jou onderneming op die been te bring. Die doel van die kompetisie is om bewusmaking vir die beroep en vir talentvolle vryskutters te skep.

Die bemarkingsplan wat gewen kan word fokus onder meer op die vryskutter se korporatiewe identiteit, ’n sosiale media-plan en ʼn onderhoud met Maroela Media.

Talentwerf is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand. Dit is ʼn platform wat aanlyn vir vryskutters die geleentheid gee om hulle werk ten toon te stel vir potensiële projekte waarin hul talente benut kan word. Boonop is dit ʼn platform wat ontwikkel is om vryskutters en sakeonderneming bymekaar uit te bring.

Die publiek kan van 1 Julie inskryf vir die “Bemark jouself!”-kompetisie.

Vryskutters word gevra om hulself in ʼn kort video te bemark en dit dan op sosiale media te deel. Die beste video’s sal deur Talentwerf op verskeie sosialemediaplatforms gedeel word en die publiek sal dan gevra word om vir hul gunstelingvideo te stem. Kry dus jou vriende om jou video te deel en jou só te help om jouself te bemark.

Hoe skryf jy in?

  • Maak ʼn video van minder as een minuut waarin jy jou onderneming of bedryf beskryf en terugverwys na www.talentwerf.co.za waar jou sakeprofiel geregistreer is. Wees kreatief, kry ʼn vriend om jou te help en maak dit oulik!
  • Plaas jou video op jou sosialemediaplatforms en vra jou vriende om dit te deel.
  • Stuur ʼn e-pos met die skakels van waar jou video geplaas is na [email protected]
  • Die beste video’s sal op ons sosialemediaplatforms gedeel word en ons sal die publiek vra om vir hulle gunsteling te stem.
  • Daarna sal die wenner gekies word en die groot prys ontvang (sien onder wat die prys is)!
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Julie 2018.

Pryse

  • Die korporatiewe identiteit van jou besigheid sal hersien en professioneel herontwerp word.
  • Daar sal in Augustus en September ʼn sosialemedia- en ʼn bemarkingsplan ter waarde van R30 000 vir jou besigheid deur ons professionele bemarkingspan uitgerol word.
  • Die wenner sal ook ʼn onderhoud met Maroela Media voer om sy of haar onderneming of bedryf ten toon te stel en banieradvertensies sal op Maroela Media se webblad vertoon word.

ʼn Vryskutter is ʼn persoon wat selfstandig werk en nie noodwendig op die langtermyn aan ʼn bepaalde werkgewer verbind is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Albaster ·

Dankie vir die kompetisie. Ek hoop baie meer mense wil vryskutwerk begin doen, dit is ekstra geld, eie werk skep. Veral belangrik is dat vryskutwerkers wat oor die internet kan werk hulle dienste oorsee moet bemark.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.