Ekonomie: Donker prentjie geskets

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Dit wil voorkom asof talle hekkies die Suid-Afrikaanse ekonomie steeds in die gesig staar voor dit werklik aan die gang gaan kom.

Beide die Wêreldbank en Fitch Solutions Macro Research het ʼn donker prentjie vir die land se ekonomiese groei geskets.

Fitch Solutions is ʼn filiaal van die graderingsmaatskappy Fitch Ratings. Laasgenoemde, saam met Standard & Poor’s Global het Suid-Afrika se kredietgradering tot rommelstatus verklaar. Dit was ná oudpres. Jacob Zuma se laaste kabinetskommeling waar hy Pravin Gordhan die trekpas gegee het as minister van finansies sowel as sy destydse adjunkminister Mcebisi Jonas.

Volgens Fitch Solutions sal die ekonomie teen ʼn slakkepas in 2019 herstel. Boonop waarsku die maatskappy dat beleidsonsekerheid tot ná die 2019-verkiesing sal heers. Beleidonsekerheid, soos die onsekerheid oor die Mynbouhandves, word uitgewys waarom die ekonomie teen sy huidige pas voortploeter.

Die ekonomie het in die eerste helfte van vanjaar in ʼn tegniese resessie verval. Menings is uitgespreek dat dit die gevolg van Zuma se presidentskap was.

Fitch Solutions voorspel dat ekonomiese groei vanjaar verder kan verlangsaam. Die maatskappy skryf dit toe aan ʼn daling in die landbousektor se bydrae en styging in inflasie. Dit voeg by dat groei-vooruitsigte in 2019 effens kan herstel.

Die maatskappy het sy groeivooruitsigte vir vanjaar van 1,3% tot 0,7% halveer. Die maatskappy het ook sy vooruitsigte vir 2019 afwaarts aangepas. Dit sê groei kan met 1,7% styg pleks van die verwagte 2,1% wat aanvanklik voorspel is.

Dit sê druk in die landbousektor sal afneem wat die herstel in die belangrike bydraer tot bruto binnelandse produk kan ondersteun.

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

In die verslag, wat gister uitgereik is, sê Fitch, ofskoon die regering deurdagte stappe geneem het om die ekonomie ʼn hupstoot te gee met sy stimuluspakket om versekering aan beleggers en plaaslike sakelui te gee, politieke onsekerheid voor die verkiesing wel kaarte deurmekaar kan krap.

Die maatskappy het bygevoeg dat eksterne faktore ook die land se ekonomiese groei kan beduiwel. Drie van die faktore, stygende ruoliepryse, die wisselkoers wat die Amerikaanse dollar bevoordeel het en Amerika se handelsoorlog met China, het die land vanjaar hard geslaan.

Fitch se verslag het net ʼn dag ná die Wêreldbank gewaarsku dat president Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimuluspakket ʼn beperkte effek op die land sal hê. Ramaphosa het die plan verlede maand aangekondig nadat die tweede kwartaal se ekonomiese groei ook negatief was en die land in ʼn tegniese resessie gedompel het.

Ramaphosa se plan sluit in werkskepping, infrastruktuurbesteding en beleggings in munisipale infrastruktuur.

Fitch Solutions sê die politieke omgewing en diskoers in aanloop tot die verkiesing kan moontlik alles beduiwel.

Intussen het die Wêreldbank in sy jongste verslag aangedui dat Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers vanjaar en volgende jaar papper kan wees. Dit sê in sy verslag dat Ramaphosa se stimulusplan nie juis die land sal bevoordeel nie.

Die bank se groeivooruitsig vir vanjaar is 1% teenoor sy aanvanklike 1,4%. Dit is effens hoër as die Suid-Afrikaanse Reserwebank se groeivooruitsig. Die groei vir 2019 is van 1,8% tot 1,3% aangepas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Shame ·

Ag en almal het gedink omdat Cyril so ‘n wonderlike besigheidsman is dat hy NIE SA sal laat ondergaan nie . nou kry tot apartheid die skuld dat SA besig is om te sink. DINK maar net waaruit het hy ryk geword en wie het hom gepush . min het GEWERK daarvoor . .. daar was ‘n wonderlike policy naamlik BEE uitgedink en almal het eerste gehardloop om die CONNECTED ones op hulle briefhoofde en shareholder sertifikate te kry .. nou swaai die STERT die HOND rond . shame …

Afrikaanse Kaanp ·

Hy is verseker nie ‘n wonderlike besigheidsman nie, hy is ‘n BBBEE direkteur wat daar sit en mooi lyk, en ‘n pophuis vol geld betaal word. Hy het verseker nie $615 miljoen sterk geword omdat hy eerste op kantoor was en laaste om te gaan nie. Ek sal hom nie moet ‘n spaza shop se finansies vertrou nie.

christa ·

wat verwag ons Nadat eiendom heeldag bedreig word. CR help baie hard aan die rommelstatus se bevordering

Oop Oe ·

Die wereld begin agterkom wat hier aan die gang is. Mooi so!

Ramapaddapot ·

Die redes is voor die hand liggend:
Grondgrype ens…..
Plaasmoorde
Erge rassisme teenoor blankes.
Gewone moorde /verkragtings/korrupsie in die staat/.
Die verval van alles in S A – om dit ‘diversiteit’ te maak. Verval is dan ‘n groot Ja-Ja.
Die verval van moraliteit – ook ‘n groot Ja -Ja

Salamander ·

Weereens ‘n preek vir die bekeerdes. Hierdie boodskap moet aan 62% van die land se ideologiese afvalliges oorgedra word op ‘n praktiese, visuele manier. Hulle hoor al hierdie groot woorde en al wat by hulle opkom is racist, Boer, colonialist, White Imperialist, WMC ens.

John ·

Ja, a bee stings even its boss… Roekelose middernagtelike aankondigings voor groot plakkate van oud-kaders doen eerder skade en Ingelse leuens voor die VVO hetsy die OVV of arms om die blad met Soros en sy dik beursie ook. Om die gans wat die goue eiers le se kosbak leeg te hou is nogal dommer as dom. Windeiers kry geen aftrek nie… nee, ek jok… dit doen… Dit trek die land af na die afgrond en die Suid-Amerika se ekonomiese kaperjolstyl wat ondergang waarborg.

Judge Dredd ·

Betrekking SA – Die graderings agentskappe begin altyd met beter vooruitsigte aan begin van jaar en dan pas hul vooruitisigte al hoe laer aan soos die jaar aangaan.

Wanneer laas het SA beter groeikoers behaal as wat graderingsagentskappe bepaal het ?

Ryan ·

Dit gaan nooit aan die gang kom nie. Nou die dag raak gelees en dis nogal waar : As mens elektrodes in ‘n lyk druk, en die regte hoeveelheid krag deurstuur, kan jy die lyk lewendig laat lyk. Dit is makaber, oneties, krimineel en niemand gaan van jou hou as jy dit doen nie. So voel ek oor sy “stimuluspakket”. Hou op konsentreer op ditjies en datjies, bou meer tronke, arresteer en vonnis die duisende bedrogmakers, (sodoende skep jy werk ook) daar is baie wat buite die tou trap of lui wegsteek en nie wil werk nie. Daar is groot skoonmaak nodig.

Arak ·

Shame, jy slaan die spyker op die kop. Die geldjie wat Cyril kwansuis so gekry het as “besigheidsman” is nie weens sy eie vermoëns of kundigheid verkry nie, en is maar net weer geneem van die hardwerkendes op grondvlak. Cyril, net soos sy kollegas in die bloukussings, het nog nooit iets op hul eie op gebou nie, maar as dit by plunder en vernietig kom het hulle geen gelykes nie. Die stimulus pakket is net die nuutste manier om die laaste bloed uit die belastingbetalers te tap om hulself nog so bietjie te kan verryk.

alida ·

Solank as wat hy staan en lieg oorsee sal dit nie beter gaan nie. Erken eerder dat misdaad en plaasmoorde buite beheer is en DOEN dan iets daaraan in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsmaatskappye. Dan eers sal die buiteland dit oorweeg om geld hier te belê. Hy het gedink die buiteland se mense weet niks wat hier aangaan nie. BIG MISTAKE. Die hele wereld weet wat hier aangaan gelukkig. CR begin deur te erken dit is gemors in SA en doen dan iets daadwerkliks daaraan.

Genoeg gehad ·

Die hele Regering is n sirkus. Nog nooit in my lewe so baie narre bymekaar gesien nie. Kyk hoe gaan dit in die Parlement.

George Pelser ·

Wat anders as totale ineenstorting en alles wat daarmee gepaard gaan as jy ‘n situasie het waar uiters belangrike werk gedoen moet word deur mense wat geen benul het nie? Wanneer belangrike besluite geneem word gebasseer op ras en simpel uitgediende idiologiee om te vry na die kruisie van ‘n sekere deel van die bevolking? Wanneer sogenaamde leiers meer bekommerd is oor hulle eie finansiele welstand en nie ‘n snars omgee vir hulle mandaat wat hulle gegee is om in diens te wees van die land en AL sy mense nie? Wanneer ‘n leier opstaan en blatant lieg voor die hele wereld oor wat in sy eie land aangaan? Aggenee wat. Die land die land snel voort na die afgrond. Mens kan maar net dink hoe dit gaan eindig en nederig in gebed roep na Hom waar ons sal skuiling vind en Wie ons nog altyd uitkoms gegee het.

Herman ·

Betaal julle skuld en bele julle geld in die buiteland….. dinge gaan nog rof raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.