Ekonomiese groei traag; rentekoersverhoging sal skade doen

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Foto: ANA

Ontleders sê ’n ekonomiese knyptang staar Suid-Afrika in die gesig. Verbruikersinflasie het in Junie gestyg, terwyl die Britse bank HSBC ’n verslag uitgereik het waarin hy aanneem dat die tweede kwartaal se ekonomiese groei gaan verlangsaam. Dit kan die ekonomie in ’n tegniese resessie plaas.

Daar is egter goeie nuus vir verbruikers. Ontleders sê ondanks die hoër inflasiesyfer vir Junie is die ekonomie in ’n swak stand wat nie ’n koersverhoging sal regverdig nie.

Junie se inflasiesyfer was die hoogste in tien maande en ekonome sê die ekonomie se sukkel-vertoning het tot sakeondernemings se vermoë om inflasie na verbruikers oor te dra, in die wiele gery.

’n Voorbeeld hiervan is Suid-Afrika se kleinhandelreus Shoprite-Checkers wat vandeesweek sy jaarverslag tot einde Junie uitgereik. Die maatskappy se wins is veral deur hoër brandstofpryse en die lae inflasie-omgewing gepootjie. Sy aandeel het sedert November met 19% verswak.

In reaksie het sy bestuurshoof, Pieter Engelbrecht, laat blyk dat dit ’n taai jaar vir die groep was. Sy omset het net met 3,1% tot R145,3 miljard gegroei. Sy verdienste het met 3,8% verswak. Volgens Shoprite is sowat 13 000 produkte vanjaar teen ’n laer prys verkoop teenoor ’n jaar gelede.

Die groep sê dit was die laagste prysgroei wat hy die afgelope sewe jaar ondervind het. Prysgroei het ook in sy winkels in Afrika skerp gedaal. Groei het van 14,4% tot 1,1% geval.

Ander faktore wat Engelbrecht as probleme uitgewys het, was die eerste BTW-verhoging in 25 jaar in Suid-Afrika, diensleweringsproteste en die devaluasie van die Angolese kwanza.

Intussen sê ekonome dat die verbruikersinflasiesyfer steeds gerieflik binne die Reserwebank se teiken van 3% tot 6% is. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het onlangs beklemtoon dat die bank se monetêre beleid nie deur die rand se wilde swaaie beïnvloed word nie.

Ekonome meen dat die nagmerrie-ekonomie en hoë werkloosheidskoers net nog ’n spyker in die ekonomiese doodskis wees. En volgens hulle is dit nie juis iets wat president Cyril Ramaphosa nou kan bekostig nie.

’n Senior ekonoom by NKC Research, Elize Kruger, het egter ’n positiewe siening oor die ekonomie.

Sy sê dat haar voorspelling is dat die ekonomie wel tog marginale positiewe groei in die tweede kwartaal aangeteken het.

Kruger se vooruitskatting is groei van 0,8% op ’n kwartaalgrondslag vergeleke met die negatiewe 2,2% van die eerste kwartaal. Sy sê so sal Suid-Afrika ’n tegniese resessie voorkom, maar die groei is baie laag en bevestig dat die ekonomie as ’n geheel steeds onder baie druk verkeer.

Sy het bygevoeg dat dit ’n scenario skep wat nie enige iets goeds vir broodnodige werkskepping voorspel nie.

“Maar  dit sal ook verhoed dat die Reserwebank te vinnig daaraan kan dink om rentekoerse te verhoog. Inflasie bly steeds binne die 3% tot 6%-band en ekonomiese groei is te traag; ’n rentekoersverhoging nou sou meer skade as goed doen,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Onrus in Turkye of die nare, sterk Amerikaanse Dollar gaan seker nou weer geblameer word… Tog net nooit die cANCer in ons midde nie!

marous ·

Dis natuurlik vals en misleidend en het ten doel om paniek te saai …

jaco ·

gaan net elke naweek na Canal Walk winkelsentrum in die Kaap. Dan sien jy vinnig ons ekonomie is nog spekvet en gesond. Hordes mense, lang toue by die kasregisters, ver stap vor parkering. WEk wonder waar koop 7mMense wat hierdie projeksies in hierdie berig maak, dan hulle brood en botter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.