Entrepreneurs kan risiko’s verminder met goeie marknavorsing

navorsing

Foto:
Startup Stock Photos/Pexels.com

Enigiemand wat beplan om ʼn sakeonderneming te begin of ʼn bestaande onderneming uit te brei word aan risiko’s blootgestel en in die huidige ekonomiese omstandighede kan dít wat ʼn entrepreneur nie weet van sy of haar klante nie, die onderneming maklik laat flop.

Met insig en kennis oor die inkomste en bestedinggewoontes van verbruikers, asook die beskikbare koopkrag, wat tans nie deur bestaande sakeondernemings opgevang word nie, het enige nuwe onderneming ʼn kompeterende voordeel.

Entrepreneurs kan veel beter strategiese besluite neem wanneer hulle weet waar hul kliënte hulself bevind, hoeveel kliënte in hul onmiddellike omgewing is en hoeveel hul kliënte op sekere produkte en dienste bestee.

Property Investment Consulting se marknavorsing kan die betrokke risiko verminder en enige sakeonderneming ʼn kompeterende voordeel verskaf. Entrepreneurs kan hul ondenemings reg posisioneer om meer kliënte te lok en die mark te oorheers met die soort inligting wat ʼn deur marknavorsing ingesamel word.

Volgens StatsSA (2017) se kleinhandel-steekproef het verkope in die kleinhandel-kategorieë vir algemene handelaars, voedsel- en klerehandelaars, asook farmaseutiese en mediese goedere, ʼn groeikoers van 8,5% jaar op jaar getoon.

Hou maar net in gedagte dat ʼn positiewe groeikoers hier nie beteken dat verbruikers se vertroue in die land se ekonomie toegeneem het nie. Volgens FNB/BER (201) se verbruikersvertroue-indeks het verbruikersvertroue na -9 in die tweede kwartaal van 2017 gedaal.

Indien entrepreneurs verbruikers wil lok en behou is dit krities om vertroud te wees met hul bestedingsgewoontes. Die data wys dat verbruikers hul inkomste tans baie oordeelkundig bestee. Entrepreneurs moet sakeondernemings só posisioneer dat verbruikers juis hulle ondernemings bó dié van ander verkies. Property Investment Consulting se marknavorsing kan entrepreneurs dié kompeterende voordeel verskaf.

Property Investment Consulting is onder meer ontwikkel uit die nood om kleinsakeondernemings by te staan. Met ondervinding in ontwikkelingsekonomie en stads- en streeksbeplanning is die marknavorsingsfirma in staat om klein en groot sakeondermening te ondersteun en te verseker dat hulle ʼn kompeterende voordeel in die mark verkry en behou. Die firma het al vir talle groot franchise’e advies verskaf oor die winsgewendste liggings vir hulle individuele franchise, terwyl hulle kleiner sakeondernemings gehelp het om die winsgewendste groottes vir hulle betrokke sakepersele te bepaal.

Wees oortuig jy ken jou verbruikers indien jy beplan om ʼn sakeonderneming in 2018 te begin of te vergroot. Property Investment Consulting kan vandag nog gekontak word vir ʼn gratis konsultasie. Besoek Property Investment Consulting se webwerf of bel Annette de Kock by 076 985 3088.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.