Fedusa wil Donald Trump pak oor staalbedryf

President Donald Trump (13 April 2018) (Foto: AP Photo/Susan Walsh)

Dit kan dalk as ’n Dawid-teen-Goliat-stryd beskou word, maar Suid-Afrika se tweede grootste vakbondfederasie, Fedusa, rol sy moue op om Amerika se president, Donald Trump, te pak oor sy tariefbeleid jeens Suid-Afrika se staal en aluminiumbedrywe.

Fedusa wil hê dat Trump die tariefheffing moet opskort omdat Suid-Afrika geensins die Amerikaanse bedryf bedreig nie.

Volgens die mees onlangse beraminge het Amerika Suid-Afrika se versoek vir uitsluiting van die nuwe staal- en aluminiumtariewe van die hand gewys.  Ontleders wys daarop dat Amerika waarskynlik die Wêreld Handelsorganisasie (WHO)-maatreël oortree.

Die departement van handel en nywerheid het ook sy kommer oor die Amerikaanse standpunt uitgespreek.

Volgens staalnywerheidskenners kan Trump se jongste skuif tot ten minste 7 500 werksverliese lei.

Ekonome sê dit is juis iets wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie weens sy hoë werkloosheidsyfer en lae ekonomiese groeikoers. Boonop het Evander-goudmyn ook sy sluiting aangekondig wat tot ʼn verdere 2 500 werksverliese sal lei.

Intussen het Fedusa kaalvuis ingeklim en Trump van onetiese gedrag beskuldig.

Sy hoofsekretaris, Dennis George, sê dat die federasie appèl teen Trump se besluit wil aanteken. Hy sê Trump se besluit om Suid-Afrika nie kwyt te skeld van hoër tariewe nie sal net werksverliese in die land versnel.

Hy het veral kommer uitgespreek oor werksverliese in die vervaardigings- en mynbousektor. Hy sê die twee sektore het reeds duisende werksverliese weens die ongunstige wêreldekonomie gely.

Fedusa sê dat Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na Amerika klein is en dat dit nie een vir die hoër tariewe oorweeg moes word nie. Hy sê Suid-Afrikaanse uitvoere van die twee produkte hou geensins ’n bedreiging vir Amerika in nie.

Volgens die Amerikaanse departement van handel en  nywerheid het Amerika 33,4 miljoen ton ingevoer waarvan 330 000 ton uit Suid-Afrika kom. Dit was minder as 1% van Amerikaanse staal-invoere.

George sê weens die gegewens is dit duidelik dat Suid-Afrika geensins ’n bedreiging vir Amerika inhou nie – die enigste bedreiging is dat 7 500 poste in Suid-Afrika in die slag kan bly.

Dennis het aangekondig dat Fedusa saam met die Internasionale Vakbondkonfederasie gaan werk om druk op die Trump-administrasie toe te pas om sy tariefbeleid te heroorweeg.

Boonop bevraagteken Fedusa Trump se besluit veral omdat dit gekom het nadat hy ’n potjie gholf met die Australiese mynmagnaat Joe Hockey gespeel het.

“In watter mate het die potjie gholf Suid-Afrika gekos?” vra George.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ampie ·

Dit gaa nie regtig oor die klein staaluitvoere van SA na die VSA nie. Die VSA het eerder SA nie uitgesluit nie omdat SA een van die lande is wat die Amerikaners die minste steun in die VN. Trump en sy raadgewers het dit raakgesien en skuld SA dus niks nie. Fedusa kaan maar vergeeet, onder President Trump gaan die besluit nie teruggetrek word nie.

Gerhard ·

Dit is wat gebeur as jy muishond lande en instansies se kant kies teen die hand wat jou voer.

Heel mond ·

SA moet leer on uit die Amerikaners se uitvoer van oorlog te bly dan sou dit nie gebeur het en oor dit gaan hulle 3 biljoen dollar ook verloor as hulpfonds.

Whaaaaaaa ·

Ag ASB tog, julle is nie nou met bang afrikaner boere, hulle vrouens en kinders te doen nie . TRUMP sal julle van die aarde afvee, hou op om te dink omdat julle MASSAS is en alles VERNIET WIL HE gaan TRUMP hom aan julle steur . JULLE BOELIE LEKKER die minderheid wittes in SA maar julle gaan julle moses met hom teekom hoor PROBEER GERUS .. ek wag !!

Eie skuld ·

Werksverliese is suiwer toe te skryf aan ons swak skoolsisteem, swak dienste, eskom sonder krag, entitled werkers. Trump beskerm net sy eie land se mense soos enige president wat vir sy eie mense omgee doen. Ek wens ons president het omgegee vir sy eie mense. Afrika sal alewig bedel by die weste, bakhand staan viur gunsies.

ROFL ·

Hoe gaan julle dié wen, want om aftebrand en “WMC” en rassis te skreeu gaan nie teen USA werk nie. Julle gaan julle agteralies sien, en dis niks minder as reg nie. Gee hul gas Pres. Trump, vee hulle af!

bgj van der westhuizen ·

bedank die anc vir dit moet nie die hand wat jou voer byt nie wad dan sal hy nie meer jou voer nie suid afrika se skuld dat dit gebeur het en usa is nie gepla oor wat julle se nie of oor mense wat werk gaan verloor nie wand hy het ook mense wat werk moet he suid afrika moet eerder begin om stil te bly en op hou saam verkeerde lande te stem

pieter ·

Bring it on ,ten minste is hy nie deurmekaar met die Guptas nie.

Corrien ·

Die VSA was in elk geval nooit die Boere goed gesind nie, dink aan die jood Kissinger. Trump of je van hom hou of nie, hy se, Amerika eerste, hy het gesorgt dat werkloosheid in die VSA sterk afgeneem het. Sy buitenlandse beleid is moeilik te verstaan, hy is afhankelijk van die vele lobbies wat hom daar gestel het.

Pieter Schoombee ·

Anti-Semitisme is lewendig en gesond en woon hier.

Gert ·

Fedusa moet liefs ‘n komediese webblad begin, want hulle het my nou lekker aan die giggel. Trump plaas Amerika eerste, ‘n rare maar kritiese eienskap van enige goeie lands-leier! Trump het die grootste belasting vermindering na Reagan ‘n realiteit gemaak; Trump het N. Korea tot hul sinne gebring (en heel waarskynlik ‘n kernaanval in die midde ooste sodoende verhoed); Trump is besig om China terug in lyn te bring van hulle onetiese dominansie op die wêreldmark; Trump het gister vir Iran se leiers in die bek geruk deur te onttrek uit die kern-ooreenkoms daar (en heel waarskynlik die 3de wêreld oorlog, waarmee ons kinders sou moes leef, verhoed) en wat uiteindelik die mense van Iran ‘n beter lewe sal gee; Amerika se werkloosheid syfers is laer as wat dit in 25 jaar was, en werkloosheid onder swart amerikaners is die laagste ooit! Die bogenoemde voorbeelde is alles “doele” wat beide Republican en Democrat presidente probeer haal het (Bush, Clinton, Bush, Obama) sonder enige sukses. Trump het dit in minder as 18 maande in sy eerste term bereik! Suid Afrika se regering het lankal sy byt verloor, maar jy hap hap gereeld na Amerika se kant toe. Totdat SA regering leer om al sy eie mense te lei (ongeag van velkeur), kan jy maar vergeet van gunsies van die Whitehouse af.

JC ·

Presies Ampie, presies, en sjoe, lag ek my nou ‘n hengse papie, “Fedusa” wil President Trump, die magtigste man op aarde aanvat, lol, lol !
Die illegitieme piesangrepubliek-SA- is in die toptien lys van lande wat keer op keer teen die VSA se belange stem.
Dus…kry vir julle!

marous ·

Vertel vir Trump hoeveel geld is verduister deur die regering en hul vrinne wat niks oorkom nie. Vertel ook hoe grace diplomatieke immuniteit bekom het sonder meriete. Vertel ook vir Trump hoe al bashir weggekom het met die regering se seen . Vertel ook vir Trump hoeveel regerings instansies bankrot is en hoe dit toegelaat is. Vertel ook vir Trump hoe al die land se natuurlike hulpbronne verkwansel is. Vertel ook vir Trump hoe sy bongenoot Israel gehaat word en die terreur groepe wat die VSA met belasting geld moet beveg deur die land wat hom dreig as bondgenote gesien word.Vertel ook vir Trump wat het met die buro van standaarde gebeur onder die waaksame oog van die department van bykans geen handel en absulte geen nywerheid .

Oom Kalahari ·

@Ger en marous? Uitstekende kommentaar en gedagtes. Beter as jul insette kan daar nie wees nie. Dit is lagwekkend wat Fedusa oor droom om te probeer. Donald Trump is nie ‘n maatjie wat jul dink jul gaan oorloop nie. Die bedryfs sektor is sy spesialiteit. SA dink as hul lid is van die BRICS lande hul is tops, maar sit die pot mis. Die dag wat jul die rug gedraai het op Israel was die grootste fout. Kommunisme en hul ideale het nog nerens gewerk nie en sal ook nie.

Adam ·

Ai Fedusa, my hart bloei vir julle. Trump steur hom nie veel aan Afrika nie en met reg ook. Trump mag dalk nie die wereld se beste politikus of staatsman wees nie, maar hy is presies wat Amerika nodig het na 8 jaar van ‘n polities impotente Obama. Trump is ‘n besigheidsman en hy bestuur Amerika soos ‘n besigheid. CR is ook ‘n besigheidsman en hy bestuur SA soos sy agterent. CR sal nog leer dat as jy in ‘n stal slaap, gaan jy nie in ‘n perd verander nie. Dit is hoog tyd dat hy hom distansieer van die wereld se muishonde en leierskap begin toon. Ek het al by vele geleenthede hom gekritiseer weens sy bang, versigtige optrede en elke dag voeg hy nog ‘n letter by sy politieke doodsvonnis. “Pastoor” Maimane is natuurlik die leier op die gebied van oneffektiewe leierskap. Ongelukkig sal ons maar die bitter medisyne vanuit die buiteland moet sluk, iets wat die direkte gevolg is van die vrotsige prestasie van ons politieke leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.