Forensiese ondersoeke teen OBK verwelkom

Nhlanhla Nene, minister van finansies. Foto: Elmond Jiyane

Ontleders het Nhlanhla Nene, die minister van finansies, se besluit om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) te laat ondersoek, verwelkom. Volgens ontleders was daar die afgelope ruk te veel gerugte oor ongerymdhede by die batebestuurder en sal ’n ondersoek meer lig daarop kan werp.

Nene het ’n onafhanklike ondersoek aangevra. Sy voorganger, Malusi Gigaba, het op sy beurt ’n ondersoek (wat tans voortduur) na die SA Inkomstediens van stapel gestuur

Nene het, onder meer, die OBK se raad gevra om ’n forensiese ondersoek na sy bestuurshoof Dan Matjila en die hoof-finansiële beampte, Matshepo More, te begin.

Nene se aankondiging het gekom ná ’n jaar se onstabiliteit by die OBK. Dit is die eerste konkrete stap wat die regering gedoen het om die batebestuurder te stabiliseer. Die OBK het R2 triljoen se beleggings onder sy beheer. Dit is geld wat hoofsaaklik aan staatsdienswerkers behoort.

Volgens Nene se kantoor sal die bestuursraad van die OBK die forensiese ondersoek na Matjila en More doen. Daar is waarskynlik getuienis wat Matjila en More kan verbind tot onreëlmatighede. Daar is ook die moontlikheid dat nog twee bestuurslede by die ondersoek betrek kan word.

Volgens bronne binne die OBK is dit nog nie duidelik of Matjila geskors kan word nie. Dit is grootliks weens tweespalt in die raad.

Die leier van die UDM het hof toe gegaan om Nene te dwing om ’n ondersoek na Matjila in te stel.

Volgens Nene se kantoor gaan Ernest Nesane en Paul Magula, wat direkteure van VBS Bank was, ook ondersoek word vir ongerymdhede. Hulle het na bewering van VBS Bank se hoofaandeelhouer, Vele Investments, fondse ontvang om nog geld aan die bank te leen.

Holomisa is egter ontstoke dat geen aksie tot dusver teen Matjila geneem is nie. Volgens hom is dit duidelik ’n teken van politieke voordeel en guns. Hy beoog verdere regstappe.

Die ondersoek gaan kyk na die OBK se nakoming van korporatiewe reëls en die 27%-aandeelhouding in die VBS Bank. Ander transaksies wat waarskynlik onder die vergrootglas gaan kom, is die OBK se lening van meer as R1 miljard aan dr. Iqbal Survey se Independent-koerantgroep, waarvan African News Agency (ANA) ’n filiaal, is.

Die OBK het reeds aangedui dat hy alle transaksies rondom die Independent-groep gaan ondersoek.

Die raad sal ook kyk of Matjila ’n vrou, Pretty Louw, as agent vir die OBK begunstig het.

Ontleders sê die ondersoek is noodsaaklik omdat staatsdienswerkers se geld betrokke is. En dat wanbestuur ’n invloed op hul pensioenuitbetalings kan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grassie ·

Die staatsdienspensioenfonds is oor baie jare heen op verstandige en eerlike wyse deur die vorige regering opgebou tot ‘n sterk fonds met baie groot bates. Nadat die ANC die mense wat die fonds bestuur met hul eie kaders vervang het, kon hulle nie hul dieftige vingers uit daardie geldkassie hou nie. Soos alle finansiële instellings wat hul oorgeneem het, het hulle dit begin plunder, miljarde rande op ‘n slag. Ek glo die ondersoek wat nou kom gaan maar bra oppervlakkig wees want ‘n in-diepte ondersoek sal sekerlik bewys hoe verrot die ANC-regering tot in hul diepste wese is. Die wanbestuur (diefstal) wat tot nou bekend is, is volgens my mening net die punt van die ysberg. Ek hoop nie ons vind op ‘n dag uit dat van die pensioenfonds net ‘n papierfonds oor is nie.

Koos ·

‘n Yster is iets wat in ‘n skrootwerf rondlê. Tyd vir ‘n nuwe pryswoordjie. Maar voor ons agter ‘n nuwe een kies, waar het hierdie afgesaagde gebruik van die woord ontstaan?

Eish ·

Hier kom die nuutste blik wurms. Ek sal uiters verbaas wees, nee, liewer geskok indien hierdie instansie die verrotting vrygespring het.
Die stank is reeds op n afstand waarneembaar.

Lerato ·

Die persoon agter al die gemors, kom nie eers in die hof nie

Koos de Meyer. ·

Waar is daar ‘n staats instelling waar daar nie bedrog of diefstal by betrokke is nie. Dan wil Cyril nog meer in bestuursposte hê. Hulle kan nie eers ‘n kar bestuur nie, wat staan nog ‘n besigheid.

Johan Nel ·

RED SUID -AFIKA

Effen gewysigde aanhaling wat direk op ons land betrekking het.

WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle selfsugtige begeertes wat in julle ledestryd voer nie?
Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.
Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit vir julle eie plesier en begeetes te te gebruik

( weens dieselde rede , leef wat het in vrees dat hulle sal veloor en om dieselfde rede word hulle gebede nie verhoor nie.)

Die werke van die vlees is openbaar, naamlik ongebondenheid;, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord,

Die vlees se werke is sonder vergifnis en selfsugtig

Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Net deur vergifnis ( deur te vergewe word jy vergewe)

Maa die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Teen sulke dinge is die wet nie.
Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

Aan hulle ( julle) vrugte sal hulle (julle) geken word.

Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Laat ons ophou murmureer en meer vetrou soos ons voorvaders deur gebed.

Poot ·

Raak ontslae van een korrupte……. en stel net weer ‘n ander een aan. Never ending story.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.