Groot onsekerheid bedreig SA se staatmakerbedryf

graankorrels-hand-boer-landbou

Foto:
Imagesthai.com/Pexels.com

Landbou: Die lelike eendjie, maar ’n staatmaker. Dit is hoe sommige ontleders die landbousektor beskou wat veral die ekonomie op broodnodige tye ondersteun het.

Die waarde van die primêre landbousektor se produksie het byvoorbeeld R263,2 miljard tot die ekonomie in 2016 bygedra. Tydens die droogte die vorige jaar wat veral die mielie-oes kwaai geslaan het, was die bydrae ’n geraamde R72,2 miljard.

Volgens Statistiek Suid-Afrika speel die landbousektor ’n groot rol in die ekonomie. Dit dra by tot voedselvoorsiening, is ’n verdiener van buitelandse valuta, ’n werkverskaffer en verskaf ook ander materiale aan ander sektore.

En een van die land se voorste landbou-ekonome, Dawie Maree van FNB, glo die weg is gebaan vir ’n herstel in die sektor. Hy beraam dat die sektor in die vierde kwartaal van vanjaar mooi kan herstel. Die sektor is die afgelope drie kwartale grootliks deur die droogte in die Wes-, Oos-, en Noord-Kaap belemmer.

Die droogte in die Wes-Kaap is ná goeie reën vanjaar gebreek. Die Oos-Kaap gaan nog gebuk onder ’n erge droogte.

Maree sê die reën wat die Wes-Kaap ontvang het, voorwaar goeie nuus is. Hy maan egter dat daar in ag geneem moet word dat dit nie gras en vrugte reën nie.

“Dit gaan ’n tydjie neem om te herstel van die droogte. Iets wat ons dikwels vergeet en wat eintlik bitter min aandag kry, is die geweldige droogte in die Oos-Kaap, veral in die Gamtoosvallei, Langkloof en selfs gebiede soos Mosselbaai en dele van die Klein Karoo,” het hy bygevoeg.

Maree wys daarop dat die Kougadam minder as 7% vol is en as dit nie binnekort daar in die opvangsgebied reën nie, dan gaan daardie gemeenskappe baie erg geraak word. Dit sluit natuurlik die Port Elizabeth-metropool ook in.

“Kaapstad het baie mediablootstelling gekry, maar daar is ander gebiede waar dit nog nie so lekker gereën het nie,” het hy bygevoeg

Maree sê hy glo stellig dat die sektor van die vierde kwartaal weer mooi kan groei

Hy het bygevoeg: “Landbou is eintlik seisoenaal en dus moet ’n mense nie kwartale met mekaar vergelyk nie, maar eerder dieselfde kwartaal oor verskillende jare. Maar ja, ek is ook nog steeds positief oor die sektor.”

Sy verwagting is dat die landbou positief kan groei en ekonomiese groei ’n hupstoot gee.

“Dit is juis wat die land nodig het,” het hy gesê.

Volgens Maree is daar nou wel baie onsekerheid in die sektor weens politiekery, maar hy is oortuig daarvan dat dit ook op ’n verantwoordelike wyse bestuur sal word. Die graansektor trek nog swaar weens die lae pryse en groot hoeveelheid voorrade wat oorgedra is maar dit doen natuurlik die intensiewe lewendehaweprodusente – pluimvee, voerkrale en varke – goed omdat die voermarges beter is.

Die uitvoersektore doen ook goed as gevolg van die wisselkoers. Bedrywe soos sitrus, avokado’s en neute toon besondere goeie groei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Maree se van is iewers verkeerd gespel. Miskien moet ons boere in aanloop tot die nuwe stryd vir oorlewing, ophou om Monsanto se gifsaad te plant in die hoop op mega-oeste. Bayer sit nou met groot eise nadat kanker verbind word met die glo immer-beskermende gifstof waarmee saad behandel word. Blindheid is in die tropiese gebiede en siektes in behandelde gouerys-aanplantings uitgewys. Monsanto, wat spokerige hoogs geheime aanlegte in die VSA geloop het, het vinnig sy formules aan die hoogs resepekteerde Bayer verkoop, toe die strooi begin rook en nou sit die Europese groep met die vrot spul opgesaal. As ons boere hulp van Bo nodig het in die komende tye moet hul eties optree. Koop saad by Rusland wat nie gevang is deur die sluwe praatjies van Monsanto se blink menere nie. Orania lief glo ook die Monsanto-saad en spuit glo gif dat dit grys in die lug hang. Hoe jammer! Organiese produkte gaan peperduur word. Dis waar geld gaan groei.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê John

Dankie dat jy laat weet het, die fout is nou reggestel.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Hanna Hoekom ·

Vandag haal ek my hoed vir elke kommersiele boer in ons land af! Wat n stresvolle werk moet dit nie wees nie: natuurlike- en politieke rampe sommer op dieselfde tyd… Ek salueer vandag elke boer in ons land. Mag God u behoed en bewaar!

Judge Dredd ·

Wel, natuurlik sal die banke se ekonome so se – hulle wil he boere moet nog geld bele(leen) vir hul plase. En dan verwag hulle alla Nedbank dat jy nog steed daardie skuld terug betaal al vat die regering jou plaas sonder vergoeding.

Karolis ·

Die Nedbank storie sal nie slaag nie. Nêrens in die wêreld nie en ook nie in ons vervalle …… wat sal ons dit noem?

Al ·

Lede van die ANC het die staatskas geplunder, biljoene rand vermors en geplunder – ANC NUK het toegekyk en stilgebly.
Hul sien die wit Afrikaner as ñ geldkoei en sondebok.
Ñ Tydelike oplossing vir hul probleme om die skare gelukkig te probeer hou en om aandag weg te lei van hul tekortkominge.
Hierdie ‘vakuum’ is nie dig genoeg nie, en gaan in hul gesigte ontplof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.