Kommer oor Goldfields se afleggings

goud-myn-mynboubedryf

Argieffoto.

Goldfields se aankondiging dat hy sowat 1 500 werkers gaan afdank kan nog verder uitkring. Dit is die mening van ontleders wat die mynbousektor ten nouste dophou.

Van die direkte gevolge is dat banke waarskynlik vir Goldfields oor die vingers gaan tik omdat hy reeds meer as R32 miljard op die South Deep-goudmyn bestee het.

Aan die anderkant kan Goldfields ook ’n yslike uitdaging aan die retoriek van regeringsamptenare bied.

Vir eers het die Bank of America Merrill Lynch die stap veroordeel. Die bank se planne om nuwe lewe in die South Deep-goudmyn te blaas, blyk ’n vermorsing van geld en tyd.

Merrill Lynch het die petalje oor South Deep as ’n debakel beskryf nadat Goldfields reeds meer as R32 miljard in die myn gepomp het. Die uitvoerende hoof by Merrill Lynch, Jason Fairclough, het gesê die ‘’avontuur’’ by Goldfields was ’n misrekende stap. Hy het gevra of die bestuur en of die raad hiervoor verantwoordelikheid gaan neem.

Volgens die bestuurshoof van Gold Fields, Nick Holland, is die werksverliese daarop gemik om maandelikse verliese van R100 miljoen by die myn te keer.

Intussen sê ekonome die politieke gevolge gaan ook vir die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, kwaai wees. Dit kan ook wys in hoe ’n mate die Mynbouhandves die sektor oorweldig.

Mantashe sal waarskynlik die Goldfield-voorsitter, Cheryl Carolus, oor die beoogde afdankings wil takel. Carolus, wat tydens Cyril Ramaphosa se era as sekretaris-generaal van die ANC, sy adjunk was, kan Mantashe se grootste struikelblok oor die handves word. Ontleders wys daarop dat Carolus waarskynlik die politieke steun het om Mantashe kaalvuis aan te vat.

South Deep is die wêreld se tweede grootste goudmyn wat nog nie ontgin is nie.

Ontleders wys daarop dat die mynbousektor se pyn nou duidelik is.

“In tye van onsekerheid het die mynbousektor die ekonomie ondersteun met hoër verkope. Met swakker pryse en produksieprobleme het die sektor in ’n groef verval. Boonop word min geld vir eksplorasie begroot,’’ het een ontleder laat blyk.

Intussen voorspel ontleders dat die Mynbouhandves se wettigheid waarskynlik in ’n hof getoets sal word. Ofskoon die huidige handves, die derde, beter as die vorige een beskou word, is daar haakplekke soos die toeken van gratis aandele aan werknemers en gemeenskappe rondom myn-gebiede.

Ondanks die slegte nuus het die mynbousektor ’n positiewe maand in Junie beleef. Statistiek Suid-Afrika se mynproduksie het gedurende die maand met 5% gestyg teenoor die hersiene syfer vir Mei wat met 5,9% geklim het.

Dit is veral die platinumgroepmetale wat die syfers gesteun het. Diamante was die tweede beste bydraer en ystererts derde.

Die ekonomiese agentskap NKC Research sê dit is duidelik dat mynbou tydens die tweede kwartaal herstel het en dat dit waarskynlik dié kwartaal se ekonomiese groei kan ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marous ·

Gee die plek vir mantasse en sy vrinne dat hy dit meer onsuksesvol kan bestuur …

Andre ·

Hahaha, kry vir julle. Die regering gaan moes nou vir julle sorg.

Johan H. ·

Stem saam. Staking. Brand en plunder is mos hoog op die agenda. N halwe eier is toe op die einde toe beter as n lee dop, ne. Nou sal misdaad seker so bietjie styg.

Msp ·

Die meerderheidsgroepe in Suid Afrika soek geen sukses vir die land nie. Intussen kry besighede en werkgewers bitter swaar om die wiel aan die rol te hou. Nee wat, hulle gaan nog meer brand, staak en roof. Terwyl julle die geleendheid het maak toe en gee eerder werk vir mense in ander lande wat wil werk. Hier veg julle teen wind…

GM ·

Aandele vir gemeenskappe rondom myne? Dan kan almal mos ‘n paar strukture rondom myn-gebiede oprig en ‘n paar vriende nooi, en aandele eis? Of redeneer ek nou verkeerd?

Chrisjan ·

Wag dat die platinamyne begin met hul afleggings.Dit sal Goldfields sn na ‘n sondagskool piekniek laat lyk.Kyk maar wat kom.En die president wil werk skep?Wat ‘n grap!HKGK!

CHRISTA ·

Waarom kla hulle oor die afleggings? 6 maande van die jaar staak hulle en dan moet hulle volgens die Arbeidswet verlof kry, dus werk hulle maar 5 maande van die jaar!! Nou hoef hulle nie eers meer te bodder om te staak nie, hulle MAG mos nou by die huis bly, of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.