Laer inflasie in November

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasie het tot 4.6% op ʼn jaar-tot-jaarbasis gedaal in November, in vergelyking met Oktober se koers van 4.8%, het Statistieke Suid-Afrika Woensdag gesê.

Die verbruikersprysindeks het met 0.1% maand-op-maand toegeneem in November.

Volgens StatsSA is van die bydraende faktore tot die jaarlikse inflasiekoers die vervoerkomponent wat van 0.8 persentasiepunte in Oktober tot 0.6 persentasiepunte in November gedaal het.

Kos en nie-alkoholiese drankies het 0.1 persentasiepunt bygedra tot die maandelikse verbruikerskoers.

“Alhoewel vrugte die hoogste maandelikse toename van 3.8% toon, is vrugte eintlik steeds goedkoper as verlede jaar met ʼn jaarlikse koers van -4.6%,” het Patric Kelly, hoofdirekteur van prysstatistiek vir StatsSA gesê. “Groente het in die maand met 1.3% toegeneem; melk, eiers en kaas met 1%. Vleis toon steeds hoër jaarlikse veranderinge van 14.9%.”

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het verlede maand tydens sy laaste monetêre beleidskomitee vir 2017 gesê hy verwag inflasie sal tussen 3% en 6% bly. Die SARB het egter gewys op die risiko’s van kredietgraderinghersienings en die ekonomiese impak van die ANC se nasionale konferensie wat van 16 – 20 Desember plaasvind om nuwe leiers aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Papier ·

Papier was nog altyd geduldig. As jy nie geld/werk het kan jy nie koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.