Maak ʼn kopskuif oor jou onderneming se skuld

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Een van die grootste probleme wat sake-eienaars het, is wat om te doen met ʼn onderneming wat te veel skuld het, terwyl jy daardie onderneming nodig het om vir jou ʼn inkomste te gee.

Sake-eienaars is angstig of lê soms nagte wakker want hulle weet nie hoe om dié probleem te oorkom nie. Ons regstelsel gee oplossings en as mens kennis dra daarvan, sal dit makliker wees om onmiddellik aksie te neem. Van die oplossings wat beskikbaar is, is herstrukturering en likwidasie. Besigheidsredding (“business rescue”) is ʼn baie duur proses wat 99% van die tyd in elk geval in ʼn likwidasie eindig.

Herstrukturering en likwidasie

Herstrukturering is ʼn doelgerigte en praktiese manier om jou onderneming te herposisioneer sodat jy ontslae kan raak van die probleem terwyl jy voortgaan met die besigheid. Dit verminder ook die risiko vir potensiële toekomstige probleme. Tydens die herstruktureringsproses kyk mens onder andere na die struktuur van die onderneming, waar die bates gehou word, wat die eienaar se posisie is, die posisie van verskaffers, of daar ʼn trust is en dan word strukture in plek gestel om die eienaar en die onderneming te beskerm.

Likwidasie is slegs een van die stappe in die herstruktureringsproses. Likwidasie maak dit moontlik om met die gesonde kern van die onderneming voort te gaan, maar van die skuld of kontantvloei of belastingprobleme ontslae te raak. Die eienaar en die besigheid floreer gewoonlik na ʼn likwidasie en herstrukturering.

Likwidasie is regstegnies ingewikkeld, maar in die praktyk betreklik eenvoudig. Die moeilikste deel van ʼn likwidasie is om die sake-eienaar se kop geswaai te kry om te verstaan dat dit inderdaad moontlik is om die onderneming, bates en personeel te behou terwyl daar van die probleme (selfs SAID) ontslae geraak word. As die proses met kundigheid hanteer word, is daar omtrent geen nagevolge van ʼn likwidasie vir die eienaar nie. Borgskappe kan wel nagevolge inhou, maar selfs dit kan bestuur word.

Likwidasie is ʼn internasionale regsproses wat beskikbaar is aan alle sake-eienaars wêreldwyd. Te veel ondernemings vries of plof in omdat die eienaar vashaak as gevolg van onkunde, onregmatige vrese en baie keer verkeerde raad oor opsies wat die reg daar stel om te help om ondernemings te red.

Advies wat saak maak

Sake-eienaars wat Prinsloo & Genote se gefokusde advies aanvaar, neem groot stappe vorentoe om ʼn stewige fondament te bou vir hulle ondernemings om sonder skuld suksesvol handel te dryf.

Die oorskakeling in die herstrukturering- en likwidasieproses is amper onmiddellik. Likwidasie is net ʼn meganisme, niks anders nie. Dit is die lig aan die einde van die tonnel wat nie ʼn aankomende trein is nie. Likwidasie gee amper onmiddellik verligting wat die onderneming dan die kans gee om suksesvol te oorleef. Jy kan vandag nog uitvind hoe om jou onderneming van ʼn probleem na ʼn sukses te neem, of om jou onderneming te beskerm teen moontlike toekomstige probleme.

Kontak Nanika Prinsloo, prokureur met jare se ondervinding in insolvensies en kommersiële reg by Prinsloo & Genote by 072 855 8106 (praat direk met haar) of stuur vir haar ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.