Maatskappynuus: Capitec se wins styg; Pepkor gaan hof toe

Capitec Bank (Argieffoto)

Capitec bank het Woensdag aangekondig dat sy wins in die eerste helfte van die huidige boekjaar met 20% opgeskiet het. Dit was sterker as dié van die vier groot tradisionele banke wat Absa, FNB, Standard Bank en Nedbank insluit.

Capitec sê sy wins is ondersteun deur sterker kliëntegroei.

Hooflynverdienste per aandeel – wat noukeurig deur beleggers bestudeer word – het 21,28c per aandeel verloop teenoor die vorige jaar se 1,769c.

Capitec sê hy het gemiddeld 109 000 nuwe klante per maand oor die afgelope ses maande gelok. Dit het sy kliëntebasis tot 10,5 miljoen kliënte uitgebrei.

Capitec is tans ook in ’n stryd gewikkeld om Mercantile Bank – ’n filiaal van die Portugese bank CGD – te bekom. Dit kan sy voetspore in die bankwese verdien, sou die Jannie Mouton-bankgroep suksesvol wees met die Mercantile Bank-aankoop. Dit sal die weg baan dat hy ook tot sakebankwese toetree. Die Openbare Beleggingsmaatskappy (OBK) is die ander party wat om Mercantile Bank meeding.

Die Capitec-bankgroep het in 2001 as ’n mikrolener begin voordat hy homself as ’n volledige bankgroep gevestig het. Sy aanbieding van geen tierlantyntjies nie, spaar, kredietkaarte en verskeringsrekeninge asook ongesekureerde lenings maak hom gewild onder kliënte.

Volgens Capitec het sy netto inkomste met 32% tot R3,1 miljard gestyg. Die een skadu was dat netto inkomste van lenings met 4% tot R6,1 miljard gedaal het.

Capitec is vroeër vanjaar deur die Amerikaanse maatskappy Viceroy van ongerymdhede beskuldig. Beide dié bankgroep en die Reserwebank – wat banke se sake met arendsoë dophou – het die gerugte ontken. Dit het later aan die lig gekom dat die Viceroy-verslag ’n slenter was.

’n Vorige Viceroy-verslag het die kleinhandelaar Steinhoff se gekook met hul boeke blootgestel. Steinhoff se aandeel het skerp teruggesak en die maatskappy veg tans vir oorlewing.

Behalwe die herstrukturering van sy skuld, staar talle klasaksie-hofsake die maatskappy ook in die gesig.

Capitec se dividend het met 20% tot 630c per aandeel gestyg.

Intussen het Pepkor, wat Tekkie Town by Steinhoff geërf het, hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad gerig om te verhoed dat die groep bestuurslui wat Tekkie Town gestig het en ná die ineenstorting van Steinhoff by Pepkor geloop het, ’n nuwe kleinhandelgroep, Mister Tekkie begin.

En die Steinhoff Africa Retail (Star) se laaste jaarverslag tot September 2017 het verskeie nare verrassings vir beleggers. Die maatskappy is sedertdien tot Pepkor Holdings hervernoem.

Weens die nagmerries wat beleggers uit die Steinhoff-stal gekry het, het Pepkor se aandeelprys van R27 tot net onder R17 verswak. Daarmee het hy sowat R35 miljard van sy markwaarde ingeboet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WIEBO ·

Capitec is die beste bank!! Geen probleme ooit en nog NOOIT langer as 5 minute gewag om gehelp te word nie.

Elna ·

Ek stem 100% saam met jou. Capitec is n probleemvrye bank beste bank in die hele WERELD!

Eish ·

Jannie Mouton het die Midas aanraking.
Steinhoff se stank geruik lank voor ons gewones en onttrek.
Wonderlike prestasie!

Dankie ·

Capitec se diens oor die algemeen is fantasties. Hulle kostes kan gewone mense ook betaal. En hulle is betroubaar in my oë. Waar die ander banke absoluut jou rook wat kostes betref. Die ander groot banke se diens is oor die algemeen swak, hulle personeel dink dis ‘n ” status ” simbool om vir ‘n bank te werk, al gee hulle swak diens. Nuus vir die ander banke van Suid-Afrika, al verander jy jou ” logo ” en verander jy jou kleure, bo blink en onder stink!

Marinda ·

Stem 100% saam Capitec is die bank met die beste en vinnigste diens denkbaar.

Elize ·

Stem vir Capitec. Het al die jare by ‘n ander bank gebank maar altyd my speelgoed uit die kot gegooi oor die houding wat openbaar word teenoor jou en die traagheid om te help. Moet asseblief nie probeer groet nie want dit mag dalk in ‘n vloekwoord verander word want die rugspiere word net stywer getrek en die kyke is om jou te deurboor. Capitec se personeel is vriendelik en behulpsaam en dit is daarom dat hulle so goed doen. Hou so aan Capitec maar moet asseblief nie die ander banke se mentaliteit oorerf nie!!

Mrs H ·

Ek oorweeg om van ABSA ontslae te raak. Om n jare lange lojale klient te wees, tonne lenings gehad het en alles suksesvol bo verwagringe afbetaal het, beteken blykbaar niks. Enigge iemand hier wat al die stap gemaak het en spyt is? Advies? Is al die banke nie maar dieselfde gereguleer deur die goeverment nie?

Irma Hattingh ·

As jy sien wat ander banke se bankkostes is….. Dan is Capitec tops!… Bankdienste is tops…. die werkers is tops!!… ek sal nie sommer van bank verander nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.