Maatskappynuus: MultiChoice, Investec en Aspen maak golwe

Argieffoto (Foto: HolgersFotografie, Pixabay)

Van Keeromstraat 33 tot Afrika se mees waardevolle maatskappy volgens markwaarde gemeet op die JE. Dít is die reusesprong wat die uitgewersmaatskappy Naspers (vroeër bekend as Nasionale Pers) oor die laaste 25 jaar geneem het tot sy huidige posisie as markleier in sy sektor.

Naspers huisves verskeie besigheidsentiteite insluitend News24, MultiChoice, die Hongkong-gebaseerde internetmaatskappy Tencent Holdings Ltd en ander belange in veral ontwikkelende lande. Die maatskappy het meer as ’n eeu gelede begin met die druk van Die Burger. Nou het dit Afrika se internet en vermaakreus.

Die maatskappy het vroeër die week aangekondig dat hy MultiChoice gaan ontbondel.  Die entiteit sal, onder meer, sy plaaslike en Afrika-televisienetwerke, Showmax Africa en Irdeto, ’n veiligheidsmaatskappy, insluit.

Die ontbondeling word in markkringe gesien as ’n stap om aandeelhouerwaarde te ontsluit. Daar is reeds markbespiegelinge dat Media24 dalk volgende ontbondel kan word.

Aandeelhouers het die nuus verwelkom en die aandeel het Maandag 0.7% hoër gesluit. Dit het die maatskappy op R1,4 triljoen gewaardeer.

Sy bestuurshoof, Bob van Dijk, sê die notering is nie daarop gemik om as ’n kapitaalinsamelingsdoel te dien nie. Hy sê egter dat aandeelhouers munt gaan slaan omdat die mark tans MultiChoice se waarde ignoreer.

Die Amerikaanse bank JP Morgan waardeer MultiChoice op $8 miljard. Die waardasie beteken dat MultiChoice se waarde hoër geskat word as beurs-swaargewigte soos Shoprite, Lonmin, Murray & Robberts en Tongaat Hullet.

Volgens Van Dijk beplan MultiChoice SA om ’n bykomende 5%-belang aan sy swart bemagtigingsaandeelhouers te gee.

Intussen het die bankgroep Investec steun van sy aandeelhouers gekry nadat hy aangekondig het dat hy sy sakebelange gaan skei en Investec Asset Management afsonderlik gaan noteer.

Die stap beteken dat Investec Asset Management op die Londense Aandelebeurs gaan noteer. ’n Sekondêre notering word op die JE beoog afhangend van die nodige goedkeuring van owerhede.

Die uittredende bestuurshoof van Investec, Stephen Koseff, sê die besluit kom ná die uitvoerende bestuur vroeër vanjaar verander is en wat tot strategiese hersiening van die maatskappy gelei het.

Intussen het dit nie lekker gevlot met Afrika se grootste farmaseutiese firma, Aspen, nie. Die Durban-gebaseerde maatskappy het sy eenheid wat babaformule maak aan die Franse suiwelgroep Lactalis Group vir R12,8 miljard verkoop. Dit was minder as wat die mark verwag het.

Aspen se aandeleprys het Donderdag en Vrydag deurgeloop. Op Donderdag alleen het dit R18,5 miljard verloor. Die aandeel het Maandag effens herstel. Vrydag het sy markwaarde R105,9 miljard beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Celtis Africana ·

” …om n bykomende 5%-belang aan sy swart bemagtigingsaandeelhouers te gee.”
Ek hoop maar dis vir die personeel wat daar werk.
Die skisofrenies rykes het nou genoeg verniet gekry.

Geen DSTV ·

Ek het 3-jaar gelede DSTV gekanselleer. Ons het as gesin besluit om ons lewenswyse te verander, onder andere geen televisie. ( Beste besluit ooit!)
Ek kry steeds gereeld (ten minste 3 maal per week) oproepe van DSTV wat my wil oorhaal om weer aan te sluit.
Die mense is desperaat.
Hulle is pateties

Annamarie Olivier ·

Net sy swartbemagtigings aandeelhouers dan is dit mos tyd vir wit aandeelhouers om te onttrek want dit is diskriminasie? of verstaan ek dit verkeerd?

Hoopvol ·

Hoogtyd dat DSTV kompetisie kry Hul vra belaglik maandelikse premies en dan kry jy net herhaling bo herhalings op TV. Hulle het die afgelope paar jare heelwat kliente verloor.
Kry vir julle….

Elize ·

Dis tyd dat multichoice en Dstv ook n les geleer word. Ons geld hou hulle aan die gang, maar wie kry aandele

Mrs H ·

Rasistiese DSTV!!?? Sal Solidariteit ook n staking van hierdie aandele reel soos met Sasol? Hoop hulle doen! Al die swartes wat hierdie aandele gaan kry, was hoe oud gewees 25 jaar terug? Dalk nog nie eens gebore nie, maar waar en deur wie minder bevoordeeld gewees? Absurt! Gee aandele aan werkers wat banlangstelling in vordering toon en moeite doen, lojaal en met trots werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.