Meer produkte dalk BTW-vry

Argieffoto: Pixabay

Die kabinet oorweeg dit om meer voedselsoorte van BTW vry te stel, het die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, aangekondig.

Mokonyane het vanoggend die parlementêre perskorps ingelig oor die afloop van hierdie week se kabinetsvergadering, en dis duidelik dat die landwye ontevredenheid oor die verhoging van die BTW-koers van 14% na 15%  ʼn invloed gehad het.

“ʼn Taakspan onder leiding van die minister van finansies, Nhlanhla Nene, is aangestel om met alle rolspelers, onder wie die burgerlike samelewing, te onderhandel sodat meer voedselsoorte van BTW vrygestel kan word ten behoewe van die armes,”  het Mokonyane aangekondig.

Geen tydraamwerk is egter vir die afhandeling van die taak gestel nie.

Mokonyane het aangekondig dat die interministeriële komitee oor die droogte hul werk sal verskerp. Die kabinet het R483 miljoen vir droogtehulp in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap bewillig, en ʼn verdere R6 miljard word in die vooruitsig gestel.

Die kabinet het verskeie beleidstukke en wetsontwerpe goedgekeur wat van belang sal wees vir diegene wat in die vervoersektor werk. Hieronder tel die konsep-witskrif oor vervoerbeleid, die padbestuursplan, die wetsontwerp op spoorveiligheid en die wetsontwerp oor die ekonomiese regulering van vervoer.

Ander belangrike wetsontwerpe wat goedgekeur is, is die wetsontwerp op tradisionele inisiasie en die wysigingswetsontwerp op die nasionale kwalifikasieraamwerk.

Die kabinet het Suid-Afrikaanse kiesers daaraan herinner om op 10 en 11 Maart hul stempunte te besoek om te verseker dat hul adresbesonderhede korrek weergegee word op die kiesersrol.

Die kabinet het ook amptelik sy meegevoel uitgespreek teenoor die familie van die ekonoom, prof. Sampie Terreblanche, wat onlangs oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Chrisna Botha ·

Kom ons kyk hoe lank vat sy om hierdie nuwe departement bankrot te kry!

Visier ·

Seker kos wat die blankes nie eet nie, want hulle het hulle mes in vir die blankes .. ons gaan brul onder hierdie nuwe President en sy EFF raadgewer! Sheba en marog gaan seker ook nou BTW vry wees.

Adri ·

Hoenderpote en -koppe sal vrygestel word en tjops en wors waarskynlik nie.

marous ·

Hoe was haar kommunikasie toe sy Clanwilliam se damwal moes verhoog? Hoe was haar kommunikasie oor die massiewe dam in Letsitele wat alreeds voltooi moes wees maar niks gedoen is nie. Hoe was haar kommunikasie oor Tzaneen dam se wal wat drie maande sou neem om kruin sluise op te rig maar nou met dinamiet geblaas word en vir 4 jaar nie meer as 60 % inhoud mag he nie? Hoe was haar kommunikasie oor wat van al die geld in haar begroting geword het?

cor ·

Al die klomp van afrika wat spasa winkels het sit btw by maar betaal dit nie oor nie so ook die Chinas doen dieselfde. Hulle betaal nie eers belasting nie.

wielie ·

ag julle ….. ons is in ons kanon in. Ek dink pak maar die skippies laat ons maar terug vaar Nedeland toe. Dan sal ons sien hoe lyk SA oor so 5 jaar????

Marthinus Willemse ·

Nederland se polisie het die afgelope week `n verslag uitgereik, en basies erken dat hulle die stryd teen dwelms verloor het. Een verslag se titel was “A cry for help”; geen hulp is ontvang nie. Hulle het dringend 2000 ekstra polisielede nodig. Tien jaar gelede, sê hulle, het `n sluipmoord jou so $50 000 gekos; vandag is dit maar $5000. Die skuld word op immigrante geplaas, en Nederland se losse dwelmbeleid.

Jan ·

Kan hulle asb. pepersproei en ammunisie ook belastingvry maak? Mens het dit deesdae meer nodig as kos.

Jef ·

Sekere produkte dalk BTW vry, dus word alle ander produkte nog duurder om vrye BTW produkte te kompenseer.
BTW moet betaal word en dit maak nie saak wat se skema toegepas word nie.
In Europa word dieselfde gedoen.

Pottie ·

Ek sien die selfde probleem oor en oor. Eskom julle moet krag spaar ASB spaar, julle gebruik te min krag, kragpryse moet verhoog. Julle moet water spaar, waterpryse verhoog…. spaar op btw, wat gaan die gevolg wees?

rish ·

die btw op pruike en lablesklere gaan nou wegval. raai wie dra dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.