Die kantoor van die ombudsman vir bankdienste het Suid-Afrikaners daaraan herinner dat bankdienste een van die talle dienste is wat deur die 1% verhoging in BTW, effektief vanaf 1 April, geraak word.
Dié waarskuwing kom te midde van stygende pryse van brandstof, skoolgeld en ander verbruikersitems. Die verhoging van een persentasiepunt is tydens die 2018-begrotingsrede aangekondig.
Reana Steyn, ombudsman vir bankdienste, het gesê verbruikers moet hul begrotings hersien en onthou om die verhoging in bankkoste as gevolg van die BTW-verhoging in te sluit.
“Dit is nou ʼn goeie tyd om die dienste wat jy vir jou persoonlike en sakebehoeftes nodig het te ondersoek, om rond te loer en te sien watter bank die bekostigbaarste dienste vir jou behoeftes het. Jy kan ook by jou bank seker maak watter fooie onderhandel kan word.”
Steyn het verder gesê dat banke ʼn verskeidenheid fooie vir verskillende soorte transaksies hef. “Dit is in jou belang om die bank se lys van heffings aan te vra om die goedkoopste koste vir jou bankbehoeftes te bereken. Meeste banke het hul fooie op hul webtuistes gelys, so dit is maklik om te vergelyk.”
Steyn het die voorbeeld van ʼn gesin gebruik wat byvoorbeeld tans R7 500 huur betaal en nou R75 ekstra sal moet betaal.
Sy het verder gesê nog ʼn bekommernis is rekeninge wat van derde partye ontvang word.
Sy het bygevoeg die ombudsman se kantoor ontvang ʼn toenemende hoeveelheid klagtes oor verskaffers se e-posse wat die prooi word van kuberkrakers en fakture wat aan verbruikers gestuur word, maar met die rekeningbesonderhede wat verskil van die wat oorspronklik verskaf is.
tjeeeeeeeeeeeeeeeezzzzzzzzzzzzzz waar gaan alles eindig??
Dit gaan net erger raak soos die ANC die middelklas leegsuig, daarom moet ons terwyl ons nog kan nou vir selfbeskikking onderhandel. Ons eie land sal nie mors met ons belastinggeld nie, ons sal n sterk eerstewereldland binne enkele jare opbou waarin ons beskerm sal wees teen misdadigers en n korrupte regering.
Ek is een van die verbruikers wat lankal vuisvoos en uitgemergel is. Waar en wanneer gaan alles stop sodat ons weer kan asemhaal?! Eina, dit gaan net té erg aan!
Ek troos my daaraan dat die 1% verhoging meebring dat die miljoene ontvangers van maatskaplike toelae ook die voorreg smaak van betaal vir iets eerder as om net bakhand te staan.
Residentiele huur is vrygestel van BTW. dus moet jou huurgeld nie opgaan nie.