
Argieffoto
Volgens onlangse mediaberigte verkeer die regering onder groot druk om sy belastingteikens vir die lopende belastingjaar te bereik – dít nou ondanks ʼn aantal aansienlike belastingkoersverhogings aan persoonlike inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde oor die afgelope jare.
Die volgende grafiek gee ʼn verdere aanduiding tot watter mate belastinginvordering in Suid-Afrika tans onder druk verkeer – groei in belastinginvordering is heelwat swakker teenoor die onlangse verlede.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ek sal graag wil sien hoe vergelyk dit met hoeveelheid belasting betalers oor die afgelope tyrdperk, persoonlik en sake- belastings. Kyk na die hoveelheid belasting betalers wat daagliks land uit gaan, en hoeveel werkloses bykom elke dag, dan is dit so duidelik soos daglig dat daar geen redding is nie.
Toename in emigrasie, finansiële emigrasie en werkloosheid begin nou tande wys.
“Financial catastrophe is upon Sa.” – Magnus Heysteck se artikel sit alles mooi in perspektief.
Die wat kan en wou n verskil maak wat werk kon skep en kundig was is WEG / GONE en nou huil die anc omdat die geldtjies ook weg is ….as jy dom is moet jy maar voel !
Belasting betalers is vuisvoos, kaput, klaar, op, bankrot…
Belasting inkomste sal verminder want belasting betalers word minder en SASSA eisers word meer. Staatsdienswerkers verdien nie die salaris wat hulle betaal word, by die lisensie kantore is diens swak, die Polisie diens is swak…. jy kan nie water uit ‘n klip tap.