Grafiek: Ekonomiese aktiwiteit bly swak

(Foto: M. B. M./Unsplash.com)

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BER) het in samewerking met Absa, die Absa-aankopebestuurdersindeks (ABI) vir Januarie 2020 bekendgemaak.

Sien die volledige vrystelling. Die ABI gee ʼn breë aanduiding van ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika se ekonomie en berus op ʼn peiling wat die BER namens Absa onderneem.

Die onderstaande grafiek toon ʼn seisoenaangesuiwerde en gladgestrykte verwerking van die algehele indeks en die subindeks oor indiensneming.

Ons sien dat die verwerkte indeks gemaklik onder 50 bly, wat daarop dui dat ekonomiese aktiwiteit swak gebly het. Verder staan die verwerkte subindeks oor indiensneming egter naby sy swakste vlakke in baie jare – tans onder ʼn vorige laagtepunt in 2011. Dit dui uiteraard op moeilike indiensnemingstoestande.

Sien ook die Sakeliga-ETM Aanwyser van Handelstoestande by die volgende grafiekeblad.

Grafiek: Sakeliga.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.