ETM-aanwyser dui op strammer saketoestande

kompas-op-syfers-ekonomie

Foto: AbsolutVision/Unsplash.com

Sakeliga sal hierdie week hulle eerste Ekonomiese Oorsig vir Sakebesluitnemers vir 2019 in samewerking met ETM Macro Advisors uitgee – Sakeliga beoog vier van hierdie uitgawes per jaar.

Hier is solank ʼn voorsmakie van die inhoud aan Maroela Media-lesers met ʼn grafiek van ETM se leidende ekonomiese aanwyser. Hierdie aanwyser gee ʼn kort blik op die plaaslike ekonomie se moontlike vooruitsigte. Die indeks staan tans minder swak as in 2016, maar bly nogtans onder neutraal. Dit is ʼn aanduiding van heersende stram saketoestande, swak arbeidsmarkte en ’n uitdagende omgewing vir maatskappye se verdienste.

sakeliga-grafiek-etm-leidende-ekonomiese-aanwysers-2019-04-29

Grafiek: Sakeliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.