Grafiek: Covid-19 se impak op China se sakebedrywighede bekyk

(Argieffoto: AP Photo/Eugene Hoshiko.)

Soos Covid-19, oftewel die koronavirus, versprei en maatreëls daarteen ingestel word, sien ons ook ’n impak op die wêreldekonomie. Die wêreld is tans natuurlik baie afhanklik van die Chinese vervaardigingsektor.

Heelwat finale produkte en insette tot plaaslike vervaardiging word vanuit China ingevoer. Maatreëls wat teen die virus ingestel is, beperk tans die vloei van goedere vanuit China. Verskeie ontleders is bekommerd oor die uiteindelike impak op globale voorsieningskettings.

Die volgende grafiek dui daarop dat sakebedrywighede in China, soos gemeet op die indekse van aankopebestuurders (ABI), wel ’n groot knou toegedien is.

Grafika: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.