Grafiek: Fiskale stres in Suid-Afrika groei

geld-munte-in-bottel

Foto: Michael Longmire/Unsplash.com

Baie is gesê ná afloop van die mediumtermynbegrotingstoespraak (MTBS). In die lig van die begroting is dit sinvol om weer ’n blik te kry op die druk waaronder die begroting tans verkeer.

Die volgende grafiek gee ’n uiteensetting van tye wanneer die begroting onder hoë of lae fiskale stres verkeer het. Fiskale stres neem toe wanneer die regering se besteding sy inkomste verbysteek. Die grafiek dui op hoë fiskale stres, en die fiskale tekorte veroorsaak ’n ongunstige toename in die staatskuld.

Hierdie toedrag van sake verklaar gedeeltelik hoekom die kredietgradeerder Moody’s verlede Vrydag die uitkyk op Suid-Afrikaanse staatskuld van stabiel na negatief aangepas het. Dit maak natuurlik die kans op die dreigende laaste van die “Groot Drie”-gradeerders se afgradering na rommelstatus net groter.

Uit die grafiek is dit duidelik dat Suid-Afrika sy laagste fiskale stres onder die Mbeki-regering ervaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Arak ·

Dankie vir die grafiek. Ek is van mening dat ‘n regering nooit meer mag bestee as wat hy het nie. Deur skuld word sy burgers net die slawe van die buiteland. Ek verwonder my altyd aan die hoë skuldlas was lande het, en dan hoef mens ook nie ver te gaan soek om te sien aan wie die regering sy burgers uitverkoop het nie. Wat het geword van die konsep dat jy spaar voordat jy spandeer, dan is jy ‘n slaaf van niemand nie.

Kruiwa ·

My oupa het altyd gese ‘n swak huishouding word geken waar die geld met die graaf by die voordeur ingaan en met die kruiwa by die agterdeur uitgaan. So wonder ‘n mens hoe hierdie staatsamptenare en politikusse se eie huishoudelike geldsake lyk wat so bo die land se inkomste bly bestee. Die Bosasa geldsakke is seker nie vergesog nie. Swak houshouding, swak regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.